Herrie oor Mej. SA-hoopvol se twiets

Bianca Schoombee (Foto: Instagram)

ʼn Model is haar kontrak, en hoop om vanjaar die Mej. Suid-Afrika kroon te dra, kwyt nadat sy onder hewige kritiek deurgeloop het vir haar ou twiets, wat as rassisties bestempel is.

Alessandrio Bergman, direkteur van Sync Model Management wat tot Donderdag nog vir Bianca Schoombee verteenwoordig het, het in ʼn verklaring gesê dat hulle saam ooreengekom het dat hul paadjies na dié voorval skei. Al Schoombee se kontrak-veldtogte is ook intussen gekanselleer.

Dié agentskap het Schoombee nog vroeër die week probeer verdedig in die kritiek wat teen haar inskrywing vir die Mej. SA-kompetisie afgevuur is. Hulle het wel later in die verklaring gesê hulle moes haar nie verdedig nie en dat hulle jammer daaroor is.

Sy het Woensdag haar sowat 8 000 volgelinge op Twitter in kennis gestel dat sy vir die gesogte skoonheidskompetisie ingeskryf het, wat vanjaar weens die Covid-19-pandemie aanlyn aangebied word. Kort daarna het mense in die kommentaarveld begin vertel dat sy in die verlede rassistiese aanmerkings gemaak het en teen mense op grond van hul gewig gediskrimineer het.

Die hutsmerk #BiancaMustFall het binne etlike ure ʼn tendens op Twitter geword en dit het Schoombee genoop om haar aan die Mej. SA-kompetisie te onttrek.

Die twiets is verwyder en Schoombee het haar na Instagram gewend om haar stilte oor die herrie te verbreek. Sy het gesê dié twiets is in September 2014 gemaak toe sy 14 jaar oud was, maar sy dat sy nou ʼn ander mens as volwassene is.

Bianca Schoombee (Foto: Instagram)

“Goeiemôre Suid-Afrika. In die lig van my twiets van ses jaar gelde, toe ek 14-jaar oud was, wil ek graag om verskoning vra. Maar ek wil julle ook almal bewus maak daarvan dat ek gegroei het as ʼn mens en dit is nie meer wie ek is of waarvoor ek staan nie,” skryf sy.

Sy sê sy het vrede gemaak met haar verlede deur daaroor te bid en dat sy sosiale media gebruik om haarself te verbeter, om met vriende en volgelinge te kommunikeer en om mense te inspireer.

“Dit is belangrik om jouself te vergewe. Ek hoop regtig dat Suid-Afrika my kan vergewe vir hierdie kinderagtige plasings, want ek het myself vergewe en aanbeweeg,” het sy bygevoeg.

Bianca Schoombee (Foto: Instagram)

Bergman het bevestig dat Schoombee se kontrak beëindig is omdat sy kontrakbreuk gepleeg het.

“Ons agentskap verdra nie enige vorm van rassediskriminasie nie en glo in diversiteit, asook gelykheid. Een van die vereistes is dat ons modelle se sosialemediaplatforms eerbaar moet wees en nie enige bewyse van wangedrag, slegte optrede, naaktheid, vloekwoorde of die gebruik van onwettige dwelms mag bevat nie.

Stephanie Weil, die uitvoerende hoof van die Mej. SA-kompetisie, het vroeër aan die media gesê hulle beoordeel inskrywings eers nadat die inskrywingsdatum vir die kompetisie gesluit het. Weil het benadruk dat geen finalis of semi-finalis by onetiese voorvalle of optrede betrokke kan wees wat die kompetisie in ʼn swak lig kan stel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Jean ·

So paar keer te veel die B woord gebruik op twitter, maar ek glo die N woord was haar ergste probleem wat nou terug kom om haar te byt.

Drico ·

Dit wys jou nou maar net hoe n klugspul hierdie modelwêreld is. Jy mag nie n opinie of n vrye sê hê oor enige iets nie. Jy moet presies sê wat die wêreld wil hoor en dis skynheilig. Moet vir geen oomblik dink daar is vryheid van spraak in die modelwêreld nie!
Sterkte Bianca!

Wondermaarnet ·

Presies. Vryheid van spraak is net vir sekere mense in SA bedoel.

Leeuwyfie ·

Hoe waar Renata ek het nooit eers so daaraan gedink nie.

Nie Verbaas ·

Die ou rasse ding is al so holrug gery dat n mens wil opgooi. Ek is seker die ander inskrywings is almal engeltjies. Die kompetisie kom voor of dit in elk geval n klug is.

Alleen Wolf ·

Dis reg Sync Model, hou haar verantwoordelik vir komentaar toe sy slegs 14 jaar oud was, julle is siek rassiste in eie reg, ek hoop julle is een van die ondernemings wat nie Covid 19 finansieel oorleef nie.

LM ·

Hoe erg moet dit wees om so bitter te wees om onheil op ‘n ander te wens.

skinderbek ·

Indien jy wit is het jy geen Vryheid van spraak nie, dit word daagliks bewys.

Henri ·

Nou ja. As jou onvolwasse kinderdae jou inhaal is dit die vrugte wat jy daarvoor moet pluk. Haar optrede om te onttrek is pysens waardig. Die lewe is soos n suigstokkie, hard maar lekker.

Wondermaarnet ·

Henri, jy was seker volwasse op 14? Die lewe het jou seker ryp gedruk, foeitog.

Wonder net ·

As ek nou die werke so kyk het hy nog nie groot geword nie :-)

Riaan ·

Moet asb nie ‘n sekonde se slaap verloor nie Bianca. Wil jy regtig ‘n ambasadeur wees vir ‘n land wat sê dit is wettig om teen witmense te diskrimineer.

Wonder net ·

Dis maklik om daaruit te kom…. se net iemand anders het die posts geplaas om jou ‘n poets te bak en laat iemand ‘n rap video daarvan maak. Problem solved… o ja en onthou om sorry te sê… dis belaglik. Dit was 6 jaar terug. Al die ander het seker “clean slates” of was hulle aanmerkings dalk net nie op sosiale media nie….

Sarel ·

Wasr gasn die wereld heen as jy geoordeel word oor jou dade as kind. Tot waar en wanneer moet mens dan ‘n.prys in die land betaal. Wie is reg .. diexwat gedurig veroordeel.of die wat menslike foute maak

RB ·

Ek verwonder my dat enige persoon nog reken die Mej.SA kompetisie is n ‘gesogde’ een en dit sien as ‘n eer om diè kroon te dra.
Nee wat, jy het baie beslis nie diè kompetisie se kroon nodig om n verskil te maak nie.

Wat die agentskap betref – julle het voete van klei! As jy nie eers in hierdie land iemand kan verdedig vir uitlatings gemaak in ‘n tyd waar hulle nog vis nog vlees is, is julle nie werd om modelle te verteenwoordig nie!

Onthou hierdie insident wanneer julle modelle opdroog.

Boortor ·

Hierdie ” kompetisie” moes lank terug al gestaak gewees het. Niemand stel meer daarin belang nie en is totaal irrelevant. Definitief nie soos jare terug nie.

LM ·

Hoe is dit irrelevant as SA die laaste paar jaar so goed gedoen het in Mej Wêreld en Heelal??

JohanR ·

Twitter het in 2006 weggespring. Sal iemand nou die tyd maak om na elke wit Mej. Suid Afrika vanaf 2006 te kyk en sien wat hulle op Twitter kwyt geraak het. As ‘n wit Mej SA gesien is om rassisties op Twitter te wees, sal sy dan haar kroon kwyt wees? Maar ek wil ook net se wees baie baie versigtig vir Twitter. Dit kan jou hele lewe verwoes!

capie ·

Die arme meisie het al op 14 rondgekyk, vrae gevra en haar mening uitgespreek, wat op 14 miskien nie altyd die regte gevolgtrekking was nie, maar sy het geleer om vir haar self te dink. Ander weer gaan met halftoe oe deur die lewe en se na ja en amen op alles. Sy was verkeerd op 14 en vra verskoning daarvoor en is reg. Die agentskap val nou weer in die kategorie van die ja en amen broers en dit is om van te braak. Moet nou gat kruip vir die vale sodat hulle seker ook hulp van die kommuniste kan kry. Sorry girl, jy is wit, maar jy is pragtig en volwasse.

Termiet ·

Wonder of swart modele se geskiedenis so noukeurig nagegaan word?

LM ·

Ja, twee ander dames se Twitter-geskiedenis is ook deurgegaan – kyk vir Oneida en Zizile.

Pieter J ·

Die wit meisies wat deelneem mors in elk geval hul tyd. Skoonheid en intelligensie tel nie meer nie maar wel jou velkleur.

Althes ·

Word sy nou aaangeval vir iets wat sy op 14jarige ouderdom gesê het? Hoe absurd en belaglik!!

katerinadiekat ·

Ja want sy is wit. As sy swart was sou hulle dit net afgemaak as n kinderagtige opmerking, en die swart dame sou nog steeds kon deelneem.

Alexz ·

As hulle jou WIL nail, sal hulle tot iets soek wat jou oer-oupa grootjie gesê of gedoen het!

Jaco ·

ek het die een rassistiese opmerking op ‘n ander website gesien en regtig, in die jaar 2014 was sulke opmerkings DEFINITIEF nie meer aanvaarbaar nie. En ja, selfs ‘n 14jarige kind sou dit in daardie tyd reeds geweet het.

Jessey ·

Toemaar Bianca, jy het klaar gewen.

#Biancamustriseabovethis

MakersMark ·

Die gespuis sal alles probeer om haar uit te kry sy is in elk geval mooier as die wat wil keer dat sy deelneem.

Jack ·

En die rassisme wat sy na bewering gepleeg het word net via innuendo “bewys” . Dan het ons natuurlik ook die verskynsel dat enigiets waarvan die linkses nie hou nie as rassisme en/of diskriminasie verklaar word, net om hulle politieke agenda te pas.

Susan ·

Pragtige meisie wat beslis ‘n goeie kans sou staan om dalk te kon wen? Ek weet nie wat sy presies op 14 jaar op sosiale media kwytgeraak het nie, máár die feit dat dit so lank gelede gebeur het het mos geen toepassing op die mens wat sy vandag is nie? Die persoon wat die ou koeie uit die sloot gekrap het is tien teen een ‘n jaloerse naywerige persoon wat dalk self sou wou inskryf as finalis? Dis hartseer dat daar mense en instansies is wat ander niks gun nie.

Krappie ·

Hoe wil jy n tiener verantwoordelikheid vir hulle buite weste optrede, belaglik, seker omdat sy blank is. Is AL die ander so heilig of dalk net nie blank nie

andre ·

Ag.. wie in elk geval steur hom nog aan mej.Suid Afrika..weet nie eers meer wie gewen het nie…dit is n onbelangrik…dit laat my dink aan n skaap veiling..

Andre ·

Alles en almal is mos aanvaarbaar en gelyk, behalwe vir sommiges.

Anton Bisschoff ·

Belaglik! Sy was n kind toe sy daai”ge-twiet” het! Mense verander….

Danie ·

Gaan oorsee en maak baie geld daar, Suid Afrika raak by die dag `n groter sirkus.

Marthinus Johannes ·

En haar eie twitter aanhangers byt haar aan die agterent. Heel moontlik n jaloerse eks vriendin.

MAGRIETHA ·

Belaglik almal maak foute en sy het dit reggestel ander steek dit weg sy jonk en moet n kans gegun word

madels ·

Ag hoe kleinlik! Maar mense moet asb ophou om idioties te wees en hul harte op sosiale media uit te basuin! Glo my daar is soveel haat wit teen swart en swart teen wit wat elke nou en dan heeltemal oorborrel. Ongelukkig sal jy nooit vir iemand anders kan besluit hoe hul mag voel en nie voel nie of wat hul mag se en nie mag se nie maar mense! maak nie saak hoe oud jy is nie, jy sal boet vir wat jy gedoen en gese het. Te veel mense is vol opinies en hou daarvan om hul stem dik te maak. SA! Asb word nou bietjie wys en hou op om soos idiote op te tree!

Nico ·

Die gevolgtrekking is duidelik: Die ideologie van “rassisme” is bedink as teenvoeter vir nasionalisme rasse trots. Want nationalisme en rasse trots is die groot teenvoeters en teenstanders van die Kommunisme en hulle liberalistiese meelopers. Die ideologie van “rassisme” rus op haat vir witmanskap, soos die Kommunisme die verklaar het. Dit verklaar waarom daar klaarblyklik net Blanke “rassiste” kan wees maar nie ook Swart “rassiste” nie. Dit verklaar ook hoekom ‘n “Black Lawyers Association” nie “rassisties” is nie, maar indien enige Blank organisasie geskep word, dit as “rassisties” beskou word en boonop deur die Handves van Menseregte verbied word.

Susan ·

Nou vir wat het sy toe ni daai tyd di tweets verwyder ni? Moes sy dit nou juis hou en vir wat en nou kom byt dit haar na al di jare. Wel nou te laat

Niklaas ·

Daai kompetisie is nou afgesaag en het nie meer die glans van vroeër. Twiets kan skadelik wees vir enigeen wat dit skep en dis jammer dat dit nou teen haar gebruik word.

LM ·

Hoe kan kompetisie afgesaag wees as die laaste paar Mej SA so goed gedoen het internasionaal?

LM ·

Maroela Media, dateer asb hierdie artikel op met Oneida Cooper en Zizile Mthembu se stories vir gebalanseerde beriggewing oor hierdie geval. Kan nie glo dat mense verskoning maak vir kuberboelies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.