Herrie oor ‘verkiesingsknoeiery’ by Tuks

Foto: Facebook

Foto: Facebook

AfriForum Jeug en die studente-organisasie Sasco eis ʼn herverkiesing van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) by die Universiteit van Pretoria (UP).

Lede van AfriForum Jeug en Sasco het Donderdag geboue op die kampus vreedsaam beset in protes teen die studenteraadverkiesing aangesien die partye meen daar was geknoei met die uitslag.

Die DA-studente-organisasie (Daso) het in ʼn verklaring aanspraak gemaak op ʼn oorwinning en gesê hoewel die finale uitslae van die verkiesing nog nie bekend is nie, die party reeds vyf setels in die VSR gewen het, wat dit die grootste party op die 2015/2016-VSR maak. Kwena Moloto, ʼn DA-lid, is ook glo tot die president van die VSR verkies.

Sasco het egter gesê daar is geknoei met die verkiesing en geëis dat studente weer stem. Michael Ngobeni, voorsitter van Sasco se Tuks-tak, het gesê die stemme wat getel is, het nie met die verkiesingsrol ooreengestem nie. Die stemme is ook glo onverseël en onbeskermd van die stempunte na die departement van studentesake (DSA) vervoer, wat glo strydig is met verkiesingsregulasies.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Ngobeni beweer beamptes van die DSA het met die onderhoof van studentesake, prof. Themba Mosia, vergader nadat die party hul ontevredenheid oor die stemproses bekendgemaak na beamptes van die DSA met die onderhoof van studentesake, prof. Themba Mosia, vergader dat die voorlopige uitslae van die verkiesing bekendgemaak is.

“Ons glo die bedrog en korrupsie tydens hierdie verkiesing is duidelik blootgelê en daarom eis ons dat die uitslae van hierdie verkiesing nietig verklaar word, ʼn forensiese oudit van die stembriewe gedoen word en die verkiesing van nuuts af gehou word. Ons eis ook ʼn formele verskoning van die DSA, OVK en die vise-kansellier van die universiteit,” het Ngobeni gesê.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Monique du Randt, AfriForum Jeug se woordvoerder, het gesê hulle kry regsadvies en oorweeg die moontlikheid om die howe te nader vir ʼn bevel om die verkiesing ongeldig te laat verklaar. “Ons eis ook dat die voorlopige uitslae nie bekragtig word nie, hangende ‘n ondersoek na die klagtes. AfriForum Jeug gaan nie toelaat dat studente van die reg tot ʼn demokratiese stemproses ontneem word nie,” het Du Randt gesê.

Intussen het Nicolize Mulder, woordvoerder van die universiteit, aan Maroela Media bevestig dat die universiteit klagtes ontvang het oor die verkiesing. Sy het gesê die klagtes sal ondersoek word sodra die finale uitslae bekend is. “Tans word stemme nog getel en dus is die finale verkiesingsuitslae nog nie beskikbaar nie,” het sy gesê.

“Die partye sal 24 uur ná die verkiesing die geleentheid kry om amptelike besware in te dien en hulle het dit nou gedoen. Die besware sal in lyn met die studente-grondwet hanteer word. Die universiteit gaan nie nou verdere kommentaar lewer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HEVW ·

I s daar dan nie n enkele terrein wat nie tot in sy kern vrot is nie??? Leef ons dan regtig in so n wereld??

Joe ·

Ongelukkig is die antwoord, ja. Maar ons leef nie in so ‘n ‘wereld’ nie, maar in so ‘n land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.