Herrie oor nuwe Affies-skoolwapen

Die huidige skoolwapen (links) en die nuwe voorgestelde skoolwapen. Foto: Facebook

Die huidige skoolwapen (links) en ‘n voorstelling van die nuwe skoolwapen. Foto: Facebook

Ontstoke oudleerders van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria het vandeesweek ʼn petisie begin in ʼn poging om te verhoed dat die Voortrekkernooientjie op die skoolwapen met ʼn meer moderne weergawe vervang word.

Vera de Klerk, voorsitter van die Affies-oudleerlingbond, het in ʼn verklaring gesê die skoolhoof en beheerliggaam van die skool het op die nuwe wapen besluit sonder om leerders, ouers, personeel of alumni van die skool te raadpleeg.

Die nuwe wapen sal glo steeds ʼn Voortrekkernooientjie uitbeeld, maar sy sal meer slank en modern wees met haar kop gelig.

Volgens De Klerk wil die beheerliggaam die skoolwapen, wat gegrond is op ʼn beeld van die beeldhouer Anton van Wouw, nou soos “ʼn Barbie doll met ʼn kappie” laat lyk. “Vir al die alumni met wie ons hieroor praat, is dit totaal onaanvaarbaar. Selfs vir mense buite die direkte skoolverband is dit duister waarom hierdie stap gedoen word. Daar is geen rede, polities of andersins, waarom hierdie besluit deurgevoer moet word nie,” het De Klerk gesê.

ʼn Petisie teen die verandering van die wapen is teen Donderdagmiddag reeds meer as 1 600 keer onderteken.

Intussen het Colleen Naudé, woordvoerder van die skool, aan Maroela Media gesê dat die skool se leerders Maandag oor die wapen gestem het en dat 97% ten gunste van die nuwe wapen was. Naudé het gesê die skool sal later ʼn verklaring oor die saak uitreik en versprei om hul kant van die saak weer te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

46 Kommentare

jongste oudste gewildste
008

Nou moet sy dan nie ook swart wees nie

Willie

Julle ou mense wat so tipies ń petisie op trek oor ń verbeterde skoolwapen…….Ai wat gaan aan met julle? Konsentreer op dinge wat saak maak. Tannie Vera, die lewe gaan aan. Dink net wat jou positiewe inset sou beteken het. Sterkte Affies

Charlotte

Nou wil hul weer n nuwe fight begin. More word elke skoolwapen verander na n pot pap….n spies en n skuld agv hierdie verandering. Die voortrekkertjie het NIEMAND gepla nie!! Volgende word daai nie meer Affies genoem nie maar n mengelmoes van tale of ENGELS!!! Plaas leer die kinders voed hul op…..daar wag n SIEK Suid-Afrika daar buite. Strate se name … dorpe se name verander nou wakker die beheerliggaam weer n nuwe opsie aan om oor te spring en dans. Soek jul mou werklik tyres wat brand voor die skool en n geskietery daar?? Ai jinne….word gese wat se… Lees meer »

Ben (:-)

ek het die petisie onderteken maar die getalle verander nie.

Ai tog...

Regtigwaar ‘n groot bohaai oor niks. Lyk vir my GLAD nie na ‘n “Barbie” nie. Jinne mense julle kan darem regtig aangaan oor niks. Op die ou wapen kyk die meisie af en lyk treurig – nie juis ‘n positiewe beeld nie en op die nuwe een kyk sy minstens vorentoe en lyk nie “vertrap” nie. Sy lyk baie meer positief! Dis my opinie en die wat nie saamstem hoef nie, maar los maar die persoonlike aanvalle (ek sê dit sommer by voorbaat!)