Herbenoeming van straat in Kaapstad is ‘geldmors’

De Waalrylaan, Kaapstad (Foto: Google Maps)

Die besluit van die DA om De Waalrylaan in Kaapstad te herbenoem na Philip Kgosana-rylaan is skandalig, gesien teen die agtergrond van yslike sosiale- en ekonomiese uitdagings in die stad soos ʼn ernstige waterkrisis, en die stad moet sê presies wat die proses gaan kos, het Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap, gesê.

Philip Kgosana was ʼn bekende in PAC-kringe en het in 1960 ʼn optog van 30 000 mense vanaf Langa na Kaapstad gelei. Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille wat self lank aan die PAC verbonde was, was ʼn groot voorstaander van hierdie naamsverandering.

Mulder sê daar was histories gesproke geen rede hoegenaamd waarom die vorige naam aanstoot kon gee nie.

“Sir Nicolas Frederick de Waal was vanaf Uniewording in 1910 die eerste administrateur van Kaapland. Die pragtige dubbelpad wat steeds uiters doeltreffend is om verkeer na en vanaf Kaapstad na veral die suidelike woongebiede te laat vloei, was sy idee en hy het die bou daarvan oorsien.

“Dit is dus direk aan De Waal te danke dat die pad vandag bestaan en ʼn reuse bate vir al die mense van die omgewing is. Om sy nagedagtenis en bydrae tot die stad op hierdie manier te vertrap, is ʼn skande.

“Die VF Plus sal daarop aandring dat burgemeester De Lille aan die stad se inwoners sê presies wat die naamsverandering sal kos. Kaapstad sit voor ʼn kritieke waterkrisis, tog wil dit voorkom of die stad onnodige onbenullighede fokus.”

Mulder het bygevoeg dit is “ʼn klap in die gesig van elke persoon wie se belasting hiervoor gebruik gaan word”, en die VF Plus sal aanhou veg om die besluit om te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Nico ·

Dis hoekom ek nie meer da stem nie hulle is net soos die anc agterbaks want die verkiesing kom nader

Kobus Smit ·

Ek het nog nooit DA gestem nie. Hulle is maar net ANC Lite

Ougert Meyer ·

Dis hoe dit deesdae in die Kaap gaan. Geen water. Gedurige gekla oor koste en geld. En advertensies wat vertel hoeveel die Raad se Waterwerke aan geld gespaar het! Maar ons het wel geld vir onsinnige naamsveranderinge! Moet dit seker verwag van ‘n stad met ‘n skellende burgemeester met PAC bloed in haar are!!

wragies ·

Wragies daar is WATER KRISIS en hul wil geld mors om n naam te verander loop vat die geld en gaan Koop vir onbevoorregtes kos, betaal eskom eerder Dan maar om duisende uit te gee op n naam verandering……

Riaan ·

Hoekom gebruik hulle nie die geld om die informele woonbuurte se straate ook te teer en op te gradeer, weet die mense hoe lyk daardie mense se omstandighede as swaar reen kom is daardie mense se huise vol water en modder,

Jan Nel ·

Die koste moet natuurlik insluit wat dit besighede gaan kos om hul naam/adresborde te verander, visite kaartjies oor te druk ens.

Leahim ·

Hier kom die DA se ware kleure na vore mense word beperk op drink water maar straatname word verander …ek bly maar by VF+ waarsonder die DA nie n verkiesing kan wen sonder om n koalisie aan te gaan nie

Veritas ·

Politici het darem ‘n hoë dunk van hulself al werk hulle vir die man in die straat. Hoekom strate alewig vernoem na een of ander politikus, stadsraadslid of stadsingenieur? Wayde van Niekerk het meer vir SA gedoen in sy kort loopbaan as meeste van hulle in ‘n leeftyd. Hoekom dan nie maar sy naam op dié manier verewig nie?

Jan ·

DA wen in Kaap sonder koalisie. Daar werk hordes Afrikaners vir Stad Kaapstad. De Lille is ‘n regverdige mens.

Swannie ·

Jan, De Lille kon nie gou genoeg by haar vorige party wegkom toe sy `n joppie by die DA aangebied was nie. Vir haar gaan dit net oor geld en niks meer nie.

Leahim ·

Die DA moet nie vergeet wat die anc kiesers aan hulle eie party gedoen het in PTA en JHB nie die party dien die kiesers en nie andersom nie .

MANIE ·

Met die da aan stuur in PRETORIA het my erfbelasting gestyg met R800/maand. Ons vullis word die meeste tyd eers op n Vrydagmiddag afgehaal alhoewel hulle rooster se dit moet Donderdag wees. Partykeer word dit glad nie afgehaal. Hulle is ner so pateties soos die anc indien nie meer. Misbruik en mislei wittes net soos ou nationale party slegs vir stemme

Dina ·

Gebruik tog liewer die geld om die waterkrisis af te weer deur seewater drinkbaar te maak, of om reën- en fonteinwater uit die berge te herwin vir menslike gebruik soos in Europa gedoen word. Dit maak sin. DA-ondersteuners, hierdie sinlose besluit is ‘n rooi lig. Dink vir julself. En doen iets…

Dina ·

Hou op straatname verander, Me de Lille, en herwin water uit die see, fonteine en berge. Dan hoef u nie ten duurste bykomende toestelle aan te koop en te installeer nie. U moet strategies dink, veral in krisistye.

Stina ·

Het die Da nie hoog en laag baklei teen naam vernandering in PTA en nou doen hulle dieselfde in CPT ni

HPV ·

Bou liewer damme en red stede soos Bloemfontein van totale verval.

Erick ·

Jare terug ophou DA stem. Skaam dat ek dit ooit gedoen het en sal dit ook nooit weer doen nie ?

Toppie ·

Ek glo dit sal ‘n groter impak he as hulle ‘n dam met die geld bou en dit die Kgosane
dam noem, dan spreek hulle water krisis aan en die vereer die naam

Juffie ·

Dankie tog vir die VF PLUS party!
In Panorama in Parow is ‘n straat met die naam Gert van Rooyen ( Hallo -die pedofiel!) Kan jy dit nou glo!

Pieter B ·

GEEN WATER mense bly in krotte maar genade tog ons wil straatname verander gebruik eerder daardie geld om huise/woonstelle te bou vir julle mense!!!!

pietie ·

Duidelik geen steun vir naamsverandering, maar getrou aan haar styl ploeter sy voort!

SARIE VAN HEERDEN ·

besef die persone veranatwoordelik vir verandering van name wat dit sakemanne kos om dit te moet doen? Ek kan nie in ‘n kort sinnetjie dit beskryf nie maar gaan sit met ‘n pen en papier en begin al die kosstes bymekaartel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.