Herrie oor ou landsvlag verskuif fokus van #SwartMaandag

‘n Swart Maandag-optog in Pretoria. Foto: Facebook

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het vandag – ʼn week ná die #SwartMaandag-optogte – gesê dat die poging van politici om die ou vlag verkeerdelik as die simbool van dié dag voor te hou, die fokus weg van die ware geweldsprobleme in die land verskuif.

“Wit Suid-Afrikaners hunker nie terug na die verlede van die ou vlag nie, maar sien uit na ʼn toekoms sonder geweld, korrupsie, wanbesteding en staatskaping,” het Buys gesê.

Buys voer aan dat diegene wat ou vlae by die byeenkomste vertoon het slegs 1% se randfigure uitgemaak het, terwyl die ander 99% van die deelnemendes die ware simbole van die geleentheid, swart klere en wit kruise, vertoon het. Opportunistiese joernaliste het egter meegedoen aan die verspreiding van stokou foto’s om die geloofwaardigheid van die geleentheid te probeer krenk, maar in die proses het hulle hul eie geloofwaardigheid ondermyn.

Buys het voorts gesê dat dit kenmerkend is dat politici hulle meer uitspreek oor die ou vlag as wat hulle ʼn woord rep oor die duisende moorde en aanvalle wat jaarliks in die land plaasvind. “Dit is duidelik dat die gevoel en emosie wat rondom plaasmoorde en -aanvalle heers, nie deur die leiers van die land begryp word nie. Vandaar hul pogings om toe te sien dat die debat rondom hierdie voorvalle en die behoefte wat by normale Suid-Afrikaners ontstaan het om dit te takel, nie gevoer word nie,” het Buys gesê.

“Daar moet besef word dat die regering se onvermoë om moord en geweldsmisdaad in Suid-Afrika te takel, tot groot frustrasie onder normale, uitgelewerde Suid-Afrikaners lei,” het Buys verduidelik.

Buys het verduidelik dat ʼn verbod op die ou vlag die teenoorgestelde en ʼn ongewensde uitwerking tot gevolg sal hê. “Lojaliteit sal slegs bewerkstellig word as die staat vertroue inboesem eerder as om ʼn verbod op ʼn vlag wat tot die verlede behoort, te plaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

kobie ·

Interresant dat die vlag n groter herrie vir oorsaak as die betogings met die KILL TE WHITE MAN . Meskien ons nuus media wat die klem lê

Sue ·

Dis nutteloos om tog n standpunt te probeer insien. Dis noemenswaardig dat die ander kulture se belange herbou en hernu word namate hulle verdrukkings jare maar ons verlede moet begrawe word en nooit ooit weer oor gepraat word nie. Daar was soms slegte tye en lelike goed wat gebeur het maar dit was glad geensins so erg soos wat dit nou gaan vir alle kulture nie. Die beste van alles is dat hierdie wiel weer gaan draai, dan het almal van ons verdrukking en “previously disadvantage” tot ons verlede as voorbehoud vir die dag wanneer geen reel of heerser op hierdie aarde meer die haat sal kan keer wat ons nou wreek teenoor mekaar nie.

My eerlike opinie voel ek dat die gewone mens van die straat al lankal vrede gemaak het met hierdie land van ons se status maar politici hou aan haat stook onder gewilliges wat bereid is om te wil leer van goed wat hulle nie eers geken het nie.

Van ·

Ja nee Sue – ek wonder self wie hou “apartheid” en “rasisme” lewendig. Die hele land wil vorentoe gaan met die hoop om van ” junk status” te ontsnap maar nee, kom ons ploeg 50 jaar terug in die verlede met die hoop dat alles gaan verander. Hoe gouer ons besef dat ons die bedreigde spesie is hoe beter en totdat ons nie kan saam staan soos verlede Maandag, gaan ons versker sukkel om ons punt oor te bring. Dis n riem onder my hart om so baie boere te sien saam staan vir iets wat werklik saak maak maar aan die ander kant hartseer dat die regering wat ons land moet lei nie dieselfde siening het nie en dit omdraai en dit rasisties maak.

Johann ·

Maar Flip, hoe gemaak met Solidariteit se beheptheid met die Voortrekker Monument as Afrikaner bastion elke keer as daar n inisiatief is om blankes by mekaar te kry? As ek reg is was daar minder as 250 mense by julle Voortrekker Monument Swart Maandag….teenoor DUISENDE in die Kaap? Dan gee jy mos vir jou opponente n slaansak oor vergange geskiedenis bakens eerder as die saak self?

kitty hewitt ·

Ek as dood gewone huisvrou wil net graag weet hoekom kan parlementslede….mense wat op internet se maak dood die witmense….hits hulle mense aan om plaas moorde te pleeg…en dit doen…..hoekom word hulle nie gestraf maar nou wil hulle mense wat die ou vlag gebruik wat se hoe kan ons onder die nuwe vlag staan waar al hierdie dinge plaas vind….Ons wil nooit weer terug gaan na daardie tyd…hoekom het hulle die mag om te se wat hulle wil en kom niks oor. Ons land het die pragtigste mense….mense wat die Here dien….mekaar lief het…nou rule so n klein groepie mense ons land….wat gaan daar omtrent gedoen word. ….net n antwoord asb

Realis ·

Ons kan hierdie saak beredeneer soos ons wil maar die kruks is dat almal nie Suid Afrika se toekoms in dieselfde lig sien nie. Ons moet besef dat daar ander magte ook aan die werk is soos byvoorbeeld in Zimbabwe en nou ook Suid Sudan. Ons mense verkies n geordende samelewing met sekere wigte en teenwigte (Ek klink dalk nou soos FW) maar die ander groepe glo in absolute mag om hulle in staat te stel om die hulpbronne te plunder soos in meeste Afrika state. Ons klein groepie verteenwoordig nog n tipe van gewete en dit is waaroor ons so in die spervuur is. “Money mongering” oor here’s alles. Kyk na die geskiedenis. Dog ek se maar net

Popeye ·

Realis ek stem nogal saam met jou idees! Ons moet nie geflous word deur praatjies van ‘n reënboognasie nie. Die bewyse is soos jy sê in ons eie land waar politici vere selfs vir hul eie voel ,wat nog te sê oor ‘n dispensasie vir die blanke mense se behoefte aan erkenning. Afrika se doen-wyse het dit al oor die jare oor en oor bewys. Tweedens wil ek graag ook vir die groot anti-lib kommentators op hierdie forum noem dat selfs hulle versugting van selfbeskikking op presies dieselfde uitsluiting neerkom as wat ons as blankes tans aan ons bas voel! Daar sal geen tolleransie vir multikulturele opinies wees in ‘n Afrikaner volkstaat nie. Is dit ‘n slegte ding…..wel heel moontlik lê die antwoord in die ANC, EFF , BLF se uitsprake oor Boere (Afrikaners) soos tans ervaar.

Johanna Botha ·

Los die ou vlag in jou bar by die huis…dit verdeel mense en verwyder die eintlike fokus op die misdaad en geweld in die land !

snoefie ·

hierdie twak om die ou landsvlag is sommer strooi. dit is die ou landsvlag nie die “apartheidsvlag'” nie. dis deel van elke Suid Afrikaner se verlede.hoe kan dit verdeeldheid saai? bloot net omdat ancleiers dit afkraak tot n apartheidsvlag. solank die opsweping voortduur kan daar niks anders as verdeeldheid heers nie. daar is nou beslis meer verdeeldheid as tydens apartheid.

Adriaan ·

Solank ons woorde en simbole onderdruk bly daar ‘n drukpot opbou wat gaan ontplof met katastrofiese gevolge vir almal. Trauma ontlonting vereis dat dit juis na die oppervlak gebring word om genesing te bewerk. Daar is steeds woorde en simbole wat diep gewortelde emosies ontlok wat ontlont en ontknoop moet word. Ons kritiese probleem is dat ons Waarheid en Versoeningskommissie nie wyd genoeg gebruik het nie. Daar is steeds te veel onderdrukte emosies aan alle kante en daar is geen bekwame leierskap om dit te bestuur nie.

CHRISTA ·

Dalk het daardie klein groepie die ou vlag gebruik om te wys dat die nuwe vlag vir hulle “Kill the Boer, Kill the Farmer” verteenwoordig want hierdie plaasmoorde word onder die NUWE vlag gepleeg en die regering blyk nie veel daaroor gepla te wees nie.

Het die nuwe vlag vir hulle nie dalk dieselfde betekenis as wat die Swastika-vlag vir die Jode beteken nie?

Vra Net ·

Hoekom is daar niks geskryf oor Julius Malema wat openlik geskree het ” Shoot to kill the white farmer…..”
Hoekom is dit reg dat hy soldate in rooi in mop mentaliteit bymekaar kry en sê dat hy gereed is om oorlog te maak?

Het hy nog nooit besef dat die land al 23 jaar aan hulle behoort nie? En hoekom verduidelik niemanmd hoe dit werk nie. Jy gaan slaap, stel jou wekker, staan op, gaan werk, en betaal al jou rekeninge en OOK jou SARS belasting…. Hoekom is EFF nie aangespreek oor hul vyandigheid en rassistiese aanmerkings nie?

Lukie Carelsen ·

Die boehaai oor die ou vlag (verkeerdelik verwys na die “apartheidvlag”) is absurd en het verseker ‘n kwaadwillige politiese speelbal geword.

Die vlag het in 1928 ontstaan terwyl S.A. nog ‘n Britse kolonie was.

Eers in 1948 is die woord “apartheid” gebruik toe die NP aan bewind gekom het onder dr. D.F.Malan.

Regoor die wereld het daar reeds vir eeue rassedikriminasie plaasgevind soos in die VSA wat met slawe handel gedryf het en swartes is eers in die laat sestigers bevry deur mense soos Martin Luther King, pres Johnson ens. Het hulle die VSA se vlag verander? Nee! Is die VSA se vlag veragterlik? Nee!

Is die Union Jack, wat vir eeue die vlag van die Britse ryk (wat kolonialisme en rassediskriminisasie toegepas het) vervang ? Nee!

Die vlag is nie die probleem nie maar slegs ‘n simbool van ‘n land.

Ek is trots op die Oranje-Blanje-Blou!

Maar ek sal verseker nie die ou vlag vertoon waar dit ander mense kan aanstoot gee nie. Om dit te doen is agterlik en dom. Dit gee die vyandige politici net skietgoed om die aandag van die werklike probleem af te ly.

Erica ·

Net soos wat die anc n vlag het het ons mense ook maar een .ek sien niks daarmee verkeerd nie.

christa ·

daar is ‘n gesegde: small things amuse a small mind. Dis nou presies met die vlag storie. Hulle is so bang vir die vlag as kan kom. ha ha ha.

Tonette Gouws ·

kan die man nie vervolg word nie??? – Nickolaus Bauer is an eNCA reporter. His twitter account is followed by nearly 35 000 people. On Black Monday he shared the following images:

Neither of the images were taken on the day of the protests. The first was taken in 2010 in Ventersdorp by photojournalist James Oatway. The second of the burning flag is the same taken in Delmas in 2012.
When this was pointed out to Bauer, he admitted the images were not of the protests and acknowledged he had “severely erred” in sharing them. He however added that “the message remains the same” and instead posted other photographs.
However, by the following morning his fake news continued to be shared hundreds and hundreds of times; his retraction only a couple of dozen.
Bauer has since made a commendable apology. But while anyone can make a mistake, it is certain that stakes have been significantly raised under our current political climate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.