‘Heroorweeg sekere regulasies of verwag reaksie’

Pres. Cyril Ramaphosa (Maart 2020) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die DA het die regering gewaarsku om sekere regulasies van die afsonderingstydperk te heroorweeg of die risiko te loop van die teenstand van nienakoming.

Dit kom nadat die regering Donderdag enkele wysigings aan die regulasies aangekondig het. Die afsonderingstydperk sou aanvanklik gister om middernag tot ʼn einde gekom het, maar is vroeër deur pres. Cyril Ramaphosa met ʼn verdere twee weke verleng.

Die DA het dié wysigings verwelkom maar die regering versoek om sekere regulasies, wat burgers nie spesifiek help om die koronavirus te beveg nie, te heroorweeg. “Ons kort regulasies wat die lewe makliker maak vir burgers, en veral vir noodsaaklike werkers, om goedere en dienste te bekom en om die risiko van massa hongerte te voorkom,” het John Steenhuisen, DA-leier, gesê.

“Die afsonderingstydperk gaan net werk indien dit samewerking tussen burgers bevorder. Sekere regulasies slaag nie hierin nie.”

Die publikasie van die gewysigde regulasies was volgens Steenhuisen ook die geleentheid vir die regering om van die oormatig drakoniese maatreëls van die afgelope drie weke te heroorweeg en te vervang met maatreëls wat berus op gesonde verstand.

“Dit was ʼn geleentheid wat hulle gemis het en nou loop ons die gevaar om die aanvanklike welwillendheid en ondersteuning vir die nakoming van die afsonderingstydperk te verkwis.”

Van die regulasies rakende noodsaaklike goedere en dienste sowel as die algehele verbod op drank en sigarette blyk minder te doen te hê met die stryd teen die verspreiding van die virus as die staat wat sy stempel van outoriteit wil afdruk.

“Dieselfde kan gesê word rakende die verbod op buurtwagte. Hoe langer dié verbod deel bly van die afsonderingstydperk se regulasies, hoe groter is die kans op wydverspreide openbare teenstand. Elke regulasie moet gemeet word aan die effektiwiteit daarvan om Covid-19 uiteindelik te verslaan.”

DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Armand Hough/ANA)

Volgens Steenhuisen word daar reeds ʼn toename gesien in openbare teenstand rakende sekere aspekte van die afsonderingstydperk en is daar al meer voorvalle van plundering.

“Dit sal net toeneem namate frustrasie toeneem en namate die ekonomiese werklikheid inskop vir miljoene wat reeds in armoede leef. Suid-Afrikaners wend hulle ook al hoe meer tot onwettige bronne van alkohol en sigarette, en dit kos die staat miljoene aan verlore belastinginkomste – geld wat ons nie nou kan bekostig om te verloor nie.”

Steenhuisen het gesê die afsonderingstydperk het drie weke gelede met die publiek se aanvaarding afgeskop, maar is nou al hoe meer broos en dat daar die gevaar van sosiale onrus is. “As pres. Ramaphosa en sy kabinet nie binnekort optree om sommige van hierdie verbodsbepalings te verslap nie, gaan hy die redelike kern wat tot gevolg gehad het dat hierdie afsonderingstydperk van krag bly en funksioneer, verloor. Sodra ʼn reaksie van nienakoming momentum kry sal dit amper onmoontlik wees om te keer.”

Die DA sê sy voorleggings vir ʼn sogenaamde slim-afsonderingstydperk behels ʼn buigsame, volhoubare model waar daar op en af geskuif kan word tussen afsonderingsvlakke en waar nodig daar plaaslike afsondering kan plaasvind. “Dit sal ons vermoë om te werk laat toeneem, terwyl ons steeds die virus beheer. Maar dit is geheel en al afhanklik van ʼn massiewe toets- en opsporingsprogram sodat ons noukeurig te werk kan gaan waar en wanneer die virus begin opvlam. Toetse moet ʼn 12 tot 24 uur-omkeertyd hê. Geen koste of moeite moet ontsien word om dit reg te kry nie.”

Vir enige soort afsonderingstydperk om suksesvol te wees, is dit noodsaaklik om die publiek se instemming en nakoming te kry. “Dit is slegs moontlik wanneer hulle soos verantwoordelike volwassenes hanteer word en as burgers gerespekteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Die Wolf ·

My opinie is dat paniek en onbevoegdheid in sekere kringe aan die orde van die dag is.

Gert ·

Die drank en sigarette ding is nie ‘n probleem in ons omgewing nie ek weet nie in ander plekke nie , maar hier is ‘n paar mobule bottel store en tabak winkels so ja geen te kort,Die manne maak baie geld nou “Bread on wheels” en geen sent van dit neem ek aan gaan vir belasting nie .

Drico ·

Gert, dis net jammer dat die manne wat so baie geld maak sy medemens eintlik in die proses vertrap. Dis buitensporige bedrae wat gevra word en dis niks anders as gierigheid nie. Maak jou prys meer aanvaarbaar, dis tog belansting vry op die oomblik!

MarlboroMan ·

Waar bly julle? Ek is honger? Ons het nie “brood” in Centurion nie.

Sakkie ·

Ek sien geen doel met die verban van drank en siggarette nie. Hier by ons koop jy gewone brandewyn nou teen R350 to R480 per bottle.(Normale prys : R130) Gewone siggarette vanaf R45 tot R70 per pakkie (Normale prys: R 27-50) Staat verloor miljoene aan belasting.
En glo my, daar is BAIE mense wat kom koop teen hierdie belaglike pryse.
So maak dit weer wettig en verdien teminste weer belasting geld.

MarlboroMan ·

Ag sjoe! Wat ek nie sal gee vir ‘n rookie nie. Hoe kan ek uitvind waar om hierdie ouens in die hande te kry?

Marinda ·

Al wat ek graag wil weet hoekom mag jy nie met jou hond gaan draf op stap nie. wanneer word dit oopgestel. Al die parkies is vol mense wat daar bly maar jy mag nie met jou hond draf nie. Ek het ‘n German Malinoise en hy is nou al so frustreerd van hierdie lockdown omdat hy nie mag gaan draf. Byt to al die huis se mure van frustrasie.

Mieke ·

Het jy ‘n tuin? My skoonseun het ‘n hele obstruction course gemaak vir sy hinde… elke laat middag maak hy hulle oefen om van hulle oortollige energie ontslag te raak.

Anel ·

Soos ek nog van die begin af gesê het, meer mense gaan aan ander oorsake doodgaan as aan die virus. Onrus is aan die broei en dit gaan nie beheer kan word nie.

Fedup ·

There is no cure for stupidity when it comes to decepticons. No amount of arguing, planning or common sense, will have any affect on them. Trouble is coming, unfortunately.

Marthinus Johannes ·

Lyk vir my drank en tabak is n HELSE probleem hier in SA want almal kerm daaroor, dus geen verskil tussen hulle en die druggies nie. Verder is Steenhuisen net so naief soos die res van die land se mense. SA moet kyk wat in Europe en VS aan die gang is en tot besinning kom. Baie van daardie lande trek al baie verder as bet 3 weke en die toekoms lyk maar bleek vir hulle. As almal die reels toepas soos dit moet reg van die begin af en ophou kerm soos 2jaregis sal dinge vinneger terug keer na normaal.

Boortor ·

Dit is te laat om te ” heroorweeg”. Die kat is klaar in die duiwehok. Ek wil net sien hoe hulle die kat daar gaan uitkry. Ek dink nie die mense het n drank of rook probleem nie, dit is die manier wat dit af geforseer word en hulle hou partytjies vir almal om te sien. Ek is g# tvol vir die lot! Ek dink julle ook maar ons moet mos polities korrek wees. Basta met dit!!!!

Mieke ·

Dis eenvoudig net ‘n grap want ANC is te bekangrik en bevooroordeel teen oor die DA om na goeie raad te luister!

Jan ·

Als is n grap. In my omgewing is daar meer dagga as tabak te koop. Daar is ongeveer 8 mil. rookers in suid afrika. Daar is R20 belasting op n pakkie 20 sigarette. Doen die som . Die aan beheer weet nie waar die grootste belasting vandaan kom nie. Daar gaan meer mense dood in taxi ongelukke as aan sigarette. Ek dog net ek dra by!!!!

Bets ·

Ek stem meer mense gaan aan ander oorsake sterf as van hierdie virus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.