‘Here, hou my hand vas vanaand,’ toe skiet hy gesin dood

‘n Inskrywing wat Johan Brody op 28 Mei vanjaar op sy Facebook-profiel gemaak het.

ʼn 64-jarige man van Elspark in Germiston het Dinsdag in die vroeë oggendure sy drie kinders doodgeskiet en daarna homself.

Kapt. Lesetja Mathobela, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 03:30 plaasgevind.

“Johan Brody het sy drie kinders, onderskeidelik 35, 37 en 38 jaar oud, doodgeskiet en daarna homself,” het Mathobela gesê.

Dié skokvoorval is voorafgegaan deur ʼn onheilspellende boodskap wat Brody Maandag op sy Facebook-profiel geplaas het: “Here, hou asseblief vanaand my hand styf vas…”

Mathobela het gesê Brody se vrou is verlede jaar oorlede.

‘n Inskrywing wat Johan Brody op 17 Mei vanjaar op sy Facebook-profiel gemaak het.

Volgens inligting op sosiale media is Brody se seun se naam, Dawid. Sy dogters is tans net bekend as Tanya en “Ounooi”.

Tanya en Ounooi is glo geskiet terwyl hulle in hul beddens gelê en slaap het. Volgens Mathobela het die bure die polisie in kennis gestel van die voorval ná hulle skote gehoor het.

Brody het op 17 Mei op Facebook gesê dat hy op soek is na werk omdat sy werkgewer gelikwideer is en al die werknemers het hul werk verloor. Op 26 Mei het hy geskryf: “You get some people who try to live and then you get some people who try to die. It is so difficult to die… [sic]”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

128 Kommentare

bolla ·

Ek wonder of die kinders se ouderdomme korrek is in die berig. Ek bedoel ‘n ou kan seker eenkeer ‘n glipsie maak as jy ‘n tiener is maar driekeer?

Tania Heyns ·

Dagsê Bolla

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning, Brody was inderdaad 64 jaar oud. Die ouderdom is reeds aangepas.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Michelle ·

Absoluut waar – as jy as blanke in SA vandag jou werk verloor, het jy basies min tot geen hoop om weer werk te kry nie. Dus, neem regering eers ons wapens weg om onsself mee te verdedig, dan neem hulle ons geleentheid as blankes weg om onsself te voed – dan wag een helfte kriminele om ons tuis te roof, te verkrag en te vermoor en die ander helfte kriminele (regering) wag dat ons onsself uit die samelewing verwyder agv hopeloosheid.

Mens kan NIKS trotseer sonder hoop nie……..

Ek is ·

Dit is hart verskerend, ons bid vir vrede en berusting vir die naas bestaandes.

TLC ·

Genugtig hkm was sy kinders nog op so hoë ouderdom nog onder sy dak of is daar n groter storie hier agter Hul het dalk ook nie werk gehad nie Riv almal van julle

Kennis ·

Die man het sy oudste seun spesiaal gebel om te kom. Dink spesiaal aan die vrou en kinders van Dawid…ons innige simpatie.
Baie hartseer oor baie jare, die dogters het hul bes vir hul pa probeer gee. #onwerklik #geskok

Tanya ·

Ek gaan my lewe ook moet neem binnekort. Kan nie meer my huur betaal nie. Het nêrens om heen te gaan nie. Het ook my werk verloor, hier is geen werk nie. My bietjie spaargeld gaan net so vor huur en dis amper op. Bang vir die strate, vrou alleen, al weet ek dat ek op God moet vertrou. Darem geen afhanklikes. Moenie mense oordeel wat dié uitweg neem nie asseblief, dit kom oor ‘n lang tyd van swaarkry en lyding. Dit is die hart se Plan B. Mag die Here ons genadig wees in hierdie donker. Dankie.

Tania Heyns ·

Dagsê Tanya

Dankie vir jou kommentaar. Indien jy angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Baie sterkte!

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

RAFEL ·

Tanya, moet asb nie jou eie lewe neem nie. Kontak asb die mense wat MM hierbo gegee het. Daar is al tyd ‘n uitweg en so baie mense wat jou kan help. Jy is nie alleen nie.

Peet van Breda ·

Tania……hou goeie moed. op die donkerste nag is die daag op sy naaste.

Hulp ·

Jou kommentaar het my laat huil. Die absolute rou deperaatheid… Ek het ook my werk verloor en vir meer as 60 poste in die laaste 2 maande aansoek gedoen. Nog net genoeg geld vir een maand, met 3 afhanklikes. Weet asb dat jy nie alleen is nie. Volg asb Maroela se raad, en kontak SADAG. Lees ook asb Jer. 29:11-14 – onthou nie ons tyd nie, maar God se tyd…

Piet ·

Wat gaan dit help indien sy hierdie mense kontak. Gaan hulle skielik vir haar geldelik help oa om haar huur te betaal. Ek is ook volgende. Het ook my kontrak werk verloor en is voorheen af gelê by dieselfde maatskappy. Glo te oud. Hulle mense moet op pensioen gaan op 63. Ek kon nog aangegaan het tot op 70. Maar nou ja. So the cookie crumbles. Ek soek nie simpatie nie asb!

Tanya ·

Baie dankie vir die omgee Maroela Media en al die mense wat my moed inpraat. Ek is glad nie depressief of angstig nie, die lewe was nog nooit so mooi nie en ek is in die fleur van my lewe maar ek is ook ‘n realis en soms moet mens dinge doen om jouself toekomstige pyn en vernedering te spaar. Jammer dat ek julle belas het met my probleem maar ek glo baie mense het die probleem. Vra net dat julle menslik moet wees as iemand die uitweg kies. Dankie.

Bekommerd ·

Tanya asseblief moet dit nie doen nie. Ek weet hoe moeilik dit kan wees. As jy op fb is laat iemand jou help om hulp te vra dat mense hul harte kan oopmaak en ‘n bydrae gee. My dogter het ook haar werk verloor agv agterbakse manier deur die werkgewer om mense te laat gaan sonder vergoeding. En raai wie doen nou haar werk? Nie een van ons boerevolkie nie. Kom mense maak asseblief jul harte en beursies oop sodat ons iemand kan hoop gee. Tanya as jy kan laat weet Maroelamedia waar jy bly en jou kontakbesonderhede. Maroelamedia is daar nie ‘n manier om hulp te verleen nie?

bolla ·

Skakel in by ‘n klub of ‘n gemeente, daar is altyd mense wat jou sal help. Moet net nie alleen op ‘n hopie gaan sit nie, dit is die verkeerdste ding om te doen.

Juliana ·

TANYA, in watter area woon jy? Ons gemeente/ek kan jou help, reik asb uit vir hulp. Bid tot God en HY SAL uitkoms gee. Hy het jou baie lief

Tanya ·

Baie dankie maar ek wil regtig nie geld hê nie. Ek wil werk! Sal selfs toilette skrop. Bid net asseblief saam met my vir ons almal wat swaar kry vir werk, hier is mense met afhanklikes. My behoeftes is min, dis net die huur wat bly styg en geen werk. Die kerk het nog net ‘n paar bejaardes wat vir die gemeente bydra hulle kan ongelukkig nie help met werk of uitkoms nie. Baie dankie aan almal wat omgee en vir elke woord van ondersteuning.

Anoniem ·

Tanya ek hoor wat jy se en ek weet ook hoe dit voel. Ek was ook daar is al in gevorde ouderdom en het ook maar n rowwe lewe geleef., maar ek wil jou vandag verseker dat daar wel mense is wat omgee. Mense kom op ons pad wat deur God gestuur is om ons te help en te ondersteun. Weet dat God daar is vir jou en vir ander. God se self vir jou as Hy vir die mossie sorg hoeveel te meer sal Hy vir jou sorg. Glo asseblief en vetrou. God sal besluit wanneer jou lewe verby is dit is nie vir my of vir enige iemand om sy eie lewe te neem nie en daarmee oordeel ek nie my hart bloei vir hulle wat dit wel doen. Onthou Tanya Jesus het jou lief en daar is mense wat jou ook lief het. Sterkte vir jou.

Johan ·

Aan al die boere, wat hulp nodig het of alternatiewe hulp nodig het, help Tanya. En help die derduisende ander mense wat in hierdie onregverdige beleid probeer oorleef. Dit pleit ek in die naam van ons liewe Vader.

Liezl ·

Asseblief Tanya, dit is beslis nie die moeite werd nie. Moenie verder dat die gedagtes jou vasvang nie. Kry seblief hulp. Môre kom en dan lyk dit weer heeltemal anders as vandag se donker. Sterkte en seën vir jou!

Willie ·

Tanya. jammer om te hoor van jou swaarkry. Jy is een van baie in Suid Afrika wat tans swaarkry vir verskillende redes. Onthou net : God is groot en in sy Liefde sal jy berusting vind. Gaan in jou kamer, maak die deur toe en raak stil, dan breek jy jou hele hart in gebed , vra vir hulp, vertrou dat die Here sal uitkoms bring. Vra ook dat Sy wil sal geskied. Jy sal ‘n antwoord kry, moontlik deur ‘n persoon wat oor jou pad gaan kom – sien dit as God se antwoord. Lees Psalm 125: 1-2 en Spreuke 3: 5-6. Vertrou op die Here!! Sterkte, ons bid ook vir jou.

Gertryda ·

Niemand ken die hart van n desperate mens nie
Familie deesdae kom nie eens meer bymekaar wat nog van help
My hart gaan uit na al die moedelose en desperate mense
RIV

Mareli ·

Gertryda dit is so waar wat jy sê niemand ken die hart van desperate mense nie.. Depressie is ‘n baie donker plek om te wees. Ongelukkig het die mensdom so gejaagd geraak dat ons nie meer ander se needs raak sien nie. Al wat ons doen is jaag ons eie drome na, sonder om rond te kyk wie eintelik hulp nodig het, My hart breek vir elke moedelose en desperate persoon wat hier comment. Ek was ook al op so ‘n donker plek gewees in my lewe….

Kiepie ·

Miskien “verdien hy om veroordeel te word” maar is dit my of jou reg om dit te doen. Staan daar nie in die groot boek geskrywe dat die ooreel slegs God toekom nie?

Peet van Breda ·

n Desperate samelewing waar vrees en geweld aan die orde van die dag is. Daar is altyd n plan. Moenie moed opgee nie.

RAFEL ·

Tanya, moet asb nie jou eie lewe neem nie. Kontak asb die mense wat MM hierbo gegee het. Daar is al tyd ‘n uitweg en so baie mense wat jou kan help. Jy is nie alleen nie.

nannie ·

Ware woorde wat jy se Gertryda. n Desperate persoon weet naderhand nie meer wat om te doen nie.

Nooit sal ons weet ·

NOOIT SAL ONS WEET VAN ANDER SE OMSTANDIGHEDE. ONS RAAK NIE MEER BETROKKE BY ANDER NIE ELKEEN NET VIR HOMSELF. ONS KAN DALK NIE ANDER HELP MET FINANSIES NIE MAAR ONS KAN HELP MET ONDERSTEUNING.

NOOIT SAL ONS WEET HOE SO MENS VOEL NIE. MENS KOM OP N MOEDELOSE PLEK N DONKER GAT. KOM ONS WEES VAN DIE OOMBLIK AF N LIG VIR ANDER.

Danel Casey ·

Tanya…asb moet nie opgee nie…Ek smeek jou…Hy sal jou deur dra!! Ek belowe dit aan jou…Jesus het jou lief al is als nou donker…Hy is in beheer en sal vir jou n weg maak…ek weet dis nou donker om jou en jy is moeg en moedeloos en seer verby…maar dit gaan weer reg kom…Sterkte vir jou en ek bid en ek glo daar is hulp op pad na jou!!

Wonder ·

Ek vra elke dag hoekom moet ons swaarkry? Ongelukkig kom party mense net op ‘n dag tot hierdie diep donker gat met geen uitkoms nie. Min mense verstaan rerig hoe dit voel om nie verder te kan sien nie. RIV.

Minki Kruger ·

Hoekom sy kinders se lewens neem en is sy kinders almal oor die 30jaar oud? Sjoe, ek weet nie wat hul omstandighede was nie maar my hart gaan uit na hulle. Die wereld raak elke dag swaarder, ons hartseer raak meer al wat ons werklik het is ons geloof en hoop. Ons moet vir mekaar begin bid soos in die ou dae :-(

Muriel ·

Dawid het saam ons gewerk in Isando. Hy was altyd op sy pos en het altyd graag alles gedoen wat van hom gevra is. Hy was regtig stil en stemig en n baie rustige persoon. Ons gaan hom VREESLIK Miss en ons harte is baie seer.

Tertia Human ·

Tanya dis nie die weg uit nie my skat bel my Tannie Tertia 0727974978 laat ons kyk waar ons kan help asb!!!

Helena. ·

Ek weet hoe dai pa moes gevoel het, veral as jou kids by jou bly en in jou oë kyk vir n bord kos en daar is niks nie. Daar is nie altyd n plan nie, mense wat kan help wil nie help nie, waar kry sieklike en ou mense blyplekke as alle blyplekke onbekostigbaar is. Ek voel baie soos wat die pa gevoel het, maar nie om almal se lewe te be-eindig nie net myne. Sterkte aan sy naasbestaandes, ekt begrip van hoe die man moes gevoel het.

Deppressie ·

Ekself lei aan depressie. 18 jaar terug het ek probeer selfmoord pleeg. Oordosis pille gedrink. My baas my huistoe gestuur. Kan jy glo? In my bedwelmde lyf,beland ek toe tot stilstand mm voor trein oorgang. Amper in trein vasgery. Nie eens my baas het gedink dis so ernstig nie. Was vir week in hosp onder bewaking. Geen mens weet of het n benul wat in jou kop aangaanvmet depressie en selfmoord neigings. Jy as persoon dink net aan een uitweg en dis die dood. Oordeel help nie,vingerwys help nie,praat en skinder help nie,breek eerder af. Sterkte aan al die depressie ouens,dis nie n maklike pad nie. Na 18 jaar dink ekself nog gereeld aan selfmoord. Dis maar moeilik vir normale mense om n depresiewe persoon te verstaan.

Sêmaarnet ·

Mens oordeel so maklik maar daar is so min werk daarbuite. My man was nou 8 maande werkloos en al die verantwoordelikheid het op my skouers geval. Dit is nie aldag so maklik maar ek dank die Here dat hy my staande gehou het. As die man 3 kinders in hul 30’s in sy huis gehad het was hulle waarskynlik almal werkloos en het net mekaar gehad. Of jou kinders groot of klein is, as ouer moet dit jou hart breek om hulle te sien ly. Dit maak nie reg wat hy gedoen het maar mens kan begrip daarvoor hê as jy self die swart kant van die lewe gesien het. Ek het ook maklik geoordeel voorheen, maar nie almal is sterk genoeg om deur sulke struikelblokke te veg nie.

WIEBO ·

Moenie die mense oordeel nie. Dit is baie sad, maar al het baie mense om jou, jou so lief, dit sit nie kos op die tafel nie. Ek is in dieselfde bootjie en oppad soontoe. Ek is NIE deppresief nie, net geen moed vir die donker toekoms nie. Sterkte aan al die naasbestaandes en vriende wat hulie agterlaat.

Renier ·

Ek huil… Ek huil vir Tania wat voel daar is nie uitweg nie. Ek huil vir ‘n vader wat geen uitkoms kon sien nie. Ek huil vir Piet wat op 63 nie werk kan kry nie. En ek huil vir ons volk. Ek was daar…?

Maryna ·

Vader wees asb U kinders Genadig, bring as uitkoms vir elke hulpkreet en smeekgebed, in die Naam van Jesus. Amen.

nettie ·

Mens wil nie daaraan dink nie, maar dit maak dit amper net makliker om te dink, mens is moeg, moeg om te dink, hoe betaal jy jou huur, hoe koop mens kos, as mens net 1 persoon is wat werk, almal kyk na jou, vra jy iets, is dit n skande, en mens voel verneder. My man kry maar n karige salaris, maar by hook or by crook, gaan dit my verstand te bowe, om te dink hoe. maak mens dit elke maand.
My kinders sukkel,my seun sukkel om werk te kry, al 2 keer beroof by MTN waar hul n geweer teen sy kop gehou het. MENSE gee nie om oor mekaar in vandag se tyd, families wat wel af is, sorg net vir hulself, te bang om mens te nooi, is seker bang hul moet help! Ek kan verstaan hkom mens net handdoek ingooi, daar is nie geld om vakansie te hou nie, was 15 jaar terug erens heen, elke sent moet gaan vir petrol, kos, huur….em by die 18 de van elke maand as jy kas deure oop maak is daar net jam,. maar ons lewe. Party maal maar op genade…en dan wil ek net my oe sluit

Blondie ·

Kom ons almal buig die kop en sluit die oë vir so 5 minute vir al die Tanya’s daar buite “dankie Here vir die kalmte en die vrede van die Heilige Gees wat nou oor elkeen van ons spoel, amen”

Oujongvrou ·

Die mense is gou om te se moenie moed opgee nie. Nou sal hulle uitspoel in wit plakkerskamp en onder die selfde kam geskeer word as van daai hopelose mense daar. Nee dankie sou ek sê. Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom het mense nie voorsiening gemaak vir hulle oudag nie. Op 60 behoort mens darem genoeg te he om redelik te kan leef as jy afgelê word. En n eie huis ten minste. Jongmense moet asb hier n les sien. Begin die oomblik wat jy werk het spaar en belê en kry n goeie makelaar. Hou jou hand op jou geldsake, veral omdat mens in hierdie land nie more weet of jy nog werk het nie.

Bipolar ·

@Oujongvrou

Gaan soek asb n artikel waarvan jy kennis dra en gaan lewer kommetaar daar.
Baie duidelik het jy in n goeie werks posisie ingestap waar jy dit kon bekostig om n huis of watookal te koop. Natuurlik ook dan sonder kinders en hulle uitgawes.
Nie almal kan dit bekostig om n verband af te betaal nie wat nog te sê om voorsiening te maak vir die toekoms.
Soms is daar wel vooreiening gemaak, maar dan op n dag word die mat onder jou voete uitgeruk en jy het niks om op terug te val nie.
Hoop en bid dat jy nooit in so situasie sal beland nie…….

Anoniem ·

Ja. Antie. Maklik om te praat vanuit jou pensioenstoel. Jy ken nie die omstandighede nie. Jy weet nie hoeveel keer hy dalk al voor moes begin nie.

Jane Doe ·

@Oujongvrou
Jy het duidelik geen idee waarvan jy praat nie. Ek is die broodwinner van my gesin, my lewensmaat kry, met ‘n honneursgraad, nie werk nie. Ons rook nie, ons drink nie en ons koop net die nodige en steeds is daar nie genoeg elke maand nie. Moenie oordeel as jy self nog nooit in die situasie was nie. Nie almal van ons val met ons agterente in die botter en verdien genoeg vir huisverbande en spaarplanne nie. Lees bietjie mooi al die kommentaar hier, daar is baie van ons wat in dieselfde bootjie sit.

@ OUJONGVROU ·

As jy werklik’ n oujongnooi is verstaan ek watter verwysingsraamwerk jy het om kommentaar vandaan te lewer. Ek wil egter vir jou sê as jy KINDERS het of OUERS om te versorg, is dit nie so maklik nie. As jy die broodwinner was en skielik is JOU salaris weg, agv aflegging, herstrukturering en jy kry nie onmiddellik weer werk nie sit jy in die moeilikheid. Jy gebruik al jou pensioengeld om die rekeninge te betaal wat ophoop in die tyd wat jy sukkel om werk te kry. Dan het jy seker gelees van bv Transnet se pensioene, die mense HET voorsiening gemaak maar kry 2% verhoging ‘n jaar .. wie moet ons daarvoor skuld gee? Maak nie saak hoe jy voorsorg getref het nie .. dit is NIE maklik om aan te gaan as jy jou werk verloor het en vir ‘n lang tyd sonder werk sit nie. Ek is al tweekeer afgele . en was baie dankbaar dat ons twee in die huis was wat verdien het sodat die een kon aangaan terwyl die ander een weer werk soek .. En NEE ek was nog nooit in daardie situasie nie maar ek kan myself indink . ek sien mense in wit plakkerkampe, ek sien oumensies met karige pensioentjies .. wat soms eenkeer ‘n week ‘n vleisie eet .. KYK na jou medemens, moenie vinger wys nie!

Theresa ·

Glad nie noodwendig nie.
Dis die ideaal. Dis nie altyd moontlik nie. Mat word soms op onvoorspelbare en onheilspellende maniere onder mense uitgeruk.

jennefer ·

Het ek ook gedink, hele lewe gespaar. Tot jou man sy werk verloor, kontrakwerk gedoen laaste jare. Wel van pensioenfonds geld getrek om huis te betaal. 2 kinders op universiteit, 1 op skool. Man oorlede 7maand gelede. Trek nog geld om kinders te laat klaar leer. Al die belasting verligting die laaste 30 jaar moet ek nou betaal. Nou wat ek dit die nodigste het.

Rina ·

Soms gee die lewe mens ‘n dwarsklap wanneer jy dit die minste verwag. My pa was ‘n man wat hard gewerk het en goed voorsiening gemaak het en ‘n huis gekoop het. Als met ‘n klein salaris. Toe kry hy op 48 ‘n groot hartaanval en word medies ongeskik verklaar vir sy hoë stress pos. Kry werkies maar als teen ‘n baie kleiner salaris en om die huis te hou koop hy polisse af en sommige verjaar omdat hy nie meer geld daarvoor gehad het nie. Hy is 2 jaar terug dood na ‘n beroerte en my ma sit met ‘n huis en niks anders nie. Sy kan nie verkoop nie want die huis was op hulle altwee se naam en sy kan nie die oordrag en boedelbelasting bekostig nie. Sy kan nie die huis onderhou of erfbelasting bekostig nie en moes die huis begin uithuur. Sy bly nou by my sussie en dis vir haar ‘n verskriklike vernedering want sy is nog gesond en was nog altyd baie onafhanklik. En ek kan sien hoe daardie mens wegkwyn. Nie ek of my sus is finansieël in ‘n posisie om te help nie. Ek kan sien hoe hierdie dinge gebeur en dit is hartverskeurend. Soms is dit selfs nie genoeg om voorsiening te maak nie.

Piet ·

Oujong nooi, ek het al in dieselfde strik as jy getrap. Ek het geglo dat dit met my goed gaan a.g.v my harde werk en goeie beplanning, dit was egter niks van dit nie. Alles wat ons het is God se genade. Wanneer n mens dan dink jy het niks meer nie dan sal God jou wys dat jy nog baie kan verloor. Prys die Here dus vir vandag en vir alles wat ons het!

REGTIG!!!! ·

Ek verstaan presies waar daai pappa vandaan kom…ons as ouers kan nog sonder kos…maar ons kinders…ai dis n ander storie…die lewe is wreed vandag…ek sit baie keer soos Job op n ashoop en vra: wat gebeur more? Maar ek moet se, as ek nie ons Hemelse Vader geken het nie, en hy my elke keer omvou het met sy kosbare liefde nie, was ek ook dalk waar daai pappa was…

karen ·

ek is in dieselfde situasie as Tanya en ek weet hoe sy voel – glo my daar is duisende wat bid om moreoggend nie meer te wees.

Glo my uit ondervinding as jy van vriende en familie ontslae wil raar se net jy is werkloos – dis soos die Rooi see wat oopgaan ……Al die jare was ek enkel ma – gedink ek is so braaf goeie werk mooi huis liefde van my lewe. Toe kom jezebel en sy vat wat sy wil he – wel wat kan ek se ek het buite gestaan en huil en sy het binne gelag. My hart was gebreek maar dit was nie genoeg sy het soveel moeilikheid veroorsaak by my werk dat ek op die einde werkloos was. nou huur my kind my huis ek bly in tuinwoonstel ek werk vir minder as my huur en ek bid elke dag Here as daar iemand is wat langer wil lewe – gee hom of haar kans ek sal in die plek gaan …. daar is net niks mooi en ek sal al 2weke weg wees dan sal my familie en “vriende” nie eens agterkom ek is weg…… eensaamheid versmoor dit maak dood ……

SNEL ·

Karen, mag die Here die son weer oor jou laat skyn. Mag hierdie aaklige pad wat jy gestap het op n einde kom. Hierdie gebede gebid op die blad is ook vir jou. Wens ek was jou maatjie, sou jou nie gelos het nie. Ek het al 2 vriendinne gehad een was so storie soos joune, sy het in mense se garage moes bly met haar kind. Ander een ook enkel ma, sukkel en kind is gestrem. Sal hulle nooit los, sal hulle help waar ek kan. Ons vra nie vir die hand wat ons gedeel word nie, maar ons is hier om mekaar te dra en ondersteun. Al het jy niemand, wat n Vriend het ons in Jesus. Hou jou oë op Hom en nie op die groot golwe.

VanAfrika ·

Tanya, begin n babasitter besigheid terwyl jy nog werk, bou jou kliente basis, laat ouers hul kinders by jou los wat nie saam mag gaan na byeenkomstighede nie, help kindertjies met skool werk, ry iemand se kind rond wat dit nie kan doen nie maar bekostig om jou te kan betaal. My suster en haar man het destyds altwee hulle werk verloor met retrenchments. Sy het by n naskool gaan werk en ondervinding opgetel, toe maak die skool toe en sy begin haar eie pre-school by die huis. Sy het vandag nog kinders wat by haar was twintig jaar terug en wat nou werk wat terug kom vir n kuier want volgens hulle was sy die beste “teacher”. Sy het baie kinders al ge-“shape” vir hul toekoms en die laerskole in haar omgewing vat al haar kinders as hul graad 1 toe gaan en sy staan nog sterk met haar skooltjie. Haar man verkoop koeldranke aan “vendor shops” om sy gesin aan die lewe te hou en hy is al 60. Hul seun het selfde as sy pa, geswot om electrician te word en kon nie werk kry nie, hy huur toe n plekkie en begin burgers aan die publiek te verkoop en doen baie goed. Hy maak die beste burgers en sy klandisie is baie en hy dink nou daaraan om te franchise. Moenie die verkeerde besluit neem want dalk het iemand vir jou n offer dan het jy die verkeerde besluit geneem en dan is dit te laat.

Afrikaanse Knaap ·

Is daar nie ‘n rekening nommer waar ons vir mense kan help nie? Elke R20 tel.

Maria ·

Hou goeie moed en vertrou asb. Ek ook maar arm pensioenaris maar doen baie dingetjies om pensioentjie aan te vul. Die Here sit elke aand n broodjie op my tafel #dankbaar

Marinda ·

Laat ons nie oordeel nie. Partykeer gebeur goed in die lewe met mense, wat ons nie verstaan nie, of ons weet nie waardeer hulle besig is om te gaan nie. RIV. Dis regtig tragies.

Kennis van Johan ·

Hi Sarie,
Dit is die kinders se regte ouderdomme. Hulle het by Johan gewoon om hom emosioneel en finansieël te ondersteun nadat hulle ma verlede jaar oorlede is.
My hart gaan uit na Johan se klein kinders wat nou sonder hulle (groot)ouers moet groot word.
Iets drasties moes Maandag gebeur het wat hom laat knak het…

Charmaine ·

Ons sit in dieselfde posisie die myn is toe word desember afgele moet terug plaas toe wat tot op die grond geplunder is moet gaan bou ens ens maar ek klou aan my GOD vas ek weet my GOD is in beheer GOD KEN ELKEEN SE NPODKREET EN GOD SAL VOORSIEN OP SY TYD NIE ONS TYD SYERKTE AAN ALMAL

Foxi ·

Ek wil net vir almal daar buite sê….ons huil en treur oor ons volk. Of dit beter sal gaan betwyfel ek. Ons kinders kry nie werk nie, ons velkleur is verkeerd. Wit plakkerskampe word n werklikheid. Ons land is besig om ten gronde te gaan met n spoed. Tanya is nie net een geval nie, daar is honderde wat in daardie donker gat sit. Welgestelde families gee nie n flenter om nie. Hulle sal eerder n ompad loop voor hulle jou sal help. Jy word n las vir hulle. Klere en kos sal eerder in die asblik gegooi word, voor hulle dit vir hul familie lede sal gee. Tot kleingeld, bronze ensv word weggegooi, ek weet want ek ken sulke familielede. Die werklikheid van swaarkry is rondom ons, nie net vir wittes nie, maar ook vir die anderkleuriges. Tanya en almal wat ook in soortgelyke geval is, moet net probeer sterk wees en vra vir hulp. Om trots te wees beteken niks meer vandag nie. Daar is ENGELE daar buite!!!!

Peet ·

Die lewe is swaar is medies ongeskik vrou werk ook nie familie ken nie n mens nie word ook 50 die lewe was goed vir my gewees.Dan draai alles vrou wil al self moord pleeg ek kan net vir haar sê ek is lief vir haar maar kan niks doen nie het ook al sô gevoel maar daar is altyd iets om voor te lewe het my vrou en dogter en klein dogter wat my weer hoop gee en weer die son laat skyn.Liefde vir ander kan n mens weer laat lewe geld is niks nie dit kom en gaan wees lief vir mense om jou en jy word weer lief vir jou self.Die tyd wat ons in lewe is swaar maar moet omgee vir mekaar en ander wat sukkel.My geld gaan vir midesyne wens kan my vrou weg vat maar kan nie.Ons lewe vir mekaar hoop en bid vir mense wat sukkel in die lewe weet hoe voel dit.GOD sal ons weer n kans gee hoop nie ons moet n besluit maak soos daardie pa nie ek los dit in GOD se hande HY sal na ons kyk.Sterkte aan my volk mag ons GOD na julle kyk en moet nie oordeel nie GOD sal

Gestremde ·

Niemand moet asseblief Johan Brody veroordeel nie of probeer God speel sonder om sy omstandighede te ken nie. Ek weet waarvan ek praat. Kom uit ‘n gegoede huis. Familie welgesteld. Het self voorheen ‘n goeie werk gehad. Verkeerde keuses gemaak as gevolg van omstandighede buite my beheer. Ook al agttien maande werkloos en doen ten minste vir tussen 5 – 10 poste aansoek per dag. Kon nog net daarin slaag om vir 4 onderhoude te gaan en nog vir een onderneming “freelance werk” gedoen waar my uitgawes meer as my inkomste was. Moet elke dag probeer vure doodslaan en weet nie wat more inhou nie. En ja, weet daar is party wat kommentaar te lewer het oor iemand se finansies en nog nooit ervaar het hoe vinnig kan ‘n besigheid van floreer na krupeer verander nie of hoe vinnig kan jou finansiele omstandighede beroerd raak nie. Die probleem is dat blankes nie kan saamstaan nie. Blankes sal eerder neersien op hul eie volk en hulself verhewe ag oor mense wat minder gegoed is. Kan iemand soos MM of enige ander persoon wat in die finansiele posisie is nie begin omsien na hul eie taalgenote nie. Dit kan wees ‘n werwings -of ondersteuningsgroep. Maar nee…ag shame…dus jou probleem en alle sterkte is die meeste mense se gevoel. Ek voel saam met Tanya en almal wat sukkel. Ons is nie bedelaars nie en vra net iemand om ons ‘n geleetheid te gee om na onsself te kyk.

Somsweeteknie ·

Maak mens so hartseer om al hierdie goed te lees, wys jou mens is nie alleen nie daar is so baie daarbuite wat so voel,net noudie dag se ek vir my man as ek more geld erens vandaan moes kry stig ek n NGO vir koop van huise al verander en onderverdeel mens sodat as jy hoor van iemand in nood is hulle daar geplaas kan word tot hul op hul voete kom net die nodige privaatheid en sekuriteit!ons het besluit ons gaan geen kinders he nie juis vir die onsekerheid van hul toekoms en dan worry mens alklaar oor jouself en familie wat jy reeds het,lewe is verseker nie sonder n kruis nie my lewe van welaf familie na alles verloor het my as n jongmens laat besef die lewe is nie maklik nie mense kan maar weer compassion begin leef iets wat die mensdom verloor het.

Gesiggie ·

Die lewe kan baie van n mense neem? dit is maklik vir my of jou om te praat… hoe swaar het die mense nie dalk gelewe, maar ek glo daar was iemand daar buite wat sou help, as Brody meskien net aan gehou vra het? of dalk Good Morning Angels… en ja die kinders was alreeds so oud, moes Pa nog sorg het hul ook nie gewerk.. dit is so jammer dat Brody die besluit geneem het, maar dit is nou te laat. Mense gee om vir jul Familie, al is hul hoe arm… wees daar vir hul die lewe is kort, daar is soveel seer in die Lewe, en ons ken nie elkeen se verhaal, maar as die lewe druk.. gesels met iemand, gaan besoek die kerk… daar sal n uitkoms wees.. RIP Familie

Amanda ·

@ oujongvrou…. graag wil ek dit net onder jou aandag bring, jare terug was werksgeleendhede vollop, maar tye het verander!!!! Besef jy hoe moeilik dit vir ons kinders en die se kinders se kinders eendag gaan wees om werk te kry en te oorleef?? NEE ek twyfel, dalk dink jy, jy leef nog in 1950. @ Tania hou moed, vandag lyk dit dalk of daar geen uitkom kans is nie, maar more lyk dinge weer anders. Ons God is groot!!! God het n doel met alles in die lewe en daar is ‘n rede hoekom Hy jou tans daardeur sit. Hou jou Geloof sterk.

wil maar net laat weet ·

My man en ek het daardie kinders voor ons sien groot word . Al die kinders het gewerk en pa het sy werk verloor na hy al die jare moes werk .
david was getroud maar die 2 dogters nie, maar het gewerk . RIP Brody fam

Skoondogter ·

Liewe Oujongnooi. Net om jou ‘n idee te gee hoe vinnig jou hele lewe en beplanning kan verander….. 3 weke terug het my skoonouers by ons ingetrek, nie omdat hulle nie voorsiening gemaak het vir hulle toekoms nie, maar omdat hulle alles verloor het weens ‘n skelm vennoot en makelaar. Glo my, die mense wat finansieel baie gemaklik. Äl wat hulle oorhet is van hulle meubels, klere en ‘n voertuig. Ons laaste kuieken is ‘n jaar laas uit die huis uit. Ons huur ‘n klein, maar gemaklike huisie. Ons het alles verloor 5 jaar terug deur ‘n brand. (lang storie) Beplanning en spaar vir ons toekoms daarmee heen……. Gelukkig werk en en my man altwee, en het nog nie een aand honger gaan slaap nie. Luukshede is daar nie, en ons draai elke sent 10 keer om. Met skoonouers wat 70 en 75 is, het ons hele lewe onomkeerbaar verander in 3 weke. Ek kla nie, ons is eintlik geseend om na hulle te kan omsien. Maar hulle kan niks bydra nie, kry elke maand hulle SASSA geldjies vir bietjie medisyne en persoonlike benodighede, geen medies. Die res is ons verantwoordelikheid…. ALLES!!! Hier is ons 4, saam in een huurhuis. Skoon, netjies en warm en baie dankbaar. Maar nie een van ons het gedink dat ons in ons laat 40’s en hulle in hul 70’s saam sal moet bly nie. Ons het beplan, gespaar en gedroom. Maar NIEMAND kan verseker wees wat vir jou wag om die draai nie.

Anoniem ·

Skoondogter jy is n een uit n duisend. Waar kry jy nog kinders wat vir hul ouers omgee. Vandag sukkel baie kinders om kop bo water te hou, maar dan kry jy kinders wat soos skoondogter hulle sente omdraai en nog hul ouers versorg. Jy is n geseende en n kind om op trots te wees

Andreas ·

Soms maak die lewe net nie meer sin nie. Ek ken daardie donker gevoel. Toe kry ek die boek “Ag Here, ek verstaan nie!” van dr Jan Bothma . Ek het dr Jan gaan opsoek. Hy is berader by Moreleta gemeente in Pretoria. Voorwaar ‘n instrument in die hand van die Here! Vandag is ek ‘n volgeling van Jesus. Tania, en ook ander wat hierdie trauma deurmaak – kontak dr Jan of Moreleta gemeente. Daar is heling! Seenwense

Ansie ·

dit is vreeslik Tania ek dink aan jou en glo God gaan vir jou n bo natuurlike weg oopmaak.
dit ook moeilik wanneer jy enkel ouer is Maar weet God ken wat ons more inhou hoop is die enigste wat ons het om staande te bly. Ek bid vir elkeen wat werk nodig het en glo Jesus sal julle beskerm. dankie Jesus dat U ook die familie vertroos in die tyd

Waarheid ·

Baie sterkte vir almal betrokke by bg geval.
Hoekom is daar nognie ‘n besigheid mpy of
mense soos die RUPERTS of OPPENHEIMERS ens.ens wat VETERANE mense (wat vanaf 55jaar soms vroeër UITGEWERK word en omdat die blankewerkersklas ambagslui dié is wat geteiken word )
kan akkomedeer om poste in hul eksperties te vul, kinders het geensins gratis onderrig gekry, nou sukkel hul meer agv DISKREMINASIE .
Welaf besighede MOET die sukses van vroeër DEEL of verloor ALLES pensioene is belaglik en daar word geen goue handrukke uitgedeel beswaarlik ‘n dankie.

Sarie Brits ·

Tanya, stuur asb jou nr vir my. Ek sal jou help met werk. Ek soek mense. Stuur jou nr asb na 0792998021. Sarie Brits.

Tanya ·

Baie dankie ek sal u so gou as wat dit vir my moontlik is kontak.

FKM ·

Blanke man, 3 grade, werkloos met baie ondervinding – 0649594194, bereid om enige iets te doen vir inkomste om vir vrou & 5-jarige te sorg

Christiaan ·

Soms is die lewe so deurmekaar. Jy verloor die sin van die lewe. Jy voel eensaam soos ‘n pelikaan in die woestyn. Toe lees ek die boek”Ag Here, ek verstaan nie” van dr Jan Bothma. Hy is ‘n berader by Moreleta gemeente in Pretoria. Ek het dr Jan gaan opsoek. My lewe het verander. Maak kontak met dr Jan Bothma. Hy is ‘n instrument in die hand van die Here. Vandag is ek ‘n dissipel van ons Here Jesus. Hou moed mense! Daar is heling. Seenwense vir elkeen !

TLC ·

Ag jinne onse Vader hoe ruk al die kommetaar hier my hart uit my bors Dankie vir die wat hulp aanbied Ek het nie woorde nie Maar ek weet van depressie en angstigheid mag ons vader jou seën vandag dat daar lig aan jou einde van jou tonnel wees vandag Amen

Oom Kalahari ·

As daar so deur die kommentare gekyk word, dan word mens weer opnuut hartseer en was daar die gevoel waarom al hierdie dinge.

Tanya, glo my daar is vele van ons wat vandag soos jy voel en die bitterheid asook hartseer wat mens deurgaan. Sedert my aflegging in 2013 (Maart) was daar nog net ‘n donkerwolk. In 2015 is my broer vermoor vir die dta van ‘n DA T-hemp. Dit het my verder geruk en was geweldig morbied en het vir sy begrafnis moes betaal. So het ek met ons Ds gaan praat, en was net ingelig…ja “Broer” almal sukkel vandag en ons bid. So het ek paar maal op my eie die bidkamer gaam besoek en besluit om einde aan alles te maak en hoe doen ek die onreg ook aan my liewe vrou vir 35jr. Ek stuur haar weg en in Feb vanjaar na my vergifnis gebed gaan hurk ek langs my bed om doe daad uit te voer en die seun kom besoek sonder wete op my af en wil weet wat/waarmee is Pa besig…..bl 2

Oom Kalahari ·

Vervolg….van bl 1. Groot man soos ek is bars ek in trane uit en deel dit met my seun wat sy Selgroep Leier nader en met my praat. Aan almal se mens dankie vir die gebede en is mens self ook ‘n gelowige, maar dit gee jou nie die bord kos vanaand nie. Jy bly afhanklik van jou kind/ers wat ook familie het en terugkom …….. . Pa ons kan noe meer bystand gee nie en gaan ook moeilik. Ek was al voor hoevele deure met goeie kwalifikasies asook werksgroepe, dan is dit jammer stel net mense van kleur aan of jy is te oud. Ons wil en kan werk en self sorg, maar mag nie werk kry en duisende is nie so finansieel toegerus om eie besig te kam begin nie. So wat is die uitkoms na jy vir sovele jare geswoeg en sweet het en skielik word die mat onder jou uitgeruk……….dan kom daardie gemoed en skree om hulp maar neem die uitweg soos Mnr Brody want jy verhoed dat jou vrou of kinders ook daardeur moet gaan. Hoop daar kom baie seeninge vir andere wat in hierdie booitjie reis.

Bokka ·

Ek weet hoe daai man moes voel,het self my werk 7 maande terug verloor ek het ook nog twee van my kinders in die huis en my skoonseun met my vier kleinkinders en niemand het werk nie,so Tanya ek dink aan jou troos jou daaraan jy is nie alleen nie my landlord gaan ook binnekort in my nek blaas al wat ek sien is n donker swart gat met geen lig aan die einde nie so al wat ek vra bid ASB vir my.

Frans C ·

Mense praat en oordeel maklik.Wat doen jy as jy en vroulief pensionarisse is en uitsien na ‘ngelukkige aftrede saam.Dan eendag word jou dogter met haar honeursgraad en al ‘n BEE slagoffer.Moet saam met haar Indiërkolega plek maak vir BEE aanstellings,om alles mooi te laat klop.
Dan raak manlief op die kooptoe ook werkloos en is daar twee minderjarige kinders nog op skool.Bydraes tot pensioenfondse dra ‘n gesin net so ver.Wat doen jy nou -jy kan nie handegevou toekyk nie en help ‘n gesin wat alles verloor want skuldeisers toon min simpatie. Weg is kinders se huis en motor.Nou moet jy inspring en help .Vroulief ,oud onderwyseres spring in my tuisonderrig.
Jou 2de motor word nou die kinders se motor en jy skeep jou eie behoeftes af.Na ‘n lang
tydperk doen dogter nou kontrakwerk by dieselfde firma,want BEE aanstellings lyk goed op papier maar werk nie altyd in praktyk nie.

Kontrakwerkers kwalifiseer nie vir krediet nie,kan nie lede van ‘n mediese fonds word nie.En so sorg BEE dat al jou plannetjies wat jy beraam het om te doen in jou aftree jare
net plannetjies bly.

Ons is nie alleen nie daar is talle agetredenes wat dieselfde paaidjie loop.Daarom toon
‘n bietjie medelyde met mense wat in wanhoop ‘n wanhopige uitweg kies.

Nettie (die ene met die hoofletter N) ·

As ek so na die bostaande kommentare kyk en die desperaatheid, die hartseer, die nood daarin lees, wil ek my kop in skaamte laat sak.

Hoekom het ek dan vanoggend gekla omdat ek moes opstaan vir werk? Hoekom het ek gekla omdat dit so verdeksels koud was in die huis? Hoekom het ek gefrons toe die ketel te lank vat na my sin om te kook? Hoekom het ek gemor omdat die stort se water te lank gevat het om rég warm te raak voor ek kon stort? Hoekom het ek voor my klerekas gestaan vanoggend en kon ek nie besluit wat ek wou aantrek vandag nie?

Hoekom het ek gekla toe ek gisteraand R500.00 se petrol gaan ingooi het, omdat die brandstof vandag duurder raak? Hoekom het ek gisteraand twee ‘fancy’ brode en talle ander lekkernye, insluitende sjokolade en gaskoeldrank, gekoop en die motorwag net met R5.00 beloon toe ek uitstap uit die winkelsentrum?

Edward ·

Ek weet hoe het Johan Brody gevoel mense het mense al so misbruik dat die regte mense nie gehelp word nie. Ek sit vandag in die selfde greep werkloos die werkgewer weier om te betaal ek het als verloor en my vrou is siek sy kan nie werk nie. Oral waar jy aansoek doen jou ouderdom. Nie eers die kerke wil help met kos nie en my bietjie besittings wil die hof het. My stoor is agter ek kry nie geld van werkgewer. Mag Johan en sy gesin in vrede rus.

Selinda ·

Ek het my broer ook onlangs aan selfmoord verloor. Dit los soveel vrae vir die mense wat agterbly. Vandag wens ek, dat ek meer probeer help het. Alhoewel ek nooit geweet het hoe hy regtig gevoel het nie. Aan die Tannie wat vra waar moet oumense heen as hul nie meer blyplek kan bekostig nie. Na jou kinders, as jy het. My ma bly by ons vanaf my broer se dood. Dit is nie maklik nie, sy kry ook maar net SASSA pesnioen. Maar 1 persoon ekstra se kos, is nou nie 1000de rande nie. Dit is ons as medemens se plig om te help waar ons kan. Dit is nie altyd lekker nie, maar is altyd die moeite werd.

Anna ·

Tanya stuur my jou adres of jou Tel no .. my Tel no – 0662315858

Antoinette ·

Bejaardes wat moet leef van staatspensioen kan gerus Harmonie Oord in Sunnyside Pretoria kontak waar inwoners ‘n netjiese kamer en twee vol etes per dag kan geniet vir ongeveer R1375 per maand. My skoonseun se ouers en twee vriendinne bly daar en is dood gelukkig. Kyk op webwerf http//www.harmoniepark.co.za vir besonderhede

MY KANT ·

Ai OUJONGVROU OP 60 IS DAAR NOG BAIE MENSE WAT MOET WERK OM HULLE DAK OOR HULLE KOP TE BEHOU. Weet jy miskien is ek maar van die dom mense. Ek is nog ver van 60 af. Ek kan jou se ek is n vrou met n man met 3 kinders , partydae voel dit ook of ek verdrink want my man het sy inkomste verloor en ek is alleen brood winner sodaar is nie geldjie om weg te sit vir as ek 60 word nie. Vandag se werke bied nie meer sommer pension nie. Ek hoop jy slaap lekker en veilig want weet jy wat al het ek min, baie min. Sal ek nog my laaste broodjie vir iemand wat dit nodig het gee. Hou op mense oordeel hou op se hulle moes voorsiening gemaak het as jy n dag in hulle skoene kon staan voel jy anders.

sonja ·

Gaan asb die wat n werk soek gaan kyk op CUM boeke op facebook daar is gereeld poste in verskeie areas beskikbaar gaan kyk gerus

Stephanus Van Zyl ·

http://www.filadelfiaark.co.za/
U kan ons kontak by 012 376 4304 of ‘n e-pos stuur na die: Inligtings kantoor

Filadelfia Ark NPC is ‘n nie-winsgewende geregistreerde Art 22 maatskappy. Ons bied skuiling en voedsel vir hawelose en behoeftige mense. Ons maak ook voorsiening vir gesinne met kinders. Op ons plaas, oos van Hartebeespoort, bied ons skuiling en ‘n werksomgewing vir ons mense.

Tans is daar 420 mense by ons sorgsentrum. Ons het 103 kinders, 73 pensioenarisse, 42 wat buite die plaas werk en die res het geen inkomste en werk op die plaas. Daar is ‘n gratis kleuterskool op die plaas met sowat 40 kinders. Inwoners kry daagliks drie gratis maaltye en betaal ook nie vir verblyf nie. Filadelfia Ark het ook sy eie kliniek met twee gekwalifiseerde susters wat basiese mediese hulp kan bied.

Die inwoners van Filadelfia het almal verskeie take om te verrig en sodoende het elkeen ’n rol te speel in die instandhouding van die sentrum. Daar is aktiwiteite soos boerdery, houtwerk, naaldwerk, staalwerk, meganies, tuinwerk en kook.

Die personeel sien om na geestelike en fisiese behoeftes van ons inwoners en elke dag begin met ‘n kort diens in ons kapel. Ons doel is om mense te help om hul selfrespek te herwin en goeie burgers in die gemeenskap te word. Ons glo dat ons mense moet help, sodat hulle hulself kan help.
Verder voorsien ons voedsel en klere aan 1600 behoeftige persone wat in die Brits, Hartebeespoort omgewing. – 01 November 2016

Ronel Dreyer ·

So bly om te se Filadelfia Ark gebruik ons plaas (buurplaas) vir landbou en 40 bejaardes word versorg in die eenste huis waar ek grootgeword het! Wonderlike Sorg! Dankie Here dat ons plaas so gebruik kan word. Gaan klop Daar aan vir hulp.

Mags ·

Hi Tanya laat weet ons almal hoe dit met jou gaan. Hier is wonderlike mense wat jou gaan help. Weet jy sal werk kry en sterkte vir jou. Seen vir almal wat moedeloos is en swaar kry

Andrea ·

Kan jul nie met Solidariteit Helpende Hand skakel nie? Help hulle nie ook met werk-soek nie? Ek weet daars n Werknet waar mens jou cv kan oplaai. Maar ek dink Helpende Hand behoort te kan help. Kan iemand dalk bevestig, asb? Indien hul nie betrokke is by werksoek nie, is dit dalk n goeie idee as hul daarmee begin. Dan kan mense hul eerste kontak indien werkers benodig word… Op alle terreine.

Koos ·

Waarom is die kinders wat volgens ‘n kommentator hierbo elkeen ‘n werk het, ook dood geskiet?

FKM ·

Blanke man, 3 grade, werkloos met baie ondervinding – 0649594194, bereid om enige iets te doen vir inkomste om vir vrou & 5-jarige te sorg

koos ·

ASEBLIEF haal jou grade AF van jou CV af, of haal van dit af. Moenie die fout maak wat ek te lank gemaak het nie. Moenie oorgekwalifiseerd lyk nie. Ek het 2 grade maar ek het eers begin werk kry nadat ek altwee grade afgehaal het van my cv af. wysig ook jou cv op grond van die soort werk waarvoor jy aansoek doen. Glo my, daar IS werk vir wit mense al is daar regstellende aksie. wees kreatief. dink “buite die boks”

jennefer ·

Ons hele lewe suinig geleef, geld gespaar want daar is mos belasting toegewing, toe man werk verloor betaal ons huis met “lumpsum” hy kry gelukkig met tye kontrakwerk. 2 kinders op universiteit 1op skool. Hy sterf 7mnde gelede. Ek trek weer van pensioen om kinders die volgende jaar te help. EN nou wat ek die minste dit kan bekostig moet ek belasting betaal dat dit klap!

Oopkop ·

Baie sterkte vir almal hier. Hierdie pragtige land van ons is nie meer wat dit was nie. Ons stress almal, magteloos om dinge te verander. Sterk mense begin al moedeloos raak en die vrees vreet aan ons almal. Wat nog van die wat nie so sterk is nie. Volks moord en werkloosheid aan die orde van die dag. Ek vertrou maar daagliks op die Here. Praat hardop met hom. Groot probleem ons Afrikaanse mense staan nie saam.nie, baie trots. Trots wil ons graag almal bly, ten koste van alles.

Lewies ·

Hi almal hier wat gedagtes deel. Ek was ook daar waar tanya haar nou bevind dis n donker verlate plek en ek kan dit nie beskryf nie. Maar wat ek wel kan beskryf is God se genade en ek lewe vandag en het n liefdevolle gesin. As jy dink Hy het jou verlaat dink weer Hy is daar en hy wag vir jou. Maar ook gese ons as volk sal ook seker eers eendag kan saamstaan wanneer ons in n ry moet staan vir ietsie om te eet dan eers sal ons vir mekaar baklei en lief wees vir ons naaste. Sterkte aan almal ons mense is al wat ons het en kan enigiets vermag saam met ons Hemelse Vader

Emily ·

My liewe tannie oujongnooi. Klink my nie tante ken van sente omdraai nie. Ek en my vrou het ook puik makelaar maar kan tans ook net soveel geld wegsit. Sit met skoonouers wat besigheid verloor het naby aan aftree agv skelm vennoot, wie sorg vir hulle nou? Miljoene verloor. Moet ons hulle los om op straat te bly? Hulle kry nie werk. Maak goedjies en verkoop, help kinders aan ry ens terwyl ek en my vrou rowwe ure werk om pot aan kook te hou. My pa ernstige siekte gekry, moes aftree, my ma werk nog maar kan nie als bybring wat nou ekstra is met medies saam nie. Moet ek hul los om staat hospitaal toe te gaan dat hy daar le en doodgaan?

My vrou se suster skei, haar man betaal geen onderhoud. Bly in piepklein plek met 2 kinders. Maar werk hard om die huur te kan betaal. Moet ek hul net los? Meer polisse en pensioen vir my voorsiening maak en al hierdie mense, my en my vrou se bloed net los? Ek praat nie eers van vriende wat sukkel nie.

Ek het al gestaan met baie ellende in my huis, met geen kos, met geen wete waarheen volgende, is doodgaan nie beter? Die Here het ons so mooi gehelp om nou ander te kan help. Hoe ek eendag gaan kan aftree weet ek nie. Ek weet net daars ‘n God wat altyd uitweg stuur. Al voel dit soms nie so. Sterkte mense.

Dienie Donker ·

Hy moes baie moedverlore gewees het. Soms wens ek dat dat euthanazia wettig was in SA. Selfs vir depressielyers. In Belië kan jy dit vooraf bespreek met jou familie. Jy kan vra dat n geliefde teenwoordig is. Iemand om jou hand vas te hou. Hierdie mense is eensaam, en sien geen ander uitweg nie. Ten minste kan dit op n dignified manier gedoen word.

Koos ·

Hierdie tragedie en nog meer die konmentaar daarop is baie ontstellend. Dit ruk aan ‘n mens. Dis duidelik dit het ‘n sweer laat oopbars, siende hoe baie mense hulle hartseer omstandighede deel. Ek stem saam Andrea hier bo, Solidariteit moet ‘n webblad skep waar werkgewers en werksoekers mekaar kan vind. Ons mense verarm met rasse skrede…

Met die Here se genade ·

2 Keer al my werk verloor, deur verskeie ekonomiese resessies, het ek na die 2de keer desperaat besluit om self iets te doen. Met 2 Laerskool kinders, huis en kar ens. Was die finansiële druk smoorend. Daar was niemand wat kon of wou help. Sedert 2005 werk ons vir onsself, met die Here se genade! Ons het maar net ons God gegewe talente en werks ondervinding gebruik tot ons eie voordeel, wat daar ookal was, ons hande was gereed. My Moeder se woord as kind my inspirasie ” Kannie is lankal dood van kruiwa stoot”! Moenie moed verloor, dan wen die euwel, bly baklei en bly probeer. Glo in jouself en jou eie vermoëns. Ek weet, elke dag is ‘n stryd, maar jy kan net soos jou Voor Vader’s en Moeders moes toe hierdie land nog rou was en hulle het oorloë, peste en plae, aanvalle oorleef. Met harde werk en geloof het hulle dit reg gekry. Ons sal ook! Jy is deel van ‘n belangrike deel van hierdie land se geskiedenis. Wees dapper en moenie moed verloor nie. Ons almal val meer as 1 keer, staan asseblief net elke keer op! En probeer weer. Daar loop sterk bloed in jou are, jou Voor Vader’s is die bewys daarvan.
Lig op jou ken sodat die son se strale trots op jou vel weerkaats!

Anoniem ·

As ek so lees dan sien ek die mooi geloof wat so baie mense het en die vertroue in die Here maar dan sien ek ook die negatiewe mense wat se hoekom bid en vertel dat God sal voorsien want dit sit nie kos op die tafel nie
My broer ,my suster God voorsien in alles. Die kos wat jy eet die werk wat jy het die klere wat jy dra. Als word voorsien deur God. God het ons elkeen geskape volgens Sy beeld. God ken ons by die naam nog voor ons in die moederskoot was. God ken elke haar op jou kop. God is so lief vir jou dat Hy vir jou se moet nie bekommer wees oor die dag van more nie. God is so lief vir jou dat Hy sy seun Jesus aan n vloek hout laat kruisig het sodat daar vir my en jou redding van die hel kan kom. Dinge loop verkeerd in ons lewe omdat ons die verkeerde keuses maak. Ek self is skuldig daaraan maar ek glo en hoop met n vaste vertroue op God aan die onsigbare dinge wat Hy nog vir my gaan gee. Ja ek doen ook sonde en ek vra ook vra maar ek weet ook dat God my lief het al het my pa my verstoot sal God my nooit verlaat nie

$ ·

Ek dink die persoon het bedoel die mense van die kerk/selgroep gee ook net mooi boodskappe van ´God sal voorsien’ maar gee nie verder hulp/leiding nie. Dus mooi woorde maar geen verdere dade/hulp – en die mooi woorde sit nie kos op die tafel nie. Ons moet onthou ONS is God se instrumente; dis deur ons dat Hy voorsien – help iemand, bring iemand in kontak met iemand wat kan help, lei iemand op – ons moet ook HELP en nie net troos nie, want dan bly ons trooswoorde net leë woorde wat geen verskil maak nie en die persoon vir wie ons teksverse aanhaal bly steeds agter met die wanhoop…

Geskok ·

Hierdie artikel is vir my hartseer agv die verlies van MENSlike lewens. Nie die verlies van WIT menslike lewens nie.
Of mag wit mense nie swaarkry nie?
Nie-blankes lewe in hopeloosheid en armoede vir eeue en ons sien nie hulle kies hierdie selfsugtige uitweg nie.
Jou velkleur maak jou NIE outomaties bestand teen die struikelblokke van die lewe nie.
Baie teleurgestel.

Faan ·

Mens het simpatie oor almal se swaarkry en lyding wat grootliks veroorsaak word deur ‘n politieke bestel waar die groot trop nou die klein trop se bak leegvreet. Maar mens moet ook perspektief behou. Mnr Brody het geen, maar geen reg gehad om sy drie kinders te vermoor nie, en dit terywl hulle lê en slaap nie. Watter regverdiging is daar? Laat mens onwillekeurig dink aan die Bybel waar ‘n vader skynbaar sy eie seun laat vermoor het. En voor dit van ‘n ander vader verwag het om sy seun te vermoor en te offer. Watter vaderliefde is dit? Kan enige saak soveel groter wees dat jy ter wille daarvan jou eie kind vermoor? Nee, nie vir my nie. As jy as ouer lewe gee, is dit onherroeplik. Jy mag dit nooit neem nie. Want jy het die nie gegee nie, jy was net ‘n instrument wat lewensnoodsaaklike middele voorsien het.

jo ·

Geskok, lees jy nie nuus nie, dit is oor alle kleurgrense wat dit gebeur. Almal kry swaar. Jy weet nie as jy jou kop by die deur uitsit of jy weer lewend by die huis gaan kom nie. Dis moord en doodslag net waar jy kyk.
Dis tyd dat ons selfsugtige mense mekaar begin help, daai ryk ou wat anderkant toe kyk, pasop! Dis tyd dat die bars leeg loop en die kerke voller, en nie die kerke wat se ag nee broer almal kry swaar nie. Die regte kerke waar jy die waarheid leer van God se oneindige liefde, Hy is jou Vader en ek kan jou belowe as jy jou hart ten volle vir hom gee sal deure vir jou oopgaan. Gaan n Vader dat sy kinders swaar laat kry? Nee. Ons is maklik om te praat maar ons kyk ook vining anderpad, te bang iemand vra ons om hulp want ons sukkel ook.

Ronel Dreyer ·

Kan Meer mense wat plase het dit oopstel vir die selfonderhoudende model van Filadelfia Ark? Dan is Daar terselfdertyd ook veiligheid in nommers. Kontak Dirk van Vuuren dat HY kan wys hoe. YouTube Filadelfia Ark.

Chantellie ·

My hart is stukkend vir hierdie gesin. En ter selfde tyd is ek kwaad. Kwaad dat ons Afrikaner volk so behep geraak het met ons eie belange dat ons blind is teen wat regtig aangaan. Elkeen is net vir homself. Bitter min staan saam om ander Afrikaners te help. Solank jy net gelukkig is en jouself kan help maak niks anders saak nie. Die comments op FB op enige tipe post sê vir jou hoe donker ons harte geword het. Altyd fout soek en sleg sê. En die waarmee dit goed gaan skenk geld en goedere aan ander mense om lof te kry in hulle vriende kringe terwyl hul eie mense swaer kry en sukkel. Dis ‘n skande. Maak nie saak wat in SA aangaan nie, terwyl ons so houding het sal niks nooit verander nie.

Penelope ·

Dis ‘n verskriklike hartseer storie. Duidelik het die man eers om hulp gesmeek op sy profiel, maar was te moedeloos. Dis net baie sleg dat hy sy kinders saamgeneem het. Hulle is nog jonk en kon dalk nog ‘n lewe gemaak het. Ek kan myself nie indink hoe hierdie man moes voel die oomblik toe alles te veel geraak het nie…. Here gee asb krag aan ander wat ook so voel.

Vlekkie ·

Goeiemore julle almal, ek wil net my meegevoel deel met die familie en vriende. Die lewe is glad nie maklik nie, vreemde mense gee nog meer vir n mens om as familie. Familie dink nie aan die tyd toe hulle in nood verkeer het nie en jy hulle gehelp het nie en dan gaan jy op FB dan spog hulle met hul projekte en suksesse. Familie is deesdae net familie as jy dood is dan wil hul vir die wereld wys hul gee kamstig om maar toe jy benoud rond gehardloop het …waar was familie? Die lewe is ook so verval wat geweld betref dat n mens nie eens meer bure het op wie jy kan steun in tye v hulp nie. So sterkte vir almal wat sukkel. ek se altyd as ons bestaan of asemhaling deur mense bepaal was was die behoeftiges lankal nie meer daar nie. Danksy ons Liefdevolle Skepper se genade dat ons lewe al het ons nie al die middele tot ons beksikking nie en HY hou ook nie boek v ons foute nie. Hy begeer net dat ons moet verander sowel as ons omstandighede.

ilze ·

As mens gaan lees op sy profile, het dit oor BAIE meer as net jou werk verloor gegaan. Hy was heeltyd depressief. Elke post was ‘n smeek na hulp – almal het geantwoord en moed probeer in praat….dis nie wat so iemand nodig het nie. Hulp is wat hulle nodig het. Jammer om te se….mense moes hom lankal gehelp het en nie net gecomment het op sy FB posts nie.

Die donker gat is ‘n werklikheid. Downward spiral. Ek voel bitter jammer vir hom dat hy so alleen, hartseer en donker moes sterf.

Linda ·

Liewe Here, kan U asb ons genadig wees en ons beskerm in Suid Afrika, kan U asb elkeen tot hulpsnel wat nog vas klou aan U naam, ons nood gekla hoor ons tog net hier in die stukkende mooi Land, Here asb wees ons genadig Amen……
RIV, niks wat niemand sê gaan die gesin red of terug bring en hulle gaan nooit al julle komentaar ooit lees, of ‘n duit omgee oor waardeur jy nou gaan, maar dis tragies, dankie tog die suffer is nou verby vir die mense, lekker rus, ons suffer voort hier in donker afrika!

As is verbrande hoop ·

Daar was ‘n selfdood en 3 moorde. Tensy daardie kinders ingestem het dat hulle ook nie meer kans sien vir die lewe verstaan ek nie hoe hy daardie keuse vir hulle kon maak nie. Ek oordeel nie, ek verstaan dit net nie. Die is absoluut tragies. Mag elkeen wat so desperaat voel asb. tog hulp soek en kry

Cindy ·

Dis hartverskeurend om di kommentaar van sommige mense hier te lees. En te besef hoe sleg dt mt ons mense gaan. Hoe elkeen probeer kop bo water hou. En dan op n punt kom waar hulle ni meer kan of wil ni. Soveel wt enige iets sal doen, maar kry ni werk ni. En as mens daar onder is is daar niemand wt jo uit dai diep gat kan haal ni. Mens bid jo kniee deur, maar dt voel of tot di Here jo vergeet ht. My hart gaan uit na elke mens wt sukkel. Ek bid in Jesus naam dat deure sal oopgaan en antwoorde en uitkoms daar sal wees. Amen

FIONA ·

Hi hoekom word daar niks gepraat van vanecia of kian david se vrou en kind wat hulle moes deur gaan dat Johan vir haar gese het sy moet eerder loop anders maak hy hulle ook dood….

Willie Smith ·

Ek is dowe ou en werk al 9 jr vir company 25 mense afbetaal en ek sukkel om werk te kry as gevolg van doof Ek weet en ken die lewe so baie goed dat mense ondankbaar is Nooit wil kontak met whatsapp en eerder wil bel Hoe kan enige dowe persone julle wil kontak ????Almal se eerder email of bel Mense is vandag lui
Om sonder werk is nie vir almal lekker nie Ons almal wil nie nie bederf nie Ek verkies om te werk maar alle besighede moet weet om mense reg te werk met goeie salaris
Ons werklose mense wil nie op strate daar bedel nie Die probleem ons finansieel gaan elke keer verminder veral uitgawes en dit laat werklose mense bekommerd Ekself ervaar baie en mense praat te maklik omdat hulle werk het Mense is moeg vir swaar lewe en leef onder druk Ek is 1 jaar sewe maande werkloos Dis harde lewe in hierdie land As mens werkloos dan verloor baie vriende en dan hoor hulle nou en dan Familie,broers,susters en vriende is heeltemal anders wat ek vinnig oplet As jy werk het,kuier hulle oor en weer Hulle raak gewoond aan lekker lewe en al die genot Ek het baie tyd vir arm werklike geestelike mense en besef dat hulle meer werd as enige ondankbare lekker lewe Daars min wat opreg regtig graag wil bystaan en verstaan vir alle swaarkry Ekself wil graag help maar kan nie Ek bid baie vir hulle

Miekie ·

Altyd hartseer , niemand weet hoe seer en ingewikkeld dinge soms is vir ander nie. My hart bloei vir die twee hondjies wat so verward ronddraf in die erf. Hulle is getraumatiseerd. Ek hoop iemand sien om na hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.