Heroldsbaai: Liggaam uit water gebring

Heidi Scheepers (35).

Die liggaam van ’n vrou is Saterdagmiddag in die see by Heroldsbaai opgemerk, waarna die liggaam uit die water gebring is. Dit word in die stadium vermoed dat die liggaam dié van die vermiste Heidi Scheepers is. Daar is egter nog geen formele uitkenning gedoen nie.

Só sê kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie.

Pojie het aan Maroela Media gesê ‘n lid van die publiek het die liggaam omstreeks 13:45 in die water opgemerk, waarna die plaaslike Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in kennis gestel is. Dié het op sy beurt die polisie in kennis gestel wat die liggaam uit die water gebring het.

Volgens Pojie is die liggaam aan ’n forensiese span oorhandig.

“Dit word vermoed dat dit [Scheepers] is, maar geen formele uitkenning is al gedoen nie. Ons duikers en boot is steeds op die water,” sê Pojie.

‘n Nadoodse ondersoek sal oor die volgende week gedoen word.

Ettienne Scheepers, sy vrou, Heidi, en hul kinders.

ʼn Uitgebreide soektog is Woensdag van stapel gestuur nadat Scheepers (35), haar dogtertjie, Cozette (6), en seuntjie, Hugo (2), Dinsdag omstreeks 18:00 die laaste keer lewend in Heroldsbaai gesien is. Hulle het verby die gesin se winkel, die Heroldsbaai Kafee, gery. Haar man, Ettienne, het sy gesin kort daarna as vermis aangemeld.

ʼn Grys Volkswagen Caravelle, soortgelyk aan die een waarin Scheepers en haar twee kinders Dinsdag verdwyn het, is Donderdag langs die rotse by Voëlklip by Heroldsbaai gekry.

Die liggaam van die seuntjie, Hugo Scheepers (2), is Donderdagmiddag laat in die see gevind. Daar is steeds geen teken van die dogtertjie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Anoniem ·

Sterkte vir die Familie en vir alles wat Hulle moet deurmaak !

Jurie ·

Kan iemand my dalk verduidelik HOE die voertuig daar op daai plek in die see gekom het? Verstaan glad nie..

Erica ·

Baie baie hartseer vir die hele familie. Vreeslike tragedie????

Tinka ·

Aai Baie sterkte àan familie watse Groot skok en hartseer????

Marissa ·

Tragies indien dit wel die vrou se liggaam is. Ek het so gebid en gehoop vir ‘n goeie wending dat hul iewers veilig gevind sou word…

Ekke ·

Baie baie hartseer…maar iets is nie lekker iewers! Maar wag en sien wat se die forensiese mense.

KG ·

Hoekom kan dit net nie ‘n ongeluk wees nie? Het ons mensdom so sinies geword dat daar altyd “‘n slang in die gras” moet wees.

Posduif ·

Hierdie berig-gewing laat ‘n mens wonder!! Is dit die onvermoe van die skrywer om die regte inligting te bekom, of die onvermoe van die polisie om die korrekte inligting deur te gee? Dis nou al Saterdagmiddag 16h46 as ek hier lees. Daar word steeds gepraat van die voertuig wat DONDERDAG alreeds uit die water gehaal is en daar word steeds van VERMOEDELIK die Scheepers se voertuig gepraat. Is die voertuig steeds nie uitgeken nie?
Daar word gepraat van die liggaam van seuntjoe wat VERMOEDELIK die van Hugo Scheepers is!! Is die liggaam steeds nie uitgeken nie? Ek kan nie dink dat die pappa nog nie die seuntjie gaan uitken het nie!! Waarom word die woord VERMOEDELIK so ruim in hierdie berig gebruik? Miskien kan die skrywer dalk vir die lesers verduidelik

Retha Roux ·

Geen ware berigte mag in die media gestel word as die familie nog nie die liggame uitgeken het nie en daar word ook nog forensiese toetse op die liggaam gedoen om te kyk wat dalk die oorsaak rondom die gebeure is en die voertuig is ook in vir toetse om vas te stel of daar moontlik fout met die voertuig se meganisme verkeerd gegaan het. Die seewater het ook skade aan die voertuig veroorsaak en daar was geen nommerplaat meer op nie. Kom ons hou ons bespiegelinge vir ons self en laat gespesialiseerde persone hul werk doen. Daar is ook familielede wie se gevoelens ons in ag moet neem. Groot trauma vir die familie en ook die gemeenskap

Guve ·

Sterkte, Bid vi julle vi krag en nogmaals krag, moet se iets klink ni baie goed nie.

Anoniem ·

Hoe op aarde het di kar in di eerste plek in di see beland? Iets maak ni sin ni. Dis als vermoedelik as dit ni hulle is ni is daardalk nog iemand wie se kar in di see beland het. Wat ons ni weet ni van ni di nuuus berigte se ni veel om te kan uitvind wat regtig gebeur het ni

Jaco ·

Daar is ander berigte oor ongelukke oresies daar, n paar jaar terug is 3 studente in hulle kar oor dieselfde plek, Al 3 dood en ern is nooit opgespoor. Maar hulle het daar gebly so moes weet hoe gevaarlik dit is. Sodra kar uit is sal hulle kyk of meganies iets verkeerd gegaan het.

M ·

Ek hoop ook hul kry di dogtertjie spoedig! Dis ongelooflik hartseer !

Georgiet ·

Ek woon in George en die plaaslike gemeenskap kan bevestig dat so ‘n tragedie nie ‘n ongeluk kon wees nie weens die ligging van Voëlklip. Dit is nie op roete van of na die strand nie, maar daar moet vanaf die teerpad op ‘n grondpaadjie uitgedraai word wat dan teen ‘n effense helling uitklim en enkele honderd meter verder in die rigting van die see op die afgrond uitloop. ‘n Ma met jong kinders sou die omgewing beslis vermy het. Dit is nie ‘n plek waar mens veilig voel om te ry nie.

Wie ookal die bussie oor die afgrond gery het, het dit waarskynlik met opset gedoen.

Hierdie is werklik ‘n baie hartseer tragedie.

Stokkies du Toit ·

Ah Georgiet en so bespiegel almal saam. Dalk moet alles vir kundiges gelos word hmmmm?

simone venter ·

Absoluut tragies. My gebede gaan uit na haar familie en haar naaste vriende. Waardeur moet hulle nie gaan? Ek hou hulle styf vas in my gebede.

Annatjie ·

Enige iets hier is moontlik, kar se wiel kon gebars het of sy kon beheer oor die voertuig verloor het, daar is so baie dinge wat verkeerd kon verloop het. Ek kan net vir hulle wat agterbly sterkte toe wens en bid dat God se groot genade hulle om vou.

Realis ·

Dit maak ook nie vir my sin dat ‘n vrou met 2 klein kindertjies, daai tyd van die aand daai gevaarlike pad sou aandurf nie. Daai tyd van die aand word kinders van daai ouderdom, gevoed en gebad……..

Alida ·

Onthou die son gaan eers 8 uur daar onder. Siestog ek kan nie dink dat nie Heidi se lyk kan wees nie. Die ou dogtertjie is nog vermis. Die storie is werklik onstellend.

Essie ·

Let wel dat daar al 8 mense daar dood is. Daar is ook al vantevore 2 voertuie daar af. 1 Jongman se lyk was nooit gevind nie. Dis baie hartseer.

Boet Fasie ·

En die Plaaslike regering en relavante departemente versuim nogsteeds om iets te doen om die Voëlklip pad en parkeerarea te beveilig of toegang te beheer of alternatiewelik toegang ontoeganklik te maak vir voertuie, Hoeveel mense gaan nog daar sterf of dit nou per ongeluk is en of mense die plek wil gebruik vir selmoord doeleindes. Feit is die pad en parkeerarea is onveilig.

Kas ·

Annatjie,as jy Georgiet se kommentaar lees dan klink dit nie na ‘n ongeluk nie.Hoekom sou die ma met haar twee kinders oor die afgrond gery het.Gemene spel is moontlik.

Corlia van Biljon ·

Ek wil graag n opmerking maak oot identifisering van lyke…
Ons het ook n vriend in die see verloor. En sy eie Pa kon nie sy liggaam uitken na 3 dae wat sy lyk in die see was nie.
As n liggam so lank in die see is verander dit totaal en al. Dis onherkenbaar (doen maar jou google ondersoek oor lyke in die see). Dis hoekom hulle sê vermoedelike. Hulle moet eers forensiese toetse doen wat tot 2 weke kan vat. Niemand weerhou inligting soos die geheim nie… Almal is saam hartseer en veral omdat n mens onherkenbaar is na dae in seewater.

DS ·

As jy die pad gereeld ry, soos ek aanneem die gesin gedoen het, dan sal jy ekstra versigtig wees veral met jou kinders in die kar en daardie tyd van dag. Nee hier is te veel vrae en te min antwoorde. Net terloops my man sou agter ons aangery het – seker besigheid kon tot volgende dag gewag het Ettienne. My hart is net so seer hoop die dogtertjie se liggaampie word ook gevind sodat die familie afsluiting kan vind. RIV mamma en haar 2 kinderjies.

Spook op thaba ·

@DS…Ettienne was nie met sy voertuig daar nie. Hy het gestap. Die man gaan deur hel. Dit nie nodig om hom te verwyt nie. Sterkte Ettienne

Jollie ·

Dit was n ongeluk, sy wou omdraai, maar het haar misgis met die grote van die kombi.

Naomi ·

Voelklip het die lieflikste uitsig, veral as die son sak. Wat ookal gebeur het, dit is moontlik om met jou kar oor die afgrond in die see te beland. Te vinnig om die draai, of opsetlik oor die rand, wou omdraai en misgis met grote van voertuig, enigiets kon gebeur het. Ek het al myself lelik misgis met die steilte en afdraande. Stadig ry, amper kruip is die antwoors vir voelklip.

Ettienne ·

@Jurie daar is n twee spoor padjie wat na voelklip uitkyk punt toe gaan. Jy kan daar met n voertuig ry ook n goeie maar gevaarlike plek om met laag water te gaan vis vang. Dit is baie hartseer maar nie die eerste keer wat so iets daar gebeur het nie.

Heksie ·

Dis baie tragies, maar my vraag is; het sy selfmoord gepleeg deur daar af te ry / of was dit regtig net ‘n ongeluk?

Hester ·

Goeiemiddag ek wil weet of hul al die dogtertjie gekry het

Roelien ·

Well dit het niks met enige iemand uit te waai wat regtig gebeur het nie. Dit is tussen die Pa, die Polisie en God. Dit is baie moontlik dat hierdie ‘n tragiese ongeluk was. Daar het al voorheen mense hulle lewens verloor wat ook daar onder in die see op geeindig het. Gaan eerder op jou kniee en se dankie vir God dat dit nie jou familie is wat deur so iets moet gaan nie. Ek hoop en bid hulle kry die klein dogtertjie. Mag julle nou sag rus by Jesus se voete

Mel ·

Ja ek wil ook baie graag weet of di ou dogtertjie gevind is ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.