Herrie oor ‘gewapende roof’ by Spur

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Nabootsing van ʼn gewapende roof by die San Diego Spur in die Mountain Mill-winkelsentrum in Worcester in die Wes-Kaap het Dinsdag talle inkopiegangers getraumatiseerd gelaat.

Die voorval het omstreeks 09:45 plaasgevind. “Ek het oorkant die Spur by die Mugg & Bean-restaurant gesit toe ek skielik mense uit die Spur sien hardloop het,” het Ina Genade Dinsdag aan Maroela Media gesê. “Daar was absolute chaos. Mense in die Food Court het ook begin hardoop en daar was selfs iemand wat by die Mugg & Bean gegil het.”

Genade het gesê sy het daarna ʼn man sien uithardloop met ʼn sweetpakbaadjie en sy kappie oor sy kop getrek. “Hy het ʼn sak by hom gehad. ʼn Tweede persoon het ook met ʼn sak uitgehardloop gekom, ook met sy kappie oor sy kop getrek en toe ʼn derde man uithardloop, het ek die pistool in sy hand gesien.”

Volgens haar het dit aanvanklik gelyk of die man nog eers na die Mugg & Bean wou hardloop, maar hy het toe agter sy twee makkers aan uit die sentrum gehardloop.

Volgens Genade het een van die kelnerinne in die restaurant aan hulle bevestig dit is slegs ʼn nabootsing, om te toets hoe paraat Spur-personeel sou wees indien ʼn gewapende roof regtig sou plaasvind.

“Daar was ʼn hele aantal pensioenarisse en hulle was baie geskok,” het sy bygevoeg. “Een tannie was te oud, sy kon nie platval toe die man hulle aangesê het om plat te val nie. Sy was baie bang dat hulle haar gaan skiet. ʼn Vrou met haar twee maande oue babaseuntjie het pas ingestap toe die mans geskree het almal moet platval. Sy het met haar seuntjie agter ʼn muur weggekruip en gevrees dat hulle haar kind sou doodskiet.” Een persoon het glo ook ineengestort van angs.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het aan Maroela Media gesê geen saak van gewapende roof is by die polisie aangemeld nie. “Indien dit werklik ʼn gewapende roof was, sou iemand dit al aangemeld het,” het hy gesê.

Die persoon wat Dinsdagaand by die betrokke Spur die telefoon geantwoord het, het slegs gesê sy was nie ten tyde van die voorval in die restaurant nie en kan dus nie kommentaar lewer nie. Sy kon nie die eienaar se telefoonnommer aan Maroela Media verskaf nie en het slegs aangedui die persoon sal Woensdag beskikbaar wees.

Ene Clinton by Spur se hoofkantoor het gesê hulle is bewus van die voorval en dit word ondersoek. Hy het gesê meer inligting sal later beskikbaar gemaak word. Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Maggie ·

Genade dis stupid om so iets aan te vang. Ek loop gewapen rond juis vir so gebeurlikheid! En as ek nou so “gewapende rower” doodskiet? Waarsku asb mense om nooit weer so iets te doen nie!!!

Piet Snot ·

Presies wat ek gedink het.
Hierdie ape het duidelik nie die potensiële gevolge van hul slim oefening deurgedink nie.

Marietjie Knoetze ·

Ek stem saam dat so ‘n oefening gevarlik kan raak. Ek was onder die indruk dat ‘n mens ten minste aan ‘n paar sleutelpersone kennis moet gee van jou voorneme om so ‘n oefening uit te voer, en dan ook nooddienste, soos paramedici, byderhand moet he vir geval van angsaanvalle, hartaanvalle, beroertes of beserings wat mag voorkom. Behalwe vir gewapende klante kan daar nogal ernstige beserings plaasvind as mense paniekerig raak en probeer wegkom.
Dis goed om paraat te wees, maar reel maar die oefeninge met omsigtigheid. Sela

Marlene Marais ·

Ek het n familie lid wat teenwoordig was tydens die episode en glo my ek dink dit was n uiters onbedagsame manier om iemand deur sulke trauma te plaas. Almal kan nou se net wat hulle wil, maar wat as iemand regtig beseer is, wie dra dan die gevolge. Om nie eers te praat van die sielkundige implikasies wat mens opdoen in sulke situasies. Om eerlik te wees ek dink n verskoning is nie goed genoeg nie, dit sal verder geneem moet word en Spur hoofkantoor moet n boete kry vir n duidelike ondeurdagte besluit. N mens sal nooit ooit genoeg voorbereid wees indien so n voorval ooit moet gebeur nie.

Carel ·

Nou wat sou hulle se as die kamma-kamma rowers dood geskiet is deur ‘n lid van die publiek, sekuriteit of Polise?? Die person wat dit beplan het is ‘n swaap!!!!!

Carl ·

Daar is beslis ‘n paar plekke in die land waar die 3 akteurs met swartsakke daar sou uit kom. 1. Een persoon met ‘n speelgoed vuurwapen het dit op persone gerig. Dit is onwettig volgens die Wet op Vuurwapen Beheer van 2000 – dus kan hulle ‘n saak teen hom maak.
2. Ek sal graag wil hoor wat Spur hoofkantoor te sê het.

Cherie ·

Ek kom van Worcester en ken die eienaar persoonlik. EK voel dis die domste ding wat hy nog ooit gedoen het. Ek kan nie glo dat enige regdenkende mens so iets sal aanvang nie. Ek is ongelooflik teleurgesteld in die manier waarop hulle dit hanteer het en sal hulle nooit weer ondersteun nie.

Swanna ·

Eish. Welkom in “AFRIKA”. Die volgende werlike gewapende rooftogte gaan van nou af as “nabootsing” afgemaak word. Maar daar gaan werlik mense beseer word. SPUR moet beslis ‘n verduideliking gee oor hierdie belaglike optrede en sommer beboet word. So iets word deeglik beplan. Sê nou net die publiek het opgetree en daai manne vol gate geblaas wat dan?

Kitty ·

Die eienaar moet vir sielkundige hulp betaal oor sy onnosele waagstuk. Ek stem saam Cherie, boikot sy Spur. Verstaan die man nie watse trauma dit afgee om midde-in ‘n rooftog te wees nie?

Alet ·

Net om seker te maak dat nie ek, my kinders of my familie aan so ‘n trauma blootgestel word nie, sal ons maar vir die volgende paar jaar alle Spur-restaurante vermy!

Anoniem ·

Ek stem nie saam met jul kommentaar nie. Nr 1. Jy kan hoe goed opgelei wees met jou vuurwapen maggie maar gebruik sal jy nie in so situasie nie. Jy sal hom uit haal maar met honderder mense wat voor jou verby hardloop mag jy dalk net n onskuldige persoon noodlottig wond en sit waar die rowers eintlik moet sit. Nr 2. Die realiteit is dat ons in n land van geweld bly en dinge soos gewapende rowe on winkelsentrums besig is om n allerdaagse ding te word, so dit sal goed wees as jy jouself gewis van hoe op te tree in so n situasie. Nr3. Wees die minste, wees kalm, lê plat op die vloer en laat die rower sy gang gaan.

Tjaart ·

Ek is lid van die SAPD. En al is ek van diens dra ek steeds my wapen by my. Indien ek die “gewapende rowers” gesien het sou ek opgetree het soos dit van my verwag word. Om die Publiek te beskerm sou ek die Rowers aangevat het. Ons as lede van die SAPD het n breukdeel van n sekonde om op te tree. Wat sou gebeur as ek my wapen op die “rowers” gerig het en hulle steeds bly vlug het en ek dan een of meer noodlottig gewond het? Ek verstaan dat winkel eienaars prober verseker dat hulle personeel weet wat om te doen. Maar hierdie situasie is volgens my glad nie reg hanteer nie.

Slang van Zyl ·

Party mense drink uit die fontein van kennis….ander urineer daarin. Wat mense nie verstaan nie is dat as hulle nie n saak of sake teen die mense gaan maak nie, gaan niks gebeur nie. Dis hoe ons SAP werk. Mense kyk te veel TV en het n wanpersepsie van hoe ons regstelsel werk. Ek kan nie glo niemand het nog verklarings gaan afle en sake van poging tot moord teen die eienaars gaan maak nie.!!!? Wys jou net weereens. Te veel praters en te min doeners. Slagoffers…as julle hier lees, gaan maak onmiddelik n saak. En moet dat geen SAP lid jou stop om n verklaring af te le nie. Dis jou reg. En hulle MOET dit opvolg. En slegs dan sal hulle betrokke raak.

Chris ·

Dink julle regtig hierdie was ‘n oefening? Ek wonder…ek vermoed anders, is hulle nie net bang hulle verloor kliente nie? Na so aanval kan baie mense wegbly van die restaurant.

zahn ·

Ek is ook van Worcester, glo my, hierdie Spur se kos het so agteruit gegaan die afgelope tyd, selfs sulke kommentaar kan vir hulle van waarde wees..

Slagoffer ·

Ek is ‘n slagoffer van misdade in ons land. Ek is 2 keer in een maand aangeval en is opgeneem in Denmar. As ek in daardie Spur was sou hulle my weer moes opneem vir behandeling en wie moet betaal? Ek sal moet, nie die eienaar wat so stupid was nie.

Lindie Lourens ·

Ek verstaan nou nog nie wat hulle “geoefen” het nie! Het enigiemand gebaat by die “oefening”? Het enigiemand iets geleer of geoefen? ‘n Mens oefen ontruiming van ‘n gebou of enige ander optrede tydens ‘n ramp of gevaar, maar hier is niks geoefen nie. Dit was net ‘n onbeplande optrede wat mense se lewens in gevaar gestel en bedreig het. Genade! Kan ‘n mens so simpel wees?

pop ·

Nee wat na die gedoente van die staf wat gese het hulle spoeg en sit ontlasting in spur se kos het ek hulle al begin vermy. Soms verstom selfs die domste onder ons n mens.

daniel prinsloo ·

Ek het 12 jaar vir kobus en theuns by san diego spur in worcester gewerk ek kan nie glo dat hul toegelaat het dat so iets gebeur nie dis waansin ek hoop die besturder wat dit beplan het is reeds afgedank met n groot boete dink net hoe goed het die spur al die jare gedoen nou gaan hul al hul kliente verloor

Petrus ·

Goeie genade daai kliente sal nooit terug keer spur toe weer of enige een verwys soontoe weer nie

lorayne ·

Dagvaar die Spur vir jou kostes as jy op die toneel was en trauma behandeling moes kry!!!
Hulle is verantwoordelik vir die ongeskoolde arbeid wat hulle aanstel, om te voldoen aan die
B-BBEE status!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.