Herrie oor ‘rassistiese uitbarsting’ oor sportverbod

ʼn Skermskoot van die plasing voordat dit verwyder is. Die foto is digitaal gemanipuleer om die kru taalgebruik te verbloem. Matt Theunissen

ʼn Skermskoot van die plasing voordat dit verwyder is. Die foto is digitaal gemanipuleer om die kru taalgebruik te verbloem.

ʼn Storm het om die kop van ʼn jong man van Kaapstad losgebars nadat ʼn rassistiese uitlating glo op sy Facebook-profiel gemaak is in reaksie op Fikile Mbalula, minister van sport, se onlangse verbod op sporttoernooie weens transformasie.

“So no more sporting events for South Africa… I’ve never been more proud than to say our government are a bunch of K*****S…yes, I said it so go and f**k yourselves you black f***ing c***s.” [sic], het skynbaar Maandag op Matthew ‘Matt’ Theunissen (26) se Facebook-profiel verskyn. Die profiel is egter teen Dinsdag verwyder nadat ʼn skermskoot van die plasing soos ʼn veldbrand op sosiale media-platforms versprei het.

Twitter-gebruikers het gou die man se LinkedIn-profiel ontdek, waarop sy CV geplaas is met sy volle adres, kontaknommer en studie- en werkgeskiedenis. Dié inligting is ook wyd gedeel met sommige mense wat op Twitter doodsdreigemente gemaak het. Volgens die CV is hy ʼn oudstudent van die Universiteit Stellenbosch en woon hy in Noordhoek.

#MatthewTheunissen was Dinsdag onder die tien gewildste onderwerpe op Twitter, met mense wat hom met Penny Sparrow vergelyk.

Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeester, het Dinsdag Theunissen se uitlating verwerp en dit as ʼn “veragtelike rassistiese aanmerking” bestempel. De Lille het die voorval na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verwys vir verdere ondersoek.

“Ons kan nie toelaat dat mense wegkom met sulke neerhalende opmerkings nie, want daar is wette en prosesse om te verseker dat rassiste aan die pen ry,” het sy in ʼn verklaring gesê. “Daar is nie ʼn plek in ons gemeenskap vir rassisme nie. Ons genees van ʼn gedeelte van ons pynlike verlede en ons bly verbind tot die stryd teen die plaag van rassisme en die totstandkoming van eenheid en inklusiwiteit.”

Die uitbarsting volg nadat Mbalula verlede Maandag aangekondig het die vier hoof-sportfederasies – die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, Krieket Suid-Afrika, Atletiek Suid-Afrika en Netbal Suid-Afrika – mag nie gasheer speel vir enige groot internasionale sportgebeurtenisse in die land nie aangesien hulle volgens hom nie hul transformasieteikens bereik het nie.

Verskeie pogings om Theunissen te skakel op die nommer wat op die CV verskyn, was onsuksesvol en sy foon is skynbaar afgeskakel. Hy het egter glo vlugtig met die Cape Times gepraat, waarna hy die telefoonoproep beëindig het nadat hy oor die plasing uitgevra is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Ek dink dit was uiters dom van die man om dit wat hy gese het op sosiale media te plaas, maar party mense is ook seker nie bang om sy kop in n bynes te druk nie. Ek sit nou aan iets en dink. Miskien is dit tyd dat daar n plek in die RSA moet gemaak word, waar jy op n kassie kan klim en jou se kan se. Maar net nie op sosiale media nie.

Loeis ·

Dit was dom van hom gewees ja, maar dit was veral polities verkeerd. Hy was nie meer rassisties as die minister nie, maar natuurlik word dit nou nie so gesien nie.

Wat die minister aanbetref, ek is baie bly oor sy houding. Dit is lankal tyd dat die sportgod gedood en begrawe moet word, veral die pienk bul sindroom.

Hannelie ·

Hy moet kry wat hom toekom. Want regtig om so in die “openbaar” sulke woorde rugbaar te maak, is regtig onvanpas. Bly dat hul hom kon opspoor.

Paul ·

Hannelie,
Die sg president van hierdie hartseerland mag egter die volksmoord op blankes verkondig met sy masjiengeweerliedjie. Hoekom mag blankes tog net nie ontsteld raak nie, of moet ons nou toestemming gee om maar afgemaai te word met die zulu se masjiengeweer.

gerhard jacobs ·

Dit is net baie skokwekkend dat mense soos Malema dinge openlik mag se en absoluut niks oorkom.

Wic ·

Hannelie
Weet jy hoeveel blankes word jaarliks vermoor….nee jy doen nie want ons regering dwing dit op polisie af om moorde op blankes te filter! En dit kom uit ‘n polisie hoof se mond. Dom van hom ja maar as hy vervolg word moet daar net so drasties opgetree word teen rassisme teen enige kleur. Moet die wet nie almal beskerm nie of is dit net vir die meerderheid verskore?

Andrea van Vuren ·

Hannelie, ek wil nie kant kies nie, maar kom ons kyk net hoe word ons wittes links en regs beledig en daar kom niks van nie. Hierdie jong man was dalk op die oomblik so woedend dat hy impulsief opgetree het. Baie van ons voel dieselfde maar weerhou ons gelukkig net betyds. Ons het nie eintlik vryheid van spraak nie. Hierdie insident is maar net die begin van vele wat nog gaan kom. Ons beleef tans meer haat en onderdrukking in ons land as gedurende die apartheidsjare.

christine ·

Speekers Coner sal nogal lekker wees want ons voel almal in ons harte deesdae maar net dieselfde. heel anders as 1994. So Jan maak n plan soe wil nie in die drommel se plek wees nie sy lewe gaan hel gemaak word.

Ekwilibrium ·

Dom van hom ja, en onvanpas op sosiale media. Ongelukkig is dit ‘n voorbeeld van opgekropte frustrasie a.g.v. onnosele besluite deur ons ministers. Waarmee gaan hulle ons almal – hulself inkluis – volgende in die voet skiet a.g.v. kinderlike emosionele reaksies op ander se opinies? Julle sal nou sien hoe lank gaan al wat ‘n ‘rewolusionêre’ is aanhou herkou hieraan.

Moeg ·

Is dit nie rasisties om te sê dat meer swart mense in die sport moet deelneem nie?

Is dit ie rasisties nie om Belasting geld te verwyder tot dat “transformation goals” beryk wort?

Hoekom dryg niemand Mbalula vir sy rasisme nie?

SA reg het dubbel standarde.

Chrissie ·

Ek stem 100% saam, sulke aantuigings is nie nodig in die media nie. Maar wat van al die swart mense wat rassehaat en moord in die media aanhuts. Van hul kom daar niks, want hul het mos vryheid van spraak. Dit sal nooit deur die menseregtekommissie ondersoek word nie.

Willie ·

mens kan dink wat jy wil, maar nie se wat jy wil… heel onvanpas op sosiale media… se dit eerder soos ander karders in publiek…

Dee ·

Rassisme kan nooit teen die wet wees nie solank as wat dit ‘n eie opinie is en daarby bly. Die uitleef van rassisme in openbare plekke mag dalk vervolgbaar wees maar wat is die definisie van rassisme? Indien jy hierop gaan antwoord en jou sin begin met “die siening dat…..” kan dit nooit onwettig wees nie want jou opinie is jou opinie en gedagtes kan nooit gebind word nie.

haha ·

Mense is vinnig om n bohaai te maak plaas al die energie en passie bestempel word op sake van meer belang .. soos moord armoede werkloosheid geweld ens.

Marius ·

Wat verwag hulle?! Die ANC se rassistiese agendas gaan ‘n rassistiese reaksie wakker maak onder mense wie se regte vertrap word. Dink hulle die mense gaan nie kwaad en haatdrawend word nie. En dan oorreageer die ANC asof dit die einde van die wêreld is, terwyl hulle so laag daal om rassisme aan te wakker om stemme te wen, terwyl die ou wit pseudo-liberale blindelings agterna sing net om polities korrek te wees – ten koste van hulle eie mense.

Jean Garner ·

hy het net uitgelaat oor hoe baie mense in die land voel……..en nooit n mening lig nie,dalk net op die verkeerde tyd en plek!!!!!

Rynhardt ·

n Mens kan verstaan hoekom Matt Theunissen uitvaar teen die minister van sport oor transformasie.Transformasie/regstellende aksie is rassisme in die ergste graad teen blankes! Ek het in 2009 die Menseregtekommissie se Leon Wessels hieroor in n debat aangevat en hy weier om die Anc hieroor aan te tree! Net vir die rekord, ek het die debat teen hom gewen.De Lille, u is die laaste persoon om Theunissen te gaan aangee by Menseregtekommissie, want julke DA ondersteun regstellende aksie teen wittes asook die onteiening van wit boere se plase! Julle DA wys oor en oor jul ware kleure! In 2013 wou die einste Helen Zille Afrikaanse skole sluit.Regter Desai het destyd besluit dat afrikaanssprekendes die reg het om in hul moedertaal onderrig te word, want die DA spandeer nie sy volle begroting in Wes-Kaap nie.Die DA se plan om te volhard met engelse skole het liederlik in sy gesig obtplof! DA, wie is werklik diskrimminerend teenoor afrikaanssprekendes? Ek keer nie Theunissen se taalgebruik goed nie, maar verstaan sy frustrasies!! Jammer, maar wat teen die Afrikaner gepleeg word is uiters krimineel in my boek!!

Loeis ·

Presies. Voeg daarby dat dit Helen Zille se DA is wat na hul oorname in Kaapstad ‘n aantal Afrikaanse straatname verander het. VF+en die ACDP het dit aanvanklik ge-veto toe hulle nog saam gewerk het, die DA het daai twee bongenote uitgeskop toe hulle die ander partye nie meer nodig gehad het nie, en daarna juis Afrikaanse name geteiken, maar Milnerton en ander werklik koloniale name net so gelos.

Amanda Borrett ·

Ag daar is altyd ‘n bohaai oor iets onvanpas wat iemand kwytraak maar daar word maar min gedoen aan mense wat sonder twyfel hulself aan kriminele oorteredings skuldig maak. Miskien moet swart mense minder kleinserig wees oor skelwoorde en meer begaan wees oor hulle eie mense (lees regering) wat hulle minag en geen poging aanwend om hulle lot te verbeter nie.

Anika ·

Stem nie saam met die manier waarop hy dit doen nie, maar kan nie verstaan dat daar altyd ‘n bohaai is as ‘n blanke sulke uitsprake maak maar as dit andersom is (bv. Malema en Zuma se uitsprake en haatsprake), word dit net eenvoudig onder die mat ingevee. Net blankes kan mos rassisties wees !!

Scalla ·

Ek dink die meeste voel ook so, hulle blaker dit nie op sosiale netwerke uit nie.

Johan ·

Ja dit was Sekerlik nie die reg te plek om hom so uit te spreek nie maar hel as jy net in n argument met n swart prsoon kom eerste wat hulle doen is om die rassistiese kaar te trek ek wonder hoekom

Tans Benadeelde ·

Sokker moet ook onder dieselfde kam geskeer word en mag nie meer gasheer wees van interntionale byeenkomste nie wand daar is ook geen transformasie nie. ‘n Mens sien gladnie wit spelers op die sokker velde nie.

Sam ·

Ek lees ek so effens ‘n “dit is fine wat hy se, is net jammer hy was gevang”. Ai tog. Dis agv van al die ouer gade dat die land se wit jong mense sukkel, julle wat wou God speel en besluit wie in die land wat mag doen. Ja julle outydse rassiste dis julle skuld dat ek as ‘n wit afrikaner moet terug staan vir BEE net omdat julle deel was van apartheid en dit goed gekeur het. Alles wat julle so vinnig wil verdoem wat die swart mense doen…JULLE is die oorsaak!! Dis julle klein rassistiese brein met apartheid wat jou kinders se toekoms dieselle gaan maak as wat julle hulle sin wou maak met moord. Hulle het dit by julle geleer!

Koos ·

Jy moet mooi dink voor jy die sogenaamde ouer garde blameer vir jou of julle problems, as julle minder op julle agterente sit en rekenaar speletjies speel kan julle ook n verskil maak, maar nee dit is makliker ander die skuld te gee

Paul ·

Sam,
Ons ouer garde het hiertoe land gebou tot by eerste wereld standaarde met beter omstandighede vir almal. Die nuutste meningsopname bevestig dat meer as 60% van die inwoners stem dat toestande beter was voor 1994. Die houding vandag is die van ‘entitlement’ soos Chris Hart gese het dat mense nie wil werk nie en net die witman se goed wil vat waarvoor hy hard en eerlik gewerk het. Chris Hart is in die pad gestel vir sy vreeslike polities onkorrekte stelling alhoewel hy 100% korrek is.

julian ·

Ek is ‘n rassis. Ons is verskillende rasse in hierdie land. Ek sal altyd vir my ras in die bresse tree maar ek sal nooit iemand haat of te na-kom net omdat hy nie aan dieselfde ras behoort as ek nie. As hy my respekteer dan respekteer ek hom ook. Geen wetgewing sal my verplig om af te sien van my standpunt nie

chantell ·

Hulle mag se wat hulle wil mag ons aanrand dood maak druig om ons goed te vat,maar dis reg niks sal aan hulle gedoen word nie.maar laat 1 wit man nou net iets soos die se dans die hele land op hom. Dis nou SA vir jou daai.

hans ·

Hoekom swyg media oor die ‘Oxford student’ se uitlatings,is dit aanvaarbaar?

Dee ·

Waarom gooi jy net klippe en s♪ nie hou jy daaroor voel nie, Jannie? Vertel ons jou siening.

Wurm ·

Ek stem nie saam met wat hier gebeur het nie. Ek wil egter net iets deel wat ek vir myself uitgemaak het.
Ons probleem is Rasse – frustrasie, eerder as rassisme.

Bosveld g ·

Sou dink Fikile en kie moet ook mooi nadink. Elke mens het dieselfde regte, gevolg moenie ander boelie tot dit tot nagevolge lei nie. Dieselfde met die outjie /kelner tip debakel, hy het te groot gehap, nou is die skoen aan die ander voet. Maak my wakker as die lot bykom !

E ·

Ek stem saam ha ha.
Die seun is eintlik nog ń kind wat sonder om te dink op die ingewing van die oomblik geriageer het, en dat die politiek hulle steur aan kommentaar van “natneusies” gaan my verstand te bowe. Nou is die arme seun van ń voorbeeld gemaak, terwyl daar meer belangrikke sake in ons land is wat aandag nodig het. klink my rassisme is ń erger oortreding as korrupsie!

Eddie ·

Matt broer sterkte met wat vir jou voorle, hou goeie moed. Dit is onregverdig dat daar so bohaai is oor 1 wit man se optrede nie. Wat van die EFF en ANC se aantuigings. Al raad wat ek vir die mense in SA het is draai terug na GOD toe. Alles wat nou gebeur in wereld is voorspel in die bybel. Dis tyd laat ons besef.

Gertjie ·

As “Kill All Whites” hom goedgesind is sal ek hom ook vloek…!!

Adele ·

Snaaks hoe sommiges kan sing “kill the boer” en niks word daar omtrent gedoen nie!

Piet Piper ·

Ja, “Bring back my Machine gun”……………..”Kill the boer, kill the farmer” !!
Die woord ‘boer’ wat in baie uitsprake deur sommige haatspreke ge-uiter word vanaf openbare verhoee, het presies dieselfde “aanklanke” as die gewraakte K- woord……………maar dis aanvaarbaar. Om ‘n plaasboer te martel, met kookwater te verbrand, vol gate met messe te steek, of met pangas te vermink en ook sy vrou te verkrag en daarna te skiet, vermoor of uit te brand…..dis nie so erg soos die k-woord…nee, dis ligte vrugte !!!

Sam ·

ai Oom Koos… dis net ‘n jammer my ‘rekenaar’ speletjies wat so kastig gespeel word net sodat jy nie moet ‘face’ wat verkeer gedoen is in die eerste plek eintlik 6 jaar later se studeer vir ‘n pos wat ek moes opgee agv BEE. Ja Oom Koos die rekenaar speletjies is: kom ons skiet kinders dood in sharpeville en dan oor 20 jaar wil ons huil oor die skade wat MY oupa en joune en dalk nog jy ook aan gerig het. Weereens afrikaans is my taal, wit is my kleur mar apartheid en rassisme is nie in my bloed nie. Ek loop rond met die bloed en ‘n stigma wat julle ouer gade op ons forseer het. En met ouer gade Oom Koos praat ek van my OUPA ook. As die skoen pas….

fritz breitenbach ·

Sam , ek is wit afrikaans spreekend met n wit vrou getroud en my seuns is wit . Ek het altyd vir my seuns gese ek het groot geword met ROCK EN ROLL, FLOWER CHIDREN, COWBOY FLIEKS EN DIE DRIVE INN EN LAASTE APARTY so wat moet ons gedoen het in 1948 toe ons die land begin bestuur het .laat die ANC se hoekom het hulle SHARPEVILLE gebruik voor daar geskiet was.AS jy kyk hoe regeer die ANC DIE LAND dan kan jy verstaan hoekom daar nie vir hulle stemreg gegee is nie.WARE demokratiese verkiesing is as net belasting pligtiges mag stem

Sam ·

Dankie Oom Fritz dat oom se kinders van die min is wat met die regte mentaliteit groot geword het. Die opstand in baie wit jong mense se harte kom van vrae wat steeds nie vandag beantwoord kan word nie. Hoekom moord en die gebruik van ‘n pas? Het die NP gedink hulle sal nooit opstaan teen wit nie? Nou doen hulle en waar is die NP nou? Waar is die apartheid onderseuners? Ons stemreg is ook nou weg gevat want dit beteken niks op die ou eiende van die dag so daar waar hulle was is ons goed op pad heen.

John ·

Diepe frustrasie is besig om op te bou. Die ANC kon in 1994 instap in ‘n regering waar alles meerendeels in plek was. Die stoele was selfs nog lekker warm gesit en die beursie vol note links in die boonste laai. Maar dit was nie genoeg nie. Die sportbeursies en -stadions moet ook nou, sonder om te kwe, oorhandig word. Wanneer ‘n groep mense se dat alles wat aan jou behoort of dit wat jy nog wil doen, of bymekaar maak, meerendeels aan hulle afgestaan sal moet word, sal angs en woede opbruis. Nerens in die wereld se geskiedenis, kon jy nog mense se ongelukkigheid met behulp van vrome opmerkings in ‘n drukkoker vir ewig laat prut nie. As die president die wet oortree, is ons wetboeke minderwaardig, maar wanneer dit die ANC pas wil dit gou wette opteken en sommer ook besluit watter straf gepas sou wees vir sulke oortreders (lees blankes).

Theuns ·

Sam, Ek respekteer jou seining maar dit is duidelik dat jy ‘n verwarde jong man is en soos ‘n man is wat sy naaste slaan en blameer (lees Ouergarde en Afrikaners) vir alles wat verkeerd is soos jy dit ervaar. Ek is in my sewentiger jare en het in die tyd gelewe wat jy so minagtend van praat. Dit was n tyd wat die land nie soos n rommelloop gelyk het nie, wit en swart het werk gehad, niemand is op plase vermoor nie, niemand is vermoor op die halsnoer metode nie. kinders kon vryelik in ons woonbuurte se se strate speel en ja ek was in die SA weermag en het nie bloed aan my hande nie. Duisende mense sterf in TAXI botsings omdat die bestuurders dronk is of sy lisensie gekoop het. Ek het eendag vir die swartman wat vir my werk gevra “wat doen jy as jy sien jy gaan ‘n botsing maak met jou kar” Sy antwoord ” Ek maak my oe toe”! Ongelukkig maak baie mense hulle oe toe vir die werklikheid soos wat die omstandighede was en soos wat dit nou is! Nou kan jy self n bietjie in die Geskiedenis gaan rond krap en vir jouself uitwerk hoe die lewe vanaf 1948 tot 1994 was.

Andrea van Vuren ·

Dankie Theuns, dat sy sin in die verwarde Sam se kop probeer inpraat. Ek dink hy probeer reaksie uitlok. Die arme man. Gelukkig was ons voorouers nie almal sulke outokratiese onderdrukkers soos syne nie! Ek sou aanbeveel dat hy Zuma se voete gaan was.

Jaycee ·

Die ANC moet deels die blaam dra vir ondeurdagte opmerkings soos wat hierdie jong man gemaak het. Die uitdrukking in Engels sal wees: “Even a worm turns”. ANC segsmense bombardeer die blankes daagliks met skelwoorde, dreigemente en om elke hoek en draai word op arrogante wyse teen die blankes gediskrimineer. Ter versagting vir hierdie jong man se emosionele uitbarsting moet mens die rassistiese optredes van Zuma en sy trawante in gedagte hou.

Theuns ·

Phillip, Die kommentaar moes eintlik gelees het!:

Herrie oor ‘rassistiese sportverbod’ veroorsaak uitbarsting.

Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.