Herrie oor seuntjie wat met tuinslang afgespuit word

Die foto is digitaal gemanipuleer om die seuntjie, skool en werker se identiteite te beskerm. Foto: Facebook

ʼn Foto van ʼn naakte seuntjie wat glo by ʼn kleuterskool met ʼn tuinslang afgespuit word in die snerpende winterkoue, het sosialemediaverbruikers warm onder die kraag.

Annelie Nel (52) van Rustenburg het die foto op Facebook gelaai. Sy het Dinsdag aan Maroela Media gesê die foto is Maandag by ‘n kleuterskool in dié Noordwes-dorp geneem.

“Ek en ‘n kollega wat ʼn onderwyseres is, was oor middagete na ‘n veiling buite die dorp. Ons kon egter nie die plek opspoor nie en het by die kleuterskool stilgehou om vir aanwysings te vra.”

Nel verduidelik sy was besig om aanwysings te kry toe haar kollega gesien het hoe die seuntjie, glo drie jaar oud, uitgetrek word en met ʼn tuinslang natgespuit word en huilend daar moes bly staan het. ʼn Tuinier het dit glo laggend aanskou. Die onderwyseres het toe die foto geneem en Nel van die voorval ingelig.

Nel het dadelik begin om die skoolbestuur te probeer opspoor en die voorval aan te meld. Sy verduidelik hulle kon nie dadelik tot die seun se redding kom nie, aangesien dit aan die agterkant van die skool se perseel was wat met groot elektriese heinings omhein is.

“Ek het die eienaar van die perseel opgespoor waarvan die vrou wat die kleuterskool besit ʼn huurder is en hom daarvan ingelig. Ek het daarna die foto op sosiale media geplaas met die hoop om die kind se ouers op te spoor sodat hulle weet wat daar gebeur het.”

Nel het gesê sy het ʼn groot passie vir kinders en diere en sal alles in haar vermoë doen, selfs in ʼn hof getuig om te sorg dat geregtigheid geskied. Haar plan het gewerk en die ouers is vinnig opgespoor.

“Die kleuterskool se eienaar het my Maandagaand gebel. Ek het in daardie stadium gaste gehad en ons kon nie behoorlik praat nie. Sy het onderneem om my Dinsdag te skakel, maar sy het nie.”

Dit het intussen aan die lig gekom dat die driejarige seun glo sy klere bevuil het. Die skool het die seun se ma omstreeks 12:30 laat weet. Die kind het glo nie skoon klere by hom gehad nie en sy moes klere skool toe neem. Nel het gesê hulle het omstreeks 12:50 die beweerde voorval aanskou.

Volgens Nel is die seuntjie se ouers ontstoke en het hulle hul kinders uit die skool gehaal. Hulle oorweeg ook hulle verdere stappe. Nel gaan later Dinsdag met hulle ontmoet om die kwessie te bespreek en bewyse te oorhandig.

Maroela Media het die kleuterskool gebel vir kommentaar. Die eienaar het geweier om telefonies kommentaar te lewer. Sy het ‘n onderhoud in persoon versoek. Maroela Media kon haar sedertdien na verskeie pogings nie in die hande kry om ’n datum vir die vergadering vas te stel nie.

Die kleuterskool se naam word vir eers weerhou om al die partye kans te gee om te reageer.

Lees ook: Pa praat ná seuntjie met tuinslang afgespuit word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

164 Kommentare

tokkie ·

Almal weet al wie die skool is wyd op fb geplaas. laat die skool ‘n duur les betaal. Skokkend

Louise Smal ·

Ek stem saam Tokkie….EN..daars maniere om n kindjie reg skoon te maak SONDER tuinslang in bitter koue. Die tipe gedrag v staff is seker ook dalk n rede dat hy nie meer kon knyp nie. Seker te bang t vra na toilet t mag gaan!Stappe IS nodig.

Marelize Wille ·

Ek sien die voorval as niks anders as marteling nie! Hoop die vrou wat hierdie seun so behandel het kry dieselfde behandeling as die mans betrokke by die doodskis debakel, ek is ontstoke!

Anton ·

…wat gaan julle so tekere…het julle al vir die dame wat die spuit werk gedoen het gevra…of sy dit lelik bedoel het…en vir die tuinier toe hy gelag het…wie het ons opgepas en skoon gemaak toe ons klein was…en lag ons nie ook te lekker wanneer iemand met n tuinslang gespuit word nie…?

Kannaland ·

Kindermishandeling in ons eie land sal ek nie duld nie!

Helena ·

Stem saam, ek ht ook my dogter uit n kleuter skool gehaal sy is elke dag met slaap stroop gevoer, dat sy net geslaap het, toe kom ek op di mevrou af wat haar dit voer, ek ht daai oomblik dit verloor, en di bottel by haar gegryp, haar vasgedruk en dit op n manier in haar keel afgegooi. Daar was lekker drama maar ek ht oorwin, my kind is uit hul bose kloue gered, en in n oulike kleuter skool gesit. Na di episode verstaan die nuwe skool my ook goed. Te veel dinge wat aangaan in kleuter skole en ons ouers ni bewus van is ni.

Pieter ·

‘n Mens sal moet ligloop met sulke kwaai ma’s in julle omgewing, jy word summier aan die slaap gesit.

MissDemeanor ·

Sjoe Helena dot is verskriklik. Klink of daai juffrou nie die nodige “coping skills” het om met klomp klein kinders deur die dag te kom nie. Glo my ek het net een kind en dit kan veeleisend wees. Maar mens mag NOOIT NOOIT NOOIT jou frustrasies op ‘n kind uithaal of die kind met medisyne of swieties of watookal probeer beheerbaar maak nie. Ek is so dankbaar my kind se kleuterskool was ‘n veilige hawe en haar juffrouens en meneer het vir ons soveel uitstekende advies gegee oor hoe mens babas kan help om te slaap, hoe jy jou peuter kan oortuig om brocoli te eet, wat om te doen tydens ‘n tantrum….maar nou ja dit was oorsee en nie in SA nie. Ek wens alle kinders kon goeie kleuterskool onderwysers he!

Anoniem ·

Indien ek die ouers was sou ek woedend wees. Die arme seuntjie moes so verneder wees en baie koud gekry het. Ek voel kleuterskole moet al teen die tyd weet ongelukke soos die gebeur en ‘n beter manier hê om hierdie situasies te hanteer. Die is onaanvaarbaar.

maggie ·

Om kleuter met tuinslang te was, en dan staan ander personeel en LAG! Dit is skande, die vernedering vir die kleine kleuter! Verdere ondersoek moet gedoen word by die skool, en ouers, vat dit verder ASB!

MissDemeanor ·

Anel, of miskien is dit slegte personeel by ‘n swak skool. Kleuteronderwysers het so n belangrike rol, hul spandeer soveel tyd saam ‘n kind dat hul byna n tweede ma of pa is. Mense wat nie ordentlik opelei is nie, of mense wat geen deernis het nie besef nie hoe belangrik dit is om ‘n “Secure attachment ” met die kinders in hul sorg te ontwikkel nie en dat hul ten alle tye die kinders met geduld en meegevoel moet behandel. Ek sal nie so gou wees om dit rassisme te noem nie, dalk doen hul dit met al die kinders. Ek dink dis pure onbevoegdheid.

Sjoe! ·

Ohhhh my goedige genade, hulle kan BITTER BITTER bly wees dis nie my kleinkind nie, want ek sal hulle vermorsel met my kaal hande. Ek kry daardie seuntjie en sy ouers uit my hart jammer, wie weet WATSE skade het hulle nie aangerig nie. Ek hoop regtig die ouers vat die saak enduit verder. Sterkte aan mamma en pappa en gee vir daardie seuntjie ‘n drukkie van hierdie tannie af.

Annelize ·

Soos ek verstaan het die ma reeds die kinders (die kind is een va ‘n 2ling) daar uitgehaal, en is blykbaar op die oorlogspad. Ek hoop daai plek maak sommer sy deure toe. Mens maak swaar aan jou kinders groot, bid jou kniee deur vir jou kinders, doen jouself tekort om aan jou kinders te voorsien, en dan het ander mense die lae vermetelheid om jou kind te verniel en te verneder.

Geskok ·

Dit is werklik onaanvaarbaar!! ‘n Mens kan dit nie glo nie!! Arme kind!! Skep later ‘n bose kringloop, want die kind word verneder, kry weer ‘n glips, weer verneder, ens!! Hys nog klein ook daarby!! Ai…

Bokkie ·

Skokkend! Ek sou wragties alles in my vermoee gedoen het om onmiddelik by die perseel in te kom……elektriese heining of nie……..maak nie saak wat nie! Eienaars van kleuterskole behoort CCTV kameras te he wat die eienaar in staat stel om ALLES te sien ten alle tye!!! Dit behoort wetgewing te wees!

Ouer ·

Ek is die pa, glo my ek gaan dit tot op die hoogste vlakke vat. Dis die laaste wat my of enige kind so verneder sal word. Ek het nou n afspraak met die dame wat die bewyse het. Die reg sal van hier af geskied.

3kie ·

Ek is jammer dat dit jou kindjie moes oorkom, en ek is bly dat jy dit gaan verder neem. Sterkte met die pad vorentoe.

Bokkie ·

ouer, ek kan net indink waardeur julle nou gaan……..ek hoop regtig jou kind is okay…..en ek is so jammer dat so iets met jou kleinding moes gebeur het. Sterkte, ek is dankbaar jul gaan hierdie ding end uit vat!!

Tanya ·

Daar is net geen verskoning om ‘n kind in die hartjie van die winter met ‘n koue tuinslang af te spuit nie. GEEN VERSKONING NIE.

Shirley ·

Sterkte! Ek hoop hulle betaal vir terapie vir jou seuntjie. Kinders so klein hoef nie skaam te wees nie en hoef nooit verneder te word nie. My seun is drie maar ek is bevoorreg om by die huis te wees met hom.

Phillis ·

Vat hul vas. Kleuterskole is duur en mens verwag dat hul met liefde na jou kind kyk , dat jy as ouer met geruste hart kan werk . Ek het kleinkinders en glo my , ek sal christelike waardes verloor wanneer dit met hul gebeur. Sterkte!

Ellisras ·

Daar is n geval waar dit kan gebeur dat jy ‘n kind met ‘n tuinslang moet afsluiting. Johan (gaan nie sy van noem) bly nou in Brits. Hy het in ‘n put toilet geval. Sy Pa het hom met ‘n tuinslang afgesluit. 55 jaar later lag ons lekker oor dit.

Ellisras ·

Daar is n geval waar dit kan gebeur dat jy ‘n kind met ‘n tuinslang moet afsluiting. Johan (gaan nie sy van noem) bly nou in Brits. Hy het in ‘n put toilet geval. Sy Pa het hom met ‘n tuinslang afgespuit . 55 jaar later lag ons lekker oor dit.

Annelize ·

Gaan groot Pappa, gaan GROOT!!! My Gr 2 kind, en ons self is van Rustenburg, is net voor die skool gesluit het deur sy juffrou agter die kop geklap sodat hy sy voorkop teen sy skoolbank gestamp het. Glo vir my, na my man by daardie skool weg is, weet daai juffrou baie mooi dat sy haarself skuldig maak aan aanranding en dat hy nie sal skroom om haar homself aan te kla en toe te sluit nie. Sien, sy het haar luck met die verkeerde Polisieman se kind getry. Dis nou al nadat ek en sy net die week voor dit ook ‘n bloutjie geloop geloop het. Daar is geen fout met reels en dissipline nie, glo my, my kind is ‘n onnutsige klein wetter, maar daar is die regte manier om dissipline toe te pas, en die verkeerde manier, en hierdie mamma sal nie stilbly as die verkeerde manier gebruik word nie.

Candice ·

Sterkte an jou, vrou en die ou kiddies. Ek het n seuntjie van 4 jaar oud en het nou al n paar keer met sy kleuterskool kop gestamp! Dis onanvaarbaar hoe van die onderwysers en naskool sorg dames met ons kinders is!! Hulle is so klein en maak staat en vertrou die mense wat na hulle omsien om die beste te doen vir hulle.

ERIKA ·

Dis baie goeie nuus om te verneem julle as ouers gaan die saak nie net daar los nie. Mens betaal vir ‘n diens wat gelewer moet word sodat ons kindertjies mooi versorg en goed opgepas moet word, en nie om hulle te verneder en siek te laat word in die koue buite nie. Sy moet sommer kaal buite in die koue afgespuit word, en moet daar staan sodat sy kan voel hoe daai arme klein lyfie gevoel het. Skande se ek nou vir jou. Laat weet asb hoe die saak verloor het asb, ook vir ons wat nie fb gebruikers is nie. Baie sterkte

Nadia ·

Pappa, ek hoop jy gaan sover om daai plek se deure toe te maak. Laat daai mense NOOIT OOIT weer naby kinders kom nie. As hulle ‘n klein seuntjie van 3 so kan verneder, wat het hulle nie nog al gedoen nie. Ek is ‘n mamma van ‘n 2jarige seuntjie, en ek sou Moor as hulle dit aan my kind moes doen. More is seuna siek en dan het jy nie net ‘n emosionele gebroke seun nie maar ‘n kind wat in die hospitaal kan opeindig. Dan die Liewe Heer hierdie mense het verdwaal en dit gesien. Julle sou nie geweet het hoekom julle seuntjie ieweskielik begin snaaks optree nie. Hoeveel anders kinders het hulle wat aan gedoen? En ‘n seuntjie van 3 maak nie homself vuil as hy nie bang is nie. Arme arme seuna. Dankie aan die 2 dames. Julle het miskien nie net 1 seuntjie gered van emosionele trauma nie.

GENOEG IS GENOEG...!!!! ·

STERKTE ,”OUER”…Ons staan bankvas agter julle…

Carel ·

Maak saak van kinder mishandeling teen almal betrokke by SAPS

estellegaybba ·

Meneer ek hoop jy ry AL die personeel by daardie plek to by Daantjie se kalwerhok.
As ek hul in die hande kon kry sou ek hul ernstig aanrand al is die kinders onbekend aan my. Dit is ONAANVAARBAAR en my oë is dit kinder-mishandeling en dié wat dit gesien het en niks gedoen het nie, NET SO SKULDIG.

koos ·

Gaan vir hulle met alles wat jy het! Vat hulle krimineel, siviel en departementeel aan tot op die heel laaste. Sulke gedrag moet met wortel en tak uitgeroei word. Moenie laat hulle jou “soft soap” of druk op jou sit om dit te los nie, dit gaan hier oor kinders. Wie weet wat het nog daar aangegaan? Maroela, hou ons asb op hoogte.

Amanda ·

My hart bloei vir die onskuldige kinders, ou mensies, pasiente en diere wat so mishandel en verwaarloos word…

Shirley ·

dit het my skoon in trane gehaad ek is so jammer jull seuntjie moes dit deurmaak . my seun was ook in n skool in brakpan waar n soort gelyke ding gebeur het .. regtig jammer vir jull kleinman

Odin ·

As daar tyd was om fotos te neem was daar tyd om die mense te stop. Waarom was daar nie deur die foto-nemer opgetree nie. Die kind is uitgetrek in die koue. Dit het tyd gevat. Daar is gekyk en niks gedoen nie. Die kind is afgewas in die koue. Dit het nog tyd gevat. Daar is net gekyk en niks gedoen nie. Verseker moes daar vyf plus min gespandeer gewees het en al wat gedoen was. was om ‘n foto te neem as bewyse. Die wat gestaan en kyk het en fotos neem is net so skuldig. Of is die wat kyk as verkeerd gedoen word onskuldig. As die kind gehoor kon word kon die aandag van die skuldiges getrek gewees het en dinge kon gekeer gewees het voor dit te ver gegaan het. Ek sou dit gedoen het maak nie saak wie se kind dit is nie. Dit sou nie FB gehaal het vir die ander se “LIKES” en haat-draende comments nie ..

Ook 'n mamma. ·

Sterkte daar vir jul almal. Dit is laag en gemeen om klein mensies so te behandel, wat se indruk het hul nie nou van”ooms en tannies” wat veronderstel is om met liefde na hul te kyk nie. Ek is seker die eienares was bewus hiervan, daarom dat sy niemand te woord wil staan nie. Sal graag in die koue daai mense ook somet water bespuit ten aanskouevan ander. Julle het duisende mense se ondersteuning!

Ook 'n mamma. ·

Dankie Vader dat daardie dame op daai oomblik toevallig daar was, wie weet watter ander onheilighede nog daar kon plaasvind as hierdie nie nou uitgekomhet nie.

Pieter B ·

Gaan groot Pappa gaan groot ry hulle ek is net dankbaar vir die dame wat op die regte tyd op die regte plek was hoeveel kinders was al so verneder gewees by daardie skool glo my die een met die tuinslang sou ‘n vuishou gekry het op haar bek!!!! O ja waar is die minister van onderwys nou as dit omgekeerd was sou hy en sy gevolg vandag by daardie skool gewees en gedryg het dat die skool toe gemaak sou word! :-( :-(

karin van Niekerk ·

Ek is bly jy doen iets pappa, dit is onaanvaarbaar en ons as ouers vertrou ons kinders toe met die wete hul word mooi na gekyk, en ek is bly vir die dame wat die foto geplaas het, ons as ouers moet meermale opstaan vir ons kinders, so ook die boelie praktyke wat by meeste skole aangaan en onder die mat gevee word. Baklei tot hoogste hoef pappa, dis jou kosbare besitting van GOD af.

Ella ·

Ek kan mal word as ek die goed lees. My 4jarige is laas jaar by haar skool gefitimiseer en na vele arbeidsterapie forensiese assesering en amper egskeidings ens is sy self amper onbewis van al die drame en hel waardeer ons is. Ry hulle. Ons kinders word daagliks blootgestel aan goed waarvan ons amper nooit uitvind nie. Skokkend

Tanya ·

Is dit die manier hoe hulle kinders behandel wat hulle self vuilmaak? Is dit wat gedoen word as ‘n kind ‘n ongeluk in sy broekie kry? Ek sidder, hier waar ek sit. Dit is in die hartjie van die winter en ‘n kind word met ‘n tuinslang natgespuit om hom skoon te maak en die skool dink dit is okey? Het daardie skool regtig geen ekstra klere wat hulle by die skool bymekaar maak soos kinders oor die jare klere verloor of agterlaat nie? Ek hoop hierdie ouers vat die aangeleentheid verder. Niks regverdig die manier waarop daardie kind behand word nie en ek kan my kop op ‘n blok sit, hierdie was nie die eerste of die laaste keer wat dit gebeur het nie.

Sproetjies ·

Laat daai onderwyseressie onder die tuinslang se koue water deurloop. Die swernoot

Ook 'n mamma. ·

Ek stem, my seuna het in gr 1 soortgelyke glips gehad. Sy juffrou, al was sy as die kwaaiste een bestempel, het my kind subtiel uit die klas geneem en vir hom ‘n droeë broekie by die klerebank gekry. En niemand het geweet nie en my kind is groot verndering gespaar. Nou amper 3 jaar later is die kwaai juffrou steeds sy gunsteling…

Ada ·

Dankie ouer, dat jy laat weet het – dit is totaal onaanvaarbaar – ek hoop die skool word gesluit want mens weet nie wat nog daar aangaan nie? Jy is ‘n held in my oe want jy veg vir jou kindjie.
Gee hom ‘n drukkie en se ons almal gee om vir hom al ken ons julle nie.
Sterkte vorentoe en hou ons op hoogte.

maggie ·

Dankie pappa vir die terugvoering in die saak,,,na die berig op facebook, huil ek! Dalk met ander kleuters ook by die skool gedoen. Sterkte aan ouers en seuntjie.

koos ·

Gaan die ministers die skool besoek of nie?dit het seker niks met rasisme te doen nie,

vytjie ·

SKOKKEND!!!!!! OM nie eens van die klomp geld wat maandeliks betaal word nie??. EK het so pas die afgelope week ‘n kursus afgele wat WKOD aangebied het. Hulle kan ok gerus een bywoon?

vytjie ·

EK stem Koos!!! Waar dit by kleintjies kom vat my borsplate somme vlam???

Victor Correia ·

Die fout le nie dalk by ons wat ons kinders sonder om twee keer daaroor te dink na kleuterskole stuur nie? By die huis het ‘n mens ‘n beheerde omgewing waar jy self bepaal waaraan jou kind blootgestel word. Verder kan ‘n ouer sekerlik meer kwantiteit aandag aan hul eie kinders gee, as iemand anders wat dalk net by die kleuterskool werk vir ‘n salaris. Die grootste hartseer wat ouers beleef is hul kinders in hul tienerjare en na skool hul ouers minag en hul eie koers in die lewe inslaan. Is dit nie beter om meer tyd te bele in kinders se jonger dae nie? Sodoende kan hierdie tipe insidente uitgeskakel word en gee jy jou kind waarskynlik ‘n beter opvoeding as wat hul in ‘n kleuterskool sou ontvang. So paar klippies in die bos.

Werkende Mamma ·

Victor, dit is baie maklik vir jou om te praat, maar daar is van ons wat moet werk en nie ‘n keuse het om ons kinders kleuterskool toe te stuur nie. Dit is natuurlik die ideaal om self jou kind by die huis groot te maak maar dit is nie so maklik nie. Ek het twee kleintjies van 3 jaar en ‘n jaar oud en glo my, ek mis hulle elke dag en wens omstandighede was nie so dat ek ‘n voltydse werkende mamma hoef te gewees het nie.

ani ·

Natuurlik sou ek as mamma eerder na my eie kind by die huis wou kyk en leer as om skool toe te stuur. Maar soos die vyand die wereld verdraai het kan ons nie meer tuisbly mamma’s wees nie. al twee ouers moet werk om kos op die tafel te sit. Maak mens skrikerig om jou kind skooltjie toe te stuur as mens van die goed lees. Toevalig het iemand hierdie geval raak gesien, hoeveel ander gevalle is daar nog waarvan ons as ouers seker nooit sal uit vind nie.

H ·

Victor, Jou vrou was seker al die jare ‘n huisvrou, niks fout daarmee nie. Maar van ons ander mense moet ongelukkig werk, ons sal almal baie graag eerder by die huis wil bly en ons kinders self groot maak. Ongelukkig is nie almal van ons in die bevoorregde posisie dat die dit nie nodig is om te werk nie.
Ons laai elke oggend ons kinders by mense af wat ons met ons alles vertrou en verwag dat hulle jou kind met respek behandel soos hulle self ook behandel wil wees. Ons bid maar elke dag dat ons kinders veilig is en goed behandel word.

baie sterkte aan die ouers en ek hoop regtig justice gaan seevier

Ook 'n mamma. ·

Nie alle ouers is in die bevoorregte posisie om by ons klein mensies te wees nie, al is dit ons grootste wens. Ek wil ook nie werk ten koste van my tyd saam my kinders nie, maar as enkel ouer het ek nie veel van ‘n keuse nie… en ek is nie al een wat eerder saam met my kinders wil wees as saam met ongeskikte, lamsakkige kollegas nie…

Asjas ·

Ja ou Victor, jy is seker een van daai suinige ou vrekke wat hul werknemers minimum loon betaal sodat jou ou vroutjie by die huis kan sit en kinders grootmaak, op en af ry na sport en elke geleentheid wat jou kindertjies by die skool raakgesien kan word.
Ongelukkig moet albei ouers in meeste huise vir minimum loon werk sodat ons kinders darem die basiese klere, kos en skoolopvoeding kry, enigiets ekstra is ‘n luukse.
Geniet jou luukse lewe en maak JOU kinders groot na jou beste denke en los die res van ons uit. Ek is seker my kinders waardeer alles wat hulle het, kan jy dieselfe se?
Glo my, as dit anders kon, sou 80% van alle Mammas by die huis wees, as dit bekostigbaar was. Ons werk sodat ons kinders kan gaan leer en die land verlaat!!

MissDemeanor ·

Ag Victor. Ek stuur my kind al van 4 maande af kleuterskool toe, hy is nou 3. Dis n uitstekende diens wat gebied word deur die universiteit waar ek werk. Daardie mense is gespesialiseer in kinder onderrig en ek dink die tyd wat hy by die kleuterskool spandeer is baie stimulerend vir sy verstandelike ontwikkeling. Ouers weet nie altyd wat die beste is nie en kinders raak verveeld by die huis. Na n dag van werk kan ek en my kind saam ontspan, ek weet hy het 2 gebalanseerde etes gehad en genoeg stimulasie. So in die namidag en ook in die oggend voor werk speel en ontspan ons saam. Dis goed vir ons albei. Inelkgeval het studies gewys dat kinders nie net met een mens “bond” nie maar dat hul met tot 5 mense kan “bond”. So dis nie nodig dat die ma die een moet wees wat tuis bly sit bloot omdat sy die een is wat melk gee nie. Pa’s kan maar ook tyd af vat by die werk ( sodat die ma kan aanhou werk, en melk uitpomp as sy dit so verkies), of nog beter, mens kan jou kind deur die dag in bekwame hande plaas (maar dit is nie altyd so maklik om sulke hande te kry nie). ‘n kleutergroepie van 8 kort 1 grootmens wat voltyds na hul kyk en dan nog ‘n assistent ook vir hulp tydens etenstyd en as hul buite speel.

Tanya ·

Daai skool moet toegemaak word want dit is sekerlik nie die eerste keer dat so iets gebeur nie EN wie weet wat nie NOG gebeur nie. So klein kind kan nie praat en sy ouers vertel wat met hom by skool gebeur nie. Dis kindermishandeling. PUNT.

Jaco ·

My kinders is 9 en 2. Dogter in laerskool en seun in kleuterskool. Elke nou en dan kom my seun met bytmerke ruis en dit maak my baie baie woedent. As ek juf uitvra daaroor dan se sy hul wys hul emosie so. Ons leer vi boeta om nie tebyt nie maar dan gebeer sulke dinge by skool. Hoe moet hy homself verdedig?
Elke geval my punt is dus dat ek voel ons kids is nie veilig by die plekke nie.
Ek hoop daardie skool word some gesluit

Genoeg ·

Ek hoop jy het jou kind uitgehaal Jaco, want dit is glad nie normale gedrag nie. Daar is duidelik iets verkeerds wat aangaan by daai kleuterskool

Ina ·

Dit was so laag van hulle om dit te doen. Ek voel net hoekom kon hulle nie n warm waslap gevat het om hom skoon te maak nie. Ek hoop en bid hulle maak daai skool toe. So jamer aan die seuntjie en ouers. Ek is bly die ouers vat dit verder. Sterkte vir julle. Gee n drukkie en soentjie aan jou seuntjie van my asb.

Linda ·

Heelmoontlik lê die oorsaak van vuilmaak in broekie by die skool!

Candice ·

Dis presies wat met my seuntjie gebeur het, naskool se skuld dat myy kind vir 3 weke met vuil broekie huis toe gekom het en hy was te skaam om my die waarheid te vertel.

Mamma ·

Arme, arme kind. Ek hoop die ouers gee die kind net liefde en dat hy hiervan sal vergeet.

Linda ·

Heelmoontlik lê die oorsaak van “klere vuilmaak” by die skool!

ontstoke oupa ·

Ons dogter, a alleen ouer, het haar autistiese seuntjie (5) in a privaat (RR) voorskool/skool (Gr 7) gesit. Die tweede dag van skool toe bel die hoof my dogter om haar te kom sien. Ek vat haar toe na die skool. Dit was toe 11uur die oggend (tee tyd). Die hoof se toe dat die kind te besig is en dat hy die onderwysers en kinders pla en dat hy nie meer na die skool moet kom nie. Sy se toe die kind is in sy klas. My dogter is toe saam met die hoof na die klas. Die klas was leeg. Op die pattio voor die klas het die personeel gesit kuier, rook, eet en koffie drink. Geen toesig op die speel teryn. Ons het toe ons kind op die speel teryn gekry tussen die groot kinders. Toe hy in die kar klim merk ek a sigaret brand merk aan sy arm en vra hom toe daar oor. Hy se toe dat a groot kind wat gerook het hom met die sigaret gebrand het. Die hoof het net skouers op getrek. Groot en klein speel deurmekaar en Die personeel kuier en weet van niks wat om hul aan gaan nie.

broos ·

my skoonma het dit ook gedoen, blykbaar is dit hoe die ou mense die kinders geleer potty train het…. – dit was seker een van die grootste argumente nog! dis onmenslik!

Fanie ·

Toe ek gister dit sien, het n koue sweet my laat bewe van kwaadheid. Ek gun dit vir geen kind om dit te beleef nie, en aan die ouers wil ek net sê: sterkte met die pad vorentoe. Hoop die einde van die pad sal julle troosting bring, want ek sou nou al of toegesluit wees of op medikasie wees om my te kalmeer.weet net hier is baie ouers agter julle

amelia ·

Dit is sleg, maar ouers moet weet dit kan gebeur en ekstra klere insit skool toe. Ek is n ouma en my kind doen dit ook en ek het ook. Altyd xtra klere en n warm trui al is dit watter seisoen.

karen ·

Nou ouma, hoe is dit ok as die kindjie nie xtra klere het, om hom af te spuit?

Christien ·

DIS hoekom mense hul eie kinders moet grootmaak. Geen luukshede op aarde kan Mamma vervang nie.

Tinktinkie ·

Asb tog Christien en ander wat sê kinders moet tuis groot gemaak word. Al 3 my kinders was in kleuterskole vandat hle 2jr oud was. Ek het d hoogste sport in my beroep bereik, want sien ek het meer ambisie as om net by d huis my kinders groot te maak. My beroep en harde werk was n uitstekende voorbeeld vir my kinders en dit was absoluut moontlik om my tyd so te bestuur om kwaliteit en kwanteit tyd met my kinders te spandeer!! Al 3 is vandag suksesvolle professionele beroeps persone met ambisie en n gebalanseerde leefwyse!!

Monique ·

Ek stem saam met Tinktinkie. Daar is in elk geval baie bevoegde kleuterskole daarbuite. Om ons kinders van die wereld af te sonder is swaarlik ‘n oplossing vir ander mense, wat in die beroep van opvoeding is, se nalatigheid.

Vic ·

Verskil van jou tinktinkie – die eerste 7 jaar van n kind se lewe is ongelooflik belangrik vir emosionele ontwikkeling, nie vir “kwaliteit tyd” nie. N Kleuterskool kan dit nie verskaf nie. Jou ambisie is joune, maar vervul nie jou kinders se emosionele ontwikkeling nie

Ook 'n mamma. ·

Christien, jy is seker in die gelukkige posisie om nie te hoef te werk nie. Meeste van ons sal wat wou gee om heeldag by ons kindertjies te wees, dit is net nie vir ons almal so maklik of moontlik soos vir jou nie…

Mads ·

Liewe Christien – ongelukkig vir baie mammas, wat alleen gelaat word met kinders, is dit of jy werk, of julle eet nie! Gaan op jou knieë en dank die hemelse Vader dat jy so bevoorreg is om tuis te kon bly. Ek is ‘n weduwee wat alleen kinders grootmaak – as jy maar weet hoe graag ek sou wou tuis bly. Dit het absoluut niks met ambisie uit te waai nie maar wel met oorlewing.

Bernadette ·

O ek sal dit verloor!!! Hoop die skool se naam word oor gepubliseer. Sterkte vir boeta en sy ouers

Greta Grobler ·

Bietjie raad aan die ouers: Vind uit of die kleuterskool geregistreer is by Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Meld die insident ook daar aan. Watter toesig was beskikbaar en wie was in beheer by die kleuterskool tydens die insident. Sterkte, totaal onaanvaarbaar wat gebeur het.

HETTA ·

toe my seun klein was het ons hom gereeld met n tuinslang afgespuit, en hy het dit geniet want dit was in die hitte van durban , ek sal moord pleeg as dit my kind was wat in die winter afgespuit is, daar is baie maniere wat hulle die kind kon help, selfs as hy nie ekstra klere gehad het nie,waar daar n wil is is daar n weg.

Desiré ·

Kyk hulle kan darm maar baie bly wees dit is nie my kind nie, want elke enkele persoon by daai skool sou in die yskas by die slagpale beland het!!!! Kleuterskole is nie meer wat dit was nie, en onderwysers/oppassers self doen dit vir geld en nie vir ‘n passie nie, ons lewenstyl/ekonomie het so verander dat mens nie meer kan kies wat jy wil doen nie, maar wa tenminste vir jou brood op jou tafel gaan sit, maar steeds dink ek dat daar strenger reëls toegepas moet word op enige kleuterskool, en dat hulle sekere standaarde moet handhaaf as dit kom by die aanstelling van personeel, maar sommige mense soos ek se doen dit net vir GELD, ek hoop van harte hulle maak daai skool se deure toe, want as hulle nie doen nie, hoop ek ander ouers haal onmiddelik hulle kinders uit…… En maak seker niemand sit ooit weer hulle kinders daar nie, iets wat ek baie vinnig geleer het, en iets wat ek seker is na hulle gename and shame word gaan gebeur is ‘n naam verandering van die skool, as ‘n skool eers sy naam verander is daar fout.

nonsens ·

Ek glo die mense moet bewus gemaak word van sulke dinge. Annelie het a goeie ding gedoen. A ware omgee ouer/mens. By the way… Al die kinders grou in hul neuse, byt, altyd honger by ouma en oupa, steek tong uit, trek gesigte ens. Hoe meer jy hul leer doen hul dit agter jou rug!! Ek laat my nie vandag vertel dat jy a wonder maaksel was of nog steeds is nie. Kom by!!! Dis a kind!! They are special and unique!!!! Specially made by God and that is why He Loves them!!!

antoinette ·

Dit word seker gereeld gedoen maar is nou uitgevang. Die ouers moet nie die saak so los nie, maak n voorbeeld van hulle.

Tessa Bruwer ·

Dis rerig siek!! Alle kinders het af en toe ‘n glipsie. Om ‘n kind so te verneder is nie reg nie.

Sê maar net ·

Ek lees die helfte van die meer as 50 kommentare.. so ek waag nou maar my kommentaar. Ek is n man, amper 40jaar oud. Ons huishulp werk al 45jaar vir ons. Sy is soos n ma, vriendin, suster, onderwyser, dokter alles in een. Sy werk steeds vir ons en ek sal my lewe opoffer vir haar net soos vir enige van my ander gesinslede.. Met die tuinslang skoon spuit was vir ons op n tyd n kamma straf en later meer pret as enig iets anders. Ek is nie dood nie, het nie een of ander sielkundige probleem ontwikkel en het nooit n nagmerrie fobie vir water ontwikkel nie. Kyk liewer na die groter prentjie en gaan dink vanaand as jy in jou warm bad lê dat n tuinslang dalk baie mense se enigste bron van skoon was is, warm of koud. Dis duidelik dat ieder en elk hier bo nou n rasse probleem hier probeer skets. Ek hoop hiervan kom absoluut niks. n Hof behoort hul die deur te wys. Mense gaan dood om ons en nou wil almal gal braak oor iets so onskuldig. Skaam my.

VanAfrika ·

Se maar net, hierdie kind was nie by die huis nie en dit is ook nie “daardie tyd” nie. Kleuterskole het professionele besighede geword en kinders met daarvolgens behandel word. Hierdie is opgeleide personeel wat na ons kinders kyk en nie gewone dagmoeders nie. Om n kind met n tuinslang nat te spuit om hom te straf of om n kind nat te spuit vir die pret is altwee heeltemal ander twee dimensies. Ons as moeders HET die groter prentjie raak gesien en wat hier gebeur het is kindermishandeling

VanAfrika ·

Enne dit het niks met ras te doen nie, nerens in die artikel het ek van kleur gelees nie, nie eens die kind sin nie. Te veel kinders word mishandel en hierdie vrou en tuinier wat die kind so verneder het moet getug word. Hierdie kind is n mens en het gevoelens en hoop hierdie twee mense werk nooit weer in n kleuterskool nie

Barry ·

Ek is so dankbaar dat “ek sê maar net” nie my pa is nie.

Mamma ·

Ek moet net beaam: nêrens is daar verwys na enigiemand se ras nie!!!!

Toy ·

Kinders le my baie na aan die hart. Al is di kind 3 jaar oud jy verneder nie n kind so ni. Hoekom het di skooltjie ni net ou kleertjies da wat hul hou vir so iets wat kan gebeur wat hy kon aantrent net tot di ouers vir hom ander klere kon bring.

VanAfrika ·

Toy, ek stem nie saam nie, kleuterskole kan nie kleure hou vir in geval nie. Dit is die ouers se plig om seker te maak dat die kind genoeg skoon klere in n sak het. My kinders se sakke het gelyk soos vakansie sakke as hulle kleuterskole is. Ek het in oormaat gepak. My kinders was nooit sonder klere by hul kleuterskool nie. In hierdie kind se geval is beide die skool en ouers die problem. Die kind is verneder deur beide se nalatigheid

Wern ·

Doen bietjie wiskunde Dalk, dan sal jy besef daar is net enkele sekondes van warm water wat uitloop, terwyl die insident het lank genoeg plaasgevind dat dit agtergekom was, kamera reggekry was, seuntjie yskoud begin kry het, die werkers gelag het. Sluit hierdie skool onmiddelik!

Mike ·

Sjoe en hier in die Kaap het ons nie eers water nie……………

A. Mac ·

Laat my rassistiese onderrok nou maar uithang, maar as dit ‘n swart kind was was die hele onderwys -, gesondheid – en premier se kantoor op die mense. En dan was alles oor die koerante en op tv nuus gewees. Baie dankie vir die dames wat dit raakgesien en aan die groot klok wat beskikbaar was, gehang het.

Juffie ·

Ek is ‘n onderwyseres en het by Kleuterskole gewerk. Wanneer ‘n kind hom/haarself vuil gemaak het, was did ouers gebel en toestemming verkry om kind van kop tot tone in die Bad te gaan was. Skoon “leen”-klere (elke badkamer het ‘n paar stelle skoon klere) aangetrek. Tot ouers opdaag (indien dit kiem is) of anders stuur ouers net kleertjies terug.
Ek is ook ‘n mamma en het nie die keuse van my eie kinders grootmaak nie, daarom behandel ek ander mense se kinders soos ek wil hê myne behandel moet word.

johan ·

vir my is dit n bewys dit word gereeld daar gedoen en nou eers uitgevang en n ondersoek moet gedoen word deur die maatskaplike werkers en indien nog klagtes sluit die skool…….

Se iets ·

1ste sal ek die persoon wat dit gedoen het ook laat uit trek en ook afspuit met DAARDIE YSKOUE water daarna sal ek die saak verder vat.

Petro Traut ·

In my beskeie opinie wil dit vir my vookom of dit die normale straf/dissipliene metode kan wees vir “ongelukke” in daardie skool. Ek werk al 40 jaar met 4-6j en nog nooit het ek so iets gesien nie. As dit in my skool gebeur het, het ek persoonlik die betrokke persoon gaan aankla en afgedank. Dit is absoluut onaanvaarbaar. As jy nie met kinders kan/wil werk nie staan dan op Vaders naam opsy. Besef mense dan nie dat so ñ voorval heel moontlik daardie kind vir sy res van sy lewe negatief gaan beinvloed nie. Ons wat opreg is met lewering van goeie sorg en diens, wat regtig ñ liefde vir kinders het word so onnodig deur sulke voorvalle onder die selfde kam geskeer. Dit is regtig baie hartseer. Juf.Petro.

Blommie ·

Ek lees die artikel met gemengde gevoelens. Jare gelede het my seuns ook onder die tuinslang g gespeel maar hierdie is wel ongehoord. Kleuterskole in SA is nie almal professioneel geregistreerd nie. Baie is net ‘n persoon wat met die hulp van dames na kinders kyk teen betaling. Ek praat van ondervinding aangesien ek self vir ‘n tydjie by so ‘n plek gewerk het, meer as 40 jaar terug. My voorstel is dat daar ‘n meer gereguleerde stelsel wees soos in oorsese lande. In Child minding word die persoon opgelei, moet aan baie streng regulasies voldoen, moet sertifikate hê, mag net ‘n sekere aantal babas/kleuters versorg en word gereeld besoek deur owerhede. Hulle is ook op ‘n data basis en kan jy die persoon se inligting en ondervinding nagaan voor jy besluit by wie jy jou kind los.

Vryheid ·

Ek het n 5 jarige seuntjie wat van geboorte af al sukkel met glipse in sy broek. Ons en sy speel skool juffrou het dit so goed moontlik probeer hanteer sodat hy nie n kompleks ontwikkel nie, afspuit met n tuinslang is wragtig nie die regte ding om te doen nie hul kan bly wees is nie my kind nie.

Koos ·

Ek hoop die ouers van die slagogger seuntjie gaan die betrokke skoolowerhede vervolg tot by Daantjie in die kalwerhok. Hulle is onbevoeg om in beheer van kinders te wees, en die skool behoort summier gesluit te word. Dankie tog dat iemand toevallig op die nare gebeurtenis afgekom het.

Andre ·

Mense sal uit hulle stoele val as hulle moet weet wat alles agter hul rug aangaan met hul kinders by kleuterskole. Ek het self eenkeer by ‘n kleuterskool gesien hoe ‘n blanke toesighouer baie pragtig vir agt klein kindertjies elkeen in ‘n bakkie kos bring met ‘n teelepel vir elk. Sy het begin om die kinders elkeen uit sy/haar eie bakkie te voer en toe sy reken ek kyk nie meer nie, het sy een bak gevat met een lepel en al die kinders daarmee gevoer. Van die kinders was siek maar dit het die toesighouer nie gepla om dieselfde lepel uit dieselfde bak in elkeen se mond te druk nie. Toe ek die ouers inlig het hulle gaan kla, maar die skool het ontken dat dit gebeur het – dus het ek volgens hulle nonsens gepraat en my oë het my bedrieg. En die blou kolle en beserings wat die kleintjies kry, en daar is net geen verklaring daarvoor nie. As jy kan, hou jou kinders veral as hul klein is, uit hierdie plekke uit!

Robert ·

Wern, dit is baie moontlik dat die tuinslang in die son gelê het. Jou opmerking oor bietjie wiskunde is dalk reg maak paar sekondes is duimsuig getal. Jy het geen idee hoe dik die tuinslang is nie, hoe sterk die water spuit nie en hoe lank die tuinslang in die son gelê het nie. So kry maar eers jou feite voor jy ‘n mening uitlaat. Ek kry maar net die idee dat hier weer ‘n berg van molshoop gemaak word. Volgens my het die vrou geen reg gehad om die foto van die kind op sosiale media te plaas sonder toestemming nie. Die kind is kaal en daar is genoeg moeilikheid oor die tipe van fotos op sosiale media in SA. As ouer sal ek haar aanspreek. Ja ek weet sy wou die ouers opspoor maar daar is ander maniere ook.

Ook 'n mamma. ·

Robert, duidelik is jy nog nie ‘n ouer nie of jy gee bloot nie om nie…

Koos ·

Daar is hoegenaamd geen rede waarom die naam van die bewaarskool nie bekend gemaak kan word nie. As die kleur van die betrokkenes omgekeerd was – ‘n swart kind wat deur ‘n wit assistent met yskoue water afgespuit was – was die ANC, EFF, en BLF bendes daar, is eiendom vernietig, het parlementslede toesprake oor die gebeurtenis gelewer, en is mense gedreig op die allervreeslikste maniere. Waar is die protesmakers nou?

saartjie ·

As dit is hoe n kind buite waar almal kan sien behandel word, wonder ek wat gebeur waar niemand kan sien nie.

Ada ·

Robert die foto was broodnodig sodat almal kan sien wat werklik gebeur het.Die naakte waarheid is die beste waarheid.Hier was dit duidelik dat niks verdoesel moes word nie.

Dini Booyse ·

Ek stem saam..dis darem wragtig nie hoe mens dinge doen nie!!
ek is self ‘n mamma en kleuterskooleienaar.. ek moes noodgedwonge klere gaan koop, juis vir sulke gevalle, maar mammas, asseblief tog.. hoe moeilik is dit nou om seket te maak jou kind het ‘n stel skoon klere in sy tas?! Ouers kyk baie vinnig hulle eie foute mis as dit kom by dinge wat by die skool verkeerd kan gaan..
Maar sjoe, ek hoop rerig daardie skoolhoof sien haar personeel reg, sulke dinge MAG nie gebeur nie!

Frank ·

Snaaks dat dit so baie aandag kry, maar om klein kinders teen mishandeling te beskerm veg ek al 4 jaar en na verskeie hofsake en kontak dosyne en dosyne organisasies en media kom ek nerens nie.

Blykbaar moet daar kindertjies in lykhuise wees voor enigiemand reageer.

Amanda ·

Werklik…om te dink daar is kinders wat nie eers n bed het om in te slaap nie…winter of nie……

Oumie ·

Amelia dit klink vir my of jy nooit foute maak nie, my kleinkinders is self in n kleuterskool en glo my daar word somtyds vergeet om alles in die rugsakkies te pak want dit is nie maklik om n werkende mamma te wees en dan nog 3 kindertjies te moet versorg nie ek haal my hoed af vir al die mammas wat werk en nog hul gesinne ook versorg. Spuit jouself gerus maar vir die lekker af met koue water sodat ek ook maar net vir jou kan se dat ek sooooo jammer is dat dit gebeur het?

Pierre ·

Mevrou van Rustenburg wat die foto geneem het en op facbook geplaas het, het groter oortreding begaan. Jy kan aangekla word onder die kinderwet. Jy kon die situasie heeltemal anders hanteer het . dis belaglik om te se jy het die fote geplaas om die ouers op te spoor. Jy kan nie eers die seuntjie se gesig sien nie. En hoe weet jy dit was kouer water. Mense wat so hulle na soiale media wend laat n bitter smaak in die mond. Aan al die mense wat kleurterskole soos aanval, laat mamma liewer by die huis bly en kinders groot maak. Laastens ons maak `n genarasie kinders groot wat ni watte toegedraai word. Dis geen wonder ons sal onder geskiktes bly. Die bevolking se kinders word hard groot en hulle gaan die sagte witbewolking nog verder vedruk.

Maro ·

Ek stem saam met jou Pierre. Ek glo nie die kind gaan slapelose nagte en sielkundige probleme hê nie. Maar laat dit ook ñ les wees vir die versorgers. Behandel alle mense insluitende klein kindertjies met meer respek…dan sal die wêreld ook ñ beter plek wees. Mag dit nou nooit weer gebeur nie en mag die skooltjie hulle personeel beter oplei. Sterkte ek hoop die twee partye kan dit sonder bloedneuse uitsorteer.

Daleen ·

Pierre,

Ek is meer onsteld oor daai foto van die arme kaal seuntjie wat al meer as 11000 keer geshare is. Ek het dit reeds by facebook rapporteer en die vrou is aangespreek en weier om dit te verwyder. Laat my dink wat haar motief nou eintlik is. Facebook het reeds van hul laat hoor en laat weet hul stel ondersoek in.

Susan zandberg ·

Dink net: as hulle nie daar en dan gevang is nie hoeveel maal sou hulle dit nog gedoen het en hoeveel keer het hulle dit nie al voorheen met hoeveel ander kinders gedoen nie en as hulle dasrtoe in stast is, wat het hulle nie nog alles gedoen wasrvan niemand weet nie…dis skokkend om die minste te se

LOUIS GROBLER ·

Alhoewel dit nie reg is nie, dink ek daar is n totale oor reaksie en dat hierdie n warboel van kommentaar veroorsaak wat mense bo normaal ophits. Het geen persoon al ooit n kind met n tuinslang af gespuit nie? Dit nog nooit gebeur dat n kind skree om nie nat te word en n ander staan en lag vir die situasie nie? Ek dink nie mens moet dinge buite verband ruk nie…..

VanAfrika ·

Nee Louis Grobler ek het dit nog nooit aan my kind gedoen nie, daarvoor het ons lankal terug al gecultivate en daarom is daar badkamers en warm water wat uit n kraan uit loop en nie uit n tuinslang met koue water nie en het ons waslappe en handdoeke ontwerp. Dit is baie minder traumaties. En as ons volgens jou mekaar bo normaal aan hits,hierdie is n weerlose kindtjie, tussen vreemde mense waar hy geen toegang tot sy ouers het om hom te help as hy bang is en daarby nog verniel word ook nie.

anna ·

Mooi gezien wat Poppie se stiefpa doen…mag die seuntjie se ouers se kleuterskool laat les op sê in die hof…ouers kyk na julle kinders se gedrag…kleuterskole wil net geld maak. Sterkte aan die ouers en seuntjie

Susanne ·

Ouer, moet nie opgee nie, en moet nie net ‘n eenvoudige ‘ jammer’ aanvaar nie. Al waaroor hulle jammer is, is dat hulle uitgevang is. As die mense dit nie gesien het nie, hvl keer vorentoe sou dit nie nog gebeur het nie en hvl keer het dit nie alreeds gebeur nie?! Jy moet die saak so vêr vat as wat jy kan, en ons bid vir jou vir krag om deur te druk. Alle sterkte.

annie ·

Vir julle wat hierdie optrede goed praat en probeer regverdig net die volgende. Na my mening het jy nie kinders of jy mishandel jou kinders so of was as kind so mishandel. Liewe ouer maak n aanranding saak oop. As dit my kleinseun was het ek vanaand snoesig en salig gelukkig in die koue in die tronk geslaap. Onbevoegde sadistiese mense mag nie met klein onskuldige kindertjies werk nie klaar.

Maro ·

Regtig. Nou is dit kindermishandeling en almal wat nie so sensitief soos die res is nie maak jy ook nou af as sleg. Ek praat dit ook nie goed nie maar sit ñ oomblik terug en gaan dink…het hierdie uit n plek van absolute haat gekom…of was dit ñ geval van ooo goodness boeta…hierdie boude moet NOU skoon? Die skool MOES dit beter hanteer het, ñ GROOT fout is begaan en nou is almal weer op rep en roer…ek dink eerder die meeste mense se kommentaar kom uit ñ plek van haat. Soos ek vroeer gesê het…die skool moet hul personeel beter oplei. Gaan kyk na plekke waar kinders werklik mishandel word…jy sal vir aande nie slaap nie!!

VanAfrika ·

En nee, ons haat niemand nie, ons as ouers is net baie onsteld.

Neilia ·

Paar jaar terug het n onderwyseres mykind met n boek gegooi en haar skrams onder die oog gemis. Ek was natuurlik volgende dag daar. Onderwyseres was ongelukkig swanger ,wat natuurlik haar lewe gered het. My woorde aan haar gooi enige kind en ek bedoel enige met enige iets en daar waar daai objek land dis waar jy gaan land. Gevolge sy het bedank en is na n ander skool. Dis oor vandag se onderwys kinders is wat vir kinders wil skool gee. Mos heerlik studeer n jaar en gee skool. Ouer daar is nie genoeg sekuriteit by daai skool om daai persone by te dam nie .

Angeline ·

Ek glo nie hy is die enigste kind wat so mishandel is nie,dink ander kindertjies in daai kleuterskool het ook so deurgeloop,wat n skande!!!!as dit my seuntjie was wat so n trama moes deurmaak,sou sy nie slaap nie,ek sal haar aanrand!!! Verseker…

Riri ·

Skokkend man!!! Dankie vir die foto en opvolg, so kyk ons na mekaar se kinders!!!

juffrou mamma ·

Ek is geskok oor die behandeling wat die klein mannetjie moes deurstaan………….MAAR…. as sy mamma vir hom ‘n ekstra stel klere ingepak het, soos die meeste speelskole versoek, kon die aaklige situasie dalk voorkom wees?????

Mariné Lourens ·

Dagsê Stefaans

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

suzette ·

Daar is mamma’s wat by die huis sit en nog hulle kleingoed kleuterskool toe stuur….Is dit regtig nodig dat klein kindertjies wie ae mamma”s by die huis sit kleuter skool toe gestuur word….Dis net bloot gemak…Ek het al gehoor die mamma sê ” Ek het oom alleen tyd nodig” Regtig!!! Intussen arme pappa lang ure werk om die kleuter skool te kan betaal.. Môre kla mamma pappa gee te min aandag…….
Die mammas wat moet werk gaan vol vertroue werk toe want sy glo haar kind is onder goeie toesig….
Nee wat…..kom met die minste klaar en maak jou eie kind groot….Hy/Sy het nie gevra om daar te wees nie…
Ouers doen dke beste vir hulle kinder en dan gebeur sulke dinge…
Nee wat…ek wou hulle gehad het, daarom het ons met min klaar gekom en my kleingoed het hulle mamma dag en nag by hulle gehad….
Ek weet ook dat daar mamma’s is wat moet werk….laat die vir julle ‘n les wees en daag dan en wan net skielik op daar waar jy jou kindjie los…Dis soms dke moeite werd…

Fly on the wall ·

Mammas wat nie werk net by die huis SIT???? Rerig???? Kom by!!!!! Dis net so harde werk om ‘n huis te hardloop en na ‘n kleuter om te sien soos ‘n mamma wat heeldag werk!!!!

Michael ·

Totaal onaanvaarbaar hoop lesufi se eweknie is op pad na die skool soos hy gedoen het toe die swart dogter aleen gesit het by die skool in Centurion

Ada ·

Byt vas ouers van hierdie seuntjie, moenie na almal wat teen julle staan luister nie. Doen die regte ding. Veg vir julle seuntjie – so red julle baie ander kindertjies. Ek staan bankvas agter julle en meeste lesers doen. Ek sou presies dieselfde gedoen het – met alles wat ek het geveg het vir my kind en waardeur hy gegaan het.

Mielies ·

Vreeslike dinge gebeur by Kleuterskole deesdae – die klasse is te groot en die kinders word aan die “assistente” se genade oorgelaat. Geen mens kan 24 – 32 kleuters in ‘n klas hanteer nie! Ouers moet elke dag hul kinders amper ondervra om te hoor wat deur die dag gebeur het. Persoonlik sal ek my kind nie in ‘n kleuterskool plaas wat nie kamera’s in die klasse en op die speelterrein het nie. Daar is baie goeie Kleuterskole maar hulle is onbekostigbaar.

Malalane ·

Juffrou-Mamma, al het die ouers ‘n ekstra stel klere ingepak, sou die kind nog steeds gewas moes word – ek dink nie ‘n ekstra stel klere sou gemaak het dat die helper hom in ‘n badkamer, privaat en met warm water en ‘n waslap afgewas het nie! Hy sou ook afgespuit geword het! Waar is die Juffrou van die klas? Waar is die Hoof van die skool?

lea venter ·

Nou wonder n mens wat gebeur werklik met kindertjies in kleuterskole mag Jesus hulle beskerm!!!

moeks ·

In ons jare is die kinders ook met tuinslang afgespuit as jy glips gehad het. Ek is 55jr. Dit is egter in die privaatheid van jou huis gedoen en nie in die openbaar nie. In hierdie geval is dit egter vernederend veral aangesien die man gestaan en lag het. Was die bordjies omgeruil was die skool alreeds afgebrand. Ek is bly die ouers gaan dit nie daar laat nie. Vat dit tot op die hoogste vlak.

OUMA ·

Dit is met afsku en ‘n skreeuende hart wat ek hierdie berig lees. Daardie arme, arme klein mensie. Ek is SO jammer vir ouers wat geen keuse gelaat word as om hul kinders na kleuterskole te neem nie. Ek glo elke mamma en pappa kry swaar wanneer hul die kleintjies daar aflaai. Daar is werklik nog goeie dagsorg-moeders en kleuterskole. Duisend dankies aan julle. My kleinkinders is 2 jaar en 4 jaar oud. Hul mamma en pappa het besluit dat hul self na die poppies sal omsien. Dit gaan finansieël nie so goed nie maar hul trek die wa deur die drif. Hul is bevoorreg om dit wel nog reg te kry. Ek dank God daarvoor en is so trots op hulle. Aan hierdie skooltjie en diesulkes daarbuite: Julle is ‘n skande vir die samelewing en moet nooit vergeet dat God nie slaap nie. Eendag lê jul dalk in siekeboeg, hulpeloos en word jul ook afgespuit wanneer jul jul klere bevuil. Die wiel draai altyd. Aan hierdie ouers: Gee ASB vir jul seuntjie ‘n stywe drukkie van hierdie ouma af. Ek bid dat hierdie kinderhartjie sal herstel van die skade wat hom aangedoen is.

cor ·

Ek voel jammer vir ouers en hulle kinders wat nie anders kan as om hulle kinders in n kleuterskool te sit nie. Ouers moet n punt daarvan maak om eers seker te maak wat die toestande by kleuterskole is, moet nie altyd die goedkoopste een of die een met die vriendelikste personeel voor jou vat nie, vra n bietjie rond. n Kind en ‘n senior burger in n bejaarde sorg sentrum word an die genade van onbekwame en ongevoellige personeel oorgelaat wat net daar is vir die geld aan die einde van die maand. Ek weet waarvan ek praat my kind was 38 jaar gelede net twee weke by n sekere kleuterskool met oorvriendelike personeel toe ons agterkom wat daar aangaan, so ook by n sentrum vir bejaardeswaar my ma gebly het. Doen julle huiswerk voor julle besluit.

Liedie Odendaal ·

Ek is bevange verby van woede!!!!!!!!!!!! Mens lees die verskriklikste goed wat by Kleuterskole gebeur, hoe kan jy hulle vertrou met jou kind?? Ek hoop die Ouers maak daai Kleuterskool toe en ook daai vrou met die tuinslang in haar hand moet ook gedagvaar word. Besef hulle wat hulle aan daai kindjie gedoen het, wonder wat gaan nog aan in daai Kleuterskool. Jy werk met Kleuters wil jy vir my se jy het nie groot wasbakke of baddens met warm water as kinders glipsies kry nie!!!!!!!!!!!

annie ·

Die was defnitief nie die eerste keer nie… hoeveel ander kinders het dieselfde deur gemaak in die betrokke kleuterskool??

Estelle ·

Die skool moet nou net nie ‘n “SPUR” op hulself trek nie!
Erken die fout, vra verskoning en sorg dat dit nie weer gebeur nie!!!!

ursua ·

my seun was ook in n kleuterskool waar die kinders uit toilet water gedrink het
die kinders mag net 2x n dag drinkgoed gekry het

Ek dink... ·

Ek dink men smoet die kat goed uit die boom kyk met enige tipe dagsorg. Vra bv by bure of aangrensende huise of hulle weet van dinge wat gebeur. gesels met die kinders as jul kan (met ouers se toestemming netnou dink hul jul is “weird”) vra uit vra, vra vra, dis JOU kind, JOU geld jy het die reg om te weet jou kind is veilig. Gaan ook soms, al moet jy tyd inwerk, (is jou kind nie die belangrikste en kosbaarste ding nie?), en daag onverwags op en kyk wat aangaan, loop sommer orals rond. WAAR was die ander personeel? Hoe het hulle nie gesien gebeur en dalk was dit nie die eerste keer nie. Vir al wat mens weet het die in beheer die werker aangesê om die kind nat te spuit…

Jean ·

Elke Jan Rap en sy maat wil deesdae “speelskole” bedryf en dit word soms ook onwettig gedoen. Owerhede moet wakker slaap. Daar is te veel opportunsite in hierdié land wat geld wil maak uit ander se nood…verwys ook na ouetehuise!!

Zuzu ·

Die hele afere is afskuwelik – maar wat ek wil weet is – Hoekom het die vrou wat die foto geneem het – nie ingetree nie?? Of dit nou my kind was of nie… Sou ek darem maar vir seker nie net “gekyk” het hoe dit gebeur nie!! Om dit net op sosiale media te plaas is nie goed genoeg nie!! Praat! Maak ‘n standpunt! Staan Op vir wat reg is! Hou op om maar net toeskouers te wees!!!

E.K. - ek sê net! ·

Zuzu lees asb mooi die berig. Die vrou kon nie dadelik binnekom, die plek is omhein en sy het gesukkel om aandag te trek en in te kom!

karin van Niekerk ·

EK het ‘n seun gehad wat to glipsies gekry het, en die kleuterskool waar hy destyds was het dit so mooi gehanteer, die juffrou het nie geraas nie, maar hom stilweg badkamer toegneem en skoon aangetrek (ek het altyd ekstra klere ingesit, dit is veronderstel om so te wees vir elke kind) en dan as hul terugkom was daar klaar ‘n skoon matrassie in. Sy het altyd gese dit was ‘n ou ongelukkie want hy het so lekker geslaap dat die blaas so bietjie gelek het. Geen ophef niks nie. EN prys die Here vir daardie juffrou, want tot vandag toe het my kind nie negatiewe herrinneringe daaroor nie. “n persoon wat na kinders kyk behoort dit te weet, kleintjies is kosbaar en baiekeer is daar ander omstandighede wat maak dat daar glipsies is, hy of sy behoort nie gestraf te word deur dit nie maar juis dan baie liefde gegee word. Daardie persone behoort nooit weer naby enige kindertjies te kom nie.

Sputnik ·

“Sê maar net”, “Maro” en “Pierre”, dit wil vir my voorkom ons is die enigste mense wat nugter dink oor dié ou sakie. Die meeste soek net bloed en gooi klippe.

Joan ·

Wat se plek het nie n behoorlike badkamer vir die kleintjies nie, glipse gebeur hoekom moet die arme kind in die hartjie van die winter en nakend buite uitgespuit word, hoekom is hy nie badkamer toe geneem nie, is dit die algemene praktyk by die sodemengamora. Dankie tog vir die dame wat die foto geplaas het, so kan daar darm n volgende kind gered word van so n vernedering en marteling. Ek hoop al die mense betrokke hier word summier af betaal, hulle hoort nie tussen kinders nie, wat nog te se van op pas en opvoed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.