Herrie ná metropolisie ‘brood steel’

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Daar het Maandag ʼn herrie losgebrand op sosiale media oor ʼn foto van Tshwane-metropolisiebeamptes wat glo brood gesteel het en dit in die kattebak van hul amptelike voertuig gelaai het.

ʼn Foto is op sosiale media versprei wat wys hoe twee beamptes die brood in die motor laai nadat ʼn vragmotor wat brood vervoer op die N1-snelweg by die Samrandweg-afrit in Pretoria omgeslaan het.

Die Tshwane-metropolisie het ná die voorval in ʼn verklaring gesê die opsigter van die bakkery het op die toneel aangekom en gesien dat sewe beamptes gehelp het om die toneel te beveilig en normale verkeersvloei te verseker.

Die metropolisie het ontken dat die beamptes die brood gesteel het en sê dit was ʼn “dankie-sê gebaar” wat die opsigter van die bakkery uit sy eie aan die beamptes gegee het. Die beamptes gaan egter geskrewe waarskuwings kry en aangeraai word om nie weer geskenke te aanvaar sonder om dit te verklaar nie, selfs al is dit net om dankie te sê vir goeie werk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

scalla ·

Ek het gesien hoe daar n bees doodgery is deur n taxi, van die insittendes is dood en ernstig beseer in die botsing, toe die verkeer en polisie opdaag het hul nie n saak met die ongeluk of beheer van die verkeer nie en net daar word die moue opgerol, bees geslag en in die vangwa gelaai en weg gery, barbaars….erger as diere

Elize ·

Hierdie berig is vir my vrek snaaks!!!!!!!!!!!!!! Brood steel hahaha dis soooo snaaks!

Theresa ·

Maar hulle mag mos sulke dinge doen – enige iets, net wat hulle wil. Dis net jy wat die aap is!!

Jacques ·

As n gewese brandweer offisier het ons gereeld na ongelukke gegaan waar daar kos of vloeistof produkte vervoer was. Ons het ons werk deeglik gedoen en dan het ek seker gemaak dat ten minste een brandweerman reg gestaan het met die “high pressure hose” om die on gewenste elemente weg te hou. Glo my jy wil nie daai straal water voel nie. Daar sou altyd iemand van die maatskappy se bestuur gewees het. As n dankie sê gebaar het ons gereeld van die goedere gekry, maar ons moes dit na ons 24 uur skof by hul perseel gaan haal en n dokument vir hul en ons gebruik teken om te sê dit is n geskenk. Nooit enige sulke probleme soos dié gehad nie….

Leeutjie ·

Jacques dit is nou iets wat ek graag sou wou sien! Ek het ‘n prentjie in my gedagtes gevorm en lag nou lekker!

Leonie ·

Ag asseblief dis nou wragtig kleinlik!!! En as die publiek goed van ‘n ongeluks-toneel vat is dis mos niks nie. Is dit nou regtig iets om oor te redeneer?? Metropolisie en SAPS is ook mense nes ek en jy. Hou op om op hulle die hele tyd te pik!!

Paul ·

Ummm, nee, as ‘n gewone lid van die publiek iets by ‘n ongelukstoneel vat, is dit ook diefstal.

Hoekom is die goedere skielik nie meer die eienaar s’n nie net omdat dit van ‘n voertuig afgeval het?

Elfie ·

Leonie – dis walglik, dis hoekommense kommentaar lewer. Kan mense hulle nie inhou nie? Maggies om nou brood te steel – mens wonder ook sommer of die hele ongeluk ordentlik geprossesseer is of het hulle net aan daai pasellas gedink wat hulle kan gryp? Sal ons ooit weet? En mens wonder ook oor die akmmige “gebaar” van dankbaarheid, as hulle die brood nei geskenk het sou hulle gou “porbleme” of “foute” by die vragmotor kry so dis geval van “skenk” die brood of ons sorg dat julle probleme kry.

Chris ·

As iets nie aan jou behoort nie en jy privaatiseer dit (want steel is ‘n lelike word) dan pleeg jy ‘n misdaad Leoni.

Chris ·

As jy iets vat wat nie aan jou behoort nie dan STEEL jy en dis ‘n misdaad.

Peet Schabort ·

Interessant voorgaande menings. In uniform moet mens maar versigtig wees.

Chris ·

As jy iets gaps wat nie aan jou behoort nie dan oortree jy die Wet.

Grotman ·

Eish!! Ek is nou seker nie die skerpste mes in die laai nie maar ek verstaan wragtig nie die brood ding nie… Trok val om, brood le orals, brood kan nie meer verkoop word nie…….? Wat is die bohaai??? Dit sou in elke geval weg gegooi moes word en asuransie sal uit betaal!… Ja steel is steel ek weet maar kom nou! Daar is erger dinge in die sogenaamde wonderlike RSA wat meer nuus waardig en krimineel is as die brood ding… As iemand honger is gee hom of haar nie n klip nie… Dis jammer ek was nie daar nie want dan kon ek ten minste toast saam my ontbyt gehaad het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.