[Video] Herrie oor ‘dieremishandeling’ by US-koshuis

Foto: Facebook.

Foto: Facebook.

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur na ʼn beweerde voorval van dieremishandeling by die Helshoogte-manskoshuis by die Universiteit Stellenbosch (US).

Die voorval het Saterdag by die koshuis se sogenaamde “hoenderdag” plaasgevind en ʼn video doen sedertdien die ronde wat wys hoe ʼn man met ʼn drankie in die een hand en ʼn hoender in die ander hand die hoender hoog in die lug gooi. Daar kan jong vroue in die video gesien word wat die man maan om dit nie te doen nie.

JC Meiring, primaria van die koshuis, het aan Maroela Media gesê “hoenderdag” is ʼn jaarlikse geleentheid waar al die inwoners van die koshuis stalletjies het wat kos en drank verkoop en daar ook platejoggies is wat musiek maak vir die dag.

Volgens Meiring is die voorval onmiddellik by die huiskomitee (HK) aangemeld en daar is onmiddellik na die man begin soek. “Dit was ongelooflik bedrywig en vol mense en dit was moeilik om hom op te spoor. Ons het privaat sekuriteit vir die dag gehuur en intussen verneem hy is al vroeër die dag uitgegooi omdat hy moeilikheid gemaak het. Hy het toe self op die een of ander manier weer ingekom.”

Meiring het gesê die man het self die hoender daar aangebring. “Helshoogte se embleem is ook ʼn hoender en ons koshuis het ons eie hoenders waarvoor ons lisensies het. As een van ons manne hom gesien het, sou hulle hom vir seker aangespreek het daaroor. Ons kyk so mooi na daardie diere en is so lief vir hulle. Nie een van ons ouens sou ooit so iets gedoen het nie,” het Meiring gesê.

“Ons het vasgestel wie die man is met behulp van sosiale media. Hy het intussen ook sy Facebook-profiel gesluit. Ons het tesame met die universiteit vasgestel dat hy nie ʼn geregistreerde student van die universiteit is nie. Hy was blykbaar in ʼn skool in die omliggende gebied en baie mense het hom herken. Die voorval is regtig vir ons baie sleg,” het Meiring verduidelik.

Daar is ook ʼn foto wat versprei word waar iemand ʼn sigaret in ʼn hoender (wat soos die hoender in die video lyk) se bek sit. Meiring het gesê daar is onsekerheid oor dié foto maar dat hulle vermoed dit kon dieselfde man en sy vriende gewees het.

Helshoogte het in ʼn verklaring gesê die hoender is veilig en word na omgesien. Volgens die verklaring word dieremishandeling geensins geduld of geregverdig in die koshuis nie. “Die voorval is ook by die Animal Welfare Society en die gelykheidskantoor van die universiteit aangemeld.”

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het luidens ʼn verklaring gesê die universiteit neem kennis van die voorval en bygevoeg dat die universiteit dieremishandeling ten sterkste veroordeel en die voorval sal ondersoek.

https://www.facebook.com/helshoogte/videos/969071086527145/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

M'Lady ·

Hou tog op om geen blaam te neem vir wat gebeur het nie. Helshoogte het die “Hoenderdag” gereel . Studente en drank meng nie lekker nie. Hoop dis die laaste “Hoenderdag”.

Ou Hoender ·

Ek is’n ou Helshoogter, en in my tyd (steeds huidiglik die geval) het ons die hoenders baie goed versorg, daar was tot 1ste jaars wat aangestel is om die hoender haan op te pas.

Hou op om die koshuis te blameer vir die optrede van iemand wat hoenderdag bygewoon het – dit is nie eers Helshoogte se hoender daardie nie. Die persoon wat skuldig is, moet aangespreek word, nie die Koshuis nie.

Wie se skuld is dit? ·

As iemand in ‘n inkopiesentrum ‘n wet oortree (of in die geval ‘n vetgevrete goed versorgde hoender in die lug gooi), is dit steeds die wetsoordreder se skuld, nie die inkopiesentrum sin waar die voorval plaasgevind het nie?

Sies ·

Ek kan aan ‘n hele paar baie lelike woorde dink om die klein twak te beskryf! Ek het geen tyd vir sulke onopgevoede buffels nie. Seker teen die tyd al sy breinselle verdrink

Potch skandaal ·

Toe ek op potch studeer het het ouens (as ek reg onthou pampoenboere) wat in die “smartieboksies” woonstelle gebly het, n volstruis wreed laat verdrink in daardie woonstelle se swembad.

Wiebo ·

Die mannetjie wat die hoender so gooi gee wit mense n slegte naam. Watse opvoeding het die ou gekry. Hoop hy word vasgevat vir sy dade.

Alicia ·

alhoewel ek nie saam dit stem nie, dink ek tog dis net n kind wat nog nat agter die ore is wat aanjaag. is nou nie nodig om hom te kruisig nie, maar ek seker die voorval het hy sy les geleer.

Jaco Labuschagne ·

Presies waar trek mens die streep tussen iemand “wat nog nat agter die ore is”, onskuldige pret en dieremishandeling? Lig ons asseblief in!

Boeremeisie ·

Die Waterkloof 4 was ook nat agter die ore. Selfs Julius Malema was eens ook beksou as nat agter die ore. Almal.is nat agter die ore in hul leeftyd maar almal gedra hulself nie soos gekke nie. Skreeu jy ook “Give him a chance” elke keer?

Diereliefhebber ·

Ek is jammer maar as hy so iets aan ‘n weerlose dier kan doen wat sal hy nie eendag aan ‘n mens of kind kan doen nie. Duidelik kan hy nie sy eie portuur aanvat nie. Hy lyk soos ‘n gevoelose lafaard. Hy is glad nie meer “kind” soos wat jy wil voorgee nie. Hy lyk vir my soos ‘n onopgevoede jong man. Kinders moet van jongs af geleer word om respek te he vir diere.

Alida ·

Daar is geen ander beskrywing as vieslik en barbaars nie. Hoekom moet diere altyd mishandel word. Dit vieslike student ly seker aan ‘n minderwaardigheidskompleks daarom gebruik hy diere om homself te bewys, Smyt hom uit en staak hierdie sogenaamde hoerderdag. Dis belaglik en kinderagtig. Graad 1 kinders het soms meer verstand as ‘n student.

t ·

Ek het nie die video gesien nie, maar het het hy die hoender op een of ander manier seer gemaak? As kinders het ons ook die hoenders in die lug gegooi en hulle het dan maar net gevlieg en ‘n ent weg gaan land. Gewoonlik het die hoender jou so gepik jy kon dit net een keer doen.

Andries Erwee ·

Ek het die video gesien en as jy al ooit n storm in n teekoppie gesien het dan is dit een. N Hoender is n vlieende voël wat die mens in koue sit sodat hy vergeet dat hy kan vlieg. Soos wat n eend swem al was hy nog nie in die water nie so vlieg n hoender as hy moet. Dit was nie n haas wat die ou in die lug gegooi het nie.

Hoender ·

Dis horrible, ons skreeu teen wrede plaasmoorde maar ons EIE mense doen dit aan diere? Is dit regtig nodig? Jy kan nie een dag wreedheid aanvaar en die volgende dag verafsku dit jou nie. Hou op om onskuldige diere te MARTEL, dit is en bly verkeerd.

nannie ·

Alicia volgens jou is hy n kind en nog nat agter die ore? Daar is perke en wat se reels is hy geleer ivm diere? En as hy kan drink en diere mishandel en dit nog op FB plaas moet hy kan vat wat aan hom uitgedeel. Ek hoop hy en sy maatjies word deur die SPCA aangekla.

Estelle ·

Alicia, maar die “kind” wat net nog “nat agter die ore is”, staan baie gemaklik met die glas drank in sy hand?

Annemarie Ferreira ·

Al wat ek nou wil weet is waarvoor word die mannetjie nou eintlik aangekla? Hy gooi die hoender in die lug…..(Hoenders kan vlieg), die hoender land en is dan ook veilig, soos bevestig in Maroela se artikel. Daar word baie mooi vergeet van die ander studente, onder andere die dame wat die hoender wou laat rook het en die mense wat hom drank probeer voer het? Dis nie dieselfde ou wat al hierdie dade gepleeg het nie. Sou hou op die fokus op hom plaas.

Adoons ·

Ek dink ons oordryf hierdie geval so bietjie. ‘n Hoender het darem vlerke en dis nie asof die haan op enige wyse beseer word nie. Toegegee, dis stout van die student. Toegegee, dis onnodig. Maar die erns van die spesifieke geval word bietjie oordryf.

giep ·

Die hoender is okay. Ge e vir die mannetjie straf deur hom by die sSPCA te laat werk vir ‘n naweek of twee. Spits dan julle aandag by ander misdaad soos moord en roof.

Sue ·

Ek neem aan almal wat nou so uitfreak hieroor eet nie hoenders nie? Het julle enige idee hoe wreed word hulle behandel voor hulle in jou KFC bakkie beland?

jaco ·

as hierdie wit student klaar gestudeer het en hulle wonderlike grade het, gaan hulle weens regstellende aksie BITTER MOEILIK werk kry. Raak dus ASSEBLIEF nou reeds verantwoordelik en los julle nonsens.

Paplepel ·

Ek dink hier is heelwat kommentators wat ook maar soos ‘n keffertjie die kar jaag en nie regtig verstaan/weet waaroor dit gaan nie. As die hoender nie seergemaak is nie is daar geen dieremishandeling by nie. Die hoender sou nie eers geskrik het vir die gooi nie, want… hy kan vlieg. Gaan ons nou net so reageer wanneer iemand wit duiwe loslaat by ‘n troue, begrafnis of duiwe wedvlug byeenkoms? Gaan ons die mense van die DBV ook verguis indien hulle ‘n gerehabiliteerde voël vrylaat deur hom in die lug te gooi?
Ek dink Maroela plaas sulke beriggies om mense se liggelowigheid uit te lig. Dis ‘n geraas en geblaas van ‘n ander wêreld. Soos Andries Erwee tereg sê: ‘n Storm in ‘n teekoppie.

Hoendernekkie ·

Ek vertrou dat die jongman se Pa gryp hom aan sy seun se hoendernekkie en gee hom n dekselse pakslae wat hy al in gr 1 moes doen.

Johanna Botha ·

Is dit nou diere rasisme ….maak my die hoenders in …seun dink voor jy doen !

Alida ·

Sommige studente wil maar nie groot word nìe. Dink hulle is snaaks. Kinderagtig en walglik.

popeye ·

RESPEK is hier die wagwoord. Meet die aksie teen respek vir alles wat lewe. Is die aksie natuurlik aanvaarbaar en indien wel hoekom!????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.