Herrie oor R2 miljoen parlementêre reis

Gengezi Mgidlana. Foto: http://www.parliament.gov.za/

Gengezi Mgidlana. Foto: http://www.parliament.gov.za/

Gengezi Mgidlana, sekretaris van die parlement, moet verduidelik hoe R2 miljoen van belastingbetalers se geld tydens ʼn luukse reis van twee weke na Europa bestee is, het die DA Sondag gesê.

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het verwys na mediaberigte waarin beweer word Mgidlana en ander senior staatsamptenare het die reuse bedrag geld bestee op ʼn reis om ʼn vergelyking te tref tussen die Suid-Afrikaanse parlement en parlemente in Europa.

City Press het berig Mgidlana en sy afvaardiging het R177 350 bestee op drie nagte se verblyf in Londen en R65 000 op huurmotors en bestuurders in Engeland en Skotland. Mgidlana se verblyf in Londen het glo R14 050 per nag gekos. Die koerant het ook beweer verkrygingsprosedures is in die proses verontagsaam.

“Hierdie is walglike misbruik van openbare fondse en meneer Mgidlana en sy kantoor moet verantwoording doen daarvoor. Ek sal die nuutgestigte komitee vir die finansiële bestuur van die parlement versoek om meneer Mgidlana te ontbied en ʼn volle verslag van sy kantoor te eis oor hierdie ‘Eurotrip’,” het Steenhuisen gesê.

Mgidlana was in Julie verlede jaar ook in die sop, toe hy erken het hy het ʼn parlementsvoertuig met blou ligte gebruik om sy familie in Kaapstad rond te ry. Die parlement moes R10 800 betaal om die voertuig te laat herstel nadat dit in ʼn botsing betrokke was. “Mnr. Mgidlana stel duidelik meer daarin belang om homself te verryk as om seker te maak die parlement voer sy mandaat op verantwoordelike wyse uit,” het Steenhuisen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Paul ·

Ek weet nie hoekom moet die diewe net altyd “verduidelik” oor die vermorsing nie. ‘n Mens sien nêrens waar hulle aangesê word om die geld terug te betaal nie. Nooit maar nooit hoor jy oor die terugbetaling nie

christine ·

Ja wie wil n etiket hang aan n sielkundige probleem jys welkom om jou diagnose te maak simtome. Gewetenloos, steel, lieg, Selfsugtig en glo my die reuke is ook nie goed nie soos almal aar na sy Presidend niks is hulle skuld nie

Wynand ·

Die parlement het die herstelkoste betaal? ook maar belastingbetalers se geld!!

Lance ·

Nog n nkandla ….alles van die anc is deurspek met korrupsie ….what next

Percy Hall ·

Dit was nie duur nie
R2 Miljoen is £100,000.
Dit was Wereld Rugby tyd. Rapport maak dit voorblad. Hoekom nie DA saamtrek voorblad. Media maak alles sleg in SA.

Cherokee ·

Hy is net gevra om te verduidelik, nie om terug te betaal nie. Dit is nie bloot misbruik nie maar mi kan dit diefstal genoem word. Hulle word gevra om te verduidelik. Almal weet dit kan nie verduidelik word nie. Gaan hy nou ook deur Zuma ‘berispe’ word?

Johann Marx ·

Hoekom word so baie geld wan aangewend? Want daar IS so baie om te steel. Dis tragies hoeveel van ons belastinggeld wan-aangewend word sonder dat ons, wat die fondse voorsien, ‘n sê het in die saak. Die stelende regering besluit hoeveel jy van jou hard verdiende inkomste moet oorbetaal…..sodat hulle dit kan steel….en as jy dit NIE oorbetaal nie, is JY die oortreder? Hoekom?

KP ·

So loop die soustrein alte lekker. Wonder wanneer gaan die sous opraak.

R ·

Liewe aarde maar dit gaan wild… is daar nog geld oor in die staatskas? vra maar net.

Meisie ·

Nou ja toe! Zuma stel die voorbeeld en hulle volg dit. Wat van terug betaal ‘n slag?? Wens ons ander kon ook op sulke reise gaan of net ‘n ou huisie kry! Tyd dat zuma en sy gevolg uit beweeg!

Ekwilibrium ·

Vat vat vat net. Vergryp hulself tot barstens toe. En hoekom nie? Daar is dan nooit werklik nagevolge nie. Die begrip van volhoubaarheid sal seker nooit posvat by die Afrikaan nie.

Liewe Heksie ·

eendag is eendag dan gaan die soustrein se wiele pap word

christine ·

Geen wonder die oue tehuise en kinderhuise lyk so nie wag tervergeefs vir Lotto fonse . Hier moet werklik na die lotto gelde gekyk word en moenie dink die onafhanglike finansie besture is nog eerlik nie daardie staf is lankal vervang met kaders sonder gewetens besware. Hier kort n deeglike ondersoek deur oudeteure wat nie deur die staat aangestel word nie. Want ek dink n blik met wurms is lig gestel eerder n drom.

hans brits ·

Ek dink sa is die rykste land in die wereld,vir 22 jaar steel hulle en die geld word nie klaar nie.

Boetie Deysel ·

Ek is n grensbesserde en daar is nooit geld vir medikasie nie, Of hulle betaal n jaar later. Ek is nou weer in so probleem .

dries ·

Belastingbetalers, julle gaan n antwoord kry, dan is alles vergete.

Willie ·

Hmm Elektriesieteits diefstal en kables kan tot 15jaar in die tronk… Belastingbetalers geld diefstal is van 0-0 jaar in die tronk… ry daai sous trein julle…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.