Heroldsbaai-soektog: bussie onder water gekry

‘n Bussie se wrak is onder die water digby die rotse by Voëlklip gevind. (Foto: SA Polisie)

ʼn Grys Volkswagen Caravelle, soortgelyk aan die een waarin die vermiste Heidi Scheepers en haar twee kinders Dinsdag verdwyn het, is langs die rotse by Voëlklip by Heroldsbaai gekry.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het gesê hoogwater maak dit in dié stadium egter onmoontlik vir duikers en reddingswerkers om die voertuigwrak te bereik.

Daar kon dus nog nie met sekerheid vasgestel word, deur byvoorbeeld identifikasie van die nommerplaat of enjinnommer, dat dit wél die Scheeperse se voertuig is nie.

Teen laatmiddag was daar nog geen amptelike bevestiging dat enige liggame gevind is nie.

Maroela Media het vroeër berig Scheepers (35), haar dogtertjie (6) en seuntjie (2) is Dinsdag omstreeks 18:00 die laaste keer lewend in Heroldsbaai gesien waar hulle verby die gesin se winkel, die Heroldsbaai Kafee, gery het.

Haar man, Ettienne, het hulle enkele ure later, nadat hulle nie huis toe gekom het nie, as vermis by die polisie aangemeld.

Tientalle mense is sedertdien by die soektog na die drie betrokke. ʼn Reddingshelikopter het die omgewing onder meer uit die lug gefynkam.

Pojie het gesê sodra die gety dit toelaat, gaan reddingswerkers die wrak probeer bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elsabie ·

Nee asb nie!!! Ek hoop dis heeltemal ‘n ander voertuig!

Wonder ·

As hulle 2 minute van die huis af weg was….. Wat het hulle naby Voëlklip gemaak??

Christa ·

Wat ookal die rede mag wees, dit Bly hartverskeurend. N kersgety lê voor vir daardie familie. EK bid vir berusting en vrede. Die Here Sal hulle verseker dra.

Annene ·

Hulle het ongelukkig die seuntjie se lykie gekry. Julle kan op die George Herald se blad gaan kyk.

Heidi ·

Innige simpatie met geliefdes en naasbestaandes. Hartverskeurend.

Blue Butterfly ·

Ek glo dit was ‘n tragiese ongeluk. Mag die Here haar man en familie toe vou in Sy genade en liefde in hierdie moeilike tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.