Herder vind baba in veld

Argieffoto

Argieffoto

Die Kaapstadse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help om die ma van ʼn babaseuntjie op te spoor wat oor die naweek in ʼn veld gevind is.

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn herder het Saterdag omstreeks 05:30 op die baba in Mfuleni afgekom toe hy besig was om beeste deur die veld te lei.

“Hy het ʼn baba hoor huil en by nadere ondersoek op die seuntjie afgekom. Die baba was met ʼn kombers toegegooi,” het Rwexana gesê.

Volgens Rwexana is die baba ʼn paar dae oud. Enigiemand met inligting oor waar die ma haar moontlik bevind, word versoek om kapt. Nomathemba Muavha by 021 909 9593 of 082 499 4650 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elsabe Franken-Jordaan ·

HOE leef jy met jouself saam wanneer jy so-iets doen?

lees net ·

nie eers hond gooi sy kleintjies so weg. mag die mense omoeintelik gestraf word

Sarie ·

Ek het jare gelede by ‘n vriendin inni Ceres-vallei gekuier, toe haar huishulp een oggend vir haar vertel dat haar 12 jarige dogter swanger is… *Irma het geskok gevra wie die pa is, enni huishulp het geantwoord: “Ek weet nie. Jy weet mos die kinders speel in die strate…” Ek wonder soms of dit nie die ma, se ma is, wat nie nòg ‘n “mond” kan voed nie & dan op sò ‘n manier vd baba ontslae raak nie… Daar word dalk vd ma gesê die baba is dood…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.