Herrie oor nuwe Affies-skoolwapen

Die huidige skoolwapen (links) en die nuwe voorgestelde skoolwapen. Foto: Facebook

Die huidige skoolwapen (links) en ‘n voorstelling van die nuwe skoolwapen. Foto: Facebook

Ontstoke oudleerders van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria het vandeesweek ʼn petisie begin in ʼn poging om te verhoed dat die Voortrekkernooientjie op die skoolwapen met ʼn meer moderne weergawe vervang word.

Vera de Klerk, voorsitter van die Affies-oudleerlingbond, het in ʼn verklaring gesê die skoolhoof en beheerliggaam van die skool het op die nuwe wapen besluit sonder om leerders, ouers, personeel of alumni van die skool te raadpleeg.

Die nuwe wapen sal glo steeds ʼn Voortrekkernooientjie uitbeeld, maar sy sal meer slank en modern wees met haar kop gelig.

Volgens De Klerk wil die beheerliggaam die skoolwapen, wat gegrond is op ʼn beeld van die beeldhouer Anton van Wouw, nou soos “ʼn Barbie doll met ʼn kappie” laat lyk. “Vir al die alumni met wie ons hieroor praat, is dit totaal onaanvaarbaar. Selfs vir mense buite die direkte skoolverband is dit duister waarom hierdie stap gedoen word. Daar is geen rede, polities of andersins, waarom hierdie besluit deurgevoer moet word nie,” het De Klerk gesê.

ʼn Petisie teen die verandering van die wapen is teen Donderdagmiddag reeds meer as 1 600 keer onderteken.

Intussen het Colleen Naudé, woordvoerder van die skool, aan Maroela Media gesê dat die skool se leerders Maandag oor die wapen gestem het en dat 97% ten gunste van die nuwe wapen was. Naudé het gesê die skool sal later ʼn verklaring oor die saak uitreik en versprei om hul kant van die saak weer te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Willie ·

Julle ou mense wat so tipies ń petisie op trek oor ń verbeterde skoolwapen…….Ai wat gaan aan met julle? Konsentreer op dinge wat saak maak. Tannie Vera, die lewe gaan aan. Dink net wat jou positiewe inset sou beteken het. Sterkte Affies

Charlotte ·

Willie is da regtig tyd nog vir peuter aan sulke onnenullige dinge ….. ek se leer die studente dis al. Ons standbeelde is afgebreek…ons erfenis….nou moet die voortrekkertjie in n barbie verander word….as jul so aangaan gaan n slim ennetjie NETNOU nog eis dat daai barbie n kleur kry ook!!! Julle het tyd vir nonsens. Leer soos in Australia……daar is reels en kids word geleer…..niemand huil en kerm oor kleur en of die wapens moet verander nie!!!!

Charlotte ·

Nou wil hul weer n nuwe fight begin. More word elke skoolwapen verander na n pot pap….n spies en n skuld agv hierdie verandering. Die voortrekkertjie het NIEMAND gepla nie!! Volgende word daai nie meer Affies genoem nie maar n mengelmoes van tale of ENGELS!!! Plaas leer die kinders voed hul op…..daar wag n SIEK Suid-Afrika daar buite. Strate se name … dorpe se name verander nou wakker die beheerliggaam weer n nuwe opsie aan om oor te spring en dans. Soek jul mou werklik tyres wat brand voor die skool en n geskietery daar?? Ai jinne….word gese wat se slim leerplek daai is….blykbaar niks tussen die ore nie…..AI Toggie!!!!

Ronnie ·

Charlotte: ek kan sien hoekom jy nie omgee oor ‘n wapen nie. Jy kan dan nie eers spel nie! Lyk vir my jy was nie op Affies nie. Ek was ook nie daar nie, maar ek kan darem spel.

Willie ·

Charlotte ek lees wat jy skryf, en stem met van dit, saam. Kyk na Pretoria, dit is nie meer Pretoria nie. (Ek het my weermagopleiding in die vroeër jare daar gedoen) Toe ek nou weer daar deur ry, was ek total verslae oor die verval van die eens TROTSE stad . Verander die naam na wat ook al, verander die straatname na “pap” of kaiings. (soos jy naamveranderings noem in jou skrywe). Enige naamveranderings, wapenverandering sal pas in die toestand waarin hierdie eens wonderlike land haarself bevind.

Andrea van Vuren ·

Verstom my dat die hoof nie betyds ingegryp het nie. ‘n Tweede US?

Ben (:-) ·

ek het die petisie onderteken maar die getalle verander nie.

Ai tog... ·

Regtigwaar ‘n groot bohaai oor niks. Lyk vir my GLAD nie na ‘n “Barbie” nie. Jinne mense julle kan darem regtig aangaan oor niks. Op die ou wapen kyk die meisie af en lyk treurig – nie juis ‘n positiewe beeld nie en op die nuwe een kyk sy minstens vorentoe en lyk nie “vertrap” nie. Sy lyk baie meer positief! Dis my opinie en die wat nie saamstem hoef nie, maar los maar die persoonlike aanvalle (ek sê dit sommer by voorbaat!)

Alrina ·

Jy ken dus duidelik nie die geskiedenis agter die skoolwapen nie. Dis gegrond op die beeldjie van Anton van Wouw – Die Nooientjie van die Onderveld. Sy is ook gegrond op die gedig van Jan F E Cilliers met dieselfde naam. Sy staan met haar kop geboë en hande saam, haar gedagtes so wyd en oop soos die velde. Sy is nederig, nie bedruk nie. Sy is nie skaam of terugetrokke nie, sy is verpleegster, vrou, moeder, trooster. Sy dra die wêreld op haar skouers maar staan vir niemand terug nie. Sy is iemand na die elke Affie streef.

Die nuwe ekskuus vir ‘n wapen het geen diepte nie, dit lyk goedkoop en oppervlakkig.

Ai tog... ·

Alrina ek ken die geskiedenis, maar verandering is beslis ‘n verbetering in die geval. Ons leef in ‘n moderne tyd en dis tyd dat die nooitjie vorentoe en OPKYK! Beslis iets waarna elke moderne vrou moet streef!

RITA ·

Stem saam Alrina en Willie. Die nuwe wapen lyk baie mooi. Dieselfde poeding…..net n ander sous. Magtig mense beweeg aan. Hoekom moet die koppie so magteloos hang………nou hou sy haar koppie omhoog en kyk die wereld vierkant in die oe. Vat nou maar n kind. As hy kwaad gedoen het en hy word uitgevang dan hang sy koppie ook na onder. Stem 100% saam vir die nuwe skoolwapen….. straal positiewe aora uit..Well done.

Hannelie ·

Julle kla oor niks! Julle is klaar met skool en is nou “oud leerders” doen jul werk waarvoor jul opgelei is, as die wapen verander word, wat daarvan? Die nuwe wapen lyk die meisie nie so of sy moeg is vir skoolgaan nie.

John ·

Lyk na ‘n Chinese poppie. Dalk daar vervaardig. Die’ keer gaan Afrikaans veroosters, wow, ‘n eerste vir Suid-Afrika. Hoekom ook nie ‘n galgeel kleurverskuiwing nie? Gooi Van Wouw se beeldjie ook sommer vir die wolwe,. Mens wonder tog wat juffrou Steyn sou se.

Marieta Joubert ·

Die ou skoolwapen was goed en reg en mooi. Ongelukkig is die verandering nodig. Daar is nou ander kulture wat ook in ag geneem moet word. Die verandering is baie gering en wie dra die wapen…. julle wat nou so aangaan of die dogters wat elke dag skoolgaan.

Andrea van Vuren ·

Marieta Joubert, jy praat van ander kulture. Ek het nog altyd geglo en gehoop Affies sal steeds die Afrikaner kultuur handhaaf. Vra maar net. Gaan die ‘ander kulture’ die verbeterde logo goedsmoeds aanvaar? Totsiens Affies. Steyntjie het voorwaar al meer as een keer in haar graf omgedraai.

EMK ·

As ek kyk na die leuse “Ek sien haar wen”, dan lyk dit beslis of die nuwe een eerder “sien” dat wie ookal wen terwyl die ander een beteuterd afkyk. Stem 100% saam met ” Ai tog” !

Trolle ·

Ek dink die nuwe een is beter sy moet haar kop oplig ja en nie skaam wees vir die nuwe SA nie.

Asjas ·

Die ou een lyk eerder soos die koshuis moeder. Nuwe een is beslis meer positief. Ek hou ook nie van verandering nie maar ek dink die keer is dit vir die beste.

John ·

En die kappie? Hoekom ‘n wit meisie? Kyk die rok? Wie dra dit? Outyds? Blou is mos die DA se kleur? Nee juffrou, ek koop dit nie.

pieter ·

Ons verle die grenslyne deur ons voor ouers gele.Nou wonder ons hoekom is ons in die gemors.Gaan soek dit op in die woord.

Elfie ·

Pieter wat het wat jy te skrywe het nou te doene met hierdie? Niks met die Woord ens te doene nie! Regtigwaar ek stem sommer heetlemal teen ‘n kappie-draende meisie op die wapen, ons leef mos lankal nie meer in daardie tye nie. Van Wouw se beeld het ‘n sekere tydperk in die geskiedenis verbeeld en het niks met ‘n moderne vooruitstrewende (hopelik!) skool te doene nie.

danie ·

Ek dink die nuwe meisie staan n beter kans om te wen, is dit reg met die ” oud” leerders as die huidige leerders dalk die week skouer aan die wiel sit, of moet dit ook julle goedkeuring weg dra. Julle dae agter die skool banke is verby, gee die nuwe generasie hulle eie wil .

Michiel ·

Ek mag verkeerd wees maar is die Voortrekker beweging se wapen nie ook met tyd ge-“streamline” nie – niks met so iets verkeerd nie!

Veritas ·

Hoekom alewig krap waar dit nie jeuk nie? Die nuwe wapen lyk nie juis baie anders as die oue nie. Hoekom nie ‘n afdruk van ‘n ‘hot girl’ in ‘n bikini nie. Sal baie beter lyk!

nig ·

@Veritas – nou DIS nou iets wat die spul op hol sal kry hahaha!

Ajanda ·

Hoe weet jy iemand het in Stellenbosch gestudeer ? -Hy se vir jou
Hoe weet jy iemand is op skool in Affies ? -Sy Ma se vir jou.

Ajanda ·

Hoe weet jy wanneer iemand in affies is/ of was ?
Sy Ma se vir jou…

Deborah Retief ·

Nee wat, daardie maer Chinesie sal nie kaalvoet oor ‘n molshoop loop nie, sy kan vergeet van die Berg.

philip ·

Hulle behoort ook die skool se naam te verander na “Pretoria Meisies hoër” of “Pretoria girls high” die woord Afrikaanse hoort nie in die benaming nie, (dit is outyds) dan ook waarom is die meisie nie swart van kleur nie? dit is rassisties en diskriminasie, en hoort nie in die Suid Afrika van vandag nie, dan kan die wat verandering steun mos tevrede wees, want hulle wil mos verandering hê! en o-ja die nuwe wapen daardie meisie lyk vir my eerder soos ‘n lesbeen.

M A ·

Daar is alreeds ‘n Pretoria High School for Girls (‘n Engelse privaatskool). Affies sal maar moet bly.

Bobby ·

Enigiets met ‘n kappie op is pateties!! Dit is mos nou moeilikheid soek. Verander sommer die naam van die skool ook. Die leerders op skool stem 97% vir die nuwe kappie, maar die sotlike oud studente het ‘n probleem?? My oud skoolwapen kan verander word na ‘n kondoom en dit sal my glad nie pla nie!!!!!

Andrea van Vuren ·

Bobby jy is banaal. Jou skrywe het net mooi NIKS met Affies uit te waai nie.

Oud-Affie se maaaa ·

Al die manne wat hulle monde so uitspoel oor die nooientjie met die kappie op…. het julle nie rugby om te kyk nie. Ek wonder of Dok Edwards die ossewa by die seuns gaan vervang met n Porche…

Elfie ·

Oud Affie se maaa – dit klink na ‘n puik idee die Porche bedoel ek!

Eluzabeth ·

Ja. Kom ons kyk die wereld vierkant in die oe. Die bestaande wapen lyk na ‘n verslae vrou. Ons is nie verslaan nie.

Kobus ·

Daai tante op die linkerkant lyk vir my soos ‘n prentjie wat op ‘n botteltjie Hollandse medisyne hoort. Mismoedig en gemoedsbevuiling is wat in my gedagtes opkom as ek die tante so bekyk. Net omdat dit ‘n bekende persoon se beeldhouwerk is wat die inspirasie was vir die wapen, verander dit niks aan die feit dat dit nie goed lyk nie. Ek kan sien hoekom party van julle so hard veg vir die ou wapen. Julle het net soos die ou tante, geen vreugde in julle lewens nie. Los die kinders en gaan doen iets positief.

Marco ·

Ek verstaan mense het ‘n verbintenis aan die ou wapen, maar tye verander. Die nuwe ontwerp lyk ordentlik en duidelik. Ek sou dink die oue dui ‘n ouetehuis aan as ek nie hier gelees het dat dit ‘n skoolwapen is nie. Dis werklik nie ‘n groot verandering nie, en dit lyk beter. Daar is belangriker sake waaroor mens petisies kan opstel.

Marco ·

Die studente is amper almal ten gunste van die nuwe wapen. Die ouers se tyd by die skool is verby, wat krap jul nog daar rond?

patapata ·

Sy is die verpleegster moeder trooster?

Ja nee kyk. Dis pateties vandag se dogter/girls is doktors, professors base nie meer nodig om sad sack girls te wees onderdanig. Snert kom tog net by dis ‘n nuwe wereld kyk dit vierkantig in die oe

Nics ·

Ja o heiden kyk, as daar te klae is is sommiges voor in die koor. Ek sê ook die hele ding is outyds, terwyl jul verander maak dit geheel nuut. ‘n Mooi blom of iets maar die ou kappie girltjie… nee wat, dit sê niks van die moderne jong vrou nie.

Johanna ·

Kon niemand ‘n mooi wapen ontwerp nie? Ek is ook ‘n oud-Affie ma. Die voortrekkernooi is so lelik en nie meer relevant nie. Die nuwe ontwerp is regtig nie ‘n verbetering nie. Dit laat my dink aan jare gelede toe die Nasionale Party hulle naam wou verander. Hulle hou bosberaad vir ‘n week en kom daarna tevore met die oorspronklike naam van Nuwe Nasionale Party. Hierdie is ‘n nuwe voortrekkertjie. Die enigste verskil is sy lyk darem nie of haar hele gesin deur die vyand uitgeroei is nie. Kon wie ook al aan geen ander ontwerp dink wat ‘n bietjie ‘n moderne, dinamiese beeld kan uitdra nie? Regtig….. en asseblief, help!! Hier is ‘n groot behoefte aan iemand met talent wat kan help.

Johanna ·

Kon niemand ‘n mooi wapen ontwerp nie? Ek is ook ‘n oud-Affie ma. Die voortrekkernooi is so lelik en nie meer relevant nie. Die nuwe ontwerp is regtig nie ‘n verbetering nie. Dit laat my dink aan jare gelede toe die Nasionale Party hulle naam wou verander. Hulle hou bosberaad vir ‘n week en kom daarna tevore met die oorspronklike naam van Nuwe Nasionale Party. Hierdie is ‘n nuwe voortrekkertjie. Die enigste verskil is sy lyk darem nie of haar hele gesin deur die vyand uitgeroei is nie. Kon wie ook al aan geen ander ontwerp dink wat ‘n bietjie ‘n moderne, dinamiese beeld kan uitdra nie? Regtig….. en asseblief, help!! Hier is ‘n groot behoefte aan iemand met talent wat kan help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.