Herinstelling van klagtes teen Nomgcobo Jiba verwelkom

Nomgcobo Jiba (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die besluit om klagtes van meineed weer in te stel teen die voormalige waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging, Nomgcobo Jiba, word verwelkom, maar dit al lank agterstallig.

“Dit moes al lankal gebeur het,” het Glynnis Breytenbach, die DA se skaduminister van justisie en korrektiewe dienste, Sondag in ʼn verklaring gesê. “Dit is in die belang van geregtigheid en aanspreeklikheid om Jiba te vervolg vir haar absolute minagting vir die wet en haar growwe magsmisbruik terwyl sy in dié pos was.”

Dit is goeie nuus vir Suid-Afrika, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die regstelsel as ʼn geheel, het Breytenbach bygevoeg. “Jiba se absolute minagting vir haar ampseed moet ernstige gevolge dra. Vervolging is ʼn eerbare beroep en vervolgers moet hulself altyd volgens hul ampseed gedra.”

Jiba sou in 2015 in die hof verskyn het nadat sy glo onder eed ʼn valse verklaring afgelê het in die saak teen die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Johan Booysen. Kort nadat hy as hoof van die NVG aangestel is, het Shaun Abrahams, en of Marshall Mokgatlhe [voormalige streekshoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid], ʼn stokkie voor die saak gesteek en Jiba eerder bevorder, het sy bygevoeg.

Drie Pretoriase hooggeregshofregters het teen ʼn besluit van Abrahams uitspraak gelewer om die klagtes teen Jiba te laat vaar, en die NVG opdrag gegee om die saak weer aanhangig te maak.

“Gebaseer op verklarings deur, onder andere Jiba, is Booysen verkeerdelik vervolg vir swendelary. Trevor Gorven, Durbanse hooggeregshofregter, het egter die klagtes van die hand gewys en met Booysen saamgestem dat Jiba gejok het.

“Om korrupsie te takel, moet ons seker maak dat die NVG getransformeer word in die bastion wat dit in ʼn stadium was, en diegene aanspreeklik hou wat steeds daar is – wat die voordele geniet van goeie salarisse, maar hul grondwetlike pligte ontken en aktief bydra tot die kaping van die NVG. Dit is die eerste stap. Daar is nog baie werk wat gedoen moet word.”

Volgens mediaberigte sal Jiba tereg staan op aanklagte van bedrog en meineed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Magda ·

Hoop net dat sy sal kry wat sy verdien, en hoop die NGV sal ALMAL wat deel was en nog is van korrupsie met die volle MAG van die GEREG vervolg, anders mors hulle weereens belasign betalers se geld en tyd. Doen asb NOU die regte ding en STOP KORRUPSIE EN VERVOLG DIE SKULDIGES SOOS DIT AL MOES GEBEUR HET.

Ian ·

In die belang daarvan om die naam van die instelling in ere te herstel is ‘n spoedige en suksesvolle vervolging belangrik.

Marius ·

Ek reken dit is aan die orde van die dag in alle aspekte van die regering om korrup te wees en nie net die NVG nie . Hulle gaan seker weer speel vir tyd en die belastingbetaler trek aan die korste end . Was sy wit was dit heeltemal n ander storie gewees , lankal afgehandel en agter tralies .

Jack ·

Jy bedoel seker vir die regering om NIE korrup te wees nie … ?

Adam Adriaan ·

Hoop sy sal in die hof toegelaat word om haar blou pakkie vir ‘n oranje pakkie te verruil

Juffrou ·

Vroue gevangenes dra blou pakkies. Haar gunsteling kleur! Lol.

Prikkie ·

Niemand is veronderstel om bo die reg verhewe te wees nie.

Jack ·

Nie eers die” El Presidente” nie. Dink net as almal wat weens die grendel hulle werk/besighede ens verloor het ‘n eis teen ramapromises kon instel ….?

Scalla ·

Reeds 5 jaar verloop, lyk my dubbele standaarde word nou ook in die regstelsel toegepas?

Jackie ·

Sy was ook betrokke by Bosasa en DKD se plundery. Lees gerus Adriaan Basson se boek, ‘Blessed by Bosasa’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.