Herdenkingsdiens vir boereorkeslegende

Francois van Loggenberg. Foto: Verskaf

Francois van Loggenberg. Foto: Verskaf

ʼn Herdenkingsdiens word Donderdag in Mellville in Johannesburg gehou vir die boereorkeslegende, Hennie van Loggerenberg wat Sondag ná ʼn lang siekbed oorlede is.

Francois van Loggerenberg, Hennie se seun, het aan Maroela Media gesê die diens vind om 11:00 by die Melville Kruis-gemeente plaas. “Dit gaan ʼn openbare diens wees vir ondersteuners, vriende en aanhangers wat hom vir oulaas wil kom groet,” het Van Loggerenberg gesê. “Baie mense het reeds aangedui dat hulle die diens gaan bywoon.” Die fisiese adres vir die kerk is 4de Laan 51.

Hennie (76) het jare lank as vervaardiger by die SAUK gewerk en was ook beoordelaar van die boereorkeskompetisie op televisie. Hy was ook een van die hoofbeoordelaars op die Sakkie Langarm-kompetisie op kykNET. Hy en die boeremusiekkenner, Ollie Viljoen, was boesemvriende.

Hy sal onthou word as die man agter die deuntjies van Kraaines, Wielie Walie, Liewe Heksie en Casimir – asook lank voor televisie, die stem agter die Vrydagaand inbelradioprogram “Skemerkelkie“.

Hennie het vier jaar gelede ʼn beroerte gehad en het sedertdien by sy dogter, Anja in Johannesburg gewoon. Sy het hom versorg.

Hennie laat vier kinders, Francois, Anja, Johann Rene Maree, en ʼn kleinkind, Charl-Francois Maree, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico Ras. ·

Ons innige meegevoel aan familie & vriend met Hennie se afsterwe. Hy sal baie gemis word deur sy familie en almal in die musiekbedryf. Gods Rykse Seen word julle toegebid.

iris ·

R.I.V Hennie jy sal altyd by ons wees met jou Musiek! Innige meegevoel aan Hennie se familie ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.