Hermanus-man vas oor perlemoen

Die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn 53-jarige man van Hermanus is Maandagoggend in hegtenis geneem nadat perlemoen ter waarde van R1,2 miljoen in sy besit gevind is.

Kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het omstreeks 06:30 ʼn wit Volkswagen Caddie-paneelwa op die N2 van die pad af getrek. Beamptes het die voertuig deursoek.

Volgens Traut is daar kartonbokse met gedroogde perlemoen gevind waarna die bestuurder in hegtenis geneem en die perlemoen en voertuig op beslag gelê is.

Traut het gesê beamptes van die departement van landbou, bosbou en visserye is na die Lwandle-polisiestasie ontbied. Die beamptes het vasgestel daar is 7 270 stukke perlemoen ter waarde van R1,2 miljoen.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Strand-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit en vervoer van perlemoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

EMK ·

So word al ons natuurskatte uitgeroei! En alles gaan na die Ooste toe wat niks omgee oor bewaring nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.