‘Hernieude drankverbod sal drankbedryf vernietig’ – Basa

(Argieffoto: pixabay)

Die Biervereniging van Suid-Afrika (Basa) het Sondagaand gesê hy gaan ʼn dringende aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) indien om inligting en bewyse te bekom waarop die nasionale koronavirusbevelsraad (NCCC) sy besluit om die aangepaste vlak 4 van inperking en só ook die alkoholverbod te verleng, gegrond het.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat die verkoop van drank met die verlenging van die vlak 4-afsonderingsregulasies steeds verbied word om die druk op die land se gesondheidstelsel te verlig.

Die huidige drankverbod geld al sedert 28 Junie.

Basa het in ʼn verklaring gesê dié verbod hou vernietigende gevolge vir die alkoholbedryf en diegene daarby betrokke in.

“Met die verlenging van die alkoholverbod kan sowat 4 600 werkers hul werke verloor, minstens 400 000 gesinne se lewensbestaan word bedreig en R5,1 miljoen aan aksyns en belasting kan verlore gaan,” sê Basa in ʼn verklaring.

Volgens Basa het hy in talle gesprekke met die regering al by verskeie geleenthede inligting oor die verband tussen alkohol en verhoogde hospitaalopnames aangevra, maar nooit ontvang nie.

“Ons het dus besluit om ons Paia-aansoek in te dien om die rede vir die verlenging van die huidige verbod te probeer verstaan.”

Basa sê in sy gesprekke met die regering word erken dat groot byeenkomste, die versuim om maskers te dra en sosiale afstand te handhaaf die groot sondaars vir die styging in infeksies is.

Basa sê dit is kommerwekkend dat die media gister (Sondag) berig het dat die kabinet twee weke gelede besluit het dat die huidige aangepaste vlak 4-inperking 21 dae lank sou geld en daarna hersien sou word.

“As dit die geval is, bevraagteken Basa ook die nut van sy gesprekke verlede week met die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (Natjoints) oor die huidige afsonderingsregulasies. As Natjoints reeds geweet het dat die alkoholverbod verleng sou word, is dié gesprekke te kwade trou gevoer en moet ernstige vrae gevra word oor Basa se verbintenis met dié struktuur vir die toekoms.”

Die bierbedryf, tesame met die groter alkoholsektor, het ’n aantal voorstelle aan Natjoints gedoen, waaronder om gelisensieerde ondernemings toe te laat om alkohol te verkoop vir verbruik weg van die perseel onder die aangepaste vlak 4-regulasies.

“Dit sal hierdie ondernemings in staat stel om inkomste te verdien, te verhoed dat burgers alkohol van die onwettige mark koop en sorg dat burgers alkohol tuis sal verbruik.”

Basa sê hy neem ook kennis van Ramaphosa se aankondiging oor die finansiering van Covid-19-Ters wat uitgebrei sal word na bedrywe wat deur die aangepaste vlak 4 van inperking geraak word. Die organisasie sê nog geen onderneming binne die alkoholbedryf het enige finansiële hulp sedert die oorspronklike vlak 5 van inperking in Maart verlede jaar ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Anton ·

Jou lede moet net die inperkings ignoreer. Almal anders doen

Hendrik Marthinus ·

En as die plek toe gemaak word betaal die eienaar die prys en Anton weet van niks
Of Anton se mense Wil nie luister nie.
Jy weet so goed soos ek, reels verander by sekere mense

Anton ·

Ek stel voor jy besluit op een punt voor jy weer so onsamenhangende bydrae probeer lewer

Johan ·

Ek het min simpatiek met julle, hoekom is julle nie n jaar terug al hof toe nie…dit is al hoe die diktatorskap luister. Het julle nie by die tabak geleer nie. Mens kan nie met hul praat of hul vertrou nie en as jy wil onderhandel moet jy maar bietjie geld gee êrens of vat hul hof toe en maak seker jy veg dit tot op die laaste….besef julle is in n derde wêreld.

annie ·

Net die wettige bedryf sal vernietig word. Sal graag die drankkabinette van die generaals op die bevelsraad wil bekyk… ook hul medisyne-kassies… en hul kluise.

melaney ·

Hier kom beslis groot moeilikheid. Meer werkloosheid, meer opstande, ens. Ons land brand.

Johan ·

Jy is reg M, en dit is assof almal so bang is hul gaan dood dat hul alles sal opgee net solank hul nie diè verkoue kry nie. Dis waansin.

Deon ·

Op die oomblik is daar geen vooruitsig wanneer ons weer “normaal” gaan wees nie…. Dus hierdie regulasies wat so dan en wan aangepas word maak dit baie moeilik om n toekoms voorspelling te maak van waarheen hierdie bedrywe wat so oop en dan weer toe is, op pad is… Ek dink die regering moet ernstig begin aandag gee aan hierdie bedrywe wat so doodgaan met die Covid virus. Dit is nie net die dranksmous wat geraak word nie… Daar is n hele string(waarde ketting) wat hierdeur benadeel word, soos reeds genoem. Is daar nie ook organisasies wat hierdie “casualties of war” kan verteenwoordig nie? Ek glo dit kan help om die saak sterker te maak. Dit is so jammer dat die staat nie sy kant gebring het met die oorspronklike inperking waar hospitale gereed gemaak moes word nie. Die virus is half n bedekte seen, om al hierdie swakhede, kortsigtigheid en onbeholpe besluite wat deur die staats verteenwoordigers geneem word, uit te wys. Omtrent oral waar hulle vat verander dit in strooi

Fritz ·

Nie al die paaie het padblokkades nie…….slegs die hoofroetes.

Karel Kobus Kruger ·

Die afduimpie is seker van iemand wat e-tol en TV lisensie betaal. Tog sooooo wetsgehoorsaam.

Johan ·

Gysbert, of n dokter wat lekker geld maak uit die paniek…hier is baie van hulle.

Pappa Beer ·

Na 27 jaar van die cANCer regering se “bewind” is ons terug by “square one”. Onluste, plundering en brandstigting. Al wat nou bygekom het is n diktatorskap wat mense se regte ontneem en hulle op n kommunistiese manier onderdruk onder die dekmantel van “covid”.

Harley Davidson ·

Ek voel regtig jammer vir die werkers,maar die wat drank misbruik is die skuldiges en rede vir hierdie stappe.

Francois Le Cochon ·

Jasper, doodreg. Drank gebruik veroorsaak geen probleme nie, drank misbruik wel. BASA se^ hulle versoek al lank inligting van die regering oor die verband tussen alkohol en hospitaalopnames. Daar is geen verband nie. Daar is wel ‘n verband tussen alkohol misbruik en hospitaalopnames.

VaalDonkie ·

Nee dis niemand se skuld behalwe die magsbeheptes nie. Ou kopdoek wou al lankal drank verbied, en kon nou eers ‘n geleentheid kry om so te doen. selfde met sigarette. Sy dink mos sy’s die moeder van haar volk. Moenie vir jou mede-burgers kwaad wees nie. Dis net ‘n afleiding sodat jy nie kwaad is vir die diktatore en volksmoeders nie.

Martie Smartie ·

Dis die regering se tirannie dis wat hier aangaan. As 50 000 drank so misbruik, hoe kan jy 5 miljoen gebruikers straf? As jou een kind stout is, kry almal straf??

MakersMark ·

Alle besighede sukkel. Drank industrie moet ophou kerm. Die redes hoekom drankverkope ingeperk is is welbekend en goed gedokumenteerd.

Hendrik Marthinus ·

Stem met jou
In Australia is seker state toe gemaak, hoe maak die drankwinkels daar, hoe het VSA en Europa gemaak.
Hulle erger Lockdowns gehad as ons, so ek verstaan nie regtig nie.
In my opinie verkoop Baie drankwinkels en sjebeens uitgesluit Steeds drank aan vriende etc
En glo my Hulle maak trippel per item, so hulle beter af

Tokkel ·

Ons is nie VSA of Australia nie, almal het nie dieselfde kultuur nie

MakersMark ·

Definetief. Kyk al die afduimpies gewoonlik die wat afhanklik is van drank vir geld of ander afhanklikhede. Punt is hospitale is oorvol en emosionele oorlaaide mediese staf het nie tyd of energie om om te sien na gewondes agv karre rol, messteke, skietwonde, bottelslanery en tuisgeweld nie. So dis goed die karatewater bly maar eers toegesluit. Die wat onwettig handel dryf sal net so lank aanhou tot hul gevang word. Anders as dit nodig is om die senuwees te kalmeer brou maar ‘n “pynappeltjie” sien pynappel pryse gaan op……….

Petrus Albertus ·

Al die lande wat jy noem se bedrywe het staatsondersteuning ontvang – elke keer. In Nederland is nagklubs en kroeë nou weer toe – en die staatondersteuning het onmiddelik ingetree. Suid-Afrik kan nie die pandemie op dieselfde manier bestuur as die eerste wêreld nie, ons sal moet aanpas by ons plaaslike omstandighede wat beteken die regering kan nie net na willekeur bedrywe verbied om handel te dryf sonder staatsondersteuning nie.

Hendrik Marthinus ·

Stem Makers
Drank moet permanent verban word
Dit het ons land waar hy is

Skuilnaam ·

Dis darem pateties as ‘n land se ekonomie gekelder kan word deur ‘n magdom alkoholiste…

Wielspore ·

Ek sal ‘n koffie drink op daardie stelling, want dit is die waarheid.

Baardman ·

Intussen is drank volop beskikbaar, as jy bereid is om bietjie meer te betaal, m.a.w. slegs die wettige handelaars word negatief beïnvloed.

Jacobus ·

Is julle nou naïef – die doel van die oefening is juis om te vernietig. As ons nou (teoreties) na die wonings van die ouens in bevel kon gaan sou ons goed voorsiende kroeë en oorvloedige kombuise aantref!

Wielspore ·

In my lewenservaring het drankmisbruik meer leed aan mens en dier gedoen, hoe langer die drankwinkels toe bly, hoe minder leed is daar.
Mense wat hulle drankies geniet het nie ‘n probleem met die verbod aangesien hulle weet dat die inperking net tydelik is. Ongelukkig is dit ook so dat iemand wat verslaaf is aan drank ‘n probleem het met die inperkerking aangesien drank hulle lewe beheer.

Hendrik Marthinus ·

Well said
Wielspore jy slaan die Spyker op die kop.
Drank is n duiwelse ding wat jou lewe vernietig, dus alombekend, dat Covid ongelukkig moes Kom om die besluit te neem is bad.
Hoop na Covid dit dit 100% verban Sal word.
En die wat nie happy is, moet maar self konkoksies maak

Martie Smartie ·

Die drankebdryf het geen ruggraat nie. As hulle gehad het, sou hulle n helse groot eis ingestel jet teen die regering, klasaksie eis, want drankverkope kan beter gereguleer word. Die regering druk sy beginsel van een of twee is stout en nou kry die hele klas pakslae, in almal se kele af. En almal eet dit maar goedsmoeds op.

Tokkel ·

Die drank is gestop om mense nie luister en hulle kan gedra nie. Hospitale is vol van Covid mense en kan nie bekostig om steekwonde en skietwonde ook nog na te kyk nie. Mense wat drank matig gebruik sal altyd in hul huise iets te drinke het. Kyk hoe baie loop nou nog sonder maskers rond….daar is nie pille vir dom mense nie…hulle luister nie!!

Johan ·

Gelukkig werk die maskers ook net om jou beter te laat voel daaroor…dit behoort hul keuse te wees of hul die vrees wil vererger en of hul soos n getroue slaaf hul gesiggies wil wegsteek.

Tokkel ·

Johan, jy het sekerlik nog nie iemand aan die dood afgestaan wat covid gehad het nie.
Sal jou graag in ‘n covid saal – ICU- vir eendag wil sit om te sien, want ek dink jy praat uit onkunde…

Sluier ·

Ek is natuurlik heeltemal n anti-drank aktivis en n nie-drinker myself. Drank is n pes van n ding. Dit maak ons hospitale oorvol met geweldsbeserings, dit maak ons polisie stasies oorvol met geweldsklagtes, dit maak ons paaie gevaarlik en dit vernietig huwelike en ontbreek algehele gesins verantwoordelikheid. Drank bly n pes in my oog.

SjN ·

Drankverbod is n klug en net van toepassing op wettige gelisensieerde handelaars. Ek kan tans enige soort drank kry wat ek wil, hoeveel ek wil, wanneer ek dit wil he, natuurlik teen n prys, as jy wil drink sal jy drink, punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.