Herrie ná skole gevra word vir lyste van gay leerders

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Oos-Kaapse departement van onderwys loop deur onder hewige kritiek nadat dit aan die lig gekom het dat ʼn afdeling binne die departement ʼn databasis met die name van alle lesbiese, gay, biseksuele, transgender en interseksuele (LGBTI) leerders in dié provinsie wil opstel.

Edmund van Vuuren, die DA se skaduminister van onderwys, sê die departement het vir skole in die provinsie ʼn e-pos gestuur en gevra dat ʼn lys aan hulle voorsien word met alle LGBTI-leerders se name op. Die databasis sal glo gebruik word vir ʼn werksessie om bewusmaking te skep vir LGBTI-regte.

Die werksessie sal na verwagting einde vandeesmaand plaasvind. Luidens die e-pos sal 10 leerders gekies word om die werkswinkel by te woon terwyl die res by die databasis bygevoeg gaan word.

Die DA is woedend oor dié databasis en sê dit is “onverantwoordelik, ongrondwetlik en onreëlmatig”.

“Die skep van so ʼn databasis oortree die privaatheid van dié leerders se leefstyl en kan in die verkeerde hande maklik tot fisieke leed lei,” het Van Vuuren gesê.

Hy meen in ʼn klimaat waar “korrektiewe verkragting” en aanranding gegrond op seksuele oriëntasie algemeen is, durf lede van dié gemeenskap glad nie aan verdere risiko en diskriminasie blootgestel word nie.

Die DA het verder gesê die party het geen probleem met die werksessie vir bewusmakingsdoeleindes nie, maar dat dit gepas sou wees om verteenwoordigers van leerderrade van skole binne die distrik te nooi.

Van Vuuren het aan die direkteur vir spesiale programme geskryf en gevra dat die versoek vir die lys onmiddellik stopgesit word en distrikskantore opdrag kry om nie voort te gaan met die skep van dié “onwettige en diskriminerende” lys nie.

Die departement van onderwys was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Aspatat ·

Liewe land…. en in elk geval is hoërskool leerlinge se seksuele orientasie nog besig om gevestig te word .. sjoe … hoevele leerlinge wat nog op skool verward is oor hul seksuele orientering en dit is dood normaal… maar wraggies hierdie vat die koek.. plaas hul liewers hul tyd mors op die swak gehalte van onderwys.. ek bedoel hier in ons liewe dorpie was nou al 2 onderwysers die jaar wat vir die kinders moes Wiskunde as vak aanbied waar gevind is na ‘n paar weke dat die onderwysers selfs nie eers ‘n eenvoudige deel som kon doen nie???

elisa ·

Watse waansin is dit?!! Hoekom krap mense waar dit nie jeuk nie?

Hoe nou....... ·

Seriously wat het dit met prys van eiers te doen?! Dis n persoonlike ding mos! Kan sowel vra wies almal Christene en wie is Muslim etc. Nee man.

Gay ·

Dié is verregaande. Ek is self gay, het al in Gr. 1 geweet. Dit was ‘n stryd op skool gewees. Boelies is hartelose monsters. Ek het op die ouderdom van 21 eers uitgekom. Om só ‘n lys saam te stel, stel lewens ingevaar. Daar is deesdae ‘n toename in haat anvalle teenoor gays. Hierdie lys gaan dit net nog erger maak.

Sandy ·

Gay – ja jy is absoluut reg. Dan gaan hulle nogals 10 leerlinge, ek neem aan wat gay is, nooi om dit by te woon. Hoe stupid kan mens dan nou wees. Dis al klaar ‘n stryd om te survive in die skool vandag al is jy nie gay nie, wat nog te se as die ander kinders dit moet uitvind. Dit sal in ‘n nagmerrie ontwaak vir die kind.

Drakoniese arrogansie ·

Hoekom nie ‘n databasis opbou van almal wat oorgewig en diabete is nie? Of van almal wat alkoholiste, pil en dwelmverslaafdes is nie? Hierdie is duidelik ongevoelige mense wat besluite neem omdat hulle dink hulle is goed, verhewe en superieur. Hoekom moet mense wat anders as die normatiewe is altyd geteiken en verkleineer word deur mense wat nie die vaagste benul of begrip van ‘n onderwerp het nie.

blue butterfly ·

Dit is ‘n groteske skending van leerders se privaatheid en het absoluut NIKS met die onderwysdepartement te doen nie. Plaas dat hulle hulle energie vermors om die onderwysstelsel op standaard te bring.

BB ·

Hoekom mors die regering tyd (geld) met so iets.
Fokus op leerlinge te ondersteun met hulle vakke sodat hulle volwasse kan wees vir groot lewe. Ai die land is in chaos…

Einstein ·

Werk aan die inhoud van die handboeke in hulle boeksakke en los hulle broeksake uit.

Lizelda Jv Rensburg ·

Beter kan niemand dit stel nie. Val Oos Kaap nie onder die provinsie wat jaar in en jaar uit onder die vrotste matriek uitslae vaar nie?

Lizelda ·

Maak die Oos Kaap nie deel uit van die provinsie wat elke jaar die vrotste vaar md matriekuitslae nie? Pleks die Departement die tyd bestee om ekstra ure in te sit sodat hulle slaag syfer beter lyk, nou mors hulle hulle tyd met so n sensitiewe saak wat geen bydrae kan lewer van enige aard nie…

christa ·

dis hoekom leerders nie op hulle skoolwerk konsentreer nie. Hulle is altyd besig met dinge van grootmense. Help hulle nie toi-toi nie, is hulle besig om kwaad te doen, alles behalwe skoolwerk

Einstein is baie slim ·

Baie skerp gestel Einstein!!

Hoekom het die sogenaamde Goeie en Normale mense alewig ‘n belangstelling in ander se “broeksake” soos Einstein dit stel??? Nee my magtie moenie ander wat sogenaamd anders is nog verder aan onmenslike teistering en vernedering blootstel nie.

Leer eerder kinders om hulself en ander te respekteer, hoe om hulself teen moontlike molestasie en aanranding te beskerm (ongeag van hul seksule oriëntasie wat niks met niemand te doen het nie) , hoe om verantwoordelik en aanspreeklik op te tree en o ja hoe om te lees, skryf, somme te maak en te spel! En om nie mekaar te MO(k)ER nie en dit dan te verfilm nie!

Bul ·

Van die onderwysers sal dit uitbuit reeds word slaag punte geruil vir sekere gunsies. Skooldogters word swanger en kry STD’s van onderwysers veral in sekere gemeenskappe. Plaas van fokus om kwaliteit onderrig te gee waarmee wil die department hul nou besig hou ? SA se onderwys reeds van die vrotste in die wereld.

alida ·

Seker hoofnar Lesufi se idee. Dit is persoonlik en bly weg daarvan.

Aitoggie ·

Regtig?? Ipv hul aandag by die eindeksamen bepaal en ander skooldinge.

jaco ·

regstellende aksie en plaasmoorde is veel groter miskennings van menseregte. hierdie lys name beteken nie die leerders word van werkgeleenthede ontneem of vermoor nie

Wilma ·

Klink da baie psigopate in Dept Onderwys werksaam. Hul moet hul bepaal om skole veilig te hou van kriminele aktiweite en toesien dat onderwysers hul werk doen dat leerders geleerdheid kan kry. Leerders seksuele orientasie nix met niemand te doen nie

Juffrou ·

Julle sal verbaas wees as julle weet watter lyste ons alles vir Dept van Onderwys moet invul. Bv. (laerskool) kwartaaliks invul hoeveel tienerswangerskappe per graad by skool is. Ook bv. hoev kinders gebrekkige aandag toon. Elke Pietie wat tydens klastyd by venster uitkyk is mos op Ritaln/Concerta/Stratera. Ens ens ens. Kan julle verstaan hoekom onnies kla oor te veel admin?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.