Herrie oor Castle-veldtog ná Ashwin Willemse-sage

‘n Twiet deur Castle Lager SA oor die veldtog.

ʼn Nuwe veldtog deur Castle Lager SA in reaksie op die omstrede Ashwin Willemse-sage het ʼn storm op sosiale media ontketen.

Castle Lager het Maandagaand op sy amptelike Twitter-profiel aangekondig die maatskappy gaan “in die lig van onlangse gebeure” van die etiket op hul bier ontslae raak in solidariteit met almal wat op ʼn daaglikse grondslag op ʼn onregverdige en gevoellose manier geëtiketteer word. “Hierdie klein daad is ʼn belofte dat Castle Lager sal werk om die etikette wat ons verdeel uit te roei.”

Die inskrywing is gedeel met die hutsmerke #SmashTheLabel en #AshwinWillemse.

Die veldtog hou verband met ʼn voorval Saterdagaand toe Ashwin Willemse, voormalige Springbokvleuel en SuperSport-spelontleder, tydens ʼn regstreekse uitsending van die stel van ʼn SuperSport-program afgestap het ná ʼn woordewisseling met sy mede-aanbieders, Nick Mallet en Naas Botha. Willemse het voordat hy die stel verlaat het, gesê hy “is vir ʼn lang tydperk as ʼn kwotaspeler bestempel” en sal nie “verkleineer word deur twee individue wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het nie”.

Die voorval het groot opslae gewek met talle mense wat onmiddellik tot die gevolgtrekking gekom het dat die konflik tussen Willemse en sy mede-aanbieders ʼn rasse-ondertoon het.

Castle Lager het egter sedert Maandagaand deurgeloop oor dié veldtog wat deur talle bestempel is as ʼn manier om Willemse se “kant te kies” sonder dat al die feite oor die voorval bekend is. Op Twitter het een sosialemediagebruiker gevra hoekom Castle aanvoer hy kies nie kant nie, maar tog die veldtog doen ter ondersteuning van Willemse.

“Ons het Suid-Afrika se kant gekies. Ons wil graag ʼn lig laat skyn op stereotipes en etikettering deur in gesprek te tree. As ʼn handelsmerk wat nog altyd praat oor inklusiwiteit en vriendskap, glo ons ons kan deel wees van die verandering,” het Castle Lager teruggeskryf.

Ander mense het gesê hulle sal nie meer Castle Lager koop of die maatskappy ondersteun nie aangesien die maatskappy duidelik op hierdie manier standpunt ingeneem het ten opsigte van die Willemse-sage.

Ander meen Castle Lager wil slegs deur dié veldtog munt slaan uit die voorval om sy produk te bemark. Castle Lager het herhaaldelik op die kritiek gereageer deur te sê dat stereotipes skeiding tussen mense veroorsaak en dat hulle daarom mense wil aanmoedig om nie ander te etiketteer nie.

Enkele sosialemediagebruikers het wel gesê dit is ʼn goeie inisiatief om bewusmaking te skep rakende rassespanning in Suid-Afrikaanse sport.

Business Insider berig Vaughan Croeser, die handelsmerkdirekteur van Castle Lager, het aan die nuuswebwerf bevestig dat die etiketlose bier op 9 Junie tydens die rugbytoets tussen Suid-Afrika en Engeland “op ʼn beheerde manier” verkoop sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

160 Kommentare

Noelene ·

Ironies genoeg plak Castle deur hul optrede juis n etiket op Mallet en Botha. Dit mis half die doel van hul veldtog?

Adam ·

Wel, die foto wat gebruik word toon nog steeds ‘n ” label” , weliswaar net ‘n kleiner weergawe. Kom nou Castle, wees braaf en verwyder die klein “label” ook en dan sal ek julle “opregtheid” glo. Hierdie is maar weereens die tipiese geraas van opportunistiese besighede.

'Labels' wat SAB se sakke raak ·

Al die biere en drankies in die SAB-stal voor AB Inbev oorname:
Brutal Fruit (Brand family)
Carling Black Label
Castle Lager
Castle Lite
Castle Milk Stout
Castle Free (Non-alcoholic)
Hansa Pilsener
Miller Genuine Draft
Peroni
Redd’s Dry
Redd’s Premium Cold
Sarita
Inligting vir as jul met jul beursies wil stem. Hul sal op droë brood leef met wins van my 6/12 biere uit hul stal per jaar…

M ·

Ek dink dit was skerp om ‘n geleentheid te sien in die hele sage!

Een se dood is ander se brood.

Nou is almal sommer gelabel en “free” advertising gekry.

Thinus Erasmus ·

So is “wit man van apartheidsjare” ook ‘n LABEL of nie?

christa ·

Castle Lager sal beter doen om dat geen etiket op sy bottels te plaas nie. Julle is besig om alles uit verband te ruk. Gelukkig het ek geen behoefte om drank te koop of te drink nie.

Denise ·

Ag asseblief hoe kleinlik hou julle bier dit is in elkgeval flou verby ek is so siek van die rasse ding soms is ek lus en verf myself groen !!!!

Bernard Hellberg ·

Geen etiket, want daar’s geen smaak nie! Soek die “Brewed in Windhoek”-etiket

Lk ·

Ek stem! Klaar met Castle, hulle Label nou Mallet en Naas, en al wat wit is. Cheers Castle.

Feite ·

Budweiser is ook nou n SAB produk. Ed is nie verkeerd nie maar hul bemark dit nie net nie. En ja ek weet want ek werk vir een van SAB se kompeteerders.

Ans ·

Budweiser is ook ‘n SAB produk en hulle sal tog te breed “smile” as julle dit wil koop, want hulle kry
dit nie verkoop nie! Hulle probeer allerhande bemarkings foefies, maar die mense stel nie belang daarin nie!

fritz breitenbach ·

ek gebruik gelukkig al jare nie meer sabroue se produkte

Benita ·

SAB en castle is opgebou deur wit manne se ondersteuning en geld , maar in elke advertensie word hul verkleineer en verneder. My man het lankak opgehou om hul te ondersteun.

ANDRE ·

Skoenmaker hou jou by jou lees………….Maak eerder bier, Castle , julle sal nie politiek oorleef nie.

Cheers ·

CHEERS CASTLE ons gaan jou ook SPUR< hoe vat jy die kant van iemand wat GEEN bewyse het dat daar ENIGIETS RASSISTIES teen hom gese is nie?? NEEWAT, hoop jy het baie ander ondersteuners en drinkers . .as ek so voor die bottelstore kyk, sien ek darem genoeg om julle aan die gang te hou .. CHEEEEEEEEERSSSSSSSSSSSSSSS!!!

Monty ·

Ek stem hulle gaan (geSpur) word deur my en Al my vriende en werkers

Wim ·

Nee wat as n groot ondersteuner van Castle, jammer nou het julle my besluit maklik gemaak om oor te gaan Windhoek draft toe. Nooit weer een van julle produkte in my huis netsoos huigenoot en rapport.

N ·

@Wim: Kon nie ‘n beter bier kies as Windhoek Draught nie. Cheers #GeenCastleMeerNie

Joshua ·

Castle, wat van n ‘label’ teen plaasmoorde op jul bottels?

Valerie ·

Joshua, dit sal nie hul alkohol verkope vermeerder nie. Die ouens dink ook hulle is baie slim, net soos Nando’s.

Afrikaanse Knaap ·

Ek hou van die gebaar.
Nou moet die regering net alle rasse wette ook laat gaan wat alle wit mans/mense van alle ouderdomme bestempel as bevoordeel en ons ons “good to go”.
Dankie Castle ek gaan ‘n 6-pak koop en hom op alle kwota spelers en werkers drink, en ook ‘n gedagte afstaan aan al die BEE “freeloaders”, wat biljoene maak vir niks doen nie.

jannie ·

WINDHOEK lager van nou af……..keelvol dat blankes altyd 2de viool moet speel.

Keelvol ·

..net soos Huisgenoot, Spur, Jacaranda 94.2, KFC en Volkswagen, die lysie groei…

Gerhardb ·

Ja. Castle bier is in elk geval pap vrot van die chemikaliee. As jy ‘n biertjie wil geniet, daar is baie meer en smaakliker op die rak, met ‘n Label….

Anoniem ·

Wat gaan Castle doen met die geldjies wat hulle spaar deur nie etikette te gebruik nie? Gatsak toe?

Anner Anton ·

Ek kan mos ook besluit of ek die bier koop of nie. NIE !

Eish ·

Korrek, hul is megabrouers en het internasionaal groot brouerye uitgekoop.
Die beste is om die boetiekbrouerye te ondersteun. Daar is baie van hulle. Kyk Dors met Johan Badenhorst.

Hanna Hoekom ·

Geen etikette, geen stereotipering van die twee ander mans (wat hulle gedra het tydens die sirkus) wat betrokke is nie? Castle, julle sit die pot heeltemal mis! Koebaai Spur, koebaai H&M en heelaas, koebaai Castle! Julle sal net nooit leer nie…

Judge Dredd ·

Belaglik, met hulle optrede het hulle klaar besluit wie is reg en wie is verkeerd en daarby ‘n sekere etiket op Mallet en Botha plaas.
Etikering uitwis?
Kom ons begin by links liberales wat so lief is om konserwatisme met Nazism te vereenselwig.
Tweedens politici en sekere swart mense wat wit mense wat krities teenoor hul opinies is as rassiste en apartheids-liefhebbers wil afmaak.

Uvonka ·

Castle nou verbrou julle darem lekker hoor! Julle ruk als uit verband uit en nou moet almal rond “hobs”. Daar is in elk geval baie lekkerder bier beskikbaar, drink maar self julle s’n.

Nettie ·

Gelukkig het ek opgehou drink. Nie dat ek ‘n bier-drinker was voorheen nie, maar dié goed het die vermoë om mens snaakse dinge te laat doen, soos onder andere vir die Bulle te begin skree wanneer jy eintlik ‘n Stormer is en op die tafel te laat dans saam met ‘n wildvreemdeling. Julle moet mooi kyk, mense, SAB het báie oorsese brouerye oorgekoop en jy dink nou jy boikot hulle deur bv. Budweiser of Amstel Lager te drink, maar eintlik is dit ook maar SAB-produkte.

SP ·

Puik! Ons almal kyk rugby, sonder ‘n label. Ons almal is kinders van God! Raak van al on “labels” onslae. Ons toekoms in label-loos.

JSO ·

@SP Moet my ASB NIE label as een van jou god se kinders nie! Hoe durf jy ‘n etiket om ALMAL se nekke probeer hang.

Sjoe ·

Sjoe, SP, hoe verbaas is ek nou oor sommige mense se reaksie op jou kommentaar. Het jy nie maar net bedoel dat ons nie mekaar oor dieselfde kam moet skeer nie (nie mekaar moet etiketteer nie)? Ons ALMAL kyk tog nie rugby of ons ALMAL is tog nie christenne nie. Dis hoe ek dit verstaan. As jy dit op ‘n ander manier bedoel het, jy is tog geregtig op jou opinie, nes ons almal. Diegene wat kommentaar lewer (ek ingesluit), moet maar by die feite probeer hou en nie mekaar persoonlik aanval nie.

White Rhino ·

Ag nee wat,dit skeel my niks – drink doodeenvoudig ‘n ander lekkerder bier!
Willemse het homself nou letterlik self gelabel .

Hardekwas ·

Nou sal ek ‘n punt daarvan maak dat ek nie SAB produkte koop nie. Daar is beslis beter opsies as hulle produkte.
SAB het met die veldtog ons as Wit gebruiker gelabel

fm ·

Nog meer bekende handelnsme sal volg om hulle produk hetsy direk of meer subtiel te distansieer van apartheid en die sogenaamde wit oorheersing wat deesdae op almal se lippe is. ‘n Magdom Suid-Afrikaanse produkte/restaurante ens word reeds in die res van Afrika bemark en verkoop en bedryf en biljoene dollars is op die spel aangesien hierdie handelsname niks te doen wil hê met enige negatiewe vorm van “wit onderdrukking” nie. Die meeste mense wat in Afrika bly is swart en hierdie bedrywe soek hulle geld. Stelselmatig en doelgerig word die oorblywende wit minderheid mense in Suidelike Afrika gestroop van alles wat hulle gehad het of nog het.

Boet Fasie ·

Castle jy kan maar jou bier hou, sal nou nie meer jou produkte gebruik nie, my geld is ook nie vir julle beskore nie.

Francois ·

Ek boikot reeds Coke lewenslank want hulle het n fonds gestig om nuwe boere van plase wat afgevat word te finansieel te ondersteen.
Nou sal ek Castle ook boikot vanaf vandag. Soos reeds genoem Windhoek toe !!!

Jakes Coetzee ·

Slaan bietjie na oor Olof Bergh. Wie hy was en wat hy gedoen het.

jakes ·

Glad nie verbaas oor hul vervelige, absurde en kinderagtige optrede nie. Gaan kyk maar net wie is hierdie menere wat hierdie besluit geneem het? “‘ I rest my case ”

Nadine ·

Gelukkig drink ons nie Castle nie maar Black Label …. Cheers julle

LOL ·

Black Label is ook n SAB produk. Lees bietjie die etiket mooi asb.

Charli ·

Daar drink ek nou net nie meer Castle nie , Ek sal ma Windhoek vat van nou af ,

Johan ·

Daar is is vele ander biere wat in elk geval lekkerder proe as Castle se brousel. Koop lankal nie meer Castle nie.

Anton ·

Vergeet net vir n oomblik die politieke standpunt van die brouery – waarom mag hulle n produk verkoop wat nie volgens wetgewing behoorlik verklaar wat binne in is, waar gemaak, ens ens. Miskien n belaglikke punt maar sal jy babakos koop wat geen etikket op het nie?

Alice ·

Ek stem 100% met jou saam Anton. Glad ook nie n bierdrinker nie en as stil vrou dreig sulke aksies my nou om nie meer so stil te wees nie.

AMMIE ·

En volgende is DSTV en sommer SABC ook. Ons witmense betaal deur ons nekke vir al die korrupsie in die verlore land van ons.

Casper Labuschagne ·

Ek sal ‘n leun vertel as ek sou sê dat ek ‘n produk gaan boikot wanneer ek in elk geval verkies om nie my mond aan die produk te sit nie.

Duidelik is daardie Castle reklame gemik op ‘n spesifieke etniese groep met ‘n spesifieke politieke bewustheid. Daar moes sekerlik ook die besluit geneem word dat diegene wat voel dat die reklame onregverdig sou wees ‘n onbenullige markaandeel vir die produk verteenwoordig. Eintlik is hier ‘n groter tendens ter sprake, en dit is dat sogenaamde “white-bashing” nou ‘n modegier word in plaaslike reklameveldtogte.

Welda ·

Laaste sien van Castle Lager vir ons! Cheers! Ek bly maar by my Rooi wyn.

Johannes ·

Dalk moet SAB eerder vra vir ‘n onafhanklike kommissie van ondersoek na die aangeleentheid sodat ons kan weet wat werklik gebeur het. Supersport se eie ondersoek gaan in elk geval die ding so speel dat niemand sleg daaruit kom nie, ‘n wen-wen uitkoms. Ek wil voorstel dat SAB eerder ‘n finansiele bydrae maak tot die koste van so ‘n onafhanklike kommissie. As die waarheid uitkom sal mense dalk in die toekoms versigtiger wees om etikette om ander se nekke te hang. Dan het SAB ‘n werklike bydrae teen etikettering gemaak! Ander maatskappye soos bv. Spur kan dit gerus ook oorweeg.

Dennis ·

Die ouderdomsbeperking wat nie op hul produk verskyn nie is nog n groter bekommernis. Heeltemaal onwettig as jy my vra.
Hulle behoort aangekla te word!

Trich ·

Ek wonder hoeveel maande gaan dit SAB vat om omverskoning te vra. Net so lank soos Spur??? Dalk gaan die geld wat hul op etikette spaar opmaak vir die verlies aan inkomste soos hulle nou geboikot gaan word….. As jy jou uitgee vir ‘n toffie, moet jy verwag om gekou te word.

Sp ·

Wanneer staan Castle op vir die label wat om ons nek gedurig gehang word van sogenaamde ‘wit bevoorregting’? Dat baie arm grootgeword het en hard moes werk en hul breinselle moes gebruik, word gerieflik verswyg.
Gly verby Castle, politiek laat jou biertjie stink!

Osie ·

Gelukkig is daar hordes mikro brouerye wat se bier baie lekkerder is as Castle deesdae….so, ons bly maar verby met Castle….

Susanne ·

Drink wyn, ettiket wyn vankelders wat trots is op hulle produk en met ‘n naam op die bottel, probleem opgelos

Johan ·

Ek sal nooit weer Castle koop of drink nie. Punt. Van wanneer af hou biermakers hulle op met politiek? Hier kom n etiket na Castle: Julle is pateties!

Al ·

Ek wonder of Castle ooit besef hoeveel kliënte wat hul in solidariteit mee staan eintlik Black Label verkies bo Castle?

CAV ·

En eintlik het Willemse vir Mallet en Naas verkeerderlik ge-label as risiste
So Castle stem saam met hom ☺

tamboti ·

En dis die “bottom line” – ons volk, geskiedenis en oortuigings is ‘n ‘verleentheid’ vir almal, maar ons geld is tog te welkom!

Regtig? ·

Miskien moes Castle hierdie stap dan in 1994 al geneem het? Die tydsberekening laat my net wonder …

Derf ·

Hoekom is daar nie #Naas en #Nick by hul veldtog ingesluit nie? Vra maar net.

marous ·

Hulle het duidelik nie gedink oor wetgewing mbt handelsmerke , omskrywings en inligting nie . Gaan maar voort met jul subjektiewe eensydigheid …..daar was ‘n restaurant groep wat ook gedink het hulle slaan die kitaar … die skade is klaar gedoen

Etiketteer ·

My enigste vraag is: wie het nou vir wie ge-etiketteer? Dit is gevaarlik van ‘n maatskappy om by politiek betrokke te raak, veral wanneer kant gekies word. Die maatskappy kon mos al lankal so ‘n inisiatief van stapel gestuur het. Hoekom nou eweskielik? Verskuilde agenda’s?

Roekoe ·

Did hartseer dat ons rugby nou sò uit gehaal word. Kom ons word groit en waardeer manne met jare se ondervinding om ons kykers die feite deur te gee. Rugby is n sport kom ons hou dit so. Roeloe

Piet OVS ·

klaar besluit, op 9 Junie sal daar geen castle bier in my kroeg beskikbaar wees nie
my kliente sal verstaan en vir die dag WINDHOEK DRAUGHT drink.
Ek vat RUM.

Jd ·

Dalk weet hulle iets wat ons nie weet nie. Anyway proe castle …….drink eerder blacklabel of windhoek. Die bier maakers het klaar oordeel gefel. Ek koop lankal nie meer castle

Karen ·

Black Label, Amstel word almal deur SAB vervaardig onder lisensie.
Los die Bier – drink wyn

Casper Labuschagne ·

@Pieter, jy is heeltemal reg. Dit is nie soseer Castle nie maar die moedermaatskappy wat besluit het dat ons markaandeel vir hulle onbenullig is en dus kan hul reklameveldtog in die geval van Castle maar op “white-bashing” fokus.

Chelle ·

Anton, ek wou juis dieselfde vraag vra.
Is dit wettig om
bier te vervaardig sonder ‘n label/ etiket?

Nel ·

Nee wat hulle sal nie so onnosel wees om bier sonder ‘n etiket te verkoop nie. Die SAB bemarkingspan het ‘n gap gesien en dit gevat.

Windhoek Castle ·

n Beter idee, moenie die etiketlose bier tydens die toets op 9 Junie verkoop nie. Gee dit gratis vir Willemse se aanhangers, julle stem mos saam met hul siening. En moenie vergeet om sommer n kis daarvan te skenk vir ons agbare Minister van Sports nie, sy sal dit geweldig waardeer dat julle met hierdie idee aan almal wys dat julle haar in haar ongevraagde en voor op die wa uitspraak ondersteun.

Mari ·

NOU MY LIEWE BIERMAN EK HOU VAN JULLE ZERO NOU IS DIT WERKLIK ZERO CASTLE.

Piet Pompies ·

Geen labels op bottels, laer inset koste, hoe groter die wins. Castle is kreatief met die plan want hy gebruik huidige sake wat in die nuus is om sy produk adverteer. Teen die naweek, om die verskeie braaivleis vure word hierdie bier sonder sy label deur verskeie Suid Afrikaners geniet en is min gepla oor die stormloop oor die bier. Sjoes…daar val die eerste proppie.. Hierdie is maar net ‘n storm in ‘n koppie.

KZN Boer ·

Laat n minderjarige een van daardie etiketlose biere koop
Dan vat jy SAB hof toe omdat hul dan drank verkoop wat nie korrek ge “label” is nie
Laat hul so dan bietjie hoes

Leonard ·

Dis absurd dat almal so groot bohaai opskop.Ek dink persoonlik as jy bietjie dieper kyk na die situasie en nie oppervlakkig is nie beteken dit dat niemand moet meer ge “label” word nie ongeag jou ras , geloof of seksualiteit. Castle , ek drink sommer vanaand 12 biere 1 vir al elf amptelike tale in SA en ‘n ekstra een omdat ek trots is in my hart dat ek volbloed ‘n Suid Afrikaner is.Mense moet besef dit is nie meer 1980 nie.As mense mekaar net gaan verdra en die naaste liefhet soos jouself gaan jy geluk vind in jouself.

HELP ASB ·

WAT STAAN OP DIE LABEL WAT RASSISTIES IS EN HOEKOM HET HULLE DIT NA 24 JAAR STEEDS OP HULLE BOTTELS GEHAD AS DIT DAN SO RASSISTIES WAS?????

sophia ·

al die bier drinkers moet maar na ‘n ander bier oorskakel.
2 is klaar skuldig bevind.

Trots Afrikaans ·

Ek vermoed dit is teen die wet aangesien sekere inligting op die produk moet verskein.

Ek kan nie anders as hier weereens lyne te trek met die Spur sage nie. Net soos ek nog nooit weer Spur toe gegaan het nie, net so sal ek nie weer Castle koop nie. Met of sonder etiket.

Riaan ·

Koebaai Castle!!……My besighede sal nie meer julle produkte verkoop nie…….

Tracey ·

Almal wat negatiewe kommentaar lewer moet net ‘n klein bietjie verder dink: “Boere, white privilege, kolonialiste, ens” is OOK etikette en daarvoor is ons almal moeg! Welgedaan Castle!

No more ·

Mom call the doctor and the doctor say “NO , NO MORE CASTLES, cause the Castles can label you! “

Blondie ·

Nog nooit daai goed gedrink nie! Go Green! Top of the Range!

Nel ·

Hoe lekker lag ek nie vir al die spitsvondige opmerkings nie.. maar ‘serious’ mense ons is besig om gemuilband te word! Die water in die paddapot is besig om al hoe warmer te word.

Robert Naude ·

Wat laat ons blankes dink casle het ons nodig…….

Wel wel ·

Wel, wel vra die Spur, hul het ook so gedink!!!!!! As elkeen saamwerk sal hul dit voel en dit kan noooit weer omgedraaiw ord nie.

Eerlik ·

Ek onderneem om nooit weer castle te koop nie. En ook nooit DA te stem nie.

susan de klerk ·

Ek wil net vir Naas en Nic komplimenteer dat hulle tydens die gespanne tirade so kalm gebly het. Dit moes ongelooflike inspanning van albei geverg het. Ware “gentlemen”.

Vryheid ·

Die minderheid vd bevolking dink darem baie van hulself – regtig om vir SAB te boikot sal bitter min aan hul verkope maak. Hulle sal altyd die meerderheid steun dis waar hul wins le.

Rian ·

n eenvoudige beginsel wat ons almal moet volg is: AS EK TE WIT IS DAN IS MY GELD TE WIT. Hou op die polities korrekte en anti-blank maatskappye ondersteun. As Naas en Nick onskuldig bevind is wat dan? dan is die veldtog mos n mors van tyd.

Soweto-Pepsi ·

Gelukkig het ek nog nooit van die “kwota”-bier gedrink nie….. Doe so voort Castle!! Julle gaan aan julle-self meer skade as goed aanrig!

Bossie ·

Tracey…Dink jy klein bietjie verder. Hoekom het Castle nie lankal standpunt ingeneem toe die etiket so duidelik om boere, en al wat WIT is, se nek gehang is nie? Nou, met hierdie belaglike drama, nou wil hul kastig ‘n aandeeltjie hê in ‘n nuwe , beter SA. Twak. Die bewering is dat dit oor swak werkprestasie gaan. Wat het dit met etiket te doen? Wanneer jy nie werk nie hang jy self daardie bordjie om jou nek. Tantrums help niks. Moet asb nie vir ons sê om bietjie verder te dink nie. Dit hang ‘n etiket om my nek…

Sputnik ·

Dit is darem ‘n baie vreemde tyd vir SAB om nou skielik, ‘in die lig van die onlangse gebeure en in solidariteit met almal wat op ‘n daaglikse grondslag op ‘n onregverdige en gevoellose manie geëtiketteer word” te besluit om Castle vir ‘n wyle sonder etikette op die rak te plaas. Dit sluit sekerlik Mallet en Botha in want het die minister en vele ander dan nie dié twee here ook sommer dadelik onregverdig en gevoelloos geëtiketteer nie? Dan, wat die boikot van Castle/SAB betref: Ek voel ook so, maar onthou daar is miljoene ander wat steeds dit sal drink. SAB sal skaars die effek van so ‘n boikot voel.

Aapie ·

So Ashwin se Nick en Naas het hom ge label as a kwota speler,en nou gee dit SAB die reg om Nick en Naas te Label as apartheid wit spelers?wat hulle try doen maak glad nie sin nie.

Hannelie ·

Eish. Castle gaan bemark jul ‘brand’ by die Spur. Jul speel duidelik in dieselfde liga. Gelukkig drink ek nie Castle nie…dit sal net ‘n bitter smaak in my mond los. Ek staan nogsteeds agter Naas en Nick.

Danie ·

Volgens wat ek verstaan mag hulle in elkgeval nie bier in bottels by die rugby verkoop nie.

Sean bowie ·

Eks klaar met SAB Hulle kan maar verder aan hul boetjies by Spur supply Dankie

Regtig ·

Ek wonder net hoekom het SAB nie in 1994 al etikette verwyder het nie?

SAB ·

Dis reg so Castle hierdie nonsens moet stop.Ek drink net Castle van nou af!?ons het nie die minderheid se geld nodig??

Koes ·

Janee gebruik sommer die minderheid se KWOTA ook op .. goeie idee …

A Kellerman ·

SAB,dis reg so,maar darem sal ons minderheid beter voel as ons nie meedoen aan die etikette wat om ons nekke gehang word nie.

Reguit ·

Lesers moet besef dat die “Castle” handelsmerk het jare terug eers aan SAB behoort, wat toe verander het na SAB Miller, wat toe onlangs in 2016 by die reuse maatskappy Anheuser-Busch Inbev ingelyf is. Hierdie is ‘n magtige internasionale maatskappy met hoofkwartier in Leuven België. Daar is hordes bier ‘labels’ onder hulle beheer, hulle is deel van die liberale Geldmag, en hulle voel ‘n veer of ek en jy ‘n sekere ‘label’ wil boikot, want hulle besit letterlik honderde ander ‘labels’ (wat jy tien teen een die een of ander tyd gaan drink). Bemarking kompetisie tussen hulle hordes ‘labels’ is net oëverblindery. Hulle wêreldwye omset is oor die 50 biljoen dollar per jaar. Sluk maar daaraan. Jy veg teen donderweer.

CdK ·

Reguit, jy’s reg. Maar ABI besit ook Coca-Cola. Dus moet hulle ook nie meer Coca-Cola, Sprite, Sparletta, ens. koop nie.

Oom Kalahari ·

Groot blanke maatskappye moet ook toetree tot die boikot en met hul funksies ander verversings produkte gebruik. Ons moet meermale ons eie mense begin ondersteun asook as ons direk van die boere produkte kan koop. Met die etiket verwydering deur Castle gaan hul miljoene rande bespaar wat hul wil inploeg vir die opkomende kwota spelers. Windhoek lager bier is aangenaam.

Barend ·

Klaar met castle gaan van my restaurant se spyskaart verwyder.

Riaan ·

Ek dink altyd Castle light, dit stop sommer vanaand, slaan gou oor na n ander bier.
Cheers Castle.

Joe ·

SAB kan maar hul castle hou. Windhoek is in elk geval baie beter.

cathy ·

Castle julle kan se wat julle wil deur die optrede het julle gekies, so ons sal kies om nie Castel te drink nie

White Rhino ·

SAB jy sal verbaas wees oor die mag van die minderheid.Kry jou jammer.Bagasie.

Fredrey ·

Het di kommentaar gelees. Als verniet ! Dis oor n “wins” begeerte vn n internasionale maatskappy. Waar le’ di SA wins ? So dis logies om bietjie te “stur”. Sal hul Stout mis. Geen SAB aankope verder !

JaNee ·

Daar is soveel meer ander biere – wat eintlik lekkerder is met minder gemors in die bier – moet met nie meer Castle koop of tot verniet drink nie.

Snelvuur ·

Waarom is almal so negatief hieroor? Ashwin het vir Naas en Nick ge”label” deur hulle Apartheidsrugbyspelers te noem. Ek dink dit is n bitter oulike veldtog. “Labels” in SA moet aan beide kante van die rasverdeling verwyder word.

Poertjie ·

SAB het gesneuwel in die internasionale mark en nou vernietig hulle hulle plaaslike mark met swak bemarking foefies. Hoop nie die ouens wat opgehou bier drink het nie, het nie miskien direkte of indirekte aandele in SAB besit nie. Slegte belegging

Erich ·

Gelukkig koop ek lankal nie meer SAB produkte nie – Koop eerder Windhoek Lager – in elk geval n beter produk

Bokkie ·

Ag my genade……wat hul eintlik doen is om bemrkings geld te spaar deur nie etikette te laat print nie……hulle gebruik hierdie as ‘n verskoning om geld te spaar………en meer profit te vat vir die aandeelhouers…hahahahaha!

Marius ·

So min mense drink castle lager hulle sal dit nie me Castle lite probeer kom SAB kyk of julle gutts het om daai label ook af te haal????

Koos B ·

Gelukkig het ek nog net 5 kaste oorgehad voor die storie.Dit was darem nie te duur om dit te vernietig nie.

Kerneels ·

Neeeee, Koos B. Daai 5 kaste het niks met die fight uit te waai nie. Hulle kon eenkant gestaan het.

erika ·

Hulle moet sommer ‘n label posit ” Castle Ashwin to lite”

Estelle Oelofsen ·

Ek het gedink hul sê “until proven guilty”. Maar ‘n groot gedeelte van die mensdom bly maar ‘n klomp skape. As die een uit die trop wegspring, storm die hele lot agterna, al is dit oor die afgrond. Maar dis ook reg so, dis waar hulle hoort. Ek wonder tóg nog wie sit agter Ashwin om sy “toys uit die cot” te gooi. Sou graag hulle ore wou warm klap, want as dit nou nie kwaad en moelikheid stig en aanhits is nie, sou ek graag wil weet wat anders is dit. Nes ons nie genoeg het nie. Ek hoop hy en hulle is gelukkig. Ek dink baie mense het die klok hoor lui, maar weet nie waar die bel hang nie. Dink bietjie self! Hierdie is maar weer ‘n kwaadstokery en opruiery en almal val daarvoor! Dis maar net die boonste puntjie van die ysberg. Die kriminele agter die storie lag lekker. Dis wat hul wil hê.

Jan ·

Hou my bier ek gaan vir my ‘n Windhoek koop.
Kan egter nie wag vir Nando’s se advertensie nie (hoop hulle doen een )

christo ·

Ek wonder net wat word van die aspek van informasie wat deur die wet vereis word – die informasie moet mos op die etiket verskyn

Sebastiaan ·

As besighede hulle met politiek bemoei gee dit gewoonlik ‘n groot gemors af. Al die kamstige veldtogte wat besighede ondersteun is altyd iets wat polities-korrek is en wat ordeondersteunend is. Hulle is dus nie dapper of wil die mense van iets bewus maak nie, hulle is bloot opportunisties. Hoe kan dit wees dat nie net in Suid-Afrika nie, maar orals in die wêreld al ewig oor “rassisme” en diskriminasie gekla word, juis in ‘n tyd waar al hoe meer vermenging en aanvaarding van alles en almal aan die orde van die dag is?

Verstom ·

Gelukkig het ek ook geen behoefte aan hulle produkte nie. Maar snaak dat ek die gevoel van “spur episode” kry. Dejavu.

Mark ·

Dit is vir my verstommend dat n maatskappy soos SAB kant sal kies altevorens die feite van die gebeure tot vore gekom het. Wat my verder woedend maak is die feit dat ons Wit mense sommer net skuldig bevind word waar daar die geringste teken van rasse konflik is. As n wit mens in Suid Afrika voel ek dat ek nie baie meer regte het nie, maark ek kan verseker kies waar ek my geld spandeer. Totsiens SAB!! Ek was n groot ondersteuner van Castle Light, maar sal nou oor gaan na Amstel Light.

Johan ·

Die nuus is nou reeds uit dat Ashwin oudergewoonte onvoorbereid opgedaag het. Die dat Nick Mallet hom gevra het om eerste aan die beurt te wees, aangesien die manne bietjie dik was vir sy nonsens. Nou wonder ek of News24, SAB, 702 en al die ander hulle deuntjie sal verander en mense wat op ander leun sal uitkryt? Nee maggies, dit sal mos rassisties wees! My beursie raak al dikker.

Kilroy ·

SAB is polities-opportunisties met hierdie optrede. Ons moet onthou dat SAB se grootste mark, nie die wit bierdrinkers is nie. So hulle probeer maar net politieke goedgunstigheid “koop” met hierdie gebaar. Hoe dink SAB oor rasetiketering in ons geliefde land as alles ‘n wetlik geforseerde etiket het? Wie het die terme “BBBEE, white privilege, white minority capital, previously disadvantaged” om maar enkeles te noem, uitgedink? Dit is dan juis etiketering! Dit is belaglik!

Blommie ·

Woopi as almal nou geen castle of San produkte gebruik nie. Hou sommer op met drink. Miskien net miskien sal daar dan minder dronkies wees op ons paaie en minder sterftes. Of is ek nou oor optimisties

JHV ·

Mense julle moed.eerder Tafel drink baie beter en sagter op die tong.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.