Henri van Breda: Verhoor begin dalk dan

Henri van Breda buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda, wat aangekla word van die moorde op sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

EWN berig die staat het versoek dat die voorverhoor tot 3 Februarie uitgestel word sodat hulle al die nodige dokumente aan die verdediging kan oorhandig. Daar is intussen ook bevestig die verhoor sal voorlopig op 13 Maart begin. Die saak is hierna tot 3 Februarie uitgestel.

Die voorverhoor is ook nie tydens Van Breda se vorige verskyning op 9 September afgehandel nie, aangesien selfoonrekords en DNS-verslae nog uitstaande was.

Van Breda is in Junie op borgtog van R100 000 vrygelaat. Hy is in hegtenis geneem meer as ʼn jaar na die opspraakwekkende moorde op Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) die aand van 26 Januarie 2015 op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch. Die staat beweer Van Breda het ʼn byl gebruik om die drie lede van sy gesin dood te maak. Sy suster, Marli van Breda (toe 16 jaar oud), is met kritieke beserings na ʼn hospitaal gehaas.

Die staat beweer verder Van Breda het aan die moordtoneel gepeuter, homself leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ʼn aanklag van regsverydeling.

Van Breda en sy meisie, Daniella Janse van Rensburg, het op 19 Oktober weer in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklag van dwelmbesit. Hulle moet weer op 11 April in die hof verskyn in verband met dié aanklag.

Van Breda en Janse van Rensburg se borgtog is verleng. Die twee is op 5 September in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms nadat dagga glo in hul besit gevind is.

Hulle het die volgende dag in die hof verskyn en Janse van Rensburg is op borgtog van R200 vrygelaat. Van Breda is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

humor ·

Sy borgtog toegestaan is vir my onbegryplik. Hy is aangekla vir 3 moorde op die wreedste wyse. Hy is aangekla vir die besit van dwelms. Moontlik het hy die moorde onder dwelminvloed gepleeg. My gevolgtrekking is dat hy weer met moontlike dwelmbesit n uiters gevaarlike persoon is wat weer moord kan pleeg. M.I. is sy meisie se lewe in gevaar.

miv ·

Moet die Reg so draai voordat geregtigheid geskied? Kan een van ons slim dokters nie vir Marli onder hipnose sit en so die waarheid probeer kry nie? Dit wil my voorkom of die mens se gewete meer afgestomp raak soos die jare aanstap. Mense pleeg moord maar gaan dan aan met hul lewe asof niks gebeur het nie. Sooo hartseer.

Pateties ·

Ons wereld is op die oomblik pateties om skuim soos hierdie se nonsens te verdra. Hopelik sal daar binnekort beter leierskap wees hierdie klein snbol en ander misdadigers sal wegbere.

Sarel Strydom ·

Klink vir my die Staat maak alweer droog. Hoekom was die dokumente nie eerder oorhandig nie. Die man was op borg toe hy gearresteer is vir ander misdaad. moes sy borg nie ingetrek gewees het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.