John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het verwys na mediaberigte waarin beweer word Mgidlana en ander senior staatsamptenare het die reuse bedrag geld bestee op ʼn reis om ʼn vergelyking te tref tussen die Suid-Afrikaanse parlement en parlemente in Europa.
City Press het berig Mgidlana en sy afvaardiging het R177 350 bestee op drie nagte se verblyf in Londen en R65 000 op huurmotors en bestuurders in Engeland en Skotland. Mgidlana se verblyf in Londen het glo R14 050 per nag gekos. Die koerant het ook beweer verkrygingsprosedures is in die proses verontagsaam.
“Hierdie is walglike misbruik van openbare fondse en meneer Mgidlana en sy kantoor moet verantwoording doen daarvoor. Ek sal die nuutgestigte komitee vir die finansiële bestuur van die parlement versoek om meneer Mgidlana te ontbied en ʼn volle verslag van sy kantoor te eis oor hierdie ‘Eurotrip’,” het Steenhuisen gesê.
Mgidlana was in Julie verlede jaar ook in die sop, toe hy erken het hy het ʼn parlementsvoertuig met blou ligte gebruik om sy familie in Kaapstad rond te ry. Die parlement moes R10 800 betaal om die voertuig te laat herstel nadat dit in ʼn botsing betrokke was. “Mnr. Mgidlana stel duidelik meer daarin belang om homself te verryk as om seker te maak die parlement voer sy mandaat op verantwoordelike wyse uit,” het Steenhuisen gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Ek weet nie hoekom moet die diewe net altyd “verduidelik” oor die vermorsing nie. ‘n Mens sien nêrens waar hulle aangesê word om die geld terug te betaal nie. Nooit maar nooit hoor jy oor die terugbetaling nie
Ja wie wil n etiket hang aan n sielkundige probleem jys welkom om jou diagnose te maak simtome. Gewetenloos, steel, lieg, Selfsugtig en glo my die reuke is ook nie goed nie soos almal aar na sy Presidend niks is hulle skuld nie
Die parlement het die herstelkoste betaal? ook maar belastingbetalers se geld!!
PAYBACK DA MONEY¡!!!!!
Nog n nkandla ….alles van die anc is deurspek met korrupsie ….what next