Hermanus-betogings: Nog polisiebeamptes ontplooi

Nog 26 mense is in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige betogings wat sedert Vrydag in Hermanus in die Wes-Kaap woed. Foto: Facebook.

Nog 26 mense is in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige betogings wat sedert Vrydag in Hermanus in die Wes-Kaap woed.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn satellietpolisiestasie in die dorp is Maandag aan die brand gesteek, drie polisievoertuie is beskadig en een beampte is ook beseer tydens die verskeie skermutselings tussen die polisie en betogers wat “onwettig grond wil gryp en bewoon”.

Die polisie het vroeër gesê die betoging het die afgelope naweek begin toe sowat 500 mense met gevaarlike wapens buitebande aan die brand gesteek, rekenaars uit ʼn munisipale gebou gesteel en ʼn private bus aan die brand gesteek het.

Van Wyk het Dinsdag gesê verskeie winkels is intussen geplunder en ander geboue is ook beskadig. “In reaksie daarop het die polisie 26 mense in hegtenis geneem vir openbare geweld,” het Van Wyk gesê.

Van Wyk het vroeër gesê daar is die afgelope naweek altesaam 21 mense in hegtenis geneem.

Volgens hom is daar Maandag addisionele polisiebeamptes van naburige stasies, die openbare polisie en die honde-eenheid ontplooi om die situasie te monitor.

Nog 26 mense is in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige betogings wat sedert Vrydag in Hermanus in die Wes-Kaap woed. Foto: Facebook.

“Bemiddelingsgesprekke tussen gemeenskapsverteenwoordigers, die munisipaliteit, die menseregtekommissie en die polisie het Maandagaand plaasgevind. ʼn Opvolgvergadering met die LUR vir menslike nedersettings is vir later vandag [Dinsdag] geskeduleer,” het Van Wyk gesê.

Worcester FM het op hul Facebook-blad gesê betogers het ook toegang tot die Hermanus Beach Klub-vakansieoord langs Whale Rock Beach Estate verkry. Talle bejaarde persone woon glo in dié landgoed.

Hermanus Primary School het op hul Facebook-blad laat hoor dat die skool vir die res van die kwartaal gesluit is en dat leerders hul rapporte op die eerste dag van die nuwe kwartaal sal ontvang. Die skool sou aanvanklik eers Woensdag vir die skoolvakansie gesluit het.

Hermanus se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Maandagaand op hul Facebook-blad gesê daar heers steeds ʼn sterk polisieteenwoordigheid in die dorp. Volgens die GPF het Chris Nissen, die kommissaris van die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie (MRK), die betogers toegespreek.

Die vergadering wat vanmiddag om 14:00 met die LUR gehou sal word, is volgens die GPF belê om ʼn tydlyn en sekere prosesse met die gemeenskap te bespreek. ʼn Woordvoerder van die GPF was nie Dinsdagoggend beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Eish ·

In die Vrystaatse goudvelde is drie gebiede beset die afgelope maand. Dit het gepaard gegaan met geen polisieteenwoordigheid of geweld nie. Dit het die nuwe norm geword het.
Ons is reeds midde-in n anargie.

Leon ·

Sal eerder nie vra waarom die Weermag nie na sulke gebiede ontplooi word nie!!

Karel ·

Nog ‘n pragtige goed bestuurde dorp in sy peetjie. Daar kan ooglopend nie werks geleenthede in daardie klein dorpie wees vir die hoeveelheid swartes wat daar woon nie.
Die ANC se beleid in 94 om die landelike swartes, veral vanaf die Oos Kaap na die klein dorpe te laat trek om hulle stemmetal aan te vul, begin hulle nou byt.

Genieve ·

Dis telleurstellend ek weet nie waar gaan alles opeindig nie.

a ·

Hy en malema is hand om die blaas, hoekom dink julle is hy so stil. Hy keur dit goed

White Rhino ·

Ramaposa het ‘n grootskaalse flater begaan- en weereens sit ons nou met die gabakte pere.
Hoop die menigtes daag by sy huis op.

Gatvol ·

Ek wonder wat gaan hulle maak as al ons jong wit mense wat toe klein onskuldige kinders was toe al die dramas gebeur het ook nou begin grond vat.ons besit ook nie grond nie.ek sal dit flippen like om n stuk grond by di see te vat en sommer net vi my n huis daar op bou.hulle praat mos van gelykheid en en en en.

Selfbeskikking ·

Ons moet begin grond besit deur harde selfbeskikkingsgesprekke met hulp uit die konservatiewe buiteland en die VN. Dan het ons n blink toekoms.

Pieter ·

Dit is nou n groot grap die polisie kan nie eers hulle sateliet stasie en voertuie veilig hou nie nou vertrou Hermanus se inwoners op die “polisie” om hulle veilig te hou ons is darem maar n naiewe volkie nie waar.

Wim ·

Die foto regs is my vriend se herwinnings fabriek wat vir n klomp van daai mense werk gegee het is totaal vernietig deur brandstigting. Stank vir dank.

jaco ·

ek lees op n ander nuus-webwerf dat die winkels van buitelanders glo aan die brand gesteek is en die buitelandse eienaars weggejaag is. so darem een “goeie” ding wat gebeur het. haal die 5 miljoen meestal onwettige buitelanders uit SA en die aanslag op ons water en elektrisiteit sal baie minder wees.

anti vergrype ·

Moenie vir hulle werk gee nie- skaal af en stel net blankes sonder werk aan.

LS ·

En die beste van alles HOEVEEL VAN HULLE is Suid Afrikaners ???

PJC ·

Wat het geword van die polisie se plig om die publiek en hul eiendom te beskerm. Dit is mos hul plig om ons en ons eiendom ten alle koste te beskerm

Pieter ·

Dit is so maar sa het nie meer n polisie mag wat iets beteken nie net n klomp belasting vermorsers.

Gert ·

Die stilswye van die “president” en die amptelike posisie is so voorspelbaar. Te bang hul verloor ‘n paar stemme en geld in hul gatsakke! So sal SA brand, maar onkunde onder kiesers bly seker die primêre probleem in hierdié land.

Penellope Jones ·

Terwyl op EWN die volgende gese word:

“”FARMERS, LAND ACTIVISTS URGED NOT TO ENTERTAIN PETER DUTTON’S COMMENTS””

Land Reform Minister Maite Nkoana-Mashabane says the government has important things to focus on instead of arguing with its Australian counterpart.”

Malema se uitlatings word egter nie genoem nie……..

Die regering het tot nog toe nie een enkele woord gese oor die grondbesetting wat aangaan in Hermanus en ander plekke nie.
Dit laat mens nie eintlik baie gemaklik voel nie.

Kannaland ·

EWN is nou ten volle gekaap. Hulle het n baie lelike agenda en hul nuus is gladnie gebalanseerd of korrek nie.

Andre ·

Hulle moet maar kom, hierdie mense gaan niks anders as rubber koels in die gesig kry nie.
Landbeset gaan niemand bevoordeel nie, dit is Cyril en Malema se plan om aandag af te trek in die 2019 verkiesing. Enige iets om aan bewind te bly.

Hans ·

Iets wat ek nog nooit kon verstaan is hoe ‘n mens na n ander dorp kan verhuis sonder om vooraf te verseker dat hy en sy gesin behoorlik huisvesting het.

Elmarie ·

Ek het vandag net een vraag: Is die land gereed om onskuldige burgers te beskerm teen hierdie geweld?

Pieter ·

Mense, maak gebruik van die Australianse uitnodiging. Verlaat hierdie land. Daar is nie hoop nie. Ons het baie vriende van Zim wat nou in ander lande bly. Hulle het ook geglo, en gedbid en gehoop, totdat een Sondag na kerk, honderde op hulle plaas saamgedrom het, en hulle huis omring het en vir hulle 2 opsies gegee het: vat jou goed and waai nou, of ons verkrag jou vrou and dogters en sny jou keep af. Hulle het hulle Bybels and beursies gevat en dis al. Hulle het as vlugtelinge in the VSA skuiling gekry, Hulle plaas met alles is net so gelos, en dis nou a rommel hoop. WORD WAKKER!

Fly on the wall ·

Ag Pieter..ons is WAKKER!!! Ons almal kan nie bekostig om te trek..miskien moet jy WAKKER word

Casper Labuschagne ·

@Pietman, die menseregtekommissie is natuurlik nodig daar, veral om die gemeenskap wat maar net vra vir ‘n stukkie grond, te beskerm teen mense soos ek wat hunker na die denke van voor 1990.

Inwoner ·

@ LS. Ongelukkig is die meeste op die fotos Suid Afrikaners aangesien die buitelanders met hulle lewe gedreig is en uit die nedersetting moes uitvlug vir hul lewens.

Rynhardt ·

Polisie doen niks om publiek en eiedom te beskerm nie.Hul lyftaal verklap alles:”Bodies in uniform!”????????????????

Casper Labuschagne ·

Hierdie mense het absoluut geen historiese aanspraak op grond in Hermanus nie. Voor die begin van die vorige eeu was Hermanus ‘n gebied wat met fynbos oortrek was, waar nouliks eens ‘n wapad deurgeloop het en waar daar hoogstens ‘n klein vissersgemeenskap bestaan het en waar daar enkele uitspanplekke was waar boere van die Overberg soms langs die see kom uitspan het. Enkele eeue gelede was daar slegs Khoi gemeenskappe in Hermanus wat van die see af geleef het, maar epidemies van griep en masels het daardie gemeenskappe so verwoes dat die oorlewendes nie meer as gemeenskappe kon funksioneer of oorleef nie, en by sendingsgemeenskappe soos Genadendal moes vestig.

Maar historiese regverdigheid vir grondbesetting en onteiening is duidelik nie op die agenda van ons eie junior Idi Amin (ook bekend as Julius Malema) nie, dit gaan bloot oor die diefstal van grond wat aan wittes behoort, iets wat die liberale pers grondgrype noem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.