Herrie oor gratis sportkaartjies

freestate-stadium.jpg

Arfieffoto: bloemfonteinguide.co.za

Olly Mlamleli, burgemeester van Mangaung-metromunisipaliteit wat Bloemfontein, Dewetsdorp, Van Stadensrus, Wepener en Soutpan bestuur, het Donderdag voorgestel dat die metro tussen 1 000 en 2 000 kaartjies vir die Bloemfontein Celtic-sokkerwedstryd aankoop om aan armes uit te deel.

Elizabeth Snyman-Van Deventer, ʼn raadslid van VF Plus in dié munisipaliteit, het daarop gereageer deur te sê die ANC-regering stel slegs in korttermyn-politiekery belang en die beoogde uitdeel van sokkerkaartjies sal bloot dien as deel van die ANC se “desperate verkiesingsveldtog” om aan politieke mag vas te klou.

“Die metro gaan tans gebuk onder ʼn geweldige finansiële nood waar krediteure, soos Bloemwater, nie betaal kan word nie en infrastruktuur verval. Mangaung word tans as die swakste metro in die land beskou en nasionale tesourie oorweeg dit om die metro onder administrasie te plaas,” het sy gesê.

Sy het gesê die inwoners van die metro verdien dienste en ʼn verantwoordelike regering.

“Die metro faal om sy teikens vir dienslewering ten opsigte van watervoorsiening, sanitasie en instandhouding van paaie te bereik. Dit is onaanvaarbaar dat die burgemeester enigsins die koop van sokkerkaartjies oorweeg terwyl daar soveel dringender prioriteite is. Die armes sal meer baat by infrastruktuurontwikkeling en toegang tot basiese dienste as by sokkerkaartjies,” het sy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Henk du Toit ·

Ja-nee swaer die ANC is erger oor n paar stemme as die duiwel oor n siel. Weereens die belastingbetaler in die voorstede wat gemelk word. Ollie asseblief, ons onderhou reeds n gemiddeld van 4.5 huishoudings elk in terme van water en elektrisiteit en betaal deur ons nekke vir water wat weens julle “puik” instandhouding die wereld vol loop. Voorts betaal ons ook vir ingekontrakteerde vullisverwydering. Eendag gaan die koei opdroog dan is daar nie meer nie
Mag ons asseblief weet watter persentasie van die sokker kaartjies in jou sak beland, ons (on)eerbare eerste burger?

Gelukkig is daar darem n silwer randjie om die wolk. Ons belasting betalers is gelukkig nie verplig om sokker te gaan kyk nie. Dan sal ons sekerlik verplig word om vir die 4.5 hanskalwers ook te betaal en drankies asook versnapperings te voorsien. Dit gaan egter n geneuk afgee om my sover te kry om die sitplekke uit te ruk, op die veld te gooi en iets te verbrand. Dit is maar net nie in my aard nie.

Potlood ·

Ja nee kyk… Hoekom doen Olly maak Olly nie bietjie die boompie nat en befonds die kaartjies self nie… Maar daar word mos niks vir mekaar so gedoen nie…

t ·

Êrens in die vêrre verlede was daar ook iemand wat viool gespeel het terwyl Rome gebrand het…

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek is gister in die middestad onderstebo gestamp, en terwyl ek op die grond lê het ‘n man met ‘n balaklava op iets in my sak gedruk en weggehardloop. Nadat ek orent gesukkel het, het ek in my sak gekyk, en? Twee kaartjies vir Saterdag se Bokke versus Engeland game!!! Miskien moet SARU ook oorweeg om kaartjies verniet te begin weggee?

Wollie ·

Haha moenie spot nie.. soos gewoontlik gaan mense in stringe daar opdaag, wetende hulle moet eintlik nie geondersteun word nie

nieBAFUnie ·

Geen verskil tussen ‘n gratis sokkerkaartjie en ‘n T-hemp nie. Stemme kan met enigiets gekoop word.

John ·

… en in die’ Rome spel Drome, is daar nie baie meer om af te brand nie en die eens formidabele opvoerings van weleer in die vergetelheid… en om die snaarsinstrumente aan die wilgers langs die eens skoon spruit te hang sal nie volhoubaar wees nie… inteendeel, draai jou rug en dis… weg soos die regte van die inwoners op vullisverwydering, skoon water en goedkoop krag (met ekstra verhogings juis omdat dit kouer in die’ R-om-e-e is). Tydens die Wereldbeker is kaartjies mos uitgedeel en toe het die Nkandla-debakel mos Zuma se kop geeis en vandag, waar is die vetgesmeerde blitz?.. Steeds op sy vlugtige voete. Dus die vraag: Hoekom nie ook sportbyeenkomste gratis maak nie sodat die stadions gou afgerem kan word soos die res van die stat/land met geen betaling vir vir niks en niemand soos in die oer-oertyd en dan begin ons weer voor.. Die aarde was destyds mos nog plat…?

Hanna Hoekom ·

Gratis sokker kaartjie of gratis t-shirt. Dis gewoonlik al wat dit vat om die stemvee te laat vergeet van die armoede en swak dienslewering die afgelope 24 jaar. Ek dink dis n blink (en goedkoop) ANC plan!

Belaglik ·

DIE MUNISIPALITEITE IS BANKROT MAAR HULLE KAN SOKKERKAARTJIES KOOP? Ag dit is te wonderlik .hulle kan nie water en ligte betaal nie mara darem vir die armes ‘n SOKKERKAARTJIE gee .. die mense se prioriteite is net absoluut deurmekaar en ongebalanseerd . EN DIT MET MY GELD!! Julle gaan hulle in elk geval nie stop nie want as jy die woord armes of agtergeblewenes noem dat is ALLES reg …

HPV ·

So word die belastingbetaler gevange gehou deur absolute onbevoegde bestuur. Die vuilste metro in die land, boonop bankrot. Wat egter kommerwekkend is, is dat die opposisiepartye self niks daaraan kan of wil doen nie, waarom stem mens vir hulle?
Die tyd het aangebreek vir ‘n opposisieparty met tande wat kan byt!

cor ·

Lyk my julle verstaan nie. As die aremste van die aremes die kaartjies verniet kry kan hulle dit mos weer verkoop op die vraag en aanbod stelsel en sodoende kry hulle darem n klein inkomste. Daar is nie meer geleentheid vir werkskepping nie , nou word die stelsel van herverdeling van inkomste net op n ander manier toegepas. Dit is nogal n baie wyse en slim Burgemeester wat julle daar het

Liberaal ·

Los dat hulle self besluit in die naam van vryheid. Liberale waardes bepaal nie meer dat water, elektrisiteit en riolering belangrik is nie, sportafgod en politiekery maak meer geld vir liberale leiers.

Ver links ·

Mayor Ollie it is the best gesture one can make. Give 2000 tickets for free to the poorest of the poor and there should be businesses that can fund this opportunity.

Skepties ·

Dis van te veel gestures en te min doen dat die ANC staan waar hy staan en die swart armes onderdruk word deur die ANC.

Ella ·

My hart huil vir ons land. Wat het ons om op trots te wees?
Swak besluite soos bg laat n bitter smaak in die mond.
Die anderdag het RSG gevra luisteraars moet se waarop hulle trots is toe kom hulle met goed soos rugby, braai, sonskyn, dat ons nog Afrikaans kan praat en ander onbenullighede.
Daagliks word goed afgebrand, word korrupsie links en regs gepleeg sonder enige gevolge en word verwydering tussen mense erger gemaak deur die politici.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.