Herrie oor besoedeling by Vaal kring uit

Foto: Adele Andrews/@SAVEthevaal/Facebook.

Openbare woede oor die ongebreidelde besoedeling van die Vaalrivier en omgewing kring al wyer uit, terwyl verskeie staatsdepartemente én drukgroepe sê hulle doen alles moontlik om die agteruitgang stop te sit.

Die organisasie Save the Vaal Environment (SAVE) sê veral die ineenstorting van die plaaslike Emfuleni-munisipaliteit se rioolaanleg is verantwoordelik vir die grootskaalse besoedeling. Die Gautengse regering het Emfuleni vroeër onder gedeeltelike administrasie geplaas, nadat bykans alle dienste, selfs die mees basiese, in duie gestort het.

SAVE is ʼn drukgroep wat hom beywer vir die beskerming van die Vaalrivier en die omgewing tussen die Vaaldam en Parys in die Vrystaat. Adjunkvoorsitter Maureen Stewart sê SAVE het pas met die Gautengse premier se spesiale raadgewer en ander hooggeplaaste amptenare vergader om ʼn oplossing vir die krisis te help vind. Stewart sê hoewel hulle nie oornag ʼn verbetering verwag nie, word die situasie ten minste nou op die hoogste vlak bestuur.

SAVE het in Februarie vanjaar ʼn bevel in die hooggeregshof bekom wat Emfuleni verbied om rou rioolafval in die rivier te laat instroom. Dit het egter nie die probleem gestuit nie en SAVE het begin met regstappe om die nasionale regering in die hof verantwoordelik te hou. Die groep sê ná die huidige gesprekke met amptenare word dié aansoek tydelik agterweë gehou, hoewel dit nié noodwendig laat vaar gaan word nie.

Die Vaaldam is die hoofbron vir water na die Witwatersrand. Die Vaalrivier verskaf water vir besproeiing en is ʼn gewilde watersportbestemming. Arm gemeenskappe maak staat op visbronne in die rivier vir oorlewing en talle mense skep water uit die rivier vir huishoudelike gebruik.

Deesdae is besoedeling hier egter só erg dat selfs rotte dit nie oorleef nie. Visse vrek in hulle duisende, terwyl kinders langs onverwerkte strome rioolvullis in die strate speel.

‘n Skermskoot uit ‘n video op die ‘SAVE the Vaal Environment’ se Facebook-blad wat die besoedeling in die Vaalrivier wys. Foto: @SAVEthevaal/Facebook.

Hartroerende pleidooi

Langs die oewer sien inwoners ook elke dag hoe die rivier stadigaan sterf.

Johan de Klerk en sy vrou, Wida, besit ʼn gastehuis op die oewer van die Vaalrivier en beleef die besoedeling persoonlik. Nie net word hulle inkomste en belegging deur die besoedeling bedreig nie, Johan is ook ʼn kranige hengelaar met ʼn groot liefde vir die natuur. Hy vervaardig produkte vir die visvangbedryf.

De Klerk sê hy het lank magteloos toegekyk hoe die visse al hoe minder word of vrek, hoe die voëls begin krepeer en die plantegroei op die oewer verdwyn. Maar nie meer nie.

“Die hele Suid-Afrika moet bekommerd wees. Onthou, ons is ʼn land arm aan water. As ʼn sisteem soos die Vaalrivier vernietig word … mense sal mekaar doodmaak om water te kry. Dis ʼn rampspoedige ding wat hier afspeel.”

De Klerk sê mense weet dikwels van probleme, maar wag dat iemand anders dit oplos. Hy sê hy kon egter nie langer stilbly en toekyk hoe die situasie vererger nie.

De Klerk se aanlyn pleidooi (kyk die video onder aan hierdie artikel) oor sy geliefde rivier wat besig is om te vergaan, is reeds duisende kere gekyk en wyd op sosiale media gedeel. Die grootskaalse belangstelling het nou gelei tot die stigting van die organisasie Vaal Action Group (waarvan die webwerf binne dae aktief sal wees).

“Mense moet betrokke raak omdat dit ʼn gewetensaak is, hulle moet dit doen vir die liefde daarvan,” sê De Klerk oor die groep.

De Klerk sê die groep se eerste prioriteit is om die grootskaalse storting in die omgewing stop te sit. “Die grootste krisis is by Emfuleni. Ons wil daar begin.”

Hy glo dis egter nie net die plaaslike owerheid wat aandadig aan die gemors is nie: nywerhede stort ook vullis, soos diere-afval en bloed, in die stelsel, terwyl kunsmis waarskynlik óók op groot skaal in die water beland.

De Klerk sê die volgende stap is om vrywilligers by die reddingspoging betrokke te kry. Hy het ʼn beroep op mense – veral kenners soos omgewingspesialiste en regskenners – gedoen om hulle dienste aan te bied om die agteruitgang van die rivier te help keer.

Hy sê wanneer die storting eers gestuit is, moet daar begin word om die rivier skoon te maak. Dán moet dit in ʼn skoon toestand gehou word – waarskynlik die heel grootste uitdaging op De Klerk se wenslys.

De Klerk sê hofbevele speel ʼn belangrike rol, maar dit help nie veel as die bevel nie afgedwing word nie. Hy wil dus verseker daar word meer as net gepraat.

Hy glo vas die Vaalrivier en omgewing kán nog gered word. “Die natuur het ʼn manier om homself te herstel, maar dit kan jare duur. Ons kan dit moontlik vinniger help herstel, ás die wil daar is.”

Foto: Adele Andrews/@SAVEthevaal/Facebook.

Waar is die owerhede?

Die Emfuleni-munisipaliteit sê intussen hy doen wat hy kan in moeilike omstandighede – en met beperkte hulpbronne.

Makhosonke Sangweni, woordvoerder van die munisipaliteit, sê terwyl selfs van die heel armste inwoners luukshede soos DStv by hulle huise het, versuim hulle om vir basiese dienste op te dok.

“Hulle maak seker hulle betaal elke dag vir daai dienste, maar hulle wil nie vir water en krag betaal nie – wat onregverdig is. Dis iets waaroor ons in Suid-Afrika moet eerlik wees en waaroor ons moet praat. Ja, daar is armoede, werkloosheid en uitdagings. Maar jy kan nie die regering blameer vir alle mislukkings as jy nie self ʼn verantwoordelike en aktiewe burger is nie.”

Sangweni sê uit nagenoeg een miljoen inwoners betaal net sowat 18% hul munisipale rekeninge. Die meeste van dié betalers woon in tradisioneel wit woonbuurte.

Sangweni sê daar kan van regering verander word, maar as inwoners nie vir dienste betaal nie, kan dit nie gelewer word nie.

Rand Water én Eskom – vir wie Emfuleni saam meer as R400 miljoen skuld – dreig intussen om water- en kragvoorsiening op te skort weens die munisipaliteit se agterstallige skuld. Sangweni sê dis onwaar dat die munisipaliteit nié die skuld delg nie. Hy sê dit word gedeeltelik volgens ʼn afbetalingsooreenkoms gedoen.

Die Gautengse provinsiale regering, wat nou sake by Emfuleni moet help regruk, sê hy help die plaaslike owerheid om sy hulpbronne ten beste te benut. Keith Khoza, woordvoerder van die Gautengse departement van samewerkende regering, tradisionele sake en behuising, sê Gautengse premier David Makhura werk saam met die Emfuleni-burgemeester om die situasie om te keer.

“Daar is groot druk omdat ons nie kan toelaat dat ons riviere besoedel word nie. Ons moet die besoedeling omkeer, ons moet verseker water is skoon. Versuim om dit te doen, gaan net lei tot die uitbreking van siektes en ʼn reeds kwesbare gesondheidsorgstelsel net verder onder druk plaas,” sê Khoza.

Dikgang Uhuru Moiloa, Gautengse LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en behuising, het ook reeds met Gugile Nkwinti, minister van water en sanitasie, vergader om ʼn oplossing vir onder meer die rioolafvalkrisis te help vind.

Dié departement sê ook hy is diep bekommerd oor die situasie. Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, sê hulle wag op die uitslae van toetse wat op watermonsters in die omgewing gedoen is, sodat die oorsprong van die besoedeling geïdentifiseer kan word. Die uitslae word binne die volgende paar dae verwag en sal die departement se onmiddellike optrede bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Leeutjie ·

Dankie tog dat ons ‘n bietjie erkenning kry vir die betaling van ons water…. Hier is dit duidelike gese dat daar geld is vir DSTV maar nie vir water en ligte nie! Ons self het ons DSTV gekanselleer om ons basiese behoeftes te betaal en ons betaal ten duurste. Net ons water en ligte se rekening is al oor R4000 per maand en ons werk onsettend spaarsaam! Ons gaan onder terwyl ander mense floreer om nie hulle verpligtinge na te kom nie en te verwag dat alles gratis is. I rest my case!!!

Susanna ·

Leeutjie – Ek stem saam – Ons rekening vir elektrisiteit is ook tussen 4-5 duisend per maand. Ek gebruik nie eers my stoof nie, en sit die geyser net in die aand aan vir ‘n uur of twee. Dankie tog vir die boorgat, Ek kan nie glo ons rekening is so hoog nie. Ons is nie deur die dag by die huis nie…. ons betaal seker vir elke rot wat alles verniet wil hê ook.

marous ·

Volgende jaar is die Internasionale Wereld Hengel kampioenskappe geskeduleer vir alle fasette , en dit sluit in kunsaas ,oewer , vlieg hengel , ligtegerei boot om in die Vaal rivier plaas te vind! Hierdie mense foeter alles op en dra geen gevolge nie. Stuur hierdie berig en fotos wereldwyd dat hulle kan sien hoe die roekelose, gevoellose onbevoegde , korrupte leunaars hierdie land vernietig ! Hulle gee nie ‘n duiwel om vir enige iets of iemand behalwe hulself nie . Hulle was gewaarsku hieroor maar het dit afgelag en bloot voortgegaan met hul vernietiging. Cholera GAAN uitbreek en hulle gaan die blaam net skuif. Hulle vrot verskonings vir die vernietiging van mense lewens ten koste van hul vraatsugtigheid is om van naar te word. Vat die water en gaan gooi dit in die parlement se waterbekers , of beter nog laai die hele spul op en maak hulle oopmond swem in hul gemors wat hulle veroorsaak het!

Paul ·

En dan beskuldig hulle ‘n mens van rasisme as hulle daarop gewys word. Nou wonder ek hoe gaan dit in die Olifanstrivier?

Eish ·

Die verrotting van kankerbestuur.
Ek wonder hoe gaan die land lyk so n paar jaar na onteiening?

Casper Labuschagne ·

Dit is lankal ‘n probleem wat geensins aangespreek word nie. Hierdie tyd van die jaar is die water koud met minder biologiese aktiwiteit en gevolglik minder suurstof in die water. Maar die besoedeling laat meer alge toe wat meer suurstof uit die water onttrek. Maar die groot ramp is nie soseer die vaalrivier self nie, maar die riviere wat in die Vaalrivier inloop. Die Kliprivier in die suide van Gauteng is effektief ‘n rommelsloot van industriële besoedeling. Op die webblad van Google Maps kan gesien word hoe die donkerkleurige Valsrivier by Kroonstad lemmetjiegroen word sodra dit by die Moqhaka waterwerke verbyvloei omdat die rou “qhaka” deel van Mo-“qhaka” eenvoudig in die rivier gestort word. Kies maar enige ander rivier wat in die Vaal inloop en jy sal dieselfde storie aantref.

Stroomaf van Kroonstad is melkboere langs die Valsrivier wat nie hul weiding met water vanuit die rivier durf besproei nie, omdat die e-coli telling in die koeimelk dan gevaarlik hoog word. Minder as ‘n honderd kilometer verder loop die Valsrivier in die Vaalrivier in.

Linie ·

Daar is 9 pompstasies wat riool moet verwerk. Geen een werk nie. Daar is slote gegrawe om die riool rivier toe te laat loop. Dit word gesien op fotos en videos wat op Vaalweekblad op fb geplaas is. Hoeveel gaan dit kos vir herstel. Hierdie probleem kom al oor baie lang tyd, daar word gepraat maar niks gedoen nie.

Tina ·

‘n Vis vrot van sy kop af. Sies Cyril Ramaphosa en jou minister van Waterwese Me Nomvula Mokonyane. Julle behoort julle koppe in SKAAMTE te laat sak!

Nienie ·

Ek is bevrees dat d hele SA so besoedel en vuil is. Westerse standaarde is n wanbegrip in Afrika. Die Afrikane dink dat dit nie nodig is om skoon te leef nie. Ons sal almal moet terugkeer na puttoilette en Franse dreine, ver weg v riviere en strome.

Thinus Erasmus ·

Dit is jammer om dit so te stel, maar hoe vinniger SA by die totale ZIMverval kom, hoe gouer is daar hoop om weer op te bou.
Dit moet so sleg gaan in SA dat nie net al die “illegals” en die wettige trekwerkers nie, maar ook miljoene arm SA’ners moet oor die grense vlug terug Noord Afrika toe. Die staat moet so verarm dat hul salarisse vir een brood per maand kan betaal – dan sal sommige kiesers se koppies dalk swaai en sommige groot monde net roep vir hulp!

Lizzy ·

Sny die krag en water toevoer af van die wat nie betaal nie, dan sal Emfuleni nie verloor nie. As jy nie betssl nie kan jy dit nie kry nie. Punt. Hoekom moet ons wat wel vir alles betaal suffer. Geen dienslewering in Vanderbijlpark nie. Geen vullis verwydering vir langer as ñ maand by my nie. Maar elke maand moet ek daarvoor betaal. Betaal my volle rekening pligs getrou en dan sit ons vir dae sonder krag of water agv geen instandhouding nie. Waarvoor moet ons betaal? Ek sê hou die geld weg van Emfuleni…. Hulle sal wel besef wie is dit wat hulle betaal

Leeutjie ·

Lizzy as jy dit terughou dan brand hulle weer alles af want daar is nie genoeg krag van ons regerende party om dit stop te sit nie. Geen murg in hulle pype nie!!!

Pretorianer ·

Dit klink vir my of dit maar erg is in die Vaaldriehoek ou Lizzy. Julle is seker al gatvol…

Snowball ·

Vrot – vrotter – SA. Korrup – meer korrup –
SA. Siek – sieker – SA. Skuldig – skuldiger – ANC.

Andries Visagie ·

Wat lagwekkend is, is die regering se kommentaar (Carte Blanche) toe hul gevra is waarom die prov. regering nou eers in Emfuleni Munisipaliteit ingryp. Hulle wou darem eers seker wees dis nodig om in te gryp. ‘n Mens sou dink dat 24 jaar darem amper genoeg tyd is, of hoe? Die probleem is dat ons verwag die regerende party het enige skaamte. Hulle het nie.

Johann M van Heerden ·

So word alles vernietig en opgemors. Dit terwyl die liberale Afrikaanse media en politici die lof van die ‘nuwe SA’ besing en Verwoerd se kleinseun halwe bladsye in Die Burger kry om derms oor die ‘ou SA’ uit te ryg. Wat is beter tans en hoe vergelyk dit met wat was. Almal was veiliger en dienste was beter. Dinge het gewerk. Wat se dit vir mens en waarheen moet ons nou? Landuit? Met ons Rand = 10 Australiese sente?

Leeutjie ·

Johann ons ouer garde het wonderlike belewenisse gehad. In ons tyd het wit en swart skouer aan skouer gewerk om die land te bring in die apartheidsjare tot die pragtige land wat ons gehad het. Hierdie jonges weet nie van beter nie dis hoekom dit so gaan… Die slegte sneeubal effek word net groter tot niks meer oor is nie!

Nikita ·

Dit spyt my om te se maar: “Reverse gear apartheid, dis al!!”

Gestremde ·

Kyk wie is die terugvoer gee in die artikel en sien ook sommer dan waar is die probleem. Kry vir julle met jul EE & AA planne. Dit terwyl daar gekwalifiseerde persone is wat die werk kan doen en moet kripeer van ellende en werk soek.

Ben Niemand ·

Kan mens hierdie mense blameer wat nie vir hulle dienste betaal nie? Hulle is dan vertel as hulle vir die huidige regering stem sal hulle water en krag verniet kry…

Nikita ·

Dankie MM vir hierdie berig, kom ons stuur dit aan, dat hele land kan sien. Hierdie gemors gaan nie net soos mis voor die son verdwyn nie, hier moet spoedig opgetree word. Ons pragtige natuur is so onskuldig, en lei hierdeur saam met ons mense….terwyl die regering vere voel!! Dis omdat daar mense in poste sit wat onbevoeg is. Een blinde kan nie n ander blinde lei nie. Hulle aanbid die goue kalf….geld is hulle hoogste prioriteit en dit terwyl niks aan hierdie gemors gedoen word nie. O wee!! Pres. Donald Trump se woorde is lankel besig om waar te word……..”SA is a sithole”

thinus erasmus ·

Nee Nikita, die hele land kan maar sien, al lyk die hele land se water so en al moet almal daarvan drink, nie een stem sal van die huidige regering se kiesers verander nie. Dit bly alles Jan v Rbk en aparthrid se skuld.

Tammy ·

Die eerste hofbevel was al in Februarie. Se my wat het verbeter van nou tot vandag? Stel bloot n altimatum aan die betrokke munisipaliteite en beboet hulle. Hierdie is n verdomde skande man!! Hulle kan allerhande funksies reel maar nie hulle werk doen nie.

Erika ·

Die besoedeling van die Pienaarsrivier by d invloeie van die Roodeplaatdam (Tshwane) is ook iets om te sien.
Hele Tshwane se rommel spoel op ons eiendom uit en ons maak dit al jare lank op oms koste en tyd skoon, maar samewerking en begrip van owerhede is nie daar nie. Probleme word gelos tot dit onmoontlik is om op te los. Plastiek is uiters giftig vir waterlewe en mense.
Al die waterlewe van vroëer het al uitgesterf……
Swaar strawwe en gemeenskapsdiens vir rommelstorters asook opvoeding.
Wat bly oor vir ons nageslag?

Paul ·

Die mense kan nie eens ons natuurlike hulpbronne oppas nie, kyk hoe lyk ons vleilande, die toestand van ander riviere, die omgewing, maar nou gaan hulle grond onteien. Hier kom ‘n groot treurmare vir die land, met groot verval. Die toestand van huishouelike en water in die algemeen in Gauteng en omgewing, waar partikels plasiek in die water gevind is. Kyk hoe het die Krugerwildtuin agteruitgegaan met hul manie om konferensiegeriewe en hotelle daar te vestig. Wat nog nie opgedinges is nie, gaan nou geteiken word. En die kruks van die storie is dat die verder ekonomies agteruit sal gaan.

jan ·

Ja so sal alles vernietig word,en so sal ons ook met die grond storie ,vrek van Elende en Hongersnood ,KYK na wat gebeur in Afrika .Mense word Wakker en begin erenstig Saam staan

Pine Pienaar ·

Dit het tyd geword dat persone wat hulle skuldig maak aan nalatigheid weens die storting van die rou riool, aangekla en met tronkstraf gevonnis moet word. As dit gebeur sal niemand weer so nalatig wees nie. Daar moet n voorbeeld van hulle gemaak word !!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.