Herrie oor beweerde ‘ontlasting’ in Wimpy-kos

Mildri Ferreira se inskrywing op Facebook oor die voorval in Wimpy.

Die restaurantgroep Wimpy sê hy het ʼn volledige ondersoek begin ná bewerings in die sosiale media dat ʼn klant ontlasting in sy kos van dié restaurantgroep gekry het.

“Ek is absoluut gewalg,” het Mildri Ferreira die naweek op Facebook geskryf. “My man (Jakes) het vandag na die Wimpy (in i’Langa Mall in Mbombela) gegaan. Daar was iets in sy kos wat letterlik na ontlasting geruik het.

“Toe hy die kelnerin en die kombuispersoneel konfronteer, het hulle gelag en gesê: ‘Ons het ʼn wit man gevang,’ onbewus daarvan dat hy kon verstaan wat hulle sê.”

Ferreira beweer die bestuurderes het haar man ook uitgelag toe hy met haar oor die vreemde reuk in sy kos wou praat. “Ek kan my net voorstel wat daarin was,” het sy geskryf.

“Ons het die eienaar se nommer gevra, maar die bestuurder én die sentrumbestuur het geweier (om dit aan ons te gee).”

Haar inskrywing is reeds duisende kere op Facebook gedeel.

Op Wimpy se Facebook-blad skryf die restaurantgroep in reaksie op gebruikers se kommer oor die aantygings: “Ons het baie streng higiëniese praktyke om sulke voorvalle te voorkom. Ons kan bevestig dat ons bewus is van die saak en dit tans ondersoek word.”

Ferreira het Maroela Media by navraag na haar man verwys. Hy sê hy volstaan by sy vrou se inskrywing op Facebook en verkies om nie verder kommentaar te lewer nie. Hy het wel bevestig dat Wimpy hom genader het om verskoning te vra. “Hulle het gesê hulle is nog besig met hul ondersoek.”

Facebook-gebruikers het ontstoke op Ferreira se inskrywing gereageer. “Dis nie die eerste klagte teen daai Wimpy nie,” skryf Vida Nell. “Nou die dag het Wimpy SA my persoonlik hand en mond belowe daar sal aandag gegee word aan die bestuur daar. Duidelik meer bek as binnegoed.”

Henning Swanepoel skryf: “Maak toe daardie Wimpy of wees tevrede. Lankal tyd om baie sterk standpunt in te neem.”

Hettie Jacobs wil weet hoekom mense nog enigsins wegneemkos koop. “Al die plekke is dieselfde. Julle stel julle bloot aan gevaar. Maak julle eie wegneemetes. Dis tog maklik en dan weet julle wat daarin is en hoe skoon dit is. Hoekom ʼn plaas se prys betaal vir gemors?”

ʼn Woordvoerder van Wimpy het onderneem om so gou moontlik die bevindings van hul ondersoek aan Maroela Media bekend te maak.

*Klik hier om Wimpy se reaksie op die bewerings en uitslag van hul ondersoek te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

DewaldS ·

As jy onraad vermoed is dit altyd belangrik om van die kos te hou en te verseël vir getuienis.

Willie ·

Ek besit n King pie en Hettie kan nie bewerings maak wat sy nie kan staaf nie. Ons pies is van hoogstaande gehalte. Sy moet dit dalk op die proef kom stel.

Rebecca ·

Ek dink nie dit is gemerk op die kos nie maar meer op die onaangemame bestandele wat snaakse werkers byvoeg. Mens kan n uitstekende smaaklike burger he maar 1 persoon kan daai wonderlike burger omkrap deur hare, ontlasting, glas selfs spoeg enige iets daarin te sit.

Chris ·

Willie daar sal altyd mense wees wat hulle monde groot oopmaak as dit kom by kitskos. Ek geniet nogal n pie en n 500 ml melk. Altyd lekker

Bella ·

Nie almal hou van pie nie. Behalwe ek. N lekker warm pie an Coke is my dood. Veral julle burger pie. Nom nom.

Quentin ·

Jammer, King Pie is dieselle. My pa het eenkeer n pie gekoop by welkom king pie oppad huistoe toe hy nog so lekker hap toe was daar n lang haar in daai pie. Hy die pie net so by die motor venster uitgegooi. Dit was n hele paar jaar terug gewees.

Judge Dredd ·

Deesdae het die Pies mos net n bietjie sous in en amper geen ander bestandele/vleis nie – waar is die dae van regte Pies !

Jaco ·

Nou wie het iets hier gese oor King Pie? Hoe pas jy Wimpy by King Pie of voel jy skuldig? Daar was wel n geval waar n ou in Boksburg probeer selfmoord pleeg het deur 100 rennies te drink. Medics het met hom King Pie toe gejaag en hom deurgedruk :-)

KoosFinch ·

Dis so walglik dat mense tot hierdie vlak kan daal.
Ja ,hier kom weer n Spur wegbly aksie, hulle het dit mos teen ons,
Geen Spur,geen Outsurance,geen radio Jakaranda.
Ons moet saamstaan en dat hulle ook voel.

Trots Afrikaans ·

My Afrikaanse Boikot lys:
Spur
DSTV
Castle
MiWay
SASOL
Ek wonder of Wimpy ‘n plek op die lys gaan los slaan?

Ebeth Delport ·

Voorverlede jaar Januarie, Wimpy in Aliwal besoek, Koffie die dag snaaks geproe en kos ook, 5 dae later was ek in hospitaal met Shigella flexnerii, n kiem wat n mens kry, deur die inname van menslike faeces?

Pieter ·

Ebeth Delport,
Dit is seker een van die aakligste siektes om te kry. Een derde van mense wat dit kry sterf daarvan. Self die gemors gekry en verskeie maande gevat om te herstel. Onseker oor die bron van vergiftiging.

Zack ·

Ek stem 100% saam. Geen van my geld sal by hulle samdeer word.

Anoniem ·

Mense ek het dit voorheen al gese. Bly weg van alle restaurant. Hulle se hulle is skoon maar belowe jou hulle is nie. Ek het persoonlik ervaar waar die kelner oor my kos genies het dat die snot waai en nog verwag dat ek dit moet eet. Die bestuur staan nie agter elke person wat daar werk om te sien wat hy/sy doen nie. Hou hulle dop hulle vee met hul vingers hul neus af of krap in hul neus dan vat hul aan die kos wie se hul was hul hande. Ek het so paar maande terug n sondag ete gaan koop by n gewilde roadhouse in Kempton en raai wat onder my aartappel slaai le die swart hare. Bly weg of eet gemors die keuse is joune maar as jy hap dink bietjie is dit skoon of vuil.

Kelner-higiene ·

Ek het persoonlik by Welkom se Mugg & Bean gesien hoe kelners vingers aflek nadat hule die koek ingeskep het, hoe daar argeloos in neuse gekrap word (voor die publiek), eetgerei aan punte opgetel word en koppies met vingers aan binnekant opgetel word.

Marietjie ·

Ek het een keer in Ocean Basket gesit en kyk hoe die vrou die broodjies uit die sak haal en kaal hande in die broodblik sit. Skaars 5min later haal sy so ewe broodjies uit met ‘n tang om dit in die microgolf te sit. Ek het lekker gelag want wat was die doel van die tang as sy dit al lankal klaar met haar hande hanteer het. Klug.

Mike ·

Eerste gedagte is: boikot Wimpy….maar onthou daar is BAIE onskuldige mense ( ja ook mense soos ek en jy) wat hul werk gaan verloor of finansiële verliese gaan ly.

Anne ·

Werk dan ordentlik met kos wat ander mense moet eet of dra die gevolge! Sies !

hoeveel keer nog ·

Hoeveel keer moet ons nou nog van die stories hoor?? Ek verstaan 100% wat jy se van onskuldige mense maar dit lyk vir my asof dit neerkom op n rasse ding. Heel duidelik het die mnr. gehoor hoe hulle se daar vang ons nog n wit man. so wat ek se is ondersteun maar jou vertrou bronne en plekke waar jy die eienaars of bestuur ken.

corne ·

Ek hoor jou maar dan moet wimpy nie so vinnig se da nie gepeuter nie.Onder soek eers die voorval behoorlik ondhou die Spur voorval???

Geen logika ·

So sodat ONSKULDIGE Mense nie hulle werk moet verloor nie is jy ok daarmee dat ONSKULDIGE Mense hulle lewens verloor agv die bakterie wat hulle optel deur die kos in te neem? Kan dit nie glo nie. Dan moet die bestuur kameras opsit en beter toesig hou sodat hierdie goed nie gebeur nie . ek voel VERE vir die werkers as hulle die KLIENTE wat hulle betaal siek maak …

Ivan. ·

Ek stem. Ek self het al n burger gekry met n kokkerot daarin. Gelukkig het ek dit gesien voordat ek begin eet het.. Baie mense dink die plekke is skoon. Gaan werk by party plekke en voel hoe gly jy in die vet.

Sê net ·

Koop al lankal nie meer wegneem etes nie. Te duur en ek maak eeder my eie kos. Ek weet wat daarin is.

OMW ·

Nee wat GEEN wimpy vir my nie .. ek verkies Mug and bean dankie

Andre Nell ·

Dit is dieselfde groep…cut your nose and spite your face! Jy betaal net duurder!

Kobie Jooste ·

Wees dankbaar jy het nie “K”-woord gesê nie … dan was jy toegesluit!

Christo Grobler ·

Waarom n plek ondersteun wat geen of amper nooit wittes indiens neem nie.
Kom aan mense. Skrik wakker. Ek koop lankal ni meer by sulke restuarante nie.
Jou geld is goed genoeg, maar jy vel kleur is nie. Sorry.

Joe ·

Ek stem Christo, het vanaf die Spur storie nog nooit gaan uiteet by ‘n ‘francise’ restaurant nie, daar is wel privaat eienaar restaurante waar jy kan gaan. Nog steeds, as jy die geld vat wat jy betaal, maak jy 3 keer soveel kos en baie beter kwaliteit self. Ons is terug op broodjies,eiers en frikadelle as ons reis.?

Johan ·

Dis absoluut vieslike gedrag van die betrokke Wimpy. Daar is n besliste element van rassisme. Kla hulle aan!!!!!

Gerhard ·

Ek kan nie glo in tye wanneer daar so openlik haat teen blankes gedra word stel mense hulself so bloot nie. Soek n plek met Afrikaner werkers.

Pieter h ·

Wie onthou nog die Macdonalds storie van die negentigs? Jammer dat die persoon wat die Wimpy kos gekry het nie bewyse gehou het nie. Ons moet paraat en wakker wees.

Henk ·

Hoe higieniese standaarde. Ons was gereelde besoekers by dieselfde Wimpy in Illanga. By geleentheid kry ons skyfies wat reeds deur tamatiesous is. Ons het opgestaan en uitgeloop en was nooit weer daar nie. Wimpy, jammer om te se maar as dit julle hoe standaarde is het julle geen idee van wat die woorde higienies of standaarde betref nie.

Anoniem ·

Wimpy gaan net soos Adam Catzavelos se onderneming : Smokehouse and Grill – Restaurant SY DEURE MOET SLUIT VIR SULKE SNERT !!! Moenie die verbruikers vir POPPE vat nie ! ??????

Johan ·

Dit was nie Catzavelos se restourant nie, die familiebesigheid waarvoor hy gewerk het het minderheidsaandele gehad.

Willem ·

Ek is so 5 minute se ry van die i’Langa Mall hier in NELSPRUIT af. Ek sal tog more daar ‘n draai gaan maak met ‘n uitdruk van die berig in my hand en vir hulle vra of ek eers aan die kos kan ruik voor ek bestel. Ek dink ek sal sommer ‘n klomp vriende saamvat, sommer ‘n hele klomp. Dan doen ek dit so vir ‘n paar dae na mekaar.

Christene ·

Dit is nie so baie slim nie. Jy vererg jou net, sê die verkeerde ding in jou drif en daar sit jy met ‘n rassehaat klag teen jou. Bly net weg. Na ek erge diaree opgedoen het en vir baie lank baie baie siek was, na ‘n Wimpy ontbyt, loop ek draaie om daardie plek.

Sonja ·

Ons moet net onthou dat Wimpy aan private eienaars behoort. As die betrokke Wimpy skuldig is boikot hul dan. Van die onskuldige Wimpy eienaars kan nie hieronder ly nie. As so iets gebeur is dit belangrik om bewyse daarvan te laat ontleed. Wees maar versigtig wat op sosiale media versprei word, sonder bewyse…. As dit waar is, kan krimineele sowel as sivile saak gemaak word…

phillip van dyk ·

Ek stem saam. Wimpy in Hartenbos is uitstekend. Wimpy mayville mall is uitstekend Wimpy by Gezina stad is goed maar diens begin kwyn….

Mickey ·

Die klomp is aspris. Die afgelope paar jaar gril ek vir wegneem etes en restaurant kos.

Willem ·

Vis is nie ‘n probleem nie …… tensy jy oogklappe aanhet.

Charlie ·

Ek wil weet hoekom werkers nie die naam van ‘n eienaar wil verskaf as die publiek daarvoor vra nie? Daar word vir jou gelag, maar jy mag nie die bestuurder/eienaar skakel nie. Dit geld by baie besighede. Is dit dalk dat die bestuurders die wernemers verbied om sy naam uit te gee?

Christien vd Westhuizen c ·

Geen Wimpie meer vir my nie TaTa nie dat ek ooit baie daar my geld spandeer het nie nou NOOIT meer

Alida ·

Ek hoop die klaer het die gesprek opgeneem en aangedring om die kos huistoe te vat vir ontleding anders het hy bollie. Mens kan al die Wimpy pkekke nou blameer nie. Elkeen het privaat eienaars. Ons Spur sit sltyd stampvol blankes deesdae.

Joshua ·

Niemand se dit,maar as die rolle omgekeerd was sou hulle gese dis rassisme.

vissie ·

Ek kan nie verstaan nie, met al die nuus oor resturante se probleme met die kos hoekom installeer hulle nie ordentlike cctv kameras in die kombuise nie ,soos wat hulle het in die eetgedeeltes.Dan kan daar mos gekyk word of sekere aantygings waar is of nie en die publiek meer gerus wees.Gebruik die tegnologie asb.

Ria ·

Ai mense, moenie al die Wimpy’s onder dieselfde kam skeer nie…Ria.

zack ·

Hoekom nie Ria? Wimpy is Wimpy As een dit kan doen hoekom sal die ander een ook nie?

tamboti ·

Ek het vanoggend KFC onbyt wrap gekoop en het 5 ure later gastro ontwikkel. My familie is gesond na ons gisteraand saam kookkos geëet het. Ek wil nie eers dink wat kon dit wees nie!

Verbruiker ·

Ek stel voor dat al die eet plekke kammeras in hulle kombuise sit en dan tv’s sodat ons klante kan sien wat hulle binne die kombuise doen. Die kameras moet van verskillende rigtings af wees. Net om die klante gerus te stel. As jy nie iets het om weg te steek nie, hoekom nie.

Cherokee ·

Wat ‘n interessante berig en kommentare om te lees. Een uur gelede was ons nog in Ocean Basket waar ons aandete genuttig het. Dan kom ek huis toe en lees hierdie aaagg storie.

Johannes ·

Bly weg van alle kitskos en wegneemetes! Dis buitendien ‘n vermorsing van geld uitgegee op ongesonde kos!

Leonie ·

Ek en my man het sowat twee maande terug een middag vir ete by n bekende eetplek aangesit. Ons het bestel en geduldig gewag toe ons in die agtergrond hoor hoe daar n bord in die kombuis breek. Met die aankoms van ons kos het my man opgemerk dat iets nie pluis was met sy ete. By nadere ondersoek kon DUIDELIK gesien word hoe stof, hare en allerhande vuilgoed onderaan sy steak sit… Ons sit toe 2+2 bymekaar en reken toe dat dit SY bord ete was wat laat spat het agter in die kombuis, en dat die spul eenvoudig sy kos van die vloer moes optel en so opgeskep het!! Ons het die bestuurder ingeroep en die situasie verduidelik waarna hy om verskoning gevra het en gratis ete aangebied het… Ons het natuurlik opgestaan en is daar uit sonder ete.

Punt is: die bestuur kan NIE heeltyd ogie hou oor hul personeel, dus het mens geen benul wat aangaan daar waar die kos berei word. Na dese eet ons maar liewer tuis.

Cherokee ·

Leonie, omdat jy die plek net beskryf as ‘n bekende eetplek, gaan hulle voort daarmee. Ons is veronderstel om hul gesigte te wys. Jy moet egter seker maak dat jy bewyse het. Ons dra kameras saam met ons.

Hester Fourue ·

Ek het ook n stel afgetrap met ons plaaslike Wimpy. Darem nie die kos nie maar die onbeskofte personeel. Het n brief gestuur aan hulle hoofkantoor maar tot vandag ondersteun nie ek of my vriende hulle nie. Ek weet my bietjie maak nie n verskil nie maar ek gaan nie duld om so behandel te word nie.

Zelda Boshoff ·

Die kommerniswekkend as dit die geval is dat n persoon in die slegte ekonomiese tye so kan lieg. As dit waar is en dis my Wimpy vat ek haar hof toe vir naamskending. Ek eet wel laaankal nie meer kitskos nie, maar liegstories ruineer net mense se geloofwaardigheid by ander. Laat mens maar hoop dis die waarheid.

Diefie ·

Gelukkig hou ek nie van die Wimpie se kos nie. Koffie is net so belaglik duur. So ook al die ander plekke se koppie koffie! R 20 R25 Tot R30. Ek hou van my koffie, maar nie vir daai prys nie. Ek wonder hoekom daar geen wit mense op PnP, Checkers, Game ens se tills werk!

Anoniem ·

Ons was gereelde kliente van Wimpy. Omdat ons swak diens ervaar het by Wimpy besoek ons hule nie meer nie.

honourable member ·

Persoonlik dink ek daar word maar nie baie skoon met kos gewerk by al hierdie eetplekke nie. Party word maar net vinniger raakgesien. Was almal hulle hande na hulle in die toilet was of in hulle neuse of waar ook al gekrap het. Ek dink nie so nie want hulle doen dit nie eers by hulle huise nie so hoekom by die werk…….. Ek eet maar selde indien ooit uit. Net die gedagte daaraan maak my naar. Ek braai eerder my steak in die gerief van my eie huis. In hierdie siek land kan mens nooit te versigtig wees nie….

Corne ·

Stem 100% saam. Ek word naar deesdae wanneer ek wegneem etes of by ń restaurant moet gaan eet.

alida ·

Ek dink party mense soek net sensasie. As jy nie die gesprek wat tussen die kelners gevoer is op band het nie is dit hoorsê getuienis.

alida ·

O ne, maar hulle is goed genoeg om jou salaris te betaal. Kry jou prioriteite reg Koos.

Mathilda ·

Ons het so ‘n paar jaar terug in Sandton square by ‘n restaurant geeet – duur plek. Wel, my skoonseun kry toe ‘n kokkerot in sy pasta! Dit kan en gaan by enige plek gebeur.

Ek is nie ‘n groot Wimpy aanhanger nie – eiers is te olierig, maar ek sal hul nie boikot nie. Ons eet nog steeds by die SPUR ook.

As ons vir elke liewe voorval iets wil boikot, sal ons borde leeg wees.

Ek stel voor elke insident moet individueel ondersoek word, en moet daar dan teen die spesifieke persoon opgetree word. So baie onskuldige gesinne lei daaronder wanneer ‘n seker franchise geboikot word.

Ilse ·

My man, sy broer en ek het een dag by ‘n plek geeet. Nie ‘n franchise nie, maar ‘n eenmansaak restaurant. My man en sy broer het melkskommels bestel en hul bestelling deurgegee. Net voor die kelnerin wegloop, het my swaer die geur van die melkskommel verander van sjokolade na aarbei. Toe ons drankies kom, het my swaer begin suig aan die strooitjie en voel toe ‘n harderige dingetjie in sy mond. Hy haal dit toe uit en jou welliswaar sien toe dit is ‘n groot stuk harde “snot”! Net daar het ons opgestaan en uitgeloop. My swaer het die stuk snot oor die glas gesit en teruggestuur vir die bestuurder. Net daar het ek besef hoe gevaarlik enige eetplek is. Jy weet nie wat die personeel met jou kos doen in die kombuis nie.

Casper Labuschagne ·

Dat die kelner elke keer verseker in jou bak sop sal spoeg is so oud as die Britse opium oorlog van 1839 in Sjina. Dit is die risiko wat jy neem tensy jy jou eie kos voorberei. Vra gerus vir die Jode oor hoe versigtig hulle is om hul Joodse herkoms by eetplekke weg te steek. Daarby is ek persoonlik oortuig dat die persone wat kos voorberei verseker nie 100% van die maatreëls nakom om hulle hande te reinig na ‘n besoek aan die toilet nie – sou dit die geval wees sou ‘n horde kennisgewings asook skoonmaak produkte in kombuise asook toilette sigbaar wees.

Die probleem by Wimpy is dieselfde as wat met die Spur voorval die geval was, in plaas daarvan dat die bestuur ‘n ernstige voorval daar en dan hanteer en ontlont, versuim hulle om hul plig te doen en die voorval neem dan op sosiale media toe tot afmetings wat die ganse handelsnaam beswadder.

Linda ·

Ek eet al baie jare lank ontbyt en soms middagete, die beste lam chops, by Wimpy Princess Crossing in Roodepoort. Die kos is altyd puik en die personeel is altyd vriendelik en hulpvaardig. Ek dink daar kan geisoleerde gevalle by ander takke wees, ek het al gehoor dat mense kla.

Casper Labuschagne ·

Ek self was, en bly steeds ‘n groot ondersteuner van Wimpy se eetplekke en was nog nooit teleurgestel nie. Maar ek sal verseker voortaan my kos goed beloer en beruik, waar ek ook al uiteet.

Gerhard Bezuidenhout ·

Alida asseblief ! Mense sal nie sommer feite uit hul duim suig nie . Ekself het al nare ondervindings by verskeie Wimpy retaurante gehad en wil nie alles hier opnoem nie. Feit is mens betaal ten duurste vir jou kos en verwag dat dit smaaklik en higienies moet wees,

Mathys du Preez ·

Mense, wat poefies in ander mense se kos sit, word deur die unies beskerm sodat hulle werkgewers hulle nie kan ontslaan nie. Hulle stuur ‘n unie verteenwoordiger na die dissiplinere verhoor toe om die werkgewer se besigheid te dreig met ‘n rassiestiese aksie om sodoende sy grootste kliente basis te vervreem en jammer om dit te se maats, maar dis nie die Afrikaanssprekende blanke gemeenskap in Suid-Afrika nie. Dit gese, kan jy die vindingrykheid jou indink, hoe jy jouself moet opsweep, as jy ‘n unie verteenwoordiger is, en jy moet iemand gaan verteenwoordig op aanklagtes van sabotasie van werkgewer se saak en die bring van die besigheid se naam in ‘n swak lig, of rassistiese gedrag teenoor ‘n mede werknemer of kliente van die werkgewer? Wat gaan jy se in die ou se verdediging? Die ou het dit nie gedoen nie? Hoekom wou die bestuurder nie die nommer verskaf nie, of sy naam? Hoekom het hy saam met sy of haar kollega’s die klient uitgejou?

Abe ·

Dankie tog dat ons die vermoë het om weerstand op te bou teen kieme.

‘n Bietjie snot hier en daar, of n vuil vinger, of n kokkerot, ‘n brommer en n dooie spinnekop. Wat die oog nie sien nie sal die hart nie oor kla nie.

Mense eet selfs weer poloni en net annerdag was Listireose aardvyand nr 1.

Chill mense dis Afrika.

Lola ·

Ek glo dit net nie. Ek dink dis ‘n vieslike wolhaarstorie. As dit wel so was sou enige regdenkende mens die kos gehou het as bewys. Wat gaan gebeur met die mense as daar uitgevind word dit was ‘n lieg storie? Siekte het nie ‘n vel kleur nie en eks alsbehalwe linksgesind.

Verstom ·

Buy- buy Wimpie. daarom hou ek om individuele kosplekke te besoek in plaas van Franchises. My gevoelens is met Trots Afrikaans.

Thys ·

Ja laat mens dink party se dit en ander dat,ni almal loop met kamaras rond en band opnemers om dit af te neem ni stem saam maak eerder jou eie kos en jy bly gesonder

fantabulous ·

Ons eet lankal nie meer uit nie. Ek onthou my ma se piekniek padkos mandjie en maak self padkos. Lekker geroosterde ham en kaas, varkspek en piesang ens. Bak selfs my eie pasteie. My gesin dink mamma se kos en padkos is die beste en almal kry waarvan hulle hou. Ons koop net iets te drinke langs die pad. My mandjie het ook altyd iets soets as nagereg. Boerekos bly die beste. Sterkte vir die mense wat nog kan bekostig om uit te eet. My gesin se waardering vir my “padkos” is die beste betaling ooit en ek weet hul gesondheid is puik. Sterkte

anton ·

By Burger King in S.A hanteer die werkers ook die kos met kaal hande maar in Amerika hanteer hulle alle kos met handskoene aan.
Toe ek hulle hoofkantoor in S.A daaroor inlig, word daar net vir my gesê die werkers is geleer om hulle hande gereeld te was ens.
Natuurlik was ek nooit weer daar vir kos nie!!!
Kitskos plekke en ander eet plekke……hou verby ek het al te veel goed gesien by sulke plekke en dan moet ek nog daarvoor betaal???? Never!!!

Hannah ·

Dit is beter om jou eie kos te maak. En dit is gesonder ook, en veiliger en skoon.

Hans ·

Beste restaurant besoeker, as u letterlik lees dat hulle ‘n “blanke gevang” het dan weet ons mos dit is ‘n rasse saak ! Dit is ‘n aanval op ‘n ander ras op ‘n besonder smerige, walglike manier. Nou dat u dit weet, wat gaan u voortaan anders doen ?

Verstom ·

Ek is beslis klaar met enige franchise restaurant / restaurant wat BEE toepas in hulle bedryf. My man braai in elk geval die beste biefstuk of vis beter as sommige eetplekke. Maak maar jou padkossie wanneer jy stad toe gaan.

Lienkie ·

Ek is nie lui nie en het ook nie geld om te vermors nie, ek maar my eie kos en weet dit is skoon en smaaklik.

Kobie ·

Uiteet? Gaar/voorbereide kos koop? Dink weer. Ek was eenmaal (nog voor die jare van ‘sosiale media’) by die Hyperama in Pretoria. Ek moes die toilet gebruik. Daar was ‘n manlike persoon by die urinaal besig; hy het ‘n uniform van ‘n wegneemkosplek aangehad, wat toevallig net buite in die ‘gang’ langs die toiletingang was. Hy is uit sonder om hande te was. Toe ek uitgaan net daarna, en verby die kosplek stap sien ek hy is besig om ‘n roomys te bedien aan ‘n klant. Ek het ingegaan en gevra om met die bestuurder te praat ivm hulle higiëne-standaarde, en of die personeel tenminste basiese beginsels geleer word. Toe hy hoor wat die rede vir my navraag is was hy dadelik verontwaardig en selfs aanvallend teenoor my; ek het liewer geloop. Ek vermy tot vandag die betrokke ‘franchise’. Weet maar net: jy as verbruiker het geen idee wat in die kombuis van die kosplek
aangaan nie, en van die higiëne-standaarde van die werkers nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.