Herrie oor nóg ʼn student se Swart Maandag-uitlating

Nokuthula Ligege. Foto: Via Facebook

Die VF Plus eis dat stappe teen Nokuthula Ligege, primaria van Huis Wag-ʼn-Bietjie-koshuis aan die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV), gedoen word ná ʼn beweerde sosialemediaplasing.

“Like…All this killing wouldn’t be necessary if you had just GAVE BACK THE LAND!!!!” [sic], het sy glo op haar WhatsApp-status genoem in reaksie op Maandag se landwye Swart Maandag-betogings.

“Sulke verdelende en rassistiese uitsprake, soos dié van Ligege, wat haat en geweld aanblaas, ondersteun, regverdig en voorstel is onaanvaarbaar in ʼn vry en demokratiese samelewing en moet veral nie deur ons land se hoëronderwysinstellings soos die UV geduld word nie,” het Tammy Wessels, VF Plus nasionale jeugleier, gesê.

Wessels het gesê die VF Plus het ʼn amptelike skrywe met betrekking tot Ligege se uitlating gerig aan prof. Francis Petersen, die rektor en vise-kanselier van die UV, waarin daadwerklike dissiplinêre optrede teen die student geëis word.

Die plasing het van haar medestudente ontstig en hulle het dit aangemeld.

Lacea Loader, woordvoerder vir die UV, het Saterdag by navraag aan Maroela Media gesê die oomblik toe die UV-bestuur bewus geraak het van Ligege se WhatsApp-status, is daar dadelik met gesprekvoering opgetree en sy het gevolglik die plasing verwyder.

“ʼn Proses van herstellende geregtigheid is tans aan die gang en die nodige ondersteuning word voorsien aan studente wat deur die voorval geraak is. Dit is belangrik vir die UV om hegte verhoudinge in ʼn diverse studentegemeenskap te handhaaf en te bevorder. Daarom word enige voorval waar verhoudinge skade kan lei, met die nodige sensitiwiteit en dringendheid hanteer,” het Loader gesê.

Loader het gesê ʼn multikulturele omgewing word in koshuisgemeenskappe gehandhaaf deur diverse studente saam in koshuise te plaas. “Dit is egter belangrik dat studente in koshuise ʼn hegte gemeenskap vorm. Daarom word daar gereeld gesprekke oor gedeelde waardes gevoer en ook hoe om hierdie waardes met elke koshuis se unieke simbole, sisteme, tradisies en gedragspatrone te belyn. Gesprekke fokus ook dikwels daarop om stereotipiese denke aan te spreek en te verander.”

Sy het bygevoeg gesprekke oor kwessies word deur die UV aangemoedig en debatte word dus van tyd tot tyd oor aktuele onderwerpe gevoer. Hierdie debatte word gewoonlik deur ʼn UV-personeellid gefasiliteer.

“Dit is vir die universiteitsbestuur belangrik om situasies soos hierdie met die nodige dringendheid en sensitiwiteit te hanteer. Daarom word die proses van herstellende geregtigheid gevolg. Hierdie proses sal bepaal wat die aard van die stappe sal wees wat vorentoe gedoen sal word,” het sy bygevoeg.

Stappe word ook geëis teen Phomolo Maoba, ʼn derdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU), wat in reaksie op Maandag se protesaksie glo op Facebook gesê het: ““Om swart te dra sal niks help nie, want julle sal vermoor word nes jul baas Terreblanche.” [sic]

Talle sosialemediagebruikers het dié opmerking met verontwaardiging bejeën, dit as rassisties bestempel en van die NWU geëis om stappe te doen aangesien sy aan dié instelling se Potchefstroom-kampus studeer. Sommige gebruikers het ook met haatspraak en dreigemente gereageer.

Prof. Fika Janse van Rensburg, adjunkvisekanselier van die Potchefstroom-kampus van die NWU, het Dinsdag bevestig die NWU is bewus van die eienaar van die Facebook-blad se uitlating en die nodige maatreëls word getref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Andre ·

En die liberaliste se kommentaar op hierdie geval is …????

Carel 2 ·

En waar is pienk frikkie de klerk met Al die miljoene wat hy gekry het om ons uit te verkoop? Kom FW fix jou gemors……jy is Baie still Mr verraaier….

Wickus de Bruin ·

Alles wat ek besit is hard voor gewerk. Ek het niks by niemand gesteel of iemand sinneloos vermoor vir grond of n selfoon nie. Ek hoop net dat hulle ook aangekla en skuldig bevind word aan hulle uitlatings. Die soort uitlatings veroorsaak haat en indien dit nie gestop word nie, die gevolge daarvan nie goed kan eindig nie.

Pieter ·

@Carel 2….FlatWheel sal niks sê nie want hy is heel veilig waar hy is

Erika Potgieter ·

People came together and prayed. They didn’t break anything. They didn’t burn anything down. And you have a problem with that?

Leahim ·

Carel 2 ek stem fw sit nou in n 30 miljoen rand huis in die die duurste voorstad van Kaapstad omring deur wagte wat hom beskerm waneer word n ondersoek na hom gedoen ek plaas hom en Zuma as presies dieselfde net hulle velkleure verskil

Petrus ·

Ai tog, wanneer wil swartmense ophou met hul grond teruggee stories. SA was nog nooit die eiendom van enige swart stam/volk nie. Hulle het vanaf sentraal Afrika suidwaarts getrek en mekaar hier ook vermoor en verjaag. Hoekom woon die Sotho’s in die berge? Hul het hulself van ander swart stamme geskei en beskerm, nie van witmense nie.

Jack ·

Die voorpraters soos Malema laat die temperatuur styg. Ons sit op ń kruitvat. Die doel agter plaamoorde is minstens nou ontbloot. Die boere sal nie bang gepraat word nie. Politieke en geestelike leiers moet hierdie klimaat ontlont voor die noodwendige teenreaksie. Dit bly immers ń uitnodiging vir enige boelie as hy sien sy slagoffer is bang. En die boere sal nie geboelie word nie.

Anoniem ·

Geen genade, straf haar, wat weet Sy, Sy moet leer en haar koshuis bestuur en Sy is nie daar om politieke uitlatings te maak nie BEPAAL JOU ASB BY JOU STUDIES

RÊRIG GAAN SY OOK NET JAMMER SÊ EN NIKS OORKOM NIE !

DUBBELE REËLS

Rooijan ·

Sy het nog nie jammer gesê nie. Lacea Loader en die res van die UV se bestuur het haar gou gou huis toe gestuur. Nou gaan hulle wag vir die herrie om te bedaar en dan gaan sy net voort volgende jaar sonder enige gevolge. Die MRK gaan ook niks doen nie. Die studente wat die saak aangegee het moet egter pasop want hulle word beskou as die wit rassiste wat die swart primaria aangegee het.

Johanna Botha ·

Aan wie …die Koisan ? Wat n dom uitlaating as jy nie eers die geskiedenis ken nie !

UV is rassisties? ·

As dit ‘n blanke student was, was sy nou al van die kampus af sonder gesprek?

Asmain ·

Presies, blanke studente word onmiddellik geskors hangende n ondersoek maar as die skoen aan die ander voet is, wiod “debatte gevoer”. Dis kotsenswaardig!

Basjan ·

Asmain, ek gaan jou uitdrukking “kotsenswaardig” ‘n bietjie leen in die toekoms. Nogal ‘n raak beskrywing oor hoe ek ook oor die aangeleentheid voel.

j d ·

Waar val sy uit met die ideologie ? Ek kan maar net my hande saamslaan.Wat sy nou eintlik se is maak die boere dood want ons mag nie n plaas besit nie want dit wat ons het dit is gesteel.Wat ek vir jou se ek sal veg tot die dood vir my grond.

Sarkasties ·

“Ten minste word hierdie aangeleentheid met die nodige sensitiwiteit hanteer”. Hoe sensitief sou dit hantering wees as die skoen aan die ander voet was? Skreiend!!

Kobus Nieman ·

Is sy onthef as Prim? Is haar beurs al gekanseleer? Is sy geskors uit die koshuis? Is sy al geskors van alle Univ. aktiewiteite? Seker nie een van vooraf gaande nie. Was dit n wit meisie , is sy al weggejaag. Dit maak my bloed kook.

Bernard ·

Hul gaan haar seker piets op die hande, oh nee wag, mens mag dit nie eens doen nie!

Louwboepens ·

Die universiteit moet haar onmiddelik onthef as Primaria en dan verdere stappe teen haar neem.Lacea Loader sê n multikulturele omgewing word in die koshuise gehandhaaf,Hoe kan hulle toelaat dat `n rassis die Primaria pos beklee?

Liberaal ·

Ek sien Nickolaus Bauer is weer terug op eNCA, asof niks gebeur het nie. Hy blaas die vuur van rassehaat aan, met leuens en valse aantuigings, sonder enige gevolge.

Chris Ws ·

Beide studente moet onmiddelik geskors word hangende volledige ondersoeke en gepaardgaande disiplinere stappe.Sou blankes sulke oortredings begaan het sou hulle summier geskors gewees het.

Ali ·

Wat weet sy van boerdery? Hoop haar beurs word teruggetrek, dan kan sy begin terug betaal aan die res! Sy is hopelik van kampus afgesit! Daardie stukkie grond kan sy gee vir ‘n student wat dit nodig het en verdien. Kom ons kyk hoe gewillig sy is om haar voorregte prys te gee…,

Cathy ·

Dit is net regverdig dat sy geskors word. Die studente wat hul gesigte swart geverf het, was dadelik geskors, Penny is baie swaar beboet en moet nou vlug vir haar lewe oor n aanmerking wat sy gemaak het en mense wat vreedsaam aan die swart maandag optogte deelgeneem het, wors ou vervolg omdat hulle die ou SA vlag omhoog het en nder vir sogenaamde verkeersoortredings, net omdat hulle niks onwettigs teen die optog gangers kon kry nie. Ons vlag en volkslied besorg hulle glo pyn, maar wat moet ons se.van al ons mense wat hulle vermoor en die vryheidslied wat hulle sing en Malema se uitlatings, en enige ander wit student wat sulke uitlatings gemaak het, sou onmiddelik geskors word. So ek dink die 2 studente moet albei geskors word en hul beurse ingetrek word en n voorbeeld van hulle gemaak word. En as Malema en BLF wil inmeng, gee hulle ook n kes en kry n lasbrief om hulle te verbied om weer op die kampusse te kom

Johannes van Staden ·

Sê baie van die kalieber van n student ..wat leer hulle daar ….NIKS en nogal n primaria. Sy is verseker 100 % reg vir die parliment !

foxi ·

Watter grond wil hulle nou hê? Sê net, dan as dit moontlik is, gee ons dit vir julle. Maar as julle dit gekry het…wat gaan julle daarmee maak? Dink bietjie mense……
Soos hulle sê……..as die maan vol is………..kom die storms.

HPV ·

Ja en FW de KLerk en Roelf Meyer is so stil soos muise met slippers. Hulle is al vir meer as 20 jaar afwesig.

Loeis ·

Die ander politieke partye is ook stil hieroor. Daarteenoor is dit VF+ wat vir ons regte opstaan.

Callie ·

As sy en die ander een nie onmiddellik verwyder word nie moet Swart Maandag by daai universiteite herhaal word 3n hulle moet verwyder word.

Stelling ·

Dis werklik so hartseer vir “ons” mense. Mens het een lewe en kyk wat hou die toekoms in vir ons minderheid. Dis jammer dat mens in vrees moet lewe dag in en dag uit. Mense hier is nie hulp oppad van oor die waters nie, ons is aleen in die stryd. Dis net tyd totdat als tot niet gaan tot daar niks meer oor is nie, van ons en van “ons” geliefde land. Daar is geen omkeerpunt nou nie.Hou jul tussen jul mure, wees paraad en versamel as gesin in gebed. Die “zombie apocalypse” is met ons.

Kosie Kramer ·

Carel2 en HPV: ek was 26 jaar staatsamptenaar; 13 jaar NP, 13 jaar ANC. FW het `n staatsmanbesluit geneem om `n bloedbad te voorkom, wat deur Moskou en Washington gefinansier was. Ons sou ekonomies geknak word deur die Weste, en julle sou FW vandag verkwalik het oor al dit. Ons wittes het besonder lig daarvan afgekom. Praat bietjie met swartmense oor die misdaad in die townships; hulle leef in vrees.

CHRISTA ·

Kosie, ek wil net weet of Carel2 en HVP weet dat daar EERS ‘n referendum gehou was en dat dit nie NET FW en PIK se besluit was nie. Dan moet hulle ALMAL wat JA gestem het ook kruisig!!!

Ek ·

Is dit ons wat hulle bangmaak of waarom leef hulle in vrees. Dit is 26 jaar na apartheid, wat terloops ook ‘n Britse skepping is, en die swartes wat nou die lans regeer en besit, leef in vrees in swart woonburte wie maak hulle bang? Moennie nou de Klerk en sy trawante wil.kom beskerm nie. Ons gewone burgers is moeg om belieg te word dit was ook nie Rusland wat ons bedreig het destyds nie, maar wel die britte wat de Klerk hulle omgekoop het tesame met Mandella en sy spul

HPV ·

Werkgewers behoort sulke studente se werkaansoeke summier af te keur. Geen besigheid behoort sulke mense in diens te neem nie.

Johan Steyn ·

Om ‘n plasing te verwyder verander nie hoe sy dink nie. Sy moet geskors word soos blanke studente.

Kat ·

Stop beurse aan hierdie Universiteit totdat sy geskors is.Slegte voorbeeld van haar as Primarius aan honger studente.Sy moes al reeds verwyder gewees het.Waarom die oponthoud? Jansen se nalatenskap?

Alma Hiepner ·

Nog 1 wat daar is met ons belasting geld. Nog ‘n “free-born” wat nie ‘n idee het dat as daar nie boere is, is daar nie kos!Komaan skors haar… Maak plek vir iemand wat ‘n verskil wil maak in ons land. Nie iemand wat niks waardeer of geen respek het vir dit wat die afrikaners op ‘ n skinkbord vir hulle gegee het nie!!!!

Blinktoekoms ·

Briljant Alma Hiepner.
Daar is Christen nie-blankes ook m.a.w. die wat westerse vrye denke aanhang.

Maak plek vir hulle dan kan ons n toekoms bou.
As ons dan ons hardverdiende geld en land moet saai dan saai dit ten minste in mense wat n vrye bestel onderskryf.

Barnard ·

Hou die beurse aan die Universiteit terug wat deur private instansies geskenk word totdat hierdie rassitiese student geskors is.Sy het groot skade aangerig.Hoe moet mede studente voel wat veral n koshuis met haar deel?Neem hulle in ag.Weerhou die beurse.

Graham ·

Weereens ‘n geval waar Sosiale media misbruik word. Ek se nog altyd dat politiese kwessies NIE op Sosiale platforms hoort. Elk is geregtig op sy/haar opinie ja, maar dis nou glad nie nodig om dit aan die wereld te uiter. Nog minder indien dit moontlik kan aanstoot gee.

Rasse-spanning loop hoër as ooit tevore in ons land – sulke nonsens, ongeag WIE dit plaas, kan en moet nie geduld word. Ek stem 100% saam, gee die student die gepaste straf en maak ‘n voorbeeld van haar.

Wonder net ·

Ek lees alles en ek sien alles. My probleem is dat ek nooit enige terugvoer sien ivm wat hierna gebeur het nie. Kan Maroela nie asb bietjie vir ons opvolg hieroor en of toepaslike stappe soos in geval van blanke studente geneem is nie.

Darius Els ·

Wie ookal eerste hier in SA was,het seker per flying saucer hier aangekom.
Sover die Bybel en geskiedenis praat ,was Midde Ooste en EEN ànder staat daar,tw Ethiopia.
Pink Frikkie doen nou seker sy SA maand(somer). Dan gaan hy sy Griekse somer doen(hul somer).
Gee my ok $40m ,asemblief.

Inus Bester ·

Het enige van julle wat so gal braak moontlik in die 1983- of 1992-referendums “JA” gestem? Moenie dan kla nie… julle kry maar net waarvoor julle gevra het. Aan julle: Geniet jul nuwe Suid-Afrika, die “utopia” wat aan julle belowe is! Julle is maar net so skuldig soos FW!

Valerie ·

Dalk moet almal eers vir ‘n WhatsApp, Twitter, Facebook, Tumblr, Instagram, ens. lisensie gaan en dit deurkom voor hulle iets kan kwytraak. Net ‘n dwaas raak iets kwyt terwyl sy/hy verskriklik kwaad is. Hoeveel keer het ek self ook nie iets in ‘n warm oomblik kwytgeraak en dan die volgende oggend kon ek nie eers vir myself in die spieël kyk nie…van skaamte.

FW ·

kovsies is aan die gang met integrasie.

die REITZ Vier is mos kwytgeskeld deur Prof Jonathan Jansen.

oms vergeet ook maar gou.

Robert ·

Ek vertrou dat sy onmiddelik geskors is uit Wag-n-bietjie huis soos dit sou gewees het vir rasistiese uitlatings van ‘n Blanke student.
Ons hou die nuus dop om die omvang van die straf te verneem.

Leahim ·

Die ware rassiste in suid afrika openbaar hulself nou omrede hulle oningelig is oor die ware stand van sake

Hetneegestem ·

So verstaan ek reg, volgens haar kommentaar (vertaal) ‘Die moorde sou nie nodig gewees het , as DIE GROND NET TERUGGEGEE WAS NIE’
Eish, maw die moorde IS nodig?
Watter mens in SA sê dit, en dit is nie solid ń aanmoediging tot geweld nie?

Cathy ·

Ek stem saam. En wat sy gese het is juis wat die regering aan die buiteland bly ontken, dat blankes se moorde wel rassistiese en haat moorde is, dus genocide. Die buiteland miet dit nou besef, want sy is die soveelste een wat erken dat die moorde sal aamhou totdat hulle al die grond het. Sy en baie ander soos sy het dit al op sosiale media gese, BLF en Malema maak elke dag nog daai uitlatings, maar dan wil die regering en liberale dit wereldwyd ontken. Dit is op wit en swart. Dis bewys genoeg. En o ja, die rowe wat plaasvind op plase tydens moorde, is nie regtig rowe nie dink ek. Ek glo die goed word net gesteel om dit soos n roof te laat lyk, want hulle word anders aangekla, vir minder ernstige misdaad, bv manslag ipv moord. Hulle is baie goed ingelig.

Niklaas ·

Ek hoop sy is al van kampus verwyder.Sy hoort saam met Malema en nie op universiteit nie.Sy is n haatspraker.Verskoning gaan nie help nie

Pietie ·

Die studente kry die gif (radikale rasteorie) by hul dosente.

Karin ·

Ek verstaan nie julle wil 2studente aan die pen laat ry vir hulle uitsprake maar daar word niks met Malema en Zuma gedoen nie (ek stem nie saam met die studente se uitsprake nie ) maar hoe kan toegelaat word dat die EFF hulle gal kan braak Zuma kan sing kill the boer maar NET VAN DIE STUDENTE WORD N VOORBEELD GEMAAK
As daar reg en geregtiggeid toegepas word moet dit dwars oor die hele spektrum toegepas word

Johann ·

Al van jongs af die mentaliteit van gee en gee en gee. Wil vir niks werk nie. Kom ons gee vir hulle die grond en kyk wat daarmee gebeur. Ons arme mense wat ons gatte afwerk en sorg vir die staatskas se inkomste word net meer en meer belas: 45℅ plus 14℅ BTW = 59℅, so ons hou net 41% oor. As ons daarvan spaar word deel vd rente weer belas en ons pensioenuitbetalings word weer belas. Ek wonder baie dae hoekom ek nog enigsins so hard werk!

Tammy ·

PRIMARIA ???????? Wat se die universiteit om so verneder te word deur iemand met SO n titel????? Sy moet waai , onmiddelik en alle studiehulp moet onmiddelik gestaak word sodat sy kan begin terugbetaal!!! En natuurlik vervolging soos wat die blankes moet deurgaan. Dieselfde boetes en hofsake sal gepas wees. Ons hou die spasie dop……….

jaco ·

Mense wat nou vir FW de Klerk en die ja-stemmers blameer, moet asb ook die volgende onthou :
1. Amper 1 miljoen nee stemme is net 2 jaar later af na skaars 425 000 vir die Vryheidsfront. 600 000 mense is natuurlik in 2 jaar se tyd almal dood of Australië toe of het skielike NP ondersteuners geword.
2. Ferdi Hartzenberg het regse Afrikaners aangemoedig om nie aan die 1994 verkiesing deel te neem nie. Hy is dus maar net so skuldig soos FW
3. Meeste regse Afrikaners het die volkstaat idee afgemaak as “dit kan nie werk nie”.

skerwe ·

hulle was so reg jaco. n volkstaat kan nie werk nie. waar gaan almal werk? gaan jy jou werk in die NSA los en paaie vee in die volkstaat? gaan jy jou kinders suen grootword om paaie te vee? tuisland / volkstaat simantics!

Leahim ·

Ek sal dit doen skerwe as dit beteken ek kan veilig lewe sonder om altyd oor my skouer te loer as ek na my kar toe loop of om altyd onveilig in my huis te voel al het ek duisende rande se sekuriteits veranderinge aan my huis laat doen ,betaal n fortuin aan belasting vir wat??

John ·

Miskien moet ons nagaan waar haar sy of haar voorsate vandaan kom. Dalk van Lesotho of elders uit Afrika en dan gooi hulle hul gewig rond… Baie het vals paspoorte soos ons weet. Bloemfontein en Lesotho is reeds een en grense bloot ‘n ‘nie’-formaliteit… Te lekker. Engels word nie om dowe nete ingevoer nie. So kan Sjinees, Kongolees en bloedneus almal hier werk, studeer en steel. En as die geld binnekort op is, mekaar in swak Engels slegse en keelafsny vir ‘n paar mieliepitte…

Liesie ·

2 goed:
Die engelse woord is ‘ignorant’ – sy ken duidelik glad nie die geskiedenis nie.
Die 2e is ongeloof – so moord en die meegaande marteling op weerbare boere, werkers, vrouens en kinders in orde volgens haar?
Glad nie ‘n rolmodel vir enigeen nie

Prof ·

Kanselleer haar beurs onmidellik.Private instansies wat beurse aan hierdie Universiteit beskikbaar stel moet hulle beurse terughou totdat hierdie student geskors is.

Okkie ·

Dit gaan baie teleurstelling van hierdie Universiteit wees indien hierdie haatspraker as student gaan aanbly. Nog n geval wat ek international gaan versprei.

Hannie ·

Ek wonder net hoeveel van die boere se kinders is ook in dieselfde universiteite? Hard werkende mense wat die volle tariewe vir hulle kinders se studies moet betaal. Dit nie eers gepraat van boek gelde en verblyf nie. En hier kom die jonge dame wat tien teen een ń beurs het en raak sulke goed kwyt. Dit voel soos ń bedreiging vir al die wit studente.

Helien ·

Die swartes is net baie jarloes oor die blankes. Hulle kan dit nie hanteer dat die wittes beter is as hulle nie. Hulle kan doen en se net wat hulle wil maar ons wittes mag niks doen en se nie. niks word aan hulle gedoen nie maar die wittes word beboet ens. Wens regverdigheid wil plaas vind in ons land en dat almal met mekaar kan saam lewe

Henning ·

Kosie, dit waarvoor jy en jou vriende de Klerk en kie bang was gaan in elk geval gebeur. Die verskil is net dat ons nie nou die beskerming van ‘n polisie- en weermag het wat ons toe gehad het. Daar sal altyd ‘n duisend verskonings wees vir die skaamtelose lafhartige verraad.

Genoeg ·

Nou wat op dees aarde is “herstellende geregtigheid” nou eintlik in praktyk? En het dit gegeld vir bv Sparrow? Hou op met niksseggende snert naampies vir dinge kom in n poging om n doekie te gooi oor n onwilligheid om daadwerklik op te tree! Genugtig… Zuma het ook so n bietjie “herstellende geregtigheid” in die tronk nodig!

Wit vlaggie ·

JY MAG NIE MOORD PLEEG NIE! Daar is GEEN rede om te mag moor nie…Sy behoort onthef te word as Primaria, dis sulke mense soos sy wat hierdie land n haatlike plek gemaak het!

Jonathan Jansen ·

Wat van die REITZ vier.

Kovsies vergewe en vergeet.

Emma ·

En as die blankes so n uitlating maak word hul hof toe geneem ek verwag dat hierdie uitlating ook in die hof gaan draai.

Jan Kruisig ·

Eers na die Reitz 4 gekruisig is, van kampus weggejaag is en hul loopbane verwoes is, is hulle vergewe en word hulle gerieflikheidshalwe vergeet as die skoen aan die ander voet is.

Ray ·

Ja goeie vraag. Waar is Mmusi nou? Hy kan in die buiteland gaan rondtrap en ander lande se opposisie gaan ondersteun. Het jy vergeet dat daar ook witmense stem vir die “grootste” opposisie? Kom ons wil bietjie jou opinie hoor? Of dink jy jy het Pta en Jhb sommer net gekry? Jy is darem baie stil. Om in ñ Toyota te ry impress niemand. Doen bietjie iets vir menseregte. Sies man

adriaan ·

The country was handed over in 1994. Madiba came out of Jail, not once did he chant to killing anyone. Not once.
This is a University student OMG…..
These farmers has been feeding all of us, black white indian etc…only to be slaughtered and killed like animals…
This University student has the privilege to be able to study yet chants of killing…OMG
Why dont all these radical people join Robert Mogabe in Zimbabwe..whos been in power for so long if they are unhappy here….Im sure he will welcome them with open arms….
Why does this student not rather aim to study so very hard and let us create mindblowing world class technology products? Why kill anyone???
Our crime and corruption rate is the highest in the world? Why does this student not rather focus her attention on creating peace.. fighting corruption…We have been sold out to the Guptas but hey…that does not matter…..
You should be educated ….We are all beautiful people in this country, I see no skin colour….I see a nation that can become the greatest on this planet if we only remove hatred and greed from our hearts….lets work together….Love can change this world.. just like Madiba tried and achieved…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.