Herrie oor slagspreuk in student se honneursprojek  

Prof. Mamokgethi Phakeng. Foto: UK

Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad (UK) het kort nadat sy ʼn student met sy honneursprojek gelukgewens het, haar gedistansieer van ʼn slagspreuk wat in sy projek voorkom.

Die student, Mlandu Masixole, het ʼn uittreksel van sy navorsingsprojek op Twitter gedeel waarna prof. Mamokgethi Phakeng, visekanselier, hom gelukgewens en gesê het sy is trots op hom.

Masixole se projek, getiteld “The Colonizer / Colonized Dialectic: A Look into Settler-Colonialism as a Socio-symbolic Order of South Africa”, word op die erkenningsblad afgesluit met die woorde: “ONE SETTLER, ONE BULLET!!!”

Talle Twitter-gebruikers het die gebruik van die slagspreuk gekritiseer en gesê dit is haatspraak waarna Phakeng haar van die uitlating gedistansieer het.

Die slagspreuk wat in die student se honneursprojek voorkom. Foto: Twitter

Die universiteit het by monde van sy woordvoerder, Elijah Moholola, gesê Phakeng distansieer haarself van enige dreigemente van geweld en dat sy nooit trots sal wees op beloftes van geweld nie.

Moholoa het gesê die universiteit distansieer hom ook van dié soort taalgebruik. “Hierdie soort taal bevorder nie ons visie van ʼn instelling wat inklusief is en toegewyd is tot sosiale geregtigheidskwessies nie. Dit is volgens ons verdelend en nie konstruktief nie. Ons leef in ʼn grondwetlike demokrasie waar vryheid van spraak in ons Grondwet gewaarborg word, maar individue moet persoonlike verantwoordelikheid neem om daardie reg uit te oefen.”

Gareth van Onselen, politieke ontleder van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het die universiteit hewig gekritiseer en gesê die instelling is besig om ʼn “episentrum vir haat en onverdraagsaamheid” te word.

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: https://www.news.uct.ac.za

Van Onselen het verwys na vorige gevalle by die universiteit, onder meer toe ʼn student ʼn T-hemp gedra het met die woorde “f*ck white people” en toe studente ook die slagspreuk “One Settler One Bullet” geuiter het tydens ʼn betoging oor die Cecil John Rhodes-standbeeld.

“Dat hierdie soort idees nou in formele akademiese werk voorkom, is simptomaties van die universiteit se onverdraagsaamheid oor die onderwerp, en sy onvermoë of weiering om standpunt in te neem in die lig van ʼn pandemie wat buite beheer is en alles besmet.”

Van Onselen het gesê die visekanselier se gelukwensing aan die student en die feit dat sy haarself eers daarvan gedistansieer het nadat daar kritiek was, is tekenend van die huidige omgewing by die UK.

Van Onselen het gesê die universiteit se versuim om standpunt in te neem rakende die “sweer van haat” op sy kampus beteken daar word vir studente geleer dat indien jy haat wil uitdruk, UK die plek vir jou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

James ·

Nog ‘n graad sonder dat enige iemand eers die projek gelees het! Dit wys baie….

JAN ·

Sy het na die Rhodes bende verwys. Gee haar ń Lexington extra Wild.

Khoisan ·

Nee, sy het na die Zulu en Xhosa settlers verwys. En al die settlers wat Suidelike Afrika kom beset het deur die Khoe-Sān uit te wis of te verdryf tot in woestynland.

Elizabeth Teir ·

Dom so do you mean by one man’s action all have to conform to hate, intolerance and revenge? I hope that is not the psychological behaviour path we as a diverse South Africa will conform too.

Hannetjie ·

Sy moet onthef word van haar dienste.As dit blankes was..was hulle al in die tronk

Sann ·

Dit begin en eindig nie net met die “One settler” – slagspreuk nie. Daardie slotparagraaf (gevolgtrekking) spreek duidelik van nog meer aanhitsing tot haat. Wat van die ander rewolusionêre slagspreuk “Izwe lethu iAfrica” (Africa is our land)? Ons weet maar te goed wie word gesien as “colonizers”, “settlers” en wie hierdie “our” is.

Khoisan ·

‘Africa is our land’. How kom jy daarby uit dat dit aanhitsing tot haat is?

… ONSE hemel… ONS see ..ONS ewige gebergtes? Aanhitsing tot haat?

Komaan Sann.

thelsa ·

Laat dit nou ‘n wit student gewees het wat iets patrioties gesê het . . .

HPV ·

Goeie teen- slagspreuk, as hulle nie wil ophou doen dieselfde dalk vang die anc regime die skimp.

Hanna Hoekom ·

Dit word haatspraak wanneer die “oortreder” wit en die “slagoffer” swart is. Dus tel hierdie nie as haatspraak nie.

Khoisan ·

Nee, dis nie haatspraak nie. Dis ‘n eie ontboeseming en erkenning van swart settlers se aandeel in die uitwissing van die inheemse Khoi-Sān as eerste inwoners.

Hennerik ·

… en as die onderwerp nie op Twitter was nie, sou die Prof seker ook niks gesê het, en so haar stilswyende goedkeuring aan die afskuwelike uitlating verleen het. Die student moes aangespreek gewees het.

Adam ·

Ek hou van die beskrywing “episentrum vir haat en geweld”. Ongelukkig is dit nie net die Universiteit van Kaapstad se probleem nie, maar die van die hele SA waar die tipe uitsprake die norm geword het. Dit is so tragies dat SA veg vir ‘n beter verlede instede van vir ‘n beter toekoms.

Khoisan ·

@ Naas! Ja, jy is heeltemal reg. Die student besef dit terdeë en daarom die ironiese afsluiting met woorde wat eerder ‘n boetedoenende belydenis is van ‘n swart settler.

ZAR ·

Ek verwag hierdie student in die parlement in die nadere toekoms.

Tong in die kies ·

Die Apache helikopter is magtiger as die pen. Hy het missiele op. ;-)

PIPPIE LANGKOUS ·

Beteken dit hierdie persoon het net halfpad gelees, want as sy tot die eine gelees het sou sy seer sekerlik die woorde kon raaksien??? Of het sy dit net per ongeluk misgekyk??? Toe die universiteit haar daarop let, toe verander sy gou haar deuntjie!!!

RN ·

Gaan hierdie student aangekla word van haat spraak? @Pippie Langkous: seker aspris mis gelees. Kla haar saam met die student aan.

Ernest ·

Verbasende “ligte” kommentaar van mense ?? Moes hierdie werk nie verwerp gewees het op sterkte van die aanhaling nie OF dis dalk nooit gelees nie. Dis onaanvaarbaar om gebruik te word en behoort vernietig te gewees het. Maar ek weet…. dit gaan ‘n “stille dood” sterf !! Ons Wittes is tog te vergewens gesind !!

Mickey ·

Slag spreuke soos dit veroorsaak dat toeriste ook hier vermoor word. Kyk nou na die Ierse onderwyser wat goeie werk hier kom doen het.

Pieter ·

Dit is simptomaties van ‘n siek universiteit dat studente sulke nonsens kan skrywe en daarmee wegkom. Wat word studente geleer?

leser ·

student moet aangekla word en nie net berispe word nie, ook geskors word oor die woorde
kom afriforum ons maak staat op julle

Hans ·

Die graad toekenning moet deur die universiteit teruggetrek word.

Onderpresteer ·

Die drie Universiteit Kaapstad aanstellings wat ek mee gewerk het het swakker presteer as graduandie van die swak erkendste universiteite in die land. UK is lankal nie meer n prestige universiteit in praktyk nie.

Die skip het geseil na die suidpunt van Afrika ·

Ons word net ligweg verdra en somtyds net-net geduld as mede inwoners van Afrika. Daardie ligweg verdra en somtyds net-net geduld is so lig soos ‘n veertjie en kan enige tyd deur die wind weggewaai word en wat dan? Dit word tog daagliks vir ons herhaal dat Afrka vir Afrikane is en Europa vir Europieërs is. Dit sal maar altyd so wees en ons sal altyd as brutale, rassistiese, selfsugtige en arrogante setlaars en kolonialiseerders beskou word wat deurentyd na wit oorheersing smag.

Ons voorvaders het destyds vir ons besluit. Niemand van ons wat vandag leef het enige sê gehad toe ons voorvaders destyds op ‘n skip geklim het en na die suidpunt van Afrika toe gekom het nie. Ons is maar net lank daarna hier gebore. Nou wat nou? Waar hoort ons? In Europa waar ons vandaan kom of in Afrika waar ons gebore is jare nadat ons voorvaders (sonder toestemming) hulle self hier kom vestig het?

Judge Dredd ·

Toestemming van wie?
Die KhoiSan was grootliks nomadies.
Die binneland van SA grootliks onbewoon.

So toestemming van wie ?
Die Zulu/Xhosa in die ooste? – Dit was die mighty British Empire wat daai dele gekoloniseer het. So hulle moes toestemming vra.

Khoisan ·

@ Die skip…

Goeie plasing van jou. Goed beskryf.

Laat ons dan begin gesels en bestudeer en gesels en bestudeer… Dalk, net dalk, word ons bewus dat alle mense se voorouers iewers weg moes vlug om te bly oorleef. Of dit swart, wit, bruin of geel is…! Ook die huidige bewoners van Suid-Afrika.

waarheid ·

Wonder of hy ‘n werk gaan kry want die private sektor sal seker nie so ‘n ‘setler” – jip hy is ook een, n werk aanbied nie.
Hy moet maar vir die staat gaan werk. Hy is mos nou klaar gestudeer. Hy sal mooi daar inpas.

Andre ·

Ek ken nie n “Settler” in Suid Afrika nie hulle het lankal uitgesterf. Dit wys hoe in die verlede leef hulle.

Daan ·

Dis hoog tyd dat ons ook met eenvoudige slagspreuke begin. Soos daai “bumper stickers” toe ek jonger was “stop paying and collecting your taxes” AL wat tog sigbaar daarmee gedoen word is om kwaadstokkers te befonds en om die elite se sakke te vul. Instellings soos die en Nisfas studente soos die honneurs student sal dan vinnig van die toneel verdwyn en nes Zim sal die regering sy amptenare nie kan betaal ne.

Annamarie Olivier ·

My seun het in matriek met die rekord eksamen ‘n engelse opstel geskryf oor ‘n wit engeltjie en ‘n swart engeltjie, die witte was Andries Treurnicht en hy het ‘n nul gekry en moes om verskoning vir die opstel vra, hierdie ou kry op die hoogste vlak erkenning vir sy werk.

Lorinda Gerber ·

En dis hoekom daar `n Akademia Universiteit is …

Settler ·

Die woord settler is vir ‘n afrikaans sprekende soos die k woord. Hoekom word dit nie bestempel as rassisme nie. Ek het nie hier kom “settle” nie. Ek is hier gebore…

Francois ·

Hierdie student dreig my direk dat hy my gaan vermoor.
Dit is dus n kriminele saak.
Maar omdat ek n witmens is, is ek slapgat.

toy ·

Hulle moet net onthou, hierdie slagspreuke en haat teenoor ons, gaan ons nie vergeet nie.

Stephen Namibia ·

Kom ons kyk wat maak Afriforum, DA met hierdie een!

Penellope Jones ·

Op baie subtiele maniere word ‘n boodskap versprei – in hierdie geval sogenaamd in ‘n “”honneursprojek””.

wonder ·

Sy noem dat “Ons leef in n grondwetlike demokrasie waar vryheid van spraak in ons Grondwet gewaarborg word.” So hoekom sit Momberg in die tronk? O sorry het vergeet sy is wit!!!!!! Dis Belaglik>>>>>>>>

Stormjaers ·

Dis soos ek sê (as jy aan my gesig raak, dan ruk ek joune af). Die tyd van draai die ander wang is verby.

As ouer ·

Wat my bekommer van die hele petalje is dat die Proffie haar eers gedistansieer het van die “ek gaan ‘n boer doodskiet” comment onder haar sutdent se werk, nadat die mense op twitter gekla het daaroor. So voor al die klagtes het sy gedink dis ‘n baie goeie stuk werk, met daardie doodsdreigement daarin en al. Dankie tog vir Akademia. Om inklusief te wees is om voor sulke goed die lig sien al iets daaraan te doen en nie agterna net mooi woordjies te praat as mense begin kla nie.

JAN ·

Rhodes se beeld is reeds verwyder. Hy en Jameson en Milner en Kitchener et al was die dodelikste vyande van die Afrikaner boere. / farmers . Kolonialers met gewapende roof.
Wetenskaplik korrek sou wees om te sê : Kill the Mason ,Kill the Miner. Kill Tobacco.

My Christelike beginsels reken dat wraak ons nie sal help nie en dat Geloof Hoop en Liefde met meegaande getrouheid ons enigste redding is.

Penellope Jones ·

“Vryheid van spraak” geld net vir die regering.

D B ·

Wel, lees nie dat hy wel graad ontvang het nie, maar slegs dat hy geluk gewens is met sy projek…Punt bly, as hy wel gekry het, moet UK dit terugtrek tot die laaste sin verwyder word, of as hy nognie gekry het nie, dan gaan hy dit nie kry nie om dieselfde rede, maar nou ja, ons weet almal weet wat gaan gebeur…

Wat my hier meer pla is dat gewoonlik het elke student ‘n mentor wat eers na hulle werk kyk. Wat het die mentor hier gedoen, of liewer nie gedoen nie? Nog beter, wie is die mentor, want daardie persoon moet pa staan vir die gemors!

Ongelukkig as bv. Afriforum nie die saak verder vat nie sal dit maar net soos al die gemors in die land onder die mat gevee word.

Khoisan ·

Nee, die mentor behoort te vra dat die student sy stelling motiveer. Dat die student motiveer wat ‘n settler is. ‘n Ontleding doen van alle settlers in hierdie land. Waar kom hulle vandaan? Hoekom het hulle hier kom settle? Waarom is hulle weg van die plek waar hulle vandaan kom? Watter mense of bewoners het hulle hier gevind? Hoe het hierdie plaaslike mense hulle ontvang? Wat het die settlers gedoen om op iemand anders se grondgebied te settle?

Dis die soort vrae wat ‘n goeie mentor van die student sou vra om te beantwoord. Dan kan daardie student begin studeer en bestudeer en nie net memoriseer nie.

JAN ·

Wetenskaplike feit is dat dit ook nie Engelse Ikeys Univ v Kaapstad en Groote Schuur was wat Mandella et al op Robbeneiland versorg het nie. Neee – dit was die Afrikaner Boere / Farmers van Univ v Stellenbosch en Karl Bremer hospitaal.

Boerehaat was nog altyd die status simbol van UK engelse;.. sien Praag. Dan Roodt

Fryingfrog ·

In die goeie ou dae toe ek my honneurs gedoen het, het ons nie “honneursprojekte” geskryf nie, maar is ons onderrig en het eksamen geskryf. As hierdie sogenaamde projek met hierdie sin afgesluit word, kan ek net dink wat in die res van die projek geskryf staan. Definitief ‘n kriminalisering en skeeftrekking van die Blankes in SA se geskiedenis. En hierop “slaag” die student – op ‘n spul leuens.

Ek sê net ·

Ek dispuut nie wat jy sê nie, maar ek wil net aan jou noem’n honneurs projek is nie al wat mens doen in jou honneurs jaar nie. Jy woon steeds klasse by en skryf eksamen. Die projek is een van jou vakke.

Probleemkind ·

Dit wil voorkom asof Masixole Mlandu ‘n studente aktivis is wat al tot gemeenskapsdiens gevonnis is. Hy is onder ander skuldig bevind aan openbare geweld, eiendomsbeskadiging en intimidasie. Google gerus sy naam.

Kom ons hoop hierdie “oortreding” word nie daar gelaat nie.

Khoisan ·

Sy het na die Zulu en Xhosa settlers verwys wat die Khoe-Sān tot in die woestyn verdryf het deur hulle amper tot uitwissing uit te moor.

Khoisan ·

Nee, daar is nie na die boer verwys nie. Dit was ‘n selfontblotende erkenning van ‘n daar studentenommer rol wat swart ‘settlers’ uit midde Afrika die inheemse Khoi-Sān uitgemoor en verdryf het in Suidelike Afrika.

Die student is besig om ironiese te gebruik hoë daardie swat settlers die eintlike ‘one settler, ons bullet’s verdien. Die pleidooi is dat regverdigheid geskied teenoor die Khoi-Sān en dat swart settlers uit met meer Afrikaners hierdie realiteit besef. Diep diep insig van die student en baie slim om die slagspreuk so ironies te gebruik.

Nettie ·

Khoisan, jy praat die reine waarheid. Mense neig om net in een ding vas te kyk: die “wit” setlaars wat die swart mense se land afgeneem het.

Mense vergeet dat die San/Khoi/Khoisan/Boesman mense DIE EERSTE in hierdie land was. Die swart EN witmense was die setlaars; die witmense het in die laat-16de eeu hier aangekom (Jan van Riebeeck en sy drie skepies), maar die swart setlaars het eers rondom die 1770’s die Kaap binnegetrek (hulle was natuurlik lankal toe in dele wat nou bekend is as Mpumalanga, Limpopo en Kwa-Zulu Natal).

Frankie ·

@Khoisan, waar sal ek die honneursprojek kan vind om te lees. Ek moet eerlik wees, ek is nuuskierig.

Hannes ·

Khoisan, ten spyte van jou ongegronde en ongemotiveerde verdediging vd aanhaling in die student se werk, hoort sulke oppervlakkige sentiment en slogans nie in ‘n akademiese werk nie. Dis is uitdrukking v persoonlike gevoel deur die student. Die toesighouer en merkers moes dit laat verwyder het. Akademiese werk behoort objektief en wetenskaplik gefundeerd te wees, dis nie ‘n uitlaatklep vir oppervlakkige persoonlike sentiment nie. Sulke goed skryf jy op ‘n plakkaat, jy sit ‘n rooi beret op en gaan loop in die staat saam die ander, maar jy hou jou akademiese insette professioneel en volgens akademiese standaard. Maar nou ja, kan enige iets in hierdie land mens rerig verbaas? Dit laat mens wonder of dit die spesifieke toesighouer/ lektor is wat swak is en of dit ‘n sistemiese probleem by daardie universiteit is …

Khoisan ·

@Hannes: Eerstens, my plasing is deur auto correct verrinneweer dat selfs ek nie kop of stert kan uitmaak wat ek geplaas het nie. Verskoning!
1. Dink jy werklik ‘One settler, one bullet’ is ‘n oppervlakkige sentiment? Is jy seker daarvan? Oppervlakkig?

Hoe motiveer jy die stelling van jou?

2. Dat dit ‘n uitdrukking van persoonlike gevoel is, is sonder twyfel so. Is jy van mening dat
persoonlike gevoel nie in ‘akademiese werk’ tuis hoort nie? Is jy seker van jou mening?

Hoe motiveer jy die stelling van jou?

Soli Deo Gloria

Stripes ·

Mense, julle verstaan nie! Dit is net “Witmense” wat rassisties kan wees en net hulle wat haatspraak kan uiter. Hoe het ek dit dan nou met julle?

jakes ·

Die student se uitspraak is maar weereens tiperend van hoe hulle dink en handel. Hy is niks in die samelewing nie, daar loop nog miljoene van hulle rond wat dieselfde denkwyse deel. Al wat ek wil se is dat mense moet hulle nie name noem wat jou in die tronk kan laat beland nie want hulle weet wie en wat hulle is, ons hoef hulle nie daaraan te herinner nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.