Herrie kring uit oor DA-plakkate in Phoenix

Opposisiepartye het die plakkate as rassisties bestempel. (Foto: Eusebius McKaiser/Twitter)

Die herrie oor die DA se verkiesingsplakkate in Phoenix in KwaZulu-Natal wat uit talle oorde as rassisties bestempel is, woed voort.

Een van die DA-plakkate lui “Die ANC het julle rassiste genoem” en word gevolg deur ʼn plakkaat wat lui “Die DA noem julle helde”.

DA-leier John Steenhuisen het luidens berigte gesê dit verwys na die wetsgehoorsame burgers van die gebied tydens die sogenaamde Zuma-onluste en nie na diegene wat amok gemaak het nie.

Minstens 36 mense is tydens die oproer in die gebied dood toe inwoners van Phoenix self padblokkades opgestel en buurte gepatrolleer het.

Volgens Bheki Cele, minister van polisie, het die padblokkades egter ontaard in plekke van boendoegeregtigheid en is mense glo boonop op grond van hul velkleur gekeer om die buurt binne te gaan.

Van die oorledenes is 30 doodgeskiet, twee is lewend verbrand, een is met ʼn skerp voorwerp gesteek en nog iemand is deur ʼn voertuig omgery.

Verskeie politieke partye het die plakkate as rassisties en onsensitief bestempel en geëis dat die DA dit onmiddellik verwyder.

Steenhuisen staan glo bankvas agter die plakkate se boodskap.

Die kwessie het glo reeds tot tweespalt in die party gelei met sommige topleiers wat oënskynlik vies is oor die plakkate en meen die party moet erken hy het ʼn fout gemaak en die plakkate verwyder.

Sunday Times het berig dat die DA se top- provinsiale leiers na bewering reeds ʼn vergadering oor die omstrede plakkate gehou het.

Colleen Makhubele, Cope se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, sê die plakkate bevorder rassepolarisering en haat.

“Die DA se plakkate wys dat diskriminasie en vooroordeel dikwels op onkunde of ʼn gebrek aan kennis gegrond is. Dit is onverantwoordelik van hulle [die DA], gegewe ons land se onsmaaklike verlede,” het sy gesê.

“Die DA moet weet dat die bevordering van rassehaat ʼn algemene vorm van onverdraagsaamheid is, en dít is veral gevaarlik wanneer dit uitgebuit word om die politieke en verkiesingsambisies van ʼn party bevorder.

“Die DA behoort die mense van KwaZulu-Natal om verskoning te vra.”

Vusi Khoza, die EFF se voorsitter in KwaZulu-Natal, het in ʼn twiet geskryf die plakkate is veragtelik.

“Om die moordenaars van swart Suid-Afrikaners helde te noem, is die ergste vorm van rassisme. Ons sal op hierdie plakkate reageer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jaco ·

Die hoogheilige ANC se regstellende aksie en BEE is natuurlik nie rassisties nie…

Keelvol ·

Dié wat nou so n bohaai op skop is dieselfde mense wat stilbly oor die uitlatings van die EFF en BLF.

Jr ·

En natuurlik die kriminele is nou die arme viktims al weer. Another race card to play for the Eff’ing cANCer party. Is it racism or just what most people can’t echo without being called racists. Always playing the ace of racism when it suits the agenda

Jr ·

Ooh ja baie baie eina. Maar veg dit terug met jou verveelige ou hol geryde ras kaart. Dis die get out of a spot card

Jacobus ·

As Julius Malema sing kill the boer kill the farmer wat n hof hom belet het om te sing, is dit seker nie rassisties nie? Hoop die DA staan op hulle regte.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Die polisie en die weermag kon glad nie die gemeenskappe verdedig nie. Dis die gemeenskappe wat self moes optree. Diegene wat hul skuldig gemaak het aan oortreding van die wette moet natuurlik boet, maar dis jou grondwetlike reg om jou en jou familie te beskerm.

Dries ·

So die RACIST term behoort ook nou aan cANCer.Wanneer hulle die raskaart speel,is dit maar reg.BIGOTS

Genis ·

Mooi gestel, waarheid tref hard… ANC is n terorristiese party, waat rassehaat aanpor…

Hennie J ·

Ek is nie naastenby n DA ondersteuner nie maar hierdie plakkate is so in die kol. Steenhuisen se weiering om daarvoor verskoning te vra is prysenswaardig en ek hoop hy swig nie voor die druk nie. Die plakkate praat die reine waarheid en almal wat daaroor kerm en kla moet eie ondersoek doen en besef die waarheid maak soms seer.

Dries ·

Hy gaan gedwing word om verskoning te vra deur die ultra linkses in die party. Whatch this space

VaalDonkie ·

Die enigste “herrie” is die een wat SABC News self aangebrand het.

Misky ·

Ek is allermins nie meer DA ondersteuner nie, maar stem 100% hier saam. En daai borde kan baie boodskappe hê en hang af hoe jy dit wil sien en verstaan. As daai skoen jou pas……

Dries ·

Die plakate se duidelik die mense wat hulle eiendomme beskerm het is Heros. Die wat geplunder het is Rassiste. Net plunderaars kan dit anders sien

Di ·

Die wat nou so ‘n groot ophef hiervan maak is duidelik DIE wat self agter die deur staan, daarom vat hulle dit persoonlik op. Dit is slegs ‘n plakaat en dis vir hulle onaanvaarbaar? Wat moet ons as blankes se wat elke dag deur RASMAL mense in die openbaar afgekraak en selfs met die dood gedreig word.

Boon ·

Die plakkaat beskuldig die ANC dat sy volgelinge die inwoners van Phoenix rassiste noem. Het die ANC dit gedoen ? Ja of nee. ? Dis so eenvoudig.
Of dit wys is van DA om.die ANC rassiste te noem, is te betwyfel. Vir die eenvoudige rede dat sulke taktiek benede ons waardestelsel is. Dis partye soos EFF wat so laag daal om voortdurend mense te verdeel volgens velkleur. Dus verwyder die plakkaat asb.

Kneh Mokenah ·

Hoe meer die ANC en ander partye raas en kerm oor die plakkate, hoe groter word die waarheid se trefkrag. Die DA geniet seker hierdie gratis publisiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.