Hermanus loop weer deur onder betogings

Betogers Woensdag in Hermanus. Foto: Marthunis J Barnard (MyWhaleCoast)

Die polisie in die Wes-Kaap is Woensdag en Donderdag na Hermanus ontplooi waar daar weereens ʼn betoging oor behuisingskwessies opgevlam het.

Sowat 3 000 gemeenskapslede van Zwelihle het Woensdag na die Overstrand-munisipaliteit opgeruk om ʼn memorandum oor behuising in die gebied te oorhandig.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media bevestig die betogers het omstreeks 07:00 met die protesaksie begin. “Die groep het omstreeks 18:00 in kleiner groepe opgedeel en asblikke is onder meer aan die brand gesteek. Daar is ook by ʼn sakeonderneming ingebreek en dit is geplunder,” het Traut gesê.

Volgens hom was die situasie teen 22:00 weer kalm toe die groepe verdaag het.

Drie mans is tydens die voorval in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld. “ʼn Groep inwoners het vanoggend weer bymekaar gekom. Die polisie monitor die situasie en sal in die omgewing bly om wet en orde te handhaaf.”

Hermanus se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het gesê ʼn gedeelte van die Swartdam-pad moes Donderdagoggend vir verkeer gesluit word nadat versperrings en voorwerpe wat aan die brand gesteek is op die pad gegooi is. Paaie in die sakesentrum is ook met rommel versper.

Die jongste betogings volg nadat inwoners van Zwelihle in Maart ook vir etlike dae lank gewelddadig betoog het. Dié betogings het ook verband gehou met ontevredenheid oor grond en behuising.

ʼn Satellietpolisiestasie in die dorp is tydens die betogings aan die brand gesteek, drie polisievoertuie is beskadig en een beampte is beseer tydens skermutselings tussen die polisie en betogers wat glo grond onwettig wou beset.

Die betogings is uiteindelik onder beheer gebring nadat Bonkikosi Madikizela, LUR vir menslike nedersettings in die Wes-Kaap, met verskeie belanghebbendes en die betogers vergader het.

Madikizela se kantoor het bevestig dat daar Sondag om 14:00 weer ʼn openbare vergadering by die Zwelihle-sportterrein gehou gaan word om die kwessies met die gemeenskap te bespreek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

piper ·

die mense wil net he maar geen insette van hulle kant nie. die land brand en daar is nie brandblussers nie net polisie wat monitor

B-man ·

Almal wil ‘n huisie by die see hê…
almal dink die struggle is verby. – Siener van Kombuis

Oos kaap ·

Hierdie migrante uit die ooskaap vlug vir die ANC se gemors daar, waar hulle NIKS het nie maar wel grond, nou soek hulle grond hier. Hulle soek eintlik net konflik.

Nettie ·

@Oos kaap – nee, hulle vlug nie uit die Oos Kaap vir die ANC se gemors in die OK nie, hulle word taxi-by-taxi-by-taxi vol INGEVOER na die Wes-Kaap met die oog op 2019 se verkiesings; die DA moet pasop – hulle baklei nog so onder mekaar, dan vat die ANC met hulle massas weer die Wes-Kaap terug en dinges die enigste provinsie in die land wat nog werk, ook op!

honourable member ·

Ek wonder altyd wat sal gebeur as die witman so in opstand moet kom oor al die moord en rassisme teenoor hulle.

Willie ·

Janee die eenkeer wat ons VREEDSAAM betoog het in swart klere is daar in die skare ingejaag met ‘n lorrie, het MALEMA ons ‘n paar keer gewaarsku dat GEEN WIT MAN die verkeer weer sal stop nie en dat ons AANGEVAL sal word as enige WITMAN weer sal staak of betoog … En daar is ‘n paar mense in hegtenis geneem wat gewaag het om voor die Spar en ander plekke bymekaar te kom. Dan praat hulle van apartheid en OPPRESSION???

Wonder ·

Nou waarom bou hulle nie hul eie huis nie, hulle weet waarom sink te kry. My oumagrootjie het in ‘n sinkhuise gewoon wat hulleself gebou het. Hulle eie voorouers het mooi hutte gebou. Wat is hul problem? Te lui?

Elize ·

Nee wat dankie, ek wil lankal al nie meer ‘n huisie by Kaap se see he nie, daar is nie water nie……………..en en en…………………………………….

Nettie ·

@Elize, jinne tog, die Kaap is darem mos nie die enigste see-aangrensende provinsie in die land nie – daar is Kwazulu Natal, die Oos-Kaap en dele van die Noord-Kaap wat ook aan die see grens. So jy kan maar vir jou ‘n huisie by die see koop, as jy dit kan bekostig.

Buitendien, die waterkrisis is die minste van die Kaap se probleme nou; dit raak reënseisoen en ons glo ons gaan reën kry en die see-ontsoutingsplanne het darem uiteindelik tot vrugte gekom, so water is nou nie meer so kritiek nie.

PJC ·

Miskien moet ons die Israelies kry om hierdie geweldadige optogte te hanteer. Ek sien niks wat by hulle beskadig word nie.

Penellope Jones ·

Daar is vir hulle gese dat hulle huise en grond sal kry – beloftes van twee partye af, ANC en EFF en nou is dit letterlik en figuurlik op die voorstoep.
Dis soos die hondjie wat ‘n groot dubbeldekker bus gevang het en nou geen idee het wat om daarmee te doen nie.
Mens moet maar versigtig wees om beloftes en aannames te maak. Daar mag dalk net ‘n kans bestaan dat dit nie sal of kan uitwerk nie.

Andre ·

Dit verg een persoon om n memorandum te oorhandig maar hulle het 3000 nodig.

Haibo ·

Wat staan op die Plakkate? Kill the Boer? Bring my machine gun? Wat gaan daar weer aan want ek is SEKER dit is weer die wittes se skuld.

Alida ·

Vra eerder iemand om dit vir jou te vertaal voor jy raai wat op die plakaat staan.

Tom ·

Hulle het sopas hul eie rioolplaas aan die brand gesteek. Wat hulle daarmee wil bereik sal net hulle weet.
Dit gaan maar rof hier- Sandbaai sit al 2 dae sonder water en die protesterendes het die woongebiede ingevaar en “Kill the boer kill the farmer” gesing. Mense was in hul huise vasgekeer op ‘n stadium.

Tom ·

Vandag het die bruin inwoners van Mount Pleasant besluit hulle wil ook nou grond en huise hê aangesien daar aan die swart inwoners van Zwelihle se eise gehoor gegee is en hulle grond ontvang het. Ons is alweer vasgekeer van die paaie is geblok. Ek verneem die ander gemeenskappe soos Hawston begin Maandag ook met geweldadige optredes vir grond.

Pottie ·

Ek soek ook n huis as dit dan nou uit gedeel word!

Dink julle ek kan aandring op die kleurskema ook of moet ek ma net aanvaar wat ek kry?

Rynhardt ·

Al die betogings gaan nie oor behuising en dienslewering nie.Dit gaan alles oor mag om vir die wittes te wys dat ons sal maak en breek soos ons wil.Julle kan niks doen nie.Om my punt te wys het City Press in Feb.2014 gewys dat 2947 betogings en stakings SA getref.????????Intussen het dit geweldig toegeneem, so ook die geweld!As al hierdie betogers werklik n beter SA wou gehad,kon jy lankal van Anc ontslae geraak het,maar die ellende bly voort ploeter!

Tom ·

Hawston het ook nou begin. Kon nie wag vir Maandag nie. Hele Hermanus op shutdown.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.