Herrie ná man ʼn vrou met eetstoornis ʼn ‘seekoei’ en ‘vet’ noem

Donovan Tooth sê jammer (Foto: Skermgreep uit die video)

ʼn Storm het verlede week op sosiale media losgebars toe Donovan Tooth, die eienaar van die kleremaatskappy Panda Clothing, ʼn vrou met ʼn seekoei vergelyk en gesê het groter vroue kan nie mooi wees nie.

Tooth, ook bekend op sosiale media as Toothsta, het Donderdag aan sy duisende volgelinge in ʼn video van vier minute op Instagram vertel dat mense wat dink groter vroue is mooi gerus hul geestesgesondheid en oë moet laat toets.

“Ek is so moeg vir mense wat hierdie oorgewig f****n seekoeie laat voel asof hulle perfek is en dat daar niks met hulle skort nie,” het Tooth in ʼn video gesê wat intussen afgevee is.

“As jy 15 kg oorgewig wil wees en dink dat jy gesond en sterk is […] is daar baie plekke wat jou met jou oë kan help en jy kan sommer na ʼn geestesgesondheidinstelling ook gaan om jou toestand te laat ondersoek.

“Hierdie vet vroue word aangemoedig en opgebou deur te sê: ‘Kurwes is mooi en kurwes is sterk’. Ek gaan nou ʼn foto oplaai en dan aangaan.”

Die foto van Nelly London waarna Donovon in sy video verwys (Foto: Instagram)

Tooth het toe ʼn foto van Nelly London, ʼn model wat herstel van ʼn eetstoornis, met sy volgelinge gedeel en verder in die kamera in gepraat terwyl hy bestuur.

“In enigiemand se regdenkende f****n kop het daardie vrou nie kurwes nie – sy het f****n 10 kg om te verloor.

“T**f, klim op ʼn f****n trapmeul en raak ontslae van die vet. Vir jou om na daardie foto te kyk en te dink sy het kurwes [is nie waar nie]. Sy is ʼn oorgewig f****n vet vrou vir wie die samelewing sê dis oukei om so te lyk.”

Honderde mense op sosiale media het aanstoot geneem deur wat Tooth kwytgeraak het. Mense het kommentaar gelewer op Panda Clothing se Instagram-bladsy, inskrywings op Facebook gemaak en boodskappe aan hom gestuur.

ʼn Facebook-blad genaamd “Donovan Tooth (Panda Clothing) must fall” is ook geskep en het reeds meer as 2 000 lede.

Tooth het ʼn dag nadat hy die video opgelaai het, om verskoning gevra vir wat hy gesê het. Hy het ook sy Instagram-profiel mettertyd afgehaal.

Nelly London (Foto: instagram)

“Ek wil graag mense om verskoning vra vir gister se video. Gister [Donderdag] se video op Instagram was ongevraagd, dit was heeltemal verkeerd en ek moes nooit al daardie goed gesê het nie.

“Ek het baie mense seergemaak en vra opreg om verskoning. Vanuit die diepte van my hart is ek jammer, en ek hoop julle kan my vergewe. Vandag het ek ʼn waardevolle les geleer wat ek die res van my lewe sal onthou,” het hy gesê.

Panda Clothing het in ʼn verklaring gesê hy distansieer hom van Tooth se afbrekende plasing, asook dat ʼn interne hersieningproses reeds begin is.

“Dit is onaanvaarbaar en het geen plek in Panda se waardestelsel nie. Ons vra om verskoning vir die wydverspreide seer wat dit veroorsaak het. ʼn Dissiplinêre proses is reeds begin. Panda verteenwoordig die viering van fiksheid ongeag enigiemand se grootte of vorm,” lui die verklaring onder meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

JohanEtz ·

Hy is die *eienaar* van Panda Clothing – gaan hy homself disiplinêr aankla en straf! LOL

ronel ·

Panda Clothing is n Internationale brand, so die eienaar van Panda is nie die oertel nie, hy het net die reg tot verspreiding in SA

Freddie ·

Ek verstaan daar’s meer as een Panda. Een is Panda Clothing SA en ander Panda Sportswear. Ek praat onder korreksie.

JohanEtz ·

Die berig lui – hy is die eienaar van Panda Clothing…..aldus my stelling

ronel ·

Dit is waar, dalk besit hy die regte tot die brand in SA ? Maar steeds glo ek die internationale groep behoort hulself van hom en sy mannewales te distansieer,

Roebs ·

Ja ne jou woorde het soveel mense seer gemaak dink nie “eks jammer” gaan dit doen nie, jy voel nie sleg nie maat, daar is jong kinders wat ook na jou woorde luister en daar is baie meer skade gedoen deur jou woorde……

Ferryman ·

Hy moet ‘n bydrae maak tot organisasies wat mense help met angs en depressie, omdat hy dit nou help vererger het.

Aai ·

Jy het nou vir jouself ‘n gat gegrou mannetjie.Hy is ‘n kind as hy nou nog nie weet bly weg van social media.Sal nie so persoon se maatskappy ondersteun.

Rudolph ·

Disrespek vir mens of dier of omgewing kan nie oorgesien word nie. Dit verteenwoordig vir my alles wat verkeerd is met ons samelewing. Ek hoop van harte hy en vele ander leer iets hier uit.

Oe la la ·

Weet jy as jy tevrede is met hoe jy lyk wie is ek om enige iets te sê? Los net die mense uit!

Ja as jy voel jy het 10kg om te verloor dan doen dit! doen dit vir jouself vir niemand anders nie!

Maar genade los die mense uit!

Mellissa ·

Ek neem aan hy is perfect?? Jy kan nie woorde trug trek as dit gese is nie..en sy sorry beteken niks want hy het dit duidelik gemaak hoe hy voel oor ons wat nie 6 packs het nie..hy is net jammer want hy was gevang soos die saying gaan..

MIA ·

Nou wil hy onverskoning vra!!! Nadat hy hoeveel vroue deur sy woorde seergemaak het!!!! Hoop hy sal onthou dat die Bybel nie verniet waarsku ” dat daar lewe en dood in die tong is nie”. Dink bietjie in die toekoms voordat jy dinge kwytraak in die hitte van die oomblik!!

Johanncb ·

Hy kry genoeg publisiteit om sy besigheid permanent te kelder!

Persheks Adri ·

Genade kan iemand so wees? Baie mense het gesondheids probleme. Ek hoop niemand ondersteun jou winkel nie!

So wat sê jy van maer mense? Ek sit met skildklier probleem en weeg maar 45kg…

Jy’s walglik man en breek mense af oor goed wat jy nie eers verstaan nie!

Melanie ·

Donovan, jy het geweet jou snert wat jy kwytraak gaan teenkanting uitlok, so om nu onverskoning te vra is soos om te bid na die maal. Hoop jou ma gee jou n warm oorveeg!!

Rina ·

wat, net ‘n oorveeg???
Ek hoop sy ma gee hom ‘n ordentlike pak slae en ‘n mond vol rooi peper!
Hy behoort hom te skaam!

Ek self sukkel met my gewig al vir jare, selfs al aanvaar my man my soos ek is, dan kom daar sulke idote en breek weer vrouens af!

Ek hoop regtig hy leer sy les, ek het so vermoede hy is self nie skraal nie, dan hou jy mond!

En gaan hy “homself” in Panda dissiplinêr aankla? Ek twyfel sterk ….

Ek het ‘n vermoede Panda gaan “gespur” word???

Scalla ·

Donovon, vandag springbok, more boerbok, elkeen het sy/haar eie opinie, hou dit asb net vir jouself.

Linq ·

Ek wonder waar is die EFF se Woman’s League nou wat ‘vroue regte’ beskerm … as hulle so herrie kon opskop oor sjampoe wat van die storie?

Mariana ·

Sy soort is daar baie van. Laat ander klein voel om sy eie ego te streel. Verpes mense soos hy. Vet mense is ook net mense. Ek weet ek is een en word al my lewe bespreek en bespot. Maar ek weet wie ek is en my vet maak nie van my ‘n slegte mens nie. Mense moet mekaar aanvaar ongeag hoe hulle lyk. So meneertjie oppas maar jy is nog jonk en die lewe wag nog vir jou ook.

LiveAndLetLive ·

Dit is omdat mense nie groot gemaak word met n “LIve and let Live” mindset nie – orals het almal altyd oor n ander n ou eirtjie te lê.

Almal se goed wat hulle nie moet nie, daar is vet mense en maer mense – los mekaar net uit – dis nie moielik nie.

My Mening ·

My aarde, het hy nou regtig gedink dit gaan nie ‘n oproer veroorsaak nie.??? Ek weet hulle sê gewoonlik slegte publisiteit is ook publisiteit, maar daar moet darem beter en respekvolle maniere wees om jou besigheid te bemark….??

Sonneblomkind ·

Jammer vir hom. Maar dis onaanvaarbaar en ons almal is nie Ge-airbrush of ge fotoshop nie. Skaam hom

Suzette ·

Genade, ek kry sy ouers jammer, maar hom meer. Hierdie is ‘n klad wat hyself op sy naam geplaas het en in die proses sy toekoms vernietig.

Freddie ·

Ook nou weer, behalwe vir die tjoeppie is daai vrou goed gebou. Sy kan net trots wees op hoe sy lyk. Die ou het ‘n verwronge idee van vetwees. En al dink mens iemand is ‘n vet watokal, jy hou dit vir jouself want dis net ordentlik.

Patch ·

Hy het presies geweet wat hy in die video kwyt geraak het en skielik was dit ongevraagd, verkeerd en moes hy dit nooit gesê het nie. Hierdie pierrewaaier het homself en sy sodanige kleremaatskappy groot skade berokken. Ek wonder hoe sal hy voel as hy vir ‘n dag in ‘n vrou, wat met haar gewig sukkel al doen sy wat, se skoene moet staan. Jy het GEEN respek vir vrouens nie. En nie eers te praat vir jouself nie, dan sal jy twee keer gedink het voor jy so op social media vloek en slegsê. Ek wonder hoe jou ma, sussie, ouma, niggies en vriendinne oor jou grootbek video voel. Miskien moet jy bietjie dink voor jy praat dan hoef jy nie “verskoning” te vra nie. Wat maak JOU perfek?? Ek sal graag oor jou wil kommentaar lewer maar dan maak ek my aan dieselfde daad skuldig. Sal wat ek dink eerder vir myself hou. Groot word seuntjie, groot word.

Jr ·

Ek is n man en vrouens en Nelly ek vra verskoning van julle vir hierdie vuil bek mannetjie wat dink hy is iets. Nelly you are pretty and this moron verstaan nie dat n vrou se mooigeid kom van binne af nie net buite nie. Hy is nog nat agter die ore.

Asgat ·

Wel ek sal verseker NOOIT weer Panda Clothing koop of ondersteun nie – sies ek skaam my vir sulke mense.

charmaine ·

Woorde spreek is soos klippe gooi ..as dit van jou af weggaan, kan jy dit nie terugtrek nie ….skade klaar gedoen…Nelly London…you go girl…! Hoop al die vroue wat probeer sterkte toe…

Jr ·

Hy het dit gesoek. Men’s kan nie in n poel spring en dink daar gaan nie ” ripples wees nie. The world is full of evil because good people say and do nothong

ES ·

Hy is ook net jammer omdat dit negatiewe reaksie ontlok het. As niemand kommentaar gelewer het nie sou hy nogsteeds dieselfde mening gehad het.

Mense soos hy los ‘n bitter smaak in my mond. My vrou voel al vir jare sensitief oor haar gewig as gevolg van mans soos hy (sy is bitter mooi vir my soos sy is en daar is regtig niks four met haar gewig nie) en maak nie saak wat ek se of doen nie, sy is nooit tevrede nie.

Meneer, woorde is wind en jou jammer beteken niks. Ek sal nooit respek vir iemand soos jy kan he nie. Jy kry wat jou toekom.

“Sexy is an attitude, not a jean size.”

Niklaas ·

Hierdie seuntjie het moontlik self ‘n boepensie en X bene wat hom erg pla. Wat’ n venynige haatdraende ventjie is hy nie?

Elmarie ·

Klink of hyself aan een of ander “stoornis” ly! En die taalgebruik – dalk moet hy eerstens klasdraf in hoe om homself verbaal uit te druk im goeie, gewone Afrikaans. Daarna kan hy aan sy stoornis werk.

Lynette ·

Dit is ‘n eerste vir my! Die EIENAAR van ‘n maatskappy word deur sy EIE dissiplinêre prosedure aangekla…LOL. Sjoe, onder watter klip het hierdie man gewoon?? ‘Fat-shaming’ is lankal taboe…’women’s libbers’ sal gou-gou sorg dat daar niks van jou besigheid oorbly as jy een van hulle in die gesig vat nie. Sy eie-geregtigheid en grootheidswaan gaan hom BAIE seer byt.

Jan ·

So, in vandag se tyd raak almal “offended” get over it. Die klein twak se opinie oor jou maak nie saak nie, maar die vryheid van spraak MOET TEN ALLE KOSTE beskerm word…

ES ·

Jan – gaan lees bietjie die Konstitusie. Jou reg tot vryheid van spraak mag nie iemand anders se reg tot waardigheid skend nie.

Die oomblik wat iemand jou waardigheid in die openbaar skend, moet jy beledig voel. Want, as niemand iets daaroor se nie, dan word dit aanvaarbare gedrag.

Andries ·

Hy is nog jong seuntjie met so baie te se. Sy lyk pragtig en die woord se pasop wat jy ander toespreek dat dit nie oor jou kom nie. Dalk hy saam die sogenaamde sekoeie kan rond beweeg. Net bederfde brokkie as jy my vra

Kaal Keiser ·

Dink hyself kort ook ‘n spieel. Geen perfeksie daar nie ?

Ferryman ·

Die man weet glad nie van die probleme wat oorgewig mense verduur nie. Ek is bewus van oorgewig mense wat ‘n gesondheidsprobleem het wat hulle oorgewig maak. Dit is nie hulle skuld nie. Ook van mense wat belumie het as gevolg van depressie, wat deur mense soos hy veroorsaak word.
Ook het ek al dames met kurwes gesien wat baie pragtig is.

ES ·

Stem nie heeltemal saam met jou nie, Fritz. Want hoekom raak ons Afrikaners dan so passievol daaroor as daar teen ons gediskrimineer word deur die meerderheid?

Fiefie ·

En dan die grootste grap, oor ‘n jaar of twee trou hy met iemand wat oorgewig is, want hy het lief geraak vir so ‘n persoon.

Vanessa ·

Die dame het ‘n pragtige gesig. Ek het jou ordentlik bekyk en kan ongelukkig nie dieselfde van jou sê nie, sy kan nog iets aan haar gewig doen, maar wat van jou. So ek sou voorstel dat jy ophou om so vol van jouself te wees. Mens se gewig maak nie wie jy is nie, dis jou persoonlikheid, nog iets waaraan jy kan werk!!!!!!!!

Erika ·

Gaan die Knaap daarvan hou as iemand sulke goed kwyt raak oor Hom…So hy meet n Vrou aan haar Uiterlike…Nogal Oppervlakkig boonop

Cleopatra69 ·

Hy is net jammer omdat hy bekommerd is dat mense nou gaan ophou om sy klere te koop. Homself disiplineer haha seker met n Glas brannas

Sandra ·

Tooth, jy sal dink jy is ‘n mier en het in ‘n blik jam ingeval as ‘n vrou soos Nelly London net na jou kyk. Jy is nie eens ‘n tweede kyk werd nie.

Die Goodwoodianer ·

Donovan, hoekom vra jy om verskoning en raak ewe siekies-poeperig op sosiale media wanneer 99% van mense weet jy bedoel dit nie rêrig nie?

Ek haat dit wanneer mense nie kan volstaan nie.

Jy het jou disrespek vir vrouens en jou oppervlakkige aanmerkings baie duidelik gestel. Moenie nou jou deuntjie verander nie.

Tipies nes ñ skoolboelie. Dink omdat hy populêr is, is hy altyd reg. Sodra groepe mense hom uitwys, probeer hy nogsteeds glad met die bek wees om homself uit die situasie te red (wat hy vir homself geskep het).

Kom bietjie reg. Elkeen is jou naaste, maak nie saak hoe hulle vir jou lyk nie. Lees jou Bybel.

Johan ·

Nee hy is glad nie jammer nie. Net bekommerd oor wat die gevolge nou vir hom en sy maatskappy gaan wees.

Kakamiet ·

Dink voor jy praat en voor jy wereld wyd mense beledig! Jammer kom altyd te laat! Onthou jy het n toekoms wat gewag het en jyt daaraan begin bou lankal, net om alles binne n 4min lank video, af te breek! Gaan jy van voor af kan oor begin? Kom ons kyk wie vat dit langer. Daai 10kg af te gooi of jou lewe weer op bou.

Sniperwolf ·

Kry vir jou, pappie. ‘Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ’n strik vir sy lewe.’

saggiespraat ·

NOEM die klere kraanvoel of iets maer man…. Pandas is vet en like dit daar is baie liefde om te gee los ons vetties uit man….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.