Henri van Breda weer in hof

Henri van Breda tydens 'n vorige verskyning in die hof. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda, wat aangekla word van die moorde op sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch, verskyn Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Dit is vandag die tweede voorverhoor nadat dit nie tydens sy vorige verskyning op 9 September afgehandel is nie. Tydens sy vorige verskyning het die hof gehoor selfoonrekords en DNS-verslae is nog uitstaande. Die verhoor sal na verwagting in Februarie begin.

Van Breda is in Junie op borgtog van R100 000 vrygelaat. Hy is in hegtenis geneem meer as ʼn jaar na die opspraakwekkende moorde op Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) die aand van 26 Januarie 2015 op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch. Die staat beweer Van Breda het ʼn byl gebruik om die drie lede van sy gesin dood te maak. Sy suster, Marli van Breda (toe 16 jaar oud), is met kritieke beserings na ʼn hospitaal gehaas.

Die staat beweer verder Van Breda het aan die moordtoneel gepeuter, homself leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ʼn aanklag van regsverydeling.

Henri van Breda en Daniella Janse van Rensburg in die hof (12 Oktober 2016)  Foto: Maroela Media

Henri van Breda en Daniella Janse van Rensburg in die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Van Breda en sy meisie, Daniella Janse van Rensburg, het op 19 Oktober weer in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklag van dwelmbesit. Hulle moet weer op 11 April in die hof verskyn in verband met die aanklag.

Van Breda en Janse van Rensburg se borgtog is verleng. Die twee is op 5 September in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms nadat dagga glo in hul besit gevind is.

Hulle het die volgende dag in die hof verskyn en Janse van Rensburg is op borgtog van R200 vrygelaat. Van Breda is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

En om te dink die saak berus op die huidige Suid Afrikaanse Polisie om hul werk te doen? Eish….

Donovan ·

Ek kan nie verstaan die staat toelaat dat die man heen en weer in en uit die hof wandel nadat hy uit is op borg nie… as jy oortree en weer oortree dan verbeur jy mos jou vryheid… of maak geld reg alles wat krom is… of ek nou n moord verdagte is en of ek mos dwelms in my besit het, het ek mos n land wet oortree…

Alida ·

Dit lyk vir my daardie kind is ‘n groot probleem. Kla hom aan vir moord en kry klaar dan is hy in die tronk en pla niemand nie.

Sandra ·

Ek kan nie verstaan dat Oscar so gejag word deur almal, en die vroueliga betoog om hom in die tronk te kry en daar te hou en niemand is tevrede met sy vonnis nie, maar hierdie meneertjie maak sy gesin dood maar kan doen net wat hy wil. Ag nee sal nooit verstaan nie ?????

CAROL ·

SANDRA DAAR STEM EK SAAM MET JOU OOR OSCAR!!!! HULLE HET N REVENGE VIR HOM!!! MAAR JA WAT VAN DIE ANDER??? GAAN HUL OOK SO GROOT SCENE MAAK SOOS HUL OOR OSCAR DOEN ????

Helen ·

Kan regtig nie glo dat al daai dinge wat hulle noem nog uitstaande kan wees nie? hu lank vat dit om alles agtermekaar te kry? 6 jaar? Afrika tyd ne?

Riana ·

Wat ek nie kan verstaan, ek sou hom nie naby my dogter wou he, haar ouers dood tevrede met die verhouding en dan is daar nog daga betrokke. Sy lyk ook vir my swanger, anders, sorry is dit die lekker lewe wat hul besig om te ly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.