Herrie oor versekeraar nie wil uitbetaal ná moord

Só het die Independent on Saturday destyds oor Ganas se dood berig.

Die lewensversekeraar Momentum hou voet by stuk oor sy besluit om nie ʼn uitbetaling te maak aan die gesin van ʼn man wat doodgeskiet is terwyl hy sy vrou beskerm het nie.

Momentum het die eis geweier aangesien die oorledene, Nathan Ganas, volgens hulle nie bekendgemaak het dat hy met verhoogde bloedsuikervlakke gediagnoseer is wat moontlik voorgekom het voordat hy sy aansoek vir die polis in 2014 voltooi het nie.

Ganas (42) is in Maart 2017 doodgeskiet toe hy sy vrou teen kapers beskerm het. Sy vrou, Denise, is buite die egpaar se huis in Shallcross, Durban, deur ʼn groep gewapende mans oorval toe sy tuis gekom het. Ganas het tot haar redding gekom en is doodgeskiet.

Momentum het egter Denise se eis vir R2,4 miljoen in lewensversekering afgekeur al het sy dood nie met die voorafbestaande toestand verband gehou nie.

Volgens Momentum sal dit ʼn teelaarde vir allerlei probleemkwessies skep en bestaande kliënte benadeel indien hulle die eis sou betaal.

Momentum het in ʼn verklaring gesê hy is werklik jammer oor Ganas se tragiese dood en dat hy ook simpatie het vir die siening dat die oorsaak van sy dood nie verband hou met die nie-openbaarmaking nie.

Volgens Momentum sal die toestaan van die eis egter lei tot ʼn toename in eise wat uiteindelik sal beteken dat alle ander kliënte se premies sal verhoog net omdat een kliënt nie “te goeder trou opgetree het nie”.

“Die verwerping van die eis is na die ombudsman vir langtermynversekering verwys, wat bepaal het dat Momentum se besluit in die omstandighede die regte een was. In hierdie geval – sou die inligting aan ons bekend gewees het – sou daar geen dekking in die eerste geval gewees het en geen eis betaal gewees het nie, ongeag die oorsaak van dood,” het Momentum gesê.

“Die versekeringsbedryf het ʼn verpligting teenoor bestaande kliënte om op ʼn konsekwente grondslag op te tree om die gedeelde poel van risiko’s te bestuur. Ondanks die feit dat ons absolute simpatie met die weduwee het, is dit belangrik om nie-openbaarmaking op ʼn konsekwente wyse te behandel en nie die voordele van kliënte wat te goeder trou optree, benadeel deur toegewings te maak om eise toe te staan waar belangrike inligting weerhou is nie.”

Momentum het Ganas se weduwee volgens berigte versoek om die R50 000 onmiddellike kontantvoordeel uit die polis wat die gesin gebruik het om Ganas te begrawe, terug te betaal. Die lewensversekeraar het egter gesê in ooreenstemming met sy standaardpraktyk in gevalle van nie-openbaarmaking waar ʼn eis afgekeur word, sal hy die premies wat gedurende die kontrak betaal is, terugbetaal.

Volgens Momentum het hy in 2017 net 0,4% van eise afgekeur weens nie-openbaarmaking nie en het hy oor die afgelope 15 jaar meer as R42 miljard in eise uitbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

160 Kommentare

Fynkam ·

Lyk my hulle fynkam slagoffers om redes te soek om nie te betaal nie.

tamboti ·

Jammer maar M en die ombudsman tree nie reg op nie! (lieg blatant) As die verhoogde bloedsuiker wel ge-openbaar was, kon dit 1) dekking daarvoor uitgesluit of 2) indien dit nie so ernstig en onder beheer was, slegs met belading en wagtydperk gedek word. Hul aantuiging is sonder meriete en as hul hierdie geval nie uitbetaal in die lig van omstandighede nie, dan hoop ek hul kliente skuif maar hul polisse.
Versekering en mediese dekking – het ‘n vuilspel oor uitkom verskonings geword!
Dit is tyd dat iemand hul ‘n les leer van eerbare besigheid.

Thinus Erasmus ·

Dit is totaal onmenslike gedrag, om selfs die begrafnis voordeel terug te eis!
Dit sou baie beter gewees het om ‘n gewysigde versekerings bedrag uit te betaal in die lig van die omstandighede en die versekerde se gesondheids toestand, ek sal graag wil weet nou wanneer dit aan hul bekend geraak het dat hy verhoogde suiker het – probeer hul bewys dat die kaping en moord opgevoer is?
Vandat TERMES en VOORWAARDES as verskoning gebruik kan word het die verbruiker net ‘n melkkoei geraak – en jou geld vat hul sonder TERMES en VOORWAARDES ne’.

Karolis ·

Dit is die tendens. Soek “n rede om nie te betaal nie.
Ek hoop sy kry regshulp in die geval.

Karin ·

Weduwee, ry.Mo.entum.vir.jou.geld!!!! Hul was bereid.om.jul.oremies.te.vat,.sonder.openbaar.making.van.hulle voorwaardes!!!! Kry jou.geld.en.lewe soos wat.jou man.sou wou he! Sterkte!

Lizette ·

Toe een van momentum se agente aan my n polis wou verkoop het, het ek genoem ek het asma en die man het gese hy gaan dit nie opsit nie ek het nie asma nie. Die agente sal enige iets doen om versekering te verkoop vir komissie en dan dink hulle nie daaraan dat deur hulle dinge mense eendag gaan ly nie. Ek het myne gekanseleer

Jessica ·

Momentum don’t understand what it is between dying by a bullet, gunshot of dying in a car accident or dying by sugar related, someone should draw a picture for them to show them what a gunshot is. Momentum go to the body of the patient to go see the gunshot, maybe then you will understand.

ETTA ·

Hulle soek eenvoudig n rede om nie te betaal nie. Die onbudsman en groot firmas is kop in een mis. Dis logies dat sy dood niks met suiker te doen het nie.

Jakes ·

Ag asb…..dis mos nou belaglik! Hys mos nie dood van suiker siekte die? Maar julle vat sy geld elke maand en dis ok? Ombudsman moet dit definitief ondersoek.

Hoe nou....... ·

Presies – hulle goeder trou sy geld elke maand gevat – betaal dit dan terug met rente ten minste.

Dries ·

Di ombud HET dit ondersoek en HET bepaal Momentum het korrek opgetree…
Beide Momentum en di Ombud, laat my egter sprakeloos!

Nettie ·

Hoewel dit harteloos klink, het Momentum die volste reg gehad om NIE die eis uit te betaal nie – polisvoorwaardes sluit normaalweg bepalings rakende weerhouding of nie-verklaring van inligting in, wat enige eis – hetsy dood a.g.v. van iets heeltemal anders as die siektetoestand al dan nie plaasgevind het – “null & void” verklaar.

Die saak is na die Ombudsman verwys, wat in die guns van Momentum beslis het. Neem ook in ag dag die eggenote van die versekerde al hul premiums sal terugkry.

Ek sou egter dink dat Momentum darem die menslikheid sou gehad het om nie aan te dring op die terugbetaling van die R50K begrafnisvoordeel nie; maggies – die arme man is dood in uiters tragiese omstandighede en die gesin ly nog aan trauma – dit was darem seker nie te veel gevra nie?

Lientjie ·

Lees weer mooi DIE OMBUDSMAN HET DIT REEDS ONDERSOEK. Hulle is aan Momentum se kant.

Bonzelle ·

maar momentum het glad nie probleem gesien om maandeliks die gepaar se versekering premies te ontvang nie. Dis regtig swak verby

Pieter ·

Jy moet darem in ag neem dat Momentum nie bewus was van sy toestand nie, want hy het dit nie openbaar nie. Dus het Momentum hom as aanvaarbare risiko gesien en dien ooreenkomstig dekking teen n ooreengekome premie verskaf.

Pieter ·

My broer het dieselfde stel afgetrap met n versekerings mmatskappy toe sy vrou oorlede is na n operasie. 10 jaar haar premies gevat en weier om uit te betaal.

Moeg om te survive.. ·

Tipies…. So onregverdig, maar hul al die jare sy premie gevat ten spyte van sy suiket???

Hoe nou....... ·

Dus se Momentum as jy n suiker probleem het dek hulle jou nie en as jy n suiker probleem optel terwyl hulle jou dek gaan hulle nie uitbetaal nie – m.a.w jy mag nie siek word nie en jy mag net gesond doodgaan…..!

Joe ·

Mooi man, net vandag skuif ek my belegging by Momentum. Of dalk moet ek die geld trek en vakansie gaan hou want wie kan mens nog deesdae vertrou met jou geld. Dankie Momentum dat julle die besluit vir mens makliker maak. Maar my hart breek vir Denise. Ek hoop karma gaan kuier vir Momentum

Elizabeth Bosman ·

Belê jou geld elders. Na die vakansie het jy niks.

Johnnie ·

Hoop sy vat hulle hof toe want hulle is net so korrup soos al die versekering, altyd haastig om jou geld te kry met mooi stories maar kom dit by uitbetaling dan is daar altyd n duisend en een stories.

NEE ·

Geen hof sal in die geval in haar guns uitspraak lewer nie. Dit gaan nie of hy vermoor is of oorlede is as gevolg van enige ander rede nie. Indien jy inligting oor enige toestand weerhou wanneer jy versekering uitneem op jou lewe, is die polis outomaties ongeldig omdat jy die versekeraar sy reg ontneem om jou premie te bepaal volgens jou mediese toestand op daai tydstip en of hulle jou enigsins gaan dek. Momentum het eers na sy dood bewus geword dat hy gedek was terwyl hy aan ‘n mediese kwaal gelei het wat hy nie openbaar gemaak het nie. Dus is die polis ongeldig – ek het simpatie maar daar is ‘n rede daarvoor dat hy al jou mediese inligting moet verstrek wanneer jy ‘n polis uitneem. Ongelukkig werk die reg nie met emosie nie, hoe onregverdig dit ook mag lyk vir ons.

Helena ·

Sies! Dis om die minste te sê laakbaar Momentum en ek is nogal ‘n kliënt by julle met ‘n lewenspolis, ek wonder nou of dit ooit gaan uitbetaal.

Abe ·

NEE,
Hierdie kommentaar is n baie goeie uiteensetting van die situasie. Almal wat Momentum so verguis moet jou kommentaar lees en dit so aanvaar. Ek kan daar byvoeg dat om inligting wat vereis word by die uitneem van n polis, te weerhou kom op bedrog neer en dit maak alle klousules in die polis onmiddellik ongeldig.

Waaat???? ·

Kan Momentum bewys dat hy bewus was van sy toestand ?. Ek gaan nooit Dr toe nie, so hoe moet ek weet dat daar iets broei???? Tien teen een sit ek (onbewus) met ‘n probleem wat Momentum dan “conveniently” teen my kan gebruik!!.

Elizabeth Bosman ·

Is daar nie onderskrywing gedoen by aansoek? Hoekom is suiker nie getoets? As Momentum 0.4% uitbetalings gemaak het in vorige gevalle soos hulle sê hoekom dan nie hier? Uitsonderlike geval en swak verskoning. Ombudsmen toe.

bgj van der westhuizen ·

hy was vermoor hulle soek net n rede om nie uit te betaal nie skelm en klaar nog n maatskapy wat die rug op gekeur moet word kom betoog teen hulle en almal wat polis het by hulle kanseleer dit wand al wanneer die klom skelm maatskappy sal leer is om hulle seer te maak en dit is geld

tasja ·

Momentum is n klomp skelms, sal elke maand jou geld vat todat hulle jou moet uitbetaal,
mense skyf julle versekering!!!, My man het ook al al baie geld deur hulle verloor.

Annelize ·

Dis nou tipies Versekeringsmakelaars. Beloof jou die son, die maan en die sterre tot hulle moet uitbetaal, dan sal enige slap verskoning, verskoning genoeg wees om nie uit te betaal nie.

Dis laag, gemeen en skelm verby. Hoop die vrou ry vir julle tot anderkant die Wederkoms, en wys die wereld wat se oneerlike en agteraf besigheid julle is.

Mag ·

In die goeie tye, jare gelede kon jy nie ‘n lewensversekeringpolis of lening uitneem alvorens jy nie vir’n volledige mediese ondersoek was en die dokter sy skriftelike verslag ingedien het nie. Maar dit is ook een van die belangrike stappe, om jou te beskerm en so ook die Versekeringsmaatskappt en Bank wat weg gegooi is om so gou moontlik geld te maak wat nou tot die tipe voorvalle lei. As jy nie vir ‘n volledige medies gaan nie sal jy nooit weet watse onderliggende gesondheidsprobleme jy het nie tot dit vanself simptome wys. Volg die regte prosedure en voorkom groot hartseer en teleurstelings vir jou geliefdes wanneer hul dit die minste nodig het.

Elizabeth Bosman ·

Is daar nie onderskrywing gedoen by aansoek? Hoekom is suiker nie getoets? As Momentum 0.4% uitbetalings gemaak het in vorige gevalle soos hulle sê hoekom dan nie hier? Uitsonderlike geval en swak verskoning. Ombudsmen toe.

Bokkie ·

Hy het gejok met sy antwoord oor suikersiekte en boonop verklaar dat die antwoorde tot sy mediese inliging korrek is. Moral of the story – moet nooit jok wanneer sy mediese fonds of versekering uitneem nie – dit byt jou of jou familie later. Die reëls is duidelik dat sou daar false inligting op die aansoek vorm wees, dit toekomstige eise mag benadeel.

Inge ·

Bokkie, daar staan duidelik “moontlik voorgekom het”. Hy kon dit later ontwikkel het nadat hy die polis gekry het.

Abe ·

Bokkie,
Natuurlik is jy reg: dit is waarom die polis met sy voorwaardes op skrif gestel word.
Momentum het reg opgetree.

Elizca ·

Momentum sal wel hulle premies terug gee soos die artikel aandui. Die punt is dat die klient nie sy toestand geopenbaar het nie en dat hy dus ‘n groter risiko was as wat hy voorgegee het. Hy sou nie dekking gekry het as sy toestand ernstig was nie. Bv as ek hartprobleme het bly ek doodstil daaroor sodat hulle my moet verseker en dan hoop ek maar my hart gee nie in?? Dis oneerlik! As jy reeds dekking het en jy wil dit verhoog word jy weer onderskryf en word jy pertinent gevra of jy enige toestande ontwikkel het, as jy oneerlik is kan jy nie verwag hulle moet jou eis uitbetaal nie. Dink hoe lekker “gesond”gaan almal dan wees.

DewaldS ·

As Momentum bewus was die man se ‘oneerlikheid’ dan moes hulle aan hom laat weet het dat sy polis gekanselleer sal word tensy sy feite gesondheids-feite reggestel word. Dan kon die man dit reggestel het of ander versekering gaan uitneem het. Nou het hulle maandeliks sy premies gevat en dit belê, maar hy het nie die nodige dekking gekry sodat sy erfgename finansieel beskerm is nie.

WIEBO ·

Net n skelm versekeraar sal dit doen. Maandeliks vat hulle jou geld??? Hoop sovel ander mense wat by Momentum is, sien die artikel en kanselleer. Dis Momentum se verdiende loon…………. Wie en watter maatskappye kan mens nog vertrou in die korrupte land?

Reg ·

Hierdie man het dalk self nie geweet hy het ‘n suiker probleem nie.
Gaan ‘n mens nie deesdae meer vir bloedtoetse voor jy ‘n polis uitneem nie. Sou Momentum hom nogsteeds onderskryf het indien hulle geweet het? Het net gesonde mense lewenspolisse? Wonder maar net…..

MMI ·

So hoe het hulle nou uitgevind van sy toestand? ?
So IEMAND moes tog geweet het…

E.K. die eerste ·

My raad: lees die fynskrif en ook ALLE voorwaardes baie goed deur. Baie (indien nie die meeste) versekeringsmaatskappye betaal bv nie gevalle van selfmoord, dood agv opstande of oorlog ens. ens. Lees noukeurig en vra indien jy nie seker is nie.Dis jou plig teenoor ou naastbestaandes om doodseker te maak en indien jy siektetoestande ondervind na jy die polis uitgeneem het MOET jy meeste daarvan verwittig.

Kwikkie ·

…Dit is vreemd dat hulle nie bewus was daarvan nie……hulle stuur mens dan jaarliks vir bloed toetse doen hulle nie ?

Jacques ·

Hy het gelieg oor sy mediese kondisie om n paar rand minder te betaal elke maand.
Oneerlikheid betaal nie.
Wees net eerlik en jy sal kry wat jou toekom.

Desmond ·

Vra ek ook… daar is ‘n kans wat die man nie geweet het nie. Momentum (of meeste van die lewensversekeraars) stuur toekomstige kliente wel vir bloed toetse. Hoe was hierdie dan NIE opgetel nie?

Chris ·

Momentum, baie dankie vir julle konsekwentheid. Julle veroorsaak dat ek, wat van dag 1 af eerlik was op my aansoek, en alles openbaar, se premies nie aangepas word of baie duurder raak elke 10 jaar nie. Ek dink julle het reg opgetree en staan agter julle. Ek weet verseker dat as ek iets oorkom, is my vrou en dogter versorg.
Dit wys ook die belangrikheid van ‘n goeie en eerlike finansiële adviseur.

Corné ·

Dankie dat jul verstaan waarom Momentum nie uitbetaal het nie. Dankie tog vir ń paar persone met verstand.

Abe ·

Aan Corne en Chris
‘Stem 100% saam met julle. Die polis word mos opgestel en op skrif geplaas met ‘n doel. Daar word verwag dat die ondertekenaars daarvan by die voorwaardes daarvan sal hou.

B ·

Lees en verstaan mooi, hy sou destyds nie AANVAAR gewees het deur Momentum nie, dis die beginsel in die saak.
Hoekom moet Momentum dan nou uitbetaal op grond van ‘n wanvoorstelling?

Elizabeth Bosman ·

Dis nonsens. Old Mutual aanvaar met ñ belading indien nodig. Dit kan hersien word 6 maande later en belading man dalk afgehaal word. Hy Sal nie geweier word nie. Kies jou versekeraar met die beste rise betalingsgeskiedenis. Geen mpy wat nie onderskrywing doen by aansoek. Dis moeilikheid soek. Geen koste vir asnsoeker.

B ·

Hoekom is dit nonsens Elizabeth?
As hy dit openbaar gemaak het kon die volgende prosedurlike stappe geneem word, bv belading ens soos jy tereg noem. Die beginsel is hy het dit nie openbaar gemaak en verklaar nie.

Sarel ·

Momentum sou hom nie beskuldig het van oneerlikheid as hulle nie bewyse gehad het nie. Indien hy siek geraak het na die polis uitgeneem is, sou hy dekking gehad het. Hulle betaal al die premies wat hy betaal het terug.

Arno ·

Betaal die vrou uit! watse tipe besigheid run julle? Tyd dat ons opstaan en teen die maatskappye wat mense in noodlot uitbuit. Die paaimente was betaal vir n diens. So betaal!

christa ·

Dit is altyd noodsaaklik om ten alle tye eerlik te wees. Op die end is jy die een wat die vrugte pluk. Ek hou van eerlike besigheid en kan nie sien hoekom Momentum nou gediskrediteer word nie.

spike ·

die persoon wat die polis aan hom verkoop het, moes mos die dr, ondersoek ook betaal het. waar is daardie verslag wat sê dat die man oneerlik was met die uitneem van die polis

Andrew ·

Gewoonlik was sekere toestande of dele uitgesluit. Hierdie klink of die ombudsman iewers in Momentum se voordeel onkostes genoem word.

Estie ·

Regtig, enige bollie verskoning om nie die arme vrou se geld te betaal nie. Swak sy moet baklei hulle kan nie met dit wegkom nie dis sommer nonsens.

Klaas ·

Ek is nie so oortuig dat Momentum hom nie as klient sou neem met verhoogde premie of uitsluiting nie. Is daar geen kliente by Momentum met verhoogde suiker nie. Billiker uitslag sou wees om verminderde uitbetaling toe te laat en effek van kennis te verreken. Lyk my dit is net gesoek na enige onverklaarde mediese inligting wat Momentum gebruik om nie te betaal. Het die oorledene ooit onthou van die suiker probleem? Ek weet mens onthou nie altyd als wat alle dokters al tevore notuleer het nie en veral as nie voortgaande probleem was nie. Dit is onreg.

Piet ·

Ek sou verstaan as hy nou oorlede is van die suiker. Dis net skelm skelm skelm hul doen dit almal as dit by uitbetaak kom. Snaaks hul se nie hy het selfmoord gepleeg om voor die koeel te gaan staan nie.

Dries ·

Ek het weer berig gaan lees. Ons lees met ons harte en ni met Verstand ni…
1. Daar was verhoogde suiker Voor di aansoek.
2. Momentum sê as di info bekend was, sou hul versekering aanvanklik GEWEIER het.
3. Ombud sê, Momentum het korrek opgetree.
4. Momentum sê, met afkeur van n eis, word premies terugbetaal.

My appologie aan Momentum! Ek het gelees wat ek dink regverdig was, en NIE wat in berig gestaan het ni…

Johan ·

Dries, ek dink die berig beskik ongelukkig nie oor al die nodige feite nie. In my beskeie opinie, net soos daar ‘n onus is op jou as aansoeker om alles te vertel, dink ek is daar ‘n onus op MOMENTUM om die aansoeker vir mediese toetse te stuur. Is dit in die geval gedoen, want die toetse sou dan mos verhoogde vlakke uitgewys het? Of het Momentum hom nie vir toetse gestuur nie?
Die toetse self is ook “onbetroubaar”. Ek het op al my toetse behalwe vir een keer, nog nooit hoe vlakke uitgewys nie. Die een keer wat dit uitgewys het, was die toets verkeerd gedoen (ek was nie vastend nie glo dit of nie). Gelukkig het ek vir tweede opinie en tweede reeks toetse gegaan, en als was normaal.
So ek dink die onus is ook op Momentum om klient vir toetse te stuur (wat ons nie weet wat gebeur het nie) en die toetse moet reg gedoen gewees het (meestal word dit darem reg gedoen). As Momentum NIE die klient vir toetse gestuur het nie, wil ek weet hoe eties het hulle opgetree?
Miskien kort ons as lesers bietjie meer feite.

christoffel ·

hahahah. So Momentum het die gesondste kliente, almal sonder suiker.
wat n joke

Klippie ·

Wat van jy betaal 39 jaar hulle premies tesame met jaarlikse verhogings en dan te hoor jy het op 15 harsingskudding met rugby opgedoen en eis word repudieer. Op 59 geen anniteit nie!

wet ·

my punt ook. Geen mens het ´n perfekte liggaam nie. Fout sal hulle vind en dit gebruik om nie te betaal nie

Amanda ·

Dink regtig die verbruikersraad moet ingryp. Die makelaars verduidelik nie vir jou dat jy ENIGE besoek wat jy al ooit gehad het aan die dokter moet noem nie of dit nou maagpyn, spierspasma of ‘n oor pyn was nie aangesien dit enige eis beinvloed. Die vrae is ook so dat jy as verbruiker dink jy moet ” gediagnoseerd” gewees het met die een of ander siekte – maar dit is nie die geval nie!.
Sit nou in ‘n soortgelyke situasie waar Old Mutual nie wil uitbetaal vir Melanoma nie omdat ons nie genoem het dat my man voorheen ‘n dokter gesien het vir sy hart omdat hy benoud gevoel het nie, alhoewel die dokter ons verseker het dat daar niks met sy hart fout is nie – die dokter se verslag (wat ons nooit onder oë gehad het nie) meld wel dat hy my man in “puik fisiese kondisie vind “en dat daar ‘n “ongekompliseerde TK/MK prolaps ” teenwoordig is. Omdat ons verseker was hy het nie ‘n hart probleem nie het ons dit nie genoem in die aansoek nie.
Het ook die saak na die Onbutsman verwys waar daar weereens in die guns van die versekeraar uitspraak gelewer was. Die onus rus op jou as aansoeker om ALLLE inligting bekend te maak – ‘n doktersverslag word eers versoek as jy eis NIE voor hulle jou premies begin vat nie. Daar sal baie minder tyd en geld gemors word as hulle die dr. verslag versoek met die aansoek.

sandra ·

My mediese fonds is besig om my ook warm onder die kraag te maak. ek moes nou R7000 van hospitaalrekening self betaal.

Hoe gemaak as jy dit nie het nie? Waarvoor het ek ‘n fonds?

Mads ·

Ek sukkel ook om ‘n annuiteit uit hul te kry nadat my man oorlede is. Hulle beantwoord nie eers my emails nie – net ‘n auto reply boodskappe. Elke keer soek hul nog iets. Ek sal hul nooit aanbeveel nie. Ongelukkig is my pensioenfonds by hulle deur my werk. Pasop!!!!

Elsabie ·

As ek di storie so kyk gaan Momentum nou baie kliente verloor en ook nie nuwes bykry na die belaglike verskoning van hul nie.

Judge Dredd ·

Weet nie hoekom mens wil lewensversekering he nie – jyself baat niks daaruit en dit is ‘n aanmoediging vir die begunstigdes om van jou ontslae te raak.

ZeeBee ·

Ek is 31 jaar in Versekering die jaar. En ek is SIEK en SAT vir die bedryf.
Ja , hulle vat jou geld. En wag en kyk as dit by eis stadium kom is daar ALTYD ‘n storie.

Donderstorm ·

Ja nee soos my skoonma syt kanker dekking ( nie by hulle nie)gehad toe het sy kanker gekry en is toe oorlede hul het nie uitbetaal nie want die kanker het glo op n ander plek ontstaan en verspry hul wil jou geld vat maar waneer dit by uitbetaal kom het hul n lang ry verskonings.

Gilla ·

Selfde het met ‘n kliënt van my gebeur. Hy is aan onnatuurlike oorsake dood waar niemand by was nie, maar as gevolg van natuurlike redes weier hulle die lewenspolis se uitbetaling, en hulle redes is belaglik. Dis net soos hierdie geval en dit maak nie vir ons gewone mense sin nie. Hoeveel kry die ombudsman vir elke eis wat hy beslis in die guns van Momentum? Dalk moet iemand die ombudsman begin ondersoek.

Marius Viviers ·

Absoluut treurig. Nee wat, versekering is myns insiens nie meer die moeite werd nie. Hulle moet liewers die woord versekering vervang met “moontlike versekering, net miskien”.

sky ·

Hulle sal jou HELE lewe lank jou geld vat, maar op die einde is jy (of jou naasbestaandes) van NIKS verseker nie. As hulle nie wil betaal nie sal hulle wel n rede kry om dit nie te doen nie. Volgens by is sulke plekke maar n ‘dobbel’ wat jy vat.. As hulle jou geld vat moet HULLE seker wees dat die voorwaardes 100% is – die onus moet by die versekeraar le, nie by die verbruiker nie.

Essie ·

Nou hoe verstaan mens nou hy is geensinds aan hoë bloedsuiker(diabeet) dood nie en sy uitbetaling word afgekeer maar sy maandelikse premie was goed genoeg en nou.

honourable member ·

ek verstaan nie die argument nie. Dis mos nie sy verhoogte bloedsuiker wat sy dood veroorsaak het nie, die arme man is VERMOOR. Hierdie versekeringsmaatskappye is lekker skelm en soek ook altyd n rede om nie uittebetaal nie.

Francois le Cochon ·

So is landroste en regters ook lekker skelm. Hulle soek ook altyd ‘n rede om mense tronk toe te stuur, reg???

Linda ·

Momentum is SKELM. Dieselfde ding het met my suster se man se afsterwe gebeur toe hy verongeluk het, toe het hy kwansuis n hartprobleem gehad !!! Waarvan niemand geweet het nie !!!

SjN ·

Linda, op grond van wat kan jy se hul is skelm, tot die ombudman het in hul guns besluit, het jou suster se man sy hartprobleem genoem met die aansoek, indien wel sou daar addisionele vereiste/afwysing/wagperiode ens gewees het, is die ongeluk nie dalk veroorsaak agv sy hartprobleem nie.
Het jy ook geweet vir interesantheid dat sommige maatskappye nie n eis uitbetaal as die bestuurder onder die invloed van alkohol bestuur en hy te sterwe kom nie, hy het dus n landswet oortree en bygedra tot sy dood. Lees die fynskrif wat wel deur die mpye aan die versekerdes gestuur word.

Linda ·

Nadat my suster se man, ouderdom 37, veras was, het Momentum beweer hy het cholestrol gehad. Nie my suster of haar man het van dit geweet nie. Die polis was toe nooit uitbetaal nie !!! Maar vir 4 jaar lank het Momentum premies van hul bankrekening gevat !!!

Francois le Cockon ·

Mnr Ganas het waninligting oor sy mediese toestand aan Momentum verskaf, moontlik doelbewus om ‘n laer maanddelikse premie te betaal. Sou hy sy volle mediese besonderhede (suiker) verklaar het, sou hy ‘n verhoogde premie betaal het, en sou Momentum sy vrou se eis uitbetaal het. Momentum beskou dus met reg die polis as onwettig, en sal al die premies wat mnr Ganas betaal het terugbetaal. Momentum het niks verkeerd gedoen nie.

Sandy ·

Hy is doogeskiet terwyl hy sy vrou beskerm, en julle worry oor sy bloedsuikervlakke wat hy nie genoem het nie?????? Hallo, hy is nie dood van die bloedsuikervlakke nie, maar oor hy vermoor is. As julle dekking moord insluit, hou op om verkonings te maak en betaal die weduwee uit. Julle skiet julself in die voet om sulke twak te praat met moontlike toekomstige kliente.

Denise ·

Ek staak onmiddelik alles wat ek by momentum het. Hulle mediese fonds is net so n gemors.

Essie ·

Daar stem ek saam mt honourable member sy bloedsuiker het niks met die oorsaak van sy dood te doen nie hy is vermoor so betaal wat jul moet aan sy naasbestaandes.

Lien ·

Ek dink dan moet Momentum maar die premies terugbetaal!!!! om vir so baie geld verseker te wees moes hulle ‘n aansienlike premie elke maand betaal het!!! Wys jou, jy kan niemand meer vertrou nie. Ek moet op ‘n skamele 30 000 kilos ‘n koppelaar vervang???? vra jou ekt ‘n Toyota gery vir 21 jaar haar verkoop en sy ry nogsteeds. O nee die “sales talk” ……………………………………………. dan daarna is die problem net joune alleen.

HPV ·

Min mense besef , sodra jy toetree tot motorsport ,valskermspring of begin rook ens moet jy dit by jou versekeraar aanmeld. Old Mutual se makelaars het my jaarliks tydens hul besoeke daarop gewys. Ek moes ook destyds ‘n bevoegdheid lisensie tov renmotors bekom asook jaarliks ‘n mediese sertifikaat in die verband voorlê.
Dit behoort wetlik verpligtend te wees dat versekeraars tydens alle advertensies en reklame mense bewus maak van sulke vereistes om misverstande uit te skakel.

Callie ·

Die ou is nie dood aan enige verwante diagnose van suiker nie. Dis belaglik. As jy dit nie kan insien nie is daar fout met jou. Hy is geskiet. Hoe redeneer julle. Ek stem, as hy dood is aan nagevolge van suiker kon hulle dit geweier het. Dis n bedrogspul. Gee dan paaiemente terug met rente.

rina ·

Die man is nie dood agv suikersiekte nie, hy is doodgeskiet so waarom betaal hulle nie uit nie,

Sputnik ·

Ek stem 100% saam met “NEE” se kommentaar hier bo. As jy nie alles openbaar wanneer jy die polis uitneem nie, gaan geen versekeraar uitbetaal nie. Ek is seker Momentum kon via sy mediese polis/eise/dokter vasstel dat hy reeds die siekte gehad het ten tyde van die polis se begindatum, anders sou hulle na my mening nie kon weier nie.

Johann M van Heerden ·

Ongeag die onverklaarde toestand en ombudsman se besluit, stem maar met julle beursies en moenie besigheid met Momentum doen nie. Hulle het duidelik ‘n skuiwergat gesoek en gekry. Wie is die agent wat die vorm vir die mense help invul het? Verstommemde gevaarlike tye waarin ons leef.

Susan ·

Versekeraars soek die kleinste rede om nie te betaal nie. ‘n Versekeraar en die onbudsman het paar jaar gelede besluit dat ons kind slegs 20% lewens inperking het na massiewe hartaanval en hom so uitbetaal. Vandag is ons kind nie meer met ons nie a.g.v. nagevolge van dié massiewe hartaanval. Denise ek kry jou uit my hart jammer, ons is so magteloos teenoor die magtige maatskappye. Baie sterkte!

Stan ·

Maak nie sin nie!! Doen mens nie n mediese toets vir jou versekering nie, HIV of suiker ens?? Dis maar altyd die storie met die versekeraars, sal eerder n rede soek om NIE te betaal nie as om te betaal…..

Sarie ·

Het geen Momentum korrespondent ooit hul jaarlikse herseining gedoen op die produk nie? Het hulle bewys dat hulle dit gedoen het? Nog iets wat ek ook nie verstaan nie, is hulle het baie gou die geld uitbetaal om vir die begrafnis te betaal, maar nou soek hulle dit ook terug? Dis vir my bietjie te veel? Arme vrou – drie terug slae – eers haar man se dood, dan die storie oor die klousule van die polis en nou die terugbetaling van die gelde vir die begrafnis. Dis te veel.

Johan ·

My broer het ook vasgesit met MOMENTUM oor lewensversekering. Toe hy oop kaarte speel oor ‘n siektetoestand, toe was hulle weer vol stories en wou nie eers lewensdekking gee ongeag ‘n uitsluitingsklousule nie.

Ek dink ernstig daaraan om my lewensversekering te stop. Vat die geld wat ek kan uitkry en bele dit vas. As ek Momentum hoor, dan se ek summier “nee dankie”. Maak nie saak wat hulle aanbod is nie.

Koos de Meyer. ·

Wie sê hy het dit nie agtergekom lank na sy polis begin is is nie. Sy geld was goed elke maand. Momentum dis swak.

Chantal ·

Nee jammer stem nie saam Momentum nie!!!!!!! Hy is nie dood aan suiker siekte nie dit is unfair!!!!!! Julle is vining om die geld maandeliks tekryp en hier loop ons onder die indruk en met n geruste hart en dink jy het lewens versekering jou familie sal ok wees as jy iets oorkom , nou gebeur dit ek dink ook die ombudsman moet intree, want dis die slegste verskoning nog!!!!!!!!!!!!!

Se net ·

Diefstal as jy my vra. Kyk he baie mense kla op hellopeter en ander platforme oor hulle

Dwars ·

Almal soek verskonings om nie uit te betaal nie. Maar hulle wil alewig hulle polisse aan jou afsmeer.

Naas Vermaak ·

Dewald S hierbo is korrek….sou Momentum voor die dood van hul klient bewus geraak het van sy “oneerlikheid” moes dit dadelik aangespreek en reggestel geword het….nou het die oorgeblewenes geen neseier nie. Ek gaan ook aanvaar dat jy tevrede is met my gedrag as ek jou elke maand 1 sak aartappels moet gee maar jy aanvaar maand na maand 1 sak patats ….want geld word gevat. Sou Momentum skielik na sy dood nou intens die aansoekvorm en doktersverslae en leers vergelyk om ‘n loophole te soek kan mens dit ook bevraagteken….hoekom toe eers?? Dan het Momentum mos nie hulle werk reg gedoen aan die begin nie. Bietjie min feite beskikbaar, maar ja, ek bevraagteken ook Momentum se integriteit hier.

Antoinette de Greeff ·

Laat Hello Peter Momentum en die Ombudsman opskroef.

Alida ·

Hou tog op om Spur aan te haal. By ons Spur is 90% van die klante blankes! Waar val julle uit.

Piet ·

Momentum is niks anders as ‘n klomp skelms nie. Hoekom het hulle nie hulle “huiswerk” gedoen toe die polis uitgeneem is nie. Hulle behoort van bedrog en diefstal aangekla te word.

alida ·

Momentum of enige ander maatskappy sal nie hulle naam op die spel sit sonder grondige wettige redes nie. Die Ombudsman het dit dan bevestig waaroor karring julle. Skakel julle maatskappye en vergewis julle van die feite en as hulle verlang dat jy vir ‘n opvolg besoek gaan, dan gaan jy. Dan het jy mos niks om oor skaam, bang of bekommerd te wees nie.

Johan ·

Het Momentum die man vir ‘n mediese toets gestuur met sy aansoek? Wat was die uitslag van sy bloedsuikervlakke met daai toets? Hoe betroubaar was die toets? As die toets verkeerd gedoen is, kan dit tot ‘n vals negatief lei.
As Momentum nie die man vir toetse en ‘n mediese ondersoek gestuur het nie, maak Momentum hulle skuldig aan wanpraktyk en Momentum skep vir hulself die “geleentheid” om “hoe bloedsuikervlakke wat nie genoem is nie” as verskoning te gebruik. Skandalig.
Ek sal graag wil weet wat sal Momentuk (of die versekeringwese) doen in die volgende scenario (dalk kan MM dit opvolg?):
– my bloedsuikervlakke is normaal en bloedtoetse bevestig dit (bv in 2014)
– my aansoek word goedgekeur
– 2 jaar later kry ek hoe bloedsuikervlakke (2016)
– 2 jaar later sterf ek in kapingsaanval (2018)
Wat gaan gebeur met my lewenspolis se uitbetaling? Na die beste van my wete moet die polis uitbetaal, want toe die polis uitgeneem is, was daar geen sparke van enige fout met my bloedsuikervlakke nie. Die nuwe verhoogde bloedsuikervlakke kom net in die prentjie, sou ek na 2016 toe my verhoogde vlakke aan my bekend was (en toetse dit sou kon bewys), vir ‘n nuwe of nog ‘n lewenspolis aansoek doen. Dans ou verhoogde premies en/of uitsluitingsklousules waarskynlik in die prentjie gekom het.

Rita ·

Mens is net goed as jy betaal. Hulle sal ENIGE IETS doen om NIE te betaal nie. As hy dood is aan sy siekte kan ek verstaan dat hulle weier om te betaal. Maar moord…..kom nou Momentum…..

Wonder ·

Wonder nogal hoe Momentum na die persoon se dood sy persoonlike mediese inligting bekom het? Itv PAIA Wet moet oorlewende familie tioestemming gee dat n derde party bv huisdokter ens persoonlike mediese inligting mag beskikbaar stel. Sal dalk goed wees as die eiseres iemand aanstel om vas te stel hoe Momentum se ondersoeker/ assessor die inligting bekom het. As dit onwettig bekom is behoort sy die hele ding hof toe te neem.

Nee ·

Enige lewenspolis bevat ‘n klousule dat die versekeraar enige tyd toegang tot al jou mediese rekords kan verkry. Jy gee hulle toestemming tot infiniti omdat dit direk betrekking het op jou dekking en die versekeraar se risiko. Gewoonlik gebruik die versekeraar hierdie magtiging net as hy onseker is by aanvang by die polis en as hy ‘n vermoede het dat jy nie eerlik was met jou aansoek nie. Hulle het dus reeds magtiging om by jou dood al jou mediese inligting te bekom – wettig deur jouself gegee by aanvang van die polis.

SjN ·

Die feit dat die ombudsman in die guns van die maatskappy beslis het spreek boekdele, met aansoek is die mediese toestand nie geopenbaar nie en die bewyse sal daar wees.

Elvira ·

Sleep hulle hof toe. Hulle is vinnig om jou geld maandeliks te vat maar as dit by uitbetaal kom is daar stories. Hierdie is nie die eerste soortgelyke storie wat ek hoor nie. Skande.

HANNELIE ·

En wat leer ons hieruit…..bly so ver weg van Momentum as wat kan!

Hendrik van George ·

Nee wat, weet nie waaroor die herrie gaan nie. Die man het gelieg op sy aansoek vir lewensdekking. Ek dink Momentum is korrek, en ek voel heelwat beter oor my beleggings daar. Snaaks dat al. Al teem en ween as die ANC oneerlik is, maar nou eweskielik die bedrieër ondersteun..

wet ·

ja wel, en as hulle nie wil uitbetaal nie? wat gaan jy maak of vertrou jy hulle met jou oe toe?

MY 2C ·

WAT HET SY BLOEDSUIKER TE DOEN MET DIE FEIT DAT HY DOODGESKIET IS???? Dit het absoluut niks te doen met die omstandigdhede waarin hy oorlede is nie. So as hy lae BLOEDSUIKER gehad het moes hul hom met n MES doodsteek en hoe BLOEDSUIKER moes hul n Hamer gebruik???? Momentum kom by!!!!

Danie ·

Van wanneer af reik Momentum (of enige ander versekeraar) ‘n lewenspolis uit sonder ‘n mediese ondersoek ?? As hulle dit wel gedoen het, was dit GROWWE nalatigheid aan die versekeraar se kant. Hierdie ding gaan hulle byt, vra vir SPUR.

Johan ·

Danie, dit is ook my punt wat ek gemaak het. Ek hoop MM volg by Momentum op, alhoewel ek oortuig is Momentum sal vertroulikheidsklousule gebruik om geen inligting beskikbaar te stel nie. Dalk kan familie meer lig daarop werp. Daar MOES ‘n mediese ondersoek gewees het. Dit is standaard.

Skroef ·

Dalk tyd om momentus en alles wat hulle bied te spur. Hoe kan hulle wil sê hy was al diabeet voordat hy aansoek om die polis gedoen het? Hy kon dit onlangs eers opgedoen het. Bel jy in elk geval die mense kry jy n lysie taalvoorkere. Dan kies jy en hou aan totdat die oproep oor veertig minute uitsny. Hoe grondwetlik is dit?

Onversekerbaar ·

My gat se deksel is dat hulle hom nie met suiker probleme sou dek nie. Wat moet mense doen met gesondgeids probleme? Ek is gediagnoseer met die FH chokesterol geen. Ek drink chroniese medikasie. Ek het nog nooit insident gehad nie. Maar sodra hulle vra oor gesondheids probleme en ek EERLIK is dan word gesprek beïendig met iemand anders gaan my terug bel. Tot vandag toe (AL JARE) bel niemand terug nie. Groot versekraar maatskappye en kleiner en pleinweg dodgy plekke. So nou vra ek WAAR kan ek lewens versekring kry??????? Die areme vrou.

charmaine ·

Trauma en stress kan tot ernstige siektes ly. My neef was in n motorongeluk maande na dit is hy gediagnoseer met diabetes agv die motorongeluk. n Kollega het vir 3jaar met momentum gesukkel om op verswakte gesondheid af te gaan, sy siekte het veroorsaak dat hy soms by die kantoor flou geword het en moes dan per ambulans verwyder word of hy verdwaal oppad werk toe dan weet hy nie hoe om by die werk uit tekom nie, toe ewe skielik binne is hy gese jou goed is goedgekeur hy het 2 dae gehad om sy kantoor te ontruim hy is op 30 November gese en op 1 November moes hy uit diens wees, swak! Maar ons gelde is altyd goed en welkom

Marlize ·

As hy oorlede is deur sy siekte en hy is nie ge-cover is dit verstaanbaar dat hul nie wil uitbetaal aangesien hy dit volgens hulle weerhou het. Die man is doodgeskiet terwyl hy sy vrou beskerm het. Dit het niks met sy siekte te doen nie. Ons is ook by Momentum en as dit is hoe hul mense wil behandel weet ek nie meer of dit die moeite werd is. Veral noudat hul die R50 000.00 ook wil terug he. Ons het ook ander polisse waar jy moet gaan vir mediese ondersoek en jy moet bloed trek voor sulke polisse aan jou goed gekeur word. Hoe het hul ‘n polis aan hul klient uitgeskryf? Hul moes dit seker opgetel het?

Karel ·

Jy het eintlik net lewensversekering nodig indien jy kinders het. Sodra hulle van jou nek af is, kan jy dit maar kanselleer. Belê eerder daai geld. Die lewe is in elk geval propvol risiko’s. Nog een ou risikotjie om sonder versekering te wees, is seker nie so erg nie. Mens hoef darem seker nie vir alles voorsiening te maak nie. Vat die lewe soos hy kom.

Christo ·

Mense wees maar ook versigtig vir Outsurance ,hulle net so!!!

ctd ·

Betaal dan die vrou uit vir wat die paaiement werd was maar nee . Die groot vesekeraars maak te lekker geld .

Belaglik ·

Ek het al ongeveer 4 jaar lewensversekering by Momentum en hulle het ‘n suster na my gestuur om bloed te trek en ALLES te toets. Van suiker na cholesterol en HIV. Ek was geweeg en my BMI was uitgewerk om te bepaal of ek oorgewig is. Ons doen ook jaarliks hierdie toetse en fiksheidstoetse, so Momentum weet verseker alles van my gesondheid. Dit is ‘n skande wat hier aangaan. Ek het sommer alles wat ek by Momentum gehad het vandag versoek om gekanselleer te word. Ek sal my besigheid elders vat. Ek kan nie die kans vat dat as ek doodgaan my man en seuntjie sonder my lewensdekking se uitbetaling sit nie. Dis totaal onaanvaarbaar. Skandelik.

Hansie ·

Moet asb nie net kanseleer nie. As jou polis ouer is as 3 jaar, dan is jy reeds uit die risiko periode. Om nou te skuif na n ander Mpy dan begin die 3 jaar weer van voor af, en n selfmoord uitsluiting van 2 jaar. Raadpleeg eers jou adviseur.

Griet ·

X absoluut geskok oor die onkunde in ons samelewing oor lewensversekering as ek hierdie kommentare lees. Dis waarom hulp altyd van ander gebedel word in tyd van dood. Wees net eerlik oor jou toestand/siektes/gewese kwale. Versekeringsmaatskappy gaan jou drs verslae en selfs mediese fonds rekords na. Dis ni die adviseur se plig ook ni die maatskappy om jou te druk vdi waarheid nie. Jys of eerlik of nie.

waarheid soms ongemaklik ·

Momentum het korrek opgetree. Wat my verstom is hoeveel kommentare hier dui op mense wat nie kan lees nie en of nie behoorlik die kloutjie by die oor kan bring nie. Die versekeringsbedryf het egter skuld daaraan deurdat hul die produkte en reels en regulasies met opset ‘ingewikkeld’ maak en mense verwar en afhanklik van makelaars hou. Dit is nie juis ‘n verbruikersvriendelike bedryf nie. Maar in hierdie saak het Momentum tegnies korrek opgetree. Hoe die man dood is, is irrelevant. Momentum moes dalk net hierdie reaksie verwag het en uit die staanspoor ‘n media verklaring uitgereik het wat die saak beter uiteensit as wat tans in berigte die geval is.

X10 ·

Die einste het n paar jaar gelede my oorgekom. Ek het n breingewas gehad, ens. Ek moes ophou werk – het mos lewensversekering, ens met Liberty. Lang storie kort – eis afgekeur. Ook nie alles gedisclose nie. Loop n jong prokureur raak en vertel hom die storie. Ek vir hom gese ek het nie krag om die groot kanon te baklei nie. Hy my polisnommer gevat – na n groot gesukkel het hy orkonde gekry by Liberty waar ek wel in detail alles gedisclose het. Ek vir 14 maande niks van prokureur gehoor nie. Ek gedog hy het ook saak gelos. Hier kry ek uit die bloute n oproep van hom – gee my jou bankbesonderhede. Ek hou R200 000 en jy kry R800 000. Hoe nice.

Speedguard ·

En dit dames en here, is waarom die assuransie maatskapye duisende rande spandeer aan “assesors” om enige rede te kry om die eise af te skiet, daai storie van ons kibbel nie maar betaal werk maar baie selde!! Maak seker hulle het al jou goedjies !

Hansie ·

Enige lewenspolis wat by enige maatskappy uitgeneem word het ‘n risiko periode van 3 jaar. As daar n eis voorval gebeur in die periode, dan sal die versekeraar die klient se mediese rekords aanvra om seker te maak dat die mediese inligting op die aansoek waar en korrek was. As die klient inligting weerhou het sal die versekeraar eers kyk of hulle met die nuwe inligting wat nou uitkom vir die klient sou dekking gee. As hulle ‘n belading sou gee, sal die dekking aangepas word vir die premie ontvang, die verlaagde dekking sal dan uitbetaal. In die geval was die suiker so hoog dat die versekeraar nie vir die klient sou dekking toestaan nie, of uitgestelde dekking gegee het. Die Ombud verteenwoordig altyd die klient, so as die Ombud bevind het dat die versekeraar reg opgetree het, kan julle weet dat daardie inligting wat weerhou was baie ernstig was. Dit bly die klient se verantwoordelikheid om die aansoek eerlik te voltooi, om juis dit wat hier gebeur het te voorkom.

Johan ·

Hansie, ek sien wat jy skryf. Kan ek egter vra:
– ons neem aan die suikervlakke was normaal want Momentum het hom gestuur vir alle toetse en op daai stadium dekking gegee
– suikertoestand het later opgeduik na polis reeds goedgekeur was (als was mos OK)

Wat gebeur dan?

TS ·

Momentum tree binne hulle reg op. Weerhouding van gesondheidsrisikos is bedrog

Elvira ·

Ek verdra nie versekerings agente nie. Grootste klomp skermunkels wat net daarop uit is om die kommissie elke maand te ontvang.

Linda ·

My suster se man is vroeg oggend duskant Alberton dood, op pad werk toe. Rowers het in die verkeerde rigting van die snelweg gejaag !!! Momentum het gewag totdat hy veras was toe weier hul om uit te betaal !! Ek sal mense aanbeveel om nie met Momentum besigheid te doen nie. Ek bedank die padongeluksfonds wat goed na my suster en kinders daai tyd omgesien het !!!

Thinus Erasmus ·

Dankie Linda vir die inligting – ek hoop almal lees dit en dink weer oor hul onbaatsugtige en totale ondersteuning van Momentum, julle verdedig ‘n saak sonder insig.

B ·

Eerlike kliënte het absoluut niks te ‘vrees’ mbt versekering.
Kansvatters en oneerlikes, wel voorspoed vir julle, julle moet eintlik tronk toe gaan vir bedrog.

Tina ·

Na ek vanoggend ‘n radio onderhoud hieroor gehoor het, het ek baie ernstige vrae oor die makelaar ook. Die makelaar tree mos met die man in gesprek voor daar handtekeninge op papier (deesdae elektronies) gesit word. Snaaks dat daar nie eers ‘n aanduiding is dat die ook ondersoek word nie. Dis seker te wagte. Al teveel gehoor dat makelaars aanjaag en onaangeraak gelaat word en die arme kliënt/ versekerde (en/of familie) sit met die gemors.

Koos ·

My swaer is ‘n skipper op ‘n vissersboot Het sy been verloor en kon nie meer sy werk doen nie Sy versekeringsmaatskappy wou nie uitbetaal nie Raai wie was dit? Ja! Reggeraai! Momentum! Moes ‘n prokureur kry om hulle eventueel te laat betaal

SjN ·

Koos, wat se voordeel het u swaer gehad, bv algehele ongeskiktheid, fisiese inkorting, funksionele inkorting ens, Daar is verskeie omskrywings en pertinente definisies. Volgens sy beroep sal daar ook n eie en of soortgelyke beroep klousule wees. Wat was genoem op sy aansoek watter persentasie word gespandder op admin, reis, toesighouding, hande arbied lig/swaar ens. Hy kan dalk nie meer n skipper wees nie maar kan wel die radio beman vir die vissersbote in die beheerkamer en nog steeds n inkomste verdien.

Dries du Toit ·

Daardie truuk is normaalweg Discovery Life sn. Ek en baie ander was ook so n slagoffer.

Wonder net ·

Womder of hulle beleidmakers ooit Suid Afrika se kriminele statistieke in aanmerking neem. Eerste wêreld lande het aansienlik beter voordele mbt mediese fondse. Ook baie minder red tape. Die versekerings bepalings en voorwaardes is ook so duister

Diabeet ·

Miskien moet alle versekeraars n suikertoets doen met die bloedtoetse wat aangevra word. Daar is talle ongediagnoseerde diabete.

DS ·

Ons Suid-Afrikaners met ons dubbel standaarde. As die maatskappy nie ‘n weduwee wil betaal omdat haar man gejok oor sy siektestoestand dan is ons kwaad vir die maatskappy. So jok is aanvaarbaar in die geval. As ou Jacob Zuma lieg oor korrupsie dan wil almal hom stenig dan is lieg verkeerd. Dis hoekom ons land is waar hy is ons regverdig seker sondes en veroordeel dieselfde sonde soos dit ons pas. Ja ek kry sy vroutjie jammer maar ons waardes en standaarde moet ALTYD dieselfde bly. Lieg is lieg en daar is gevolge. Les geleer – Maak jy maar net seker jou inligting by jy versekeringsmaatskappy is korrek voor dit met jou wewenaar/weduwee ook gebeur.

Thinus Erasmus ·

DS, dit lyk nie of jy AL die kommentare lees nie, LIEG is nie lieg as jy nie pertinent gevra is nie, of onbewus was – wie se die verteenwoordiger het nie die liegwerk gedoen nie. Lees maar die opvolg berig en sien wat probeer M nou doen.

Dom ·

Mense skuif maar weg van momentum daai plek is skelm. Het n tyd gelede als wat ek het weggeskuif. Hulle lieg en bedrieg mense…

magda ·

Wanneer n insident gebeur maak nie saak natuurlike of onnatuurlike dood vra enige versekerings mpy n mediese geskiedenis van n persoon aan soms gaan hul ook terug op jou mediese fonds se geskiedinis . Sou hul iets optel of opmerk dat daar enige inligting betrokke was voor die polis uitreiking en nie bekend gemaak is,is dit n non disclosure op n polis . Ek het n trauma voordeel eis nou gehad en hul het n mediese geskiedenis aangevra om te sien of ek nie iets weggesteek het nie . Ek het ook soos almal van julle gevoel maar dit was net hul vereistes . Hierdie is regtig n hartseer saak en ek stem ek dink nie hul is regverdig nie maar wat kan ons doen as die onbutsman ook saamstem met die mpy hy tree gewoonlik op vir n klient ? Mens weet regtig nie meer nie .

Polis ·

Na my ma se dood moes ek maande lank met momentum baklei oor haar lewens dekking , Hulle soek nou maar altyd verskonings om uit te betaal , na my geval het ek al my goed by momentum weg geskuif sanlam toe

Jessica ·

PLEASE NOTE THIS IS THE TRUTH MOMENTUM AND OMBUDSMAN IS TOGETHER, THEY STAND TOGETHER, I KNOW OF OTHER CASES, AND SOMEONE MENTIONED THAT OMBUDSMAN WORK TOGETHER WITH MOMENTUM, CROOKS TOGETHER, THIEF’S TOGETHER. THEY WILL NEVER GO AGAINST EACH OTHER. OMBUDSMAN WILL NEVER GO AGAINST MOMENTUM!!!!!!!!

Pikkewyn ·

Presies het dieselfde met my broer se dood in 2013 gebeur. Hy is in ‘n motorfiets ongeluk oorlede maar die versekerings maatskappy het ook nie sy eis uitbetaal nie, omdat hy nie genoem het dat hy ‘n asma lyer was nie. Hy was nie eens op kroniese behandeling vir asma nie en tentyde wat hy die polis uitgeneem het was hy ook nie op behandeling nie. Dit was ‘n “telemarketing” polis wat uitgeneem is en oor die foon vra hulle nie al die vrae nie, hulle wil net nog ‘n polis verkoop om hul target te maak. Die asma waarvoor hy wel behandel was, was meer as 10jaar voor hy die polis uitgeneem het. Ek het als probeer om sy vrou te help met die uitbetaling van die polisse, selfs ombudsman ens.maar hulle het net volgehou dat hy inligting weerhou het. Sy vrou het nie eens die premies terug ontvang wat hy betaal het nie en vandag sit hulle in elende gedompel. My advies aan almal is om geen polis telefonies uit te neem nie, sien eerder ‘n adviseur/makelaar. Hulle is vinnig om mense se geld elke maand af te trek,maar wanner dit by uitbetaal kom is daar altyd een of ander storie.

Ai ·

Alle versekeraars is skelm. Miskien moet ons teruggaan na die trommeltjie onder die bed

AH ·

Ek verstaan nie hoekom Momentum nie die nodige toetse laat doen het nie. Toe ons lewenspolisse wou uitneem, moes ons verskeie toetse laat doen en verslae van ons hele mediese geskiedenis op skrif van ons dokters kry alvorens die versekeringsmaatskappy eens kwotasies wou verskaf! Ek vertrou egter geen versekeringsmaatskappy nie en die ombudsman is kop in een mus met die hele spul. Ek het baie jare gelede ook ‘n stel afgetrap met ‘n versekeringsmaatskappy wat na ‘n ongeluk waarin my hand ernstig beseer is net gedeeltelik uitbetaal het aangesien die spesifieke besering nie op hul lys van besering gestipuleer was nie. Ek was reguit meegedeel dat hulle my voluit sou uitbetaal as ek my hand verloor het. Ek moes maar die onkoste van die operasies self dra en is maar net dankbaar dat my hand gered kon word.

petro ·

DANKIE TOG EK HET MY LEWENSVERSEKERING BY MOEMENTUM DRIEWEKE TERUG GESTAAK. MENS WORD NET BEDRIEG!!!

Attie ·

As ek die som reg maak van 0.4% van 4.2 milj beteken dit dat daar R168 milj NIE uitbetaal is nie. Dit is groot geld en hoe meer hulle nie uitbetaal hoe groter die hap vir die aandeel houers. Die hof kostes ens vir die ou uitbetalintjie word sommer uit die gatsak van daai 168m betaal.

Jennilee Sale ·

Ek verstaan nou hul punt…as ek nie melding maak van my asma nie en word gedek en gaan dan dood van asma het ek gelieg…maak nie saak of dit erg is of nie..bloed toetse is by my huis geneem en alles is hopenlik ok…voel jammer vir die dame…sy gaan darem haar premies terug kry…boobie price…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.