Herrie oor polisie wat matrieks na afskeid vergesel

‘n Skermskoot uit die video.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, waarnemende provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het Dinsdag sy stem dik gemaak ná ʼn video die lig gesien het van polisiebeamptes en ʼn polisiepantservoertuig wat ingespan is tydens ʼn paartjie se aankoms by ʼn matriekafskeid.

Mkhwanazi het dié voorval, wat glo in Newcastle plaasgevind het, ten sterkste veroordeel.

Op die video kan gesien word hoe ʼn pantservoertuig, vermoedelik ʼn Njala, en beamptes geklee in volledige polisieuniform, kompleet met skild en sonbril, ʼn paartjie vergesel met hul aankoms by hul matriekafskeid.

Groen rook word vrygestel voor die paartjie uit die voertuig klim en daarna word hulle deur die beamptes in hul openbareorde-polisiedrag na die afskeid vergesel.

Mense neem verwoed foto’s en gil van opgewondenheid in die agtergrond.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die video is die afgelope naweek onder die kommissaris se aandag gebring. “Hy het die hoof van die openbareorde-polisie in KwaZulu-Natal opdrag gegee om die voorval met erns te ondersoek,” het Naicker gesê.

Die video het sosialemediagebruikers behoorlik warm onder die kraag oor wat bestempel is as ʼn vermorsing van polisiehulpbronne.

“Ek is diep ontsteld deur wat ek gesien het. Ek het opdrag gegee dat dié polisiebeamptes wat in die video verskyn, ondersoek word in terme van die dissiplinêre regulasies aangesien hul gedrag nie strook met die reëls en doelstellings van die polisie ingevolge die Grondwet van die land nie. Ek stem saam met die meerderheid bekommerdes op sosiale media dat polisiehulpbronne beter aangewend kan word,” het Mkhwanazi gesê.

https://www.facebook.com/lifeinsouthafricbdsa/videos/1062491193924335/

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Serias? ·

Ek moet saam met die kommissaris stem. Hierdie is weereens ”n bewys van hoe ABSURD party wit kinders se matriekafskeid raak. Een groot’ sien my raak’ kompetisie! Die feit dat hulle blank is, sal uiteraard meer opslae in sosiale media maak…

Susan ·

Ja en nee sal ek se iets anders MAAR wonder wie het wat uit di deal gekry. Hier by ons in Natal het hulle n paar van di motorfiets ryers gekry om n entrance te maak voor hulle met karre by di geleentheid opgedaag het. Een het sy maat in n kruiwa gestoot! Mooi opgemaak by gese

Pierre ·

Waarom “wit kinders” uitsonder as absurd. Toevallig is die betrokke paartjie op die foto nie “wit kinders” nie. Maak dit die polisie se optrede minder absurd en ongeoorloof. Wens tog so mense wil begin om verby kleur te kyk en altyd ras aan iets te koppel.

Derick Bronkhorst ·

Maar daar is nie polisie beskikbaar om die boere op die plase te beskerm nie.

Loun ·

Wie se kinders was dit?
Die hele matriek afskeid affêre het belaglik begin word.

Staak saam ·

Kalmeer!!!

SAPD staan vir, suid afrikanse polisie DIENS!
Dit is die enigste diens wat hulle kan lewer.

SoosDitIs ·

Lekker gegiggel nou vir jou kommentaar.

Maar ek verstaan ook die bekommernis en teleurstelling. Ek hoop nie die klomp was aan diens toe hulle die matriekafskeid ding gedoen het nie….

Santjie ·

ek weet ook nie waaroor almal so aangaan nie….. hulle het net vinnig ‘n “pitstop” gemaak op hul pad iewers heen – kan julle dan nie sien hulle was klaar aangetrek nie? hahaha!

Bridget ·

Nee genade nou het ek alles gesien hoe belangrik wil daai 2 matriek kinders nou wees en as jy die polisie wel nodig het dan word vir jou gese ons het nie nou ‘n voertuig beskikbaar nie nou hoe nou ??????

Stella ·

Ek stem saam dat matriekafskeid hand uitruk, maar my hart gaan uit na die 2. Hul pa is seker in polisie en het met die brijante/anderste plan voor die dag gekom. Ek dink dit is uniek!!! Polisie het nie veel byvoordele….. gun hul die opwinding!!!

brens ·

Uhhhh; werklik?? hoe lank kon die sapd hier besig wees? 10minute?? dalk het hul toestemming bd Generaal of iets gekry; dis n spesiale aand; dalk wil die outjies graag by die SAPD aansluit na matriek? dis baie oulik die groen rook ens….

corne ·

Dit nogal snaaks al die bohaai oor die voorval hoefeel keer sien mens nie SAPD voetruie gebruik word vir privaat gebruik maar daaroor word niks gese nie.

Sê net... ·

Los tog die kinders. Dit is hulle matriek afskeid. Volgende jaar is hulle in die wrede wêreld van realiteit. Laat hulle dit geniet. Daar is lankal nie meer reëls in die land nie. Hoekom nou opslae maak oor iets so klein in werklikheid. Don’t sweat the small stuff.

jaco ·

iemand hierbo het gemeld dat die 2 kinders glo nie wit is nie. So volgende jaar gaan maklik wees vir hulle. Hulle het mos die “regte” velkleur om maklik studiebeurse, werk ens ens te kry. Dis die wonderlikste land hierdie met daardie “regte” velkleur. geleenthede is eindeloos…

Waaaat ·

Ek glo nie wat ek sien nie??? As dit net een polisieman was was dit DALK nie so erg nie maar soveel!!! Verregaande!! Pa gaan dalk sy pos verloor of sy maatjie en dit vir ‘n matriekafskeid. Nou het al alles gesien.

Vraagteken ·

Blah blah blah. Toe ek klein was het die SAPD altyd by die skole kom kuier. Hulle het altyd die groen of rooi rook laat gaan sodat kinders dit kan sien (dit was awesome!!!!). Ek onthou op een skou het ‘n helicopter ‘n draai kom maak. Obviously het jy nog nie alles gesien nie…. Please, live and let live.

Grassie ·

Ek sien regtig geen kwaad in die gebeurtenis nie. Matriekafskeid is vir die jongelinge ‘n uithang-geleentheid en die manier waarop hulle daar “arriveer” is een van die hoogtepunte van die aand. Hierdie twee se aankoms was beslis iets oorspronkliks. Diegene wat kla oor die koste – ek glo die totale koste was net ‘n bietjie petrol vir die voertuig. Dit is ook goed dat die polisie ‘n bietjie met die jongmense skakel. Daardie generaal wat nou konsuis sy stem dik gemaak het – koel af man!

Johan Kruger ·

stem saam daar is baie erger goed om te kla en kerm oor

Rene ·

Hou op moan! Dis min dat die polisie iets nice doen vir n gemeenskap!

Anoniem ·

Ek is n ou toppie en dink dit was nogal cool. Weet nie waaroor al die lawaai nie. As ek die polisiekommisaris is sou ek dit n jaarlikse instelling maak, dit wys net die polisie is ook mens en wil graag deel in ander se vreugde.

Afrikaanse Knaap ·

Asseblief. Dis vrek cool. Dit wys SAPD is ook menslik en bereid om ‘n kind en skool se aand op te helder.

Tammy ·

Beslis moet daar opgetree word en die ouers moet sommer die betrokkenes se salarisse betaal en alles wat daarmee gepaard gaan.
Dis jammer dat matriekafskeid n “af show” geleenthied geword het. Hiedie geval is voorwaar n skande!!!!

Spikkels ·

Asb tog hoekom moet ouers hul salaris betaal en die betrokke beamptes aangekla word. Hul was sigbaar vir n slag al was dit by n matriekafskeid. Toe my kinders op skool was en dit was in die ou SA het een paartjie met n vangwa daaraan gekom en almal het gedink dit was snaaks en cool. Wat is nou so verskriklik om vir dalk 10 minute kinders na n matriek afskeid te neem.

Jannie ·

In hierdie tentlose sirkus, genaamd Nuwe Suid-Afrika, verras of skok min dinge my nog!!! Die aantal narre neem net toe!!!

Vraagteken ·

Jannie, obviously is jy baie jonk. In die ou dae het die polisie en brandweer baie sulke goed gedoen.

T ·

Dis SUPER COOL !! Dink daardie polisie manne het dit vreeslik geniet. Glo ni hulle het veel pret in hulle daaglikse dienste ni. Julle klomp suurknolle moet ook iets pretigs probeer

Marlize ·

Elke persoon het die reg op ‘n opinie.

Ek weet nie waaroor die bohaai gaan. Dit was iets anders en dit was ‘n paar minute. Die polisie het iets spesiaal gedoen.

Belaglik, skande, beslis moet daar opgetree word…….. Rerig? Gebruik eerder die woorde vir ernstige dinge wat aan die gang is in ons land. Dis eerder belaglik en ‘n skande dat jul so aangaan.

Robert ·

Wie sê enigeen van hulle is in die polisie diens. Kon net sowel privaat mense in polisie klere gewees het. Dis onwettig om staats eiendom vir privaat te gebruik tensy die nodige toestemming verkry is.

Varkie ·

Haha, mamma ek nog nie deur die eksamen nie maar kom ons party en hoop ek pass

Hannelie ·

Meeste matriekafskeide ruk handuit. Hierdie is belaglik, dankie tog my kinders was beskaafd en het nie probeer aandag soek op hul matriekafskeide nie. Eish!

Ag Tog ·

En jy is mees produktiefste mens op aarde. Jy doen soveel vir jou medemens…..o, Ja ek’t vergeet. Jy doen minder as niks. Kom by!!!!!!!

PJC ·

Ek weet nie waaroor die onnodige bohaai nie. Klompe polisiemanne se tyd en hulpbronne word daagliks op mense soos JZ en van sy ander rampokker makkers vermors sonder dat iets daaromtrent gesê of gedoen word. Hierdie kinders verdien dus sekerlik ook so ń bietjie aandag.

Mossie ·

Vir solank as wat die nodige toestemming verkry is daarvoor (wat baie beslis moes gebeur) kan ek nie die kwaad daarin sien nie.
En vir die wat die SAPD so afkraak, onthou net, almal kan nie oor dieselfde kam geskeer word nie. Daar is jou groep of dorp of stad gedeelte wat nie belangstel om die gemeenskap te dien en beveilig nie en dan is daar die ander groep/dorp/stad gedeelte vir wie dit n roeping is en wat werklik n verskil wil maak en wil help. Moenie die patetiese optrede of foute miskyk nie, maar sien ook die positiewe pogings raak wat die laaste ruk in die nuus is.
Wat hierdie spesifieke berig betref…dis kinders op die drumpel van volwasse wees en wat net vir een aand en n paar min graag wil uitstaan of belangrik voel, more is maar net weer gewoon.
Die ouers wie se kinders reeds matriekafskeid gehad het, hou op kritiseer en wees dankbaar dis verby. Vir die wie se kinders nog oppad is na daardie belangrike aand…sterkte, werk solank aan idees en finansies!

konyn ·

ag asseblief mense, hou op jaloers wees en gun die kinders dit, of is julle dalk jaloers dat julle nie self die idee kon uitdink nie, verder glo ek geensins dit het iets te doen met beskaafdheid nie, almal wat n stink eier het om te le, sies man, ek lees honderduisend miljoen keer eerder nuus soos die, as n wrede plaasaanval, en ja, die polisie sou ook nie dan onmiddelik iets kon doen nie ook al was hulle by die afskeid. Gun tog jul medemens iets?

Nin ·

Ag nee wat ek dink dit is oulik. Solank dit net nie gedoen word as die polisie beamptes op diens was nie. Kom ons maak nou nie iets van niks nie.

vis ·

Regtig mense.
Ek sien niks fout met dit nie. Ek is doodseker die ouens was af van diens en wou iets nice doen. Hulle het beslis toestemming gevra om die voertuig te gebruik vir ‘n uur of twee en doen iets “nice vir gemeenskap lede” daai voertuie word net gebruik as daar optogte in hulle area/gebied is. Elke jaar kom iemand of in ‘n ambulans of brandweer wa of iets anders.
My ooms wat in die polisie was het al dit gedoen vir paartjies in ‘n vangwa. Die suid afrika is ek moeg as iets nice gedoen word dan is daar altyd ‘n paar suur mense. Die hoof van polisie spandeer duisende rande om sy boudjies rond tery na sy plekke waar hy moet verkyn met “state security” gin die gemeenskap ook iets nice. Ons betaal tog hulle sallarise of doen ons nie. My pa het vir telkom gewerk en as ek matriek afskeid in ‘n telkom trokkie wou gaan kon my pa seker ‘n plan gemaak het om een te reel vir ‘n uur of twee.

sasha ·

NET IN NEWCASTLE HAHAHAHA sal in ons koerant wees Donderdag.

Johanna Smuts ·

Maroela gee asseblief vir ons opvolginligting. Dit is ongehoort. Ek het al die polisie dringend nodig gehad. As ek die polisie skakel is daar of nie antwoord nie, of as daar geantwoord word, hoor jy vining hier is nie n voertuig beskikbaar nie. Hou maar in die state dop waar polisievoertuie stop en jy sien hoe word mense opgelaai en die voertuig as ‘n taxi gebruik.

Staak saam ·

Hulle sal nie antwoord nie, hulle is by n matriekafskeid en hou die situasie vyn dop.

Johann Muller ·

Ek sou voorstel dat die kommissaris elke jaar onder matrieks ‘n kompetisie uitskryf met so ‘n “aflewering” as eerste prys. Dit is uitstekende PR vir ‘n diens wat ‘n beter beeld baie nodig het. Solank dit reg aangewend word. Dan dien dit sommer as opleiding ook.

n ·

Ag, hou op kla! Genade! Niks verkeerd met wat die SAPD gedoen het nie. Gun die matrieks hulle 5 minute van “fun and fame”. Die nie “onbeskaafd” om bietjie aandag te soek op jou matriefafskeid nie.

Lana ·

Ten koste van iemand wat dalk sy/haar lewe verloor het, omdat daar gewag word op polisie wat “party” hou.
Gebruik jou kop.
Sekere dinge is ‘n groot “NO NO”.

Vraagteken ·

Nee Lana, gebruik jou kop eerder. Dink jy regtig ‘n Njala gaan ‘n lewe red 18:00 in die aand? Die polisie doen sulke goed al vir ‘n lang tyd. Moet asb nie suur druiwe wees nie.

Lana ·

Vraagteken??
Die feit is dat die polisie nie hul werk doen/gedoen kry nie.
Waar dink jy moet daar tyd, mannekrag en geld vandaan kom om matrieks rond te ry?
Dis mos nou ‘n resep vir ‘n ongeluk.

Derick ·

Volgende jr kom n paartjie aan met een van die lugmag se Puma helikopters.

vis ·

Derick
Dan sal ek jaloers wees. Wou nog my hele lewe in een gevlieg het. Imagine met ‘n paar soldate met “thunder-flashes” om die pad oop temaak.

Poot ·

@Derick
Die lugmag het laaaaaankal nie meer Puma helikopters nie.

docpietza ·

Wel gedaan, baie oorspronklik. Geniet elke oomblik.
Hier baie groter probleme om op te los as hierdie paar minute van tiener “fame”.

Ronel ·

Hou tog op kerm oor kinders wat een maal jonk is en hul matriekafskeid behoorlik wou geniet. Ek dink dit is n baie oulike idee!

Artimus ·

Ek dink dis heel oulik en nice gewees. Hulle ht tot 2 “lyfwagte” gehad en di kinders lyk vie my Indies en nie Wit ni en wat maak dit saak. Solank daar genug mannekrag was by die polisie stasie en die ouers vir brandstof betaal het is dit eintlik n + vir die SAP waarvoor meeste van ons voor bang is of hoe….

Boet ·

Soos misdaad, ontvoering, aanranding, ens nou toeneem sal dit dalk oor n jaar of twee nie snaaks wees nie maar algemeen dat kinders met polisie bewaking matriek afskeid toe gaan.

Glimlag ·

Nee wat, ek dink was nogals uniek. Dankie vir die SAPD lede en vervoer se bydrae tot die genietinge. Hulle word gereeld oor die kole gehaal vir baie dinge. Ek loof hulle vir die hele situasie. Maak nie saak van ras of kleur nie. Mooi so Ouens.

Christine ·

Vir 12 of meer jaar swot jy onafgebroke. Nou kom die 1 groot dag waaroor jy al 12 jaar droom en wat gebeur … Hulle ruk die dam onder die eend uit.
Gun die kinders hul pret voor eindeksamen, wie weet hulle is dalk net jou toekomstige polisie Brigadier en daarom bou hul, hul skouspelagtige begeleiding.

MaggieD ·

Daar word nou so ‘n bohaai opgeslop oor die geval MAAR daagliks word kinders in SAP sowel as Metropolisie motors by Winkelsentrums en Wegneemete plekke toe aangery en afgelaai in werkstyd man enigetyd dit word oral gesien. Word dit ondersoek??????? Nooooooit want ds hul vorreg…….. Eet en slaap wanneer hulle wil waar hulle wil want hulle is die baas en ons betaal belasting daarvoor. So drink n chill pil ds hoe korrup ons land is. Forwards never …….. Backwards forever.

hendrik ·

Al weer nie my kommentaar geplaas nie, maar los maar wat. Ek sal nie weer nie.

Regtig Waar ·

As ek so deur die kommentaar lees wonder ek of diegene wat so kla en kerm n lewe het. Sit hulle elke dag op die internet en hou die nuus webblaaie dop om te sien wat die polisie verkeerd doen? Regtig mense, HOU KERM.!!!!!

Bossie ·

Ek weet my opmerking het niks met
Matriekafskeid te doen nie, maar wel met die Engelse vraestel wat vandag deur
Matrieks geskryf is. Ek wil graag met jul deel, vergun my die geleentheid, asb. Die kinders moes die afkorting ‘omg’ uitskryf. My dogter sê sy weier om te laster, en skryf dit toe uit as ‘oh my gosh’. Dit mag dalk naīef van haar gewees het… maar ek stem saam met haar.
Hulle is 272 matrieks. Daar is 40 vraestelle vir hul afgelewer. Die onderhoof moes toe toestemming vra om die vraestel te kopieër sodat al 272 kon skryf. Ek voel dis aspris gedoen om Afrikaans medium skool met 99% wit leerders te teister.
Ekskuus vir irrelevante kommentaar.

anton ·

Wat jy hier sê is eintelik belaglik en skokkend!!!
Het respek vir wat jou dogter gedoen het m.b.t die laster.
Wil MM nie dalk n berig doen oor die spesifieke voorval by die afrikaanse skool nie?
Dink sulke gevalle moet aan die groot klok gehang word!!!
(Die vraestel en die laster storie)

Mark ·

Wel…. SAP kan dalk doen met bietjie positiew blootstelling sal ek se, maar nouja tel daagliks ‘vans’ wat by shopping centers is met helfde sivie en uniform… SA is kens!

Asb tog ·

Regtig…. Matriekafskeid moet ‘show off’ wees dis groot gebeurtenis…. Gun die kinders dit vir oulaas

JV ·

Dit is n unieke idee. En terwyl die Sapd die straat afgery het met blou ligte aan het hulle sigbare polisieering gedoen. Niks fout met die 10 minute gemeenskapdiens nie. In ons dae het dit gereeld gebeur. Mooi so SAPD

Zelda Boshoff ·

Dis geensins blankes nie, dis Indiers. Moet se dit was nogal iets anders. Effe intimiderend anders. Ongelukkig is dit ook die norm vir polisie om deesdae hul kinders in polisie motors by skool af te laai. En dan is dit blankes wat dit doen. So wie gaan iets hieraan doen? Niemand. Wie gaan betaal? Almal wat belastingpligtig is. Dis net vir n aand en duidelik was almal mal daaroor. Mens kan 2 gevoelens daaroor he, maar op die einde gaan reels wen by hierdie storie. Hoe weet ek? Die polisie hoof wat ondersoek weet nou die media soek antwoorde, so dis nou n pad wat n kort rukkie se plesier mens kan kos.

anton ·

Ai die mense wat die voorval goedpraat……………skud maar net my kop!!!

En wraggies……..die sap is beslis die laastes, nee gladnie, op my lysie van wie ek sou wou gebruik om my na my afskeid te vergesel!!!
Ek het darm ook my trots.

Leon ·

Liewe ouers, maar het ons nie in ‘n gat van kla en kerm verander nie. Asof die hele dorp nou afgebrand het in die paar minute. ‘n Oorspronklike idee het nou verander in ‘n nasionale skande. Al hierdie ou grompotte moet asb wakker word, julle koffie word koud! Die finale besluit het by ‘n bevelvoerde gelê om dit goed te keur. Dankie vir hom/haar wat bereid was om dit te doen, as dit gaan om die beeld van die SAPS te verbeter in SOSIALE kringe.
Ten minste het KZN seker die een van die beste syfers wat die aankeer en uitroei van kriminele is, as dit kom by rooftogte, want hulle monitor en arresteer nie, hulle het nog ammunisie!

NEEE WAT ·

Ai Mense!!!
Gun die kinders dit – hier gebeur NIKS in Newcastle nie, hul het net bietjie opwinding gesoek….

Natascha ·

Ja nee kyk.. ek dink daar is regtig meer belangriker dinge om oor bekommerd te wees as as die feit dat die 2 kinders deur die polisie begelei is na hulle matriek afskeid. Ek glo die lede was nie beslis nie op diens nie.. en kyk as jy dit kan bekostig.. hoekom nou nie.. Ja matriek afskeid ding het effens belaglik geraak maar ek kan nie insien hoekom daar nou juis so ‘n boehaai hieroor gemaak moet word nie.. Gun hulle hulle aand… vir ‘n paar sekondes was hulle super populer..

Nika ·

en so verander die wêreld en mense se opinies in kommunisme in…. ons vryheid van spraak is weg en nou mag mens ook deesdae nie eers meer ‘fun’ hê nie! wat is nou so erg daaraan? ek dink dit was oulik en iets uniek. Hoop hulle het dit geniet.

HPV ·

Los die kinders, hulle dink groot. Ons was almal daardie ouderdom vol planne en drome… laat hulle dit geniet… die lewe is in ‘n oogwink verby.

j de kock ·

ag toggie kan ons nie die son op ander sien skyn nie.
mens hoor heeldag van sulke oulike goed, soos die brandweer wat ñ brandslagoffer ñ rit in die brandweerwa gee, ñ paar polisie manne vra om ñ poets te bak by ñ batchellors partytjie.

Gerhard ·

Ek moet wonder hoeveel misdaad het plaas gevind terwyl die ding gebeur het. In ‘n tyd toe die misdaad nog effens onder beheer was kon mens die soort ding verskoon maar in ‘n tyd waar misdaad hoogty vier is dit nie meer aanvaarbaar nie.

Hennie ·

Die feit bly belastingbetalers se geld is gemors en die wet op finansiele bestuur is duidelik enige vrugtelose uitgawe moet verantwoordbaar wees en die skuldiges moet kry wat hul toekom. Daar sal ook nooit genoeg SAPS voertuie wees nie omdat meeste van hulle as diensvoertuie gebruik word om personeel van die werk na huistoe te vervoer en dan iewers geparkeer staan. Miskien was die Njala iemand se diensvoertuig teen n geringe maandelikse bedrag geld in die betrokke B21 rekening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.