Herrie oor minderjariges wat 200 dae in volwasse gevangenis deurbring

Argieffoto

Argieffoto

Die sentrum vir kinderreg in Suid-Afrika het onlangs die Bisho Kinder- en Jeugsentrum in Port-Elizabeth voor die hof gedaag nadat ʼn ondersoek daarop gedui het dat agt minderjariges vir meer as 200 dae onwettig én sonder enige besoekregte, in die volwasse afdeling van die Mddantsane-gevangenis aangehou is weens swak bestuur en haglike omstandighede by die Bisho-sentrum.

Volgens ʼn verslag wat voorgelê aan die hof is en ʼn artikel op die webwerf Groundup, het die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling glo dié agt kinders na die gevangenis verskuif omdat personeel by die Bisho-sentrum glo “nie die kinders kon bestuur nie”.

Dié minderjariges is deel van ʼn verhoor in die Grahamstad-hooggeregshof.

Volgens die verslag wat die Sentrum vir Kinderreg aan die hof voorgelê het, het die Bisho-sentrum nie daarin geslaag om die kinders in ʼn geskikte omgewing te plaas waar hulle versorg en gerehabiliteer kan word nie.

Die Sentrum vir Kinderreg het in die hof aangevoer dit is totaal onaanvaarbaar vir die kinders is om in die Mddantsane-gevangenis aangehou te word, veral ook omdat die Grondwet in artikel 28 bepaal kinders mag nie aangehou word nie, behalwe as ʼn laaste uitweg en spesiale regte geld vir minderjariges.

Die verslag het verder aangedui daar was gebrekkige kommunikasie en interaksie tussen die jeugsorgwerkers en die kinders, daar was geen gestruktureerde individuele berading vir enige van die kinders nie en die werkers in diens van die sentrum was nie voldoende oplei nie.

Kinders wat reeds graad 9 voltooi het, was ook uitgesluit van enige verdere opvoedkundige programme en geleenthede. Ander kinders wat nie graad 9 voltooi het nie en nie daarin kon slaag om ʼn sogenaamde aanlegtoets te voltooi nie, is ook van die akademiese kurrikulum uitgesluit.

Die verslag het ook onthul kinders is gereeld in isolasie geplaas as ʼn sogenaamde straf, ten spyte van die feit dat die onwettig is.

Hoewel die omstandighede by die Bisho-sentrum power was, is die kinders by die Mddantsane-gevangenis in nóg erger omstandighede gedompel. Hulle het gevangenisnommers gekry en is nie toegelaat om enige besoekers te ontvang of om kos by die snoepie te koop nie.

Die Sentrum vir Kinderreg het eindelik ingegryp met ʼn hofaansoek om die kinders se hofaansoeke te hersien en aangevoer die vonnisse moet vervang word met ʼn waarskuwing, aangesien die kinders reeds tyd in haglike omstandighede deurbring het. Hulle het as alternatief voorgestel dat die kinders spesiale programme en rehabilitasie ondergaan.

Die aansoek was egter onsuksesvol. Die hof het egter beveel dat die kinders opnuut deur ʼn landdros gevonnis moet word.

Sommige van die kinders word tans aangehou in die Craddock-gevangenis en moet vir ʼn onbepaalde tyd wag om verhoor te word.

Die Sentrum vir Kinderreg het vroeër in September gesê hulle sal alles in hul vermoë doen om die kinders by te staan en die saak verder te voer.

Bron: GroundUp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Justice ·

Dit is nie minderjariges nie. Hulle is kriminele wat gesteel en gemoor het. Hulle is groot genoeg om droog te maak maar word weer onskuldige kinders as dit hulle beter pas. Weg met mense regte. Mense regte is die grootste probleem in ona samelewing!

Sannie ·

Dit is vandat kinders regte het dat hul maak wat hul wil. Geen slae want dit is mishandeling. In my tyd was n pak soos brood en konfyt vir n kind. Vandag se kinders het geen respek vir niemand nie. Bring lyfstraf en die doodstraf terug en ons land gaan n betr plek wees.
Ek stem saam kinders moet nie SAAM met volwassenes in die selfde sel wees nie maar hou hul eenkant in n “kindersel”. Al die skelms weet kinders kom niks oor nie en daarom dat kinders gebruik word vir dit wat teen die wet is. Baie ouers kan hul kinders nie beheer nie. Jammer my kinders en kleinkinders respekteer my en slae het hulle gekry. Elke vakansie kom kuier die kleinkinders en dit is n gehuil as hulle terug huis toe moet gaan. Nee daar word nie onnodig slae uitgedeel nie. Net as dit nodig is. Ek moet darem ook bysê ouma hoef nie meer te slaan nie. Eenkeer se praat is genoeg!

Columbiana ·

Geluk Sannie. Weet jy hoekom praat hulle nie meer terug nie? Want jy het hulle in submission in gefoeter. Violence begets violence onthou dit. As jy dink dit het gewerk good for you maar wens julle wil ophou met hierdie vandag se kinders kry nie genoeg slae nonsens. Daar is hordes kinders wat nie gefoeter word nie en hulle is produktiewe volwaardige mense. Jy hoef nie jou kind te foeter om hom te kry om te doen wat jy wil nie. En voor daar weer gesanik word ek het niw kinders nie. Snert man my kinders al 4 van hulle is well balanced respektvolle mense.

Kiepie ·

My kinders is beginselvaste jong volwassenes met goeie morele waardes en respek vir hulle medemens ongeag ras, geslag of ouderdom. En weet jy wat Sannie, ek het nie een keer nodig gehad om my hande vir hulle te lig nie. Ek begryp nie hoe jy medemenslikheid, verdraagsaamheid en respek met ‘n rottang, houtlepel of beld verkondig nie.

Daniel ·

Ek stem saam ‘n pak slae werk julle liberaliste sal nog die vrugte pluk van geen dissipline, vat seker net sy foon of tv weg ne? Julle sal sien

Mnet ·

Ek weet nie waarvoor die kinders in aanhouding geplaas is nie maar as mens lees waarvoor kinders deesdae aangekla word byv vyf kinders verkrag n hond, drie twaalfjariges verkrag baba ens. 16 jarige en 15 jarige skiet vrou dood en steel haar kar – dan kan hulle maar aangehou word in n gevangenis want hul wil “grootmensdinge” doen (onaanvaarbare dinge in elk geval).

My opinie ·

As hulle volwasse genoeg is om kriminele dade uit te vier soos verkragting, aanranding, inbrake moord en kapings is hulle volwasse genoeg om dieselfde straf dienooreenkomstig opgelê te word en in dieselfde fasiliteite aangehou te word. Dit sal dalk as afskrikmiddel dien vir toekomstige kriminele. Geen toegewings vir kriminele van watter ouderdom. Buig maar daai jong boompie

Weeskind ·

Sannie, jou kommentaar getuig van uiters gebrekkige insig en geen empatie nie. Hierdie kinders is nie kriminele nie, sover ek uit die berig kan aflei. Deur hulle aan ekstreme gevangenis-toestande te onderwerp sal hul eerder in geharde kriminele verander. Hierdie is kinders wat bes moontlik rehabiliteer kan word-seblief: betoon tog bietjie genade!

Cherokee ·

Jy vat ‘n kans. My afleiding uit die berig is dat hulle kriminele is en daarom het die aansoek dat hul reonkstarf ‘n waarskuwing moet word, nie geslaag nie. Jy sal moet stadiger lees en verstaan wat jy lees.

Daniel ·

As hulle nie kriminele was nie sou hulle nie in die tronk wees nie, te veel kinders kom weg met misdaad omdat hullle dink hulle dink hulle gaan wegkom oor hulle ouderdom, gee nie ‘nhel om oor die mense wat deur hulle misdaad geraak word nie. Kan bly wees hulle is nie geskiet of iets nie

ELAINE ·

Wat van die kinders wat daai vroutjie doodgeskiet het vir haar kar moet hulle tee en koekies kry moet ons hulle inboek in ‘h hotel en royal treatment gee en sê ag moenie warry nie more kan julle dit maar weer doen maar wat van haar eie kinders wat sonder ‘n ma moet groot word en haar familie wat haar teruste moet lê wat van hulle ??

Dereck Le Roux ·

As “kinders” by misdaad aktiviteite betrokke is en die voetspore van hulle hardebaard mentors navolg is daar nie fout of probleem om saam met hul mentors opgesluit word nie, die vrou van Port Elizabeth wat deur kinders vermoor en gekaap was sal nie enige regte kan geniet nie terwyl die jong skermunkels hulle lewens en grondwetlike regte geniet net omdat hulle nog jeugdig is, geen simpatie met hulle nie.

Corrie ·

Ek stem saam. Elke mens het ‘n keuse en elke mens het die basiese riglyne tussen reg en verkeerd. As die “kinders” kies om ‘n kriminele daad uit te voer moet hul maar die straf dra. Hulle is nie kinders wanneer hul onskuldige mense verkrag, vermoor of aanrand nie.

Alida ·

As hulle kriminele dade gepleeg het moet hulle die gevolge dra. As jy wil grootmens wees moet jy maar vir jou kry. If you do the crime you do the time!

KarooKlong ·

Dit is seker van mooi praat en ja en amen deur sommige ouers dat daar soveel jeugdiges in gevangenisse is. Daar is waarskynlik nie meer oop plekke in die rehabilitasie sentrums vir jeugdiges nie vandaar die aanhouding in gewone (ook oorvol) tronke.
Baie geluk aan die ouers wat engeltjies gebaar het. Deel die resep met die ouers met afvlerk engeltjies.
My klong het al met ‘n paar geleenthede my bedank dat ek hom nie soos ???? en ???? se pa groot gemaak het nie.

sarie van heerden ·

As my kind 200 dae in die tronk sit sal ek sekerlik ‘n poging aanwend om hom daar uit te kry MITS ek moederlik dankbaar is dat hy DAAR sit en nie by MY huis kwaaddoen nie want as hy oud genoeg is om te steel, moor, enige kwaad te doen is hy oud genoeg om gestraf te word.

sarie van heerden ·

Is meeste van hierdie kinders se ouers en bekendes nie dankbaar dat hul veilig weggesluit is nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.