Herrie oor vloek-video in luukse Pta-landgoed

‘n Skermgreep uit die video wat op sosiale media gedeel is.

ʼn Video van ʼn vrou wat rassistiese uitlatings op die Silver Lakes-gholflandgoed gil, het ʼn herrie op sosiale media veroorsaak. Die vrou is oënskynlik ʼn inwoner van die landgoed.

Die video is Sondag in die landgoed geneem en wys die vrou waar sy in erg gekruide taal iemand toesnou dat sy toestemming het om op die landgoed rond te stap. Die video wys nie wat tot die aanvanklike uitbarsting gelei het nie.

“Wat doen jy op Afrika-grond? Gaan terug Europa toe. Hulle deporteer al julle *******. Inteendeel, as jy moet weet, die Wêreldgesondheidsorganisasie sê ek kan stap waar ek ook al wil ****** stap,” skree die vrou aan iemand wat nie op kamera verskyn nie.

Sy skree ook dat die persoon se “tyd om is”. “Ons jaag julle alreeds uit. Julle word gedeporteer. Kom die *** uit Afrika, jou indringer … Doen korona op en gaan dood.”

Die video is reeds duisende kere gekyk nadat dit op sosiale media gedeel is.

Suid-Afrika is sedert verlede Vrydag in ʼn staat van algehele afsondering en mense wat nie noodsaaklike dienste verrig nie, is beveel om tuis te bly. Reis word slegs toegelaat om noodsaaklike items aan te koop of vir onder meer mediese redes. Die minister van polisie, Bheki Cele, het vroeër selfs gesê mense mag nie eens met hul honde gaan stap nie. Die vrou is intussen by die polisie aangegee.

Een sosialemediagebruiker het gesê mense is na etlike dae in afsondering moontlik al ʼn bietjie dol. “Sy was nie naby iemand nie, moes haar net alleen gelaat het, bepaal jou by jou eie sake”.

Nog iemand het geskryf: “Eish, die koronavirus het nuwe newe-effekte: rassisme en haat.”

Henk Booysen, uitvoerende hoof van die Silver Lakes-landgoed, het gesê hulle is bewus van die voorval. Sekerheidsbeamptes het die kwessie met die betrokke mense opgeneem.

Hy sê inwoners is deeglik bewus dat hulle in dié tyd nie op die gholfbaan mag wees nie en dat die meeste eienaars uitstekend saamwerk.

“Ons het die saak aan die polisie oorhandig en hulle hanteer dit verder,” het Booysen gesê.

“Ons is baie trots op die inwoners. Hulle hou uitstekend by die reëls. Die polisie patrolleer die landgoed ook gereeld en tot dusver gaan dit baie goed. Ons eienaars gee beslis hul samewerking.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Erik ·

Ek het die video op Youtube gaan kyk. Dit is erg ontstellend en laat mens se bloed kook. Sulke optrede maak dat mens inderdaad jou goed wil vat en die pad wil vat…

Toe onthou ek net weer, dat die verdere meerderheid van mense in ons land nie so optree nie. En dat ons soms net so skuldig is. Kyk gerus na die kommentaar wat van ons kant af gaan volg hieronder.

Ek som op: Hierdie was verkeerde optrede en die feit dat sy kan maak en sê net wat sy wil sonder gevolge tans, terwyl as dit ‘n blanke was, was daardie persoon dadelik in hegtenis neem, laat my bloed kook. MAAR pas op vir julle kommentaar, anders is ons net so skuldig.

Gerhard ·

Nee wat… Buang (lees : Bang) Jones van die MRK sal weer se sy was verkeerd verstaan

Maritha ·

Ek hoop sy kry ook haar straf want lyk vir my dit is slegs wit mense wat gestraf word vir rassistiese uitlatings. Ons is almal gatvol vir ons huise, maar bly gehoorsaam.

Jannie van Niekerk ·

Daar is geen manier wat sy sal gestraf word nie, inteendeel, die regering sal vir haar ‘n medalje gee om dat sy wittes aanvat.

Ek kan ·

Nee, ons is nie almal moeg vir ons huise nie. Ons gesin geniet elke oomblik daarvan.

Jannie van Niekerk ·

Daar is geen manier dat hulle haar vir rassisme sal aankla nie want sy is nie WIT nie. Onthou, net WIT mense is rassiste. Swarrtes mag doen en sê net wat hulle wil.

Sobymykoolkop ·

Neewat ou Erik as jy op ñ ” guild trip” wil gaan, gaan maar. Feit van die saak is, hiervan gaan weinig/ niks van kom nie, soos AL die voriges van hulle kant. Dis wat ” ons” briesend maak is die eensydige optrede van alle instansies betrokke wanneer ń bleke betrokke is by hierdie tipe uitlating. Ek volstaan.

Erik ·

Ek stem saam met jou. Miskien moet jy weer my kommentaar lees.

Termiet ·

Sy is duidelik goed geleerd. Dit beteken dat dit die die denkwyse van elke swart burger in die land is. En hulle gaan alles in hulle vermoe doen om ” ons in die see in te probeer jaag” of ons uit oor.

Oujongvrou ·

Ja goed geleerd en sit goed daarin as sy in luukse landgoed kan woon. Maak nog nie dat sy maniere het nie. Opvoeding kan jy onglukkig nie koop nie.

Kokkie ·

Kom ek wed julle ouens die persoon gaan NIKS oor kom nie aangaande haar tirade wat teen blankes gerig is. En vergelyk dan wat met haar gebeur met wat met Penny Sparrow gebeur het. Kyk ‘n bietjie mooi.

Pim ·

Ouers moet hulle kinders maniere leer, duidelik het hare nie ‘n goeie job gedoen nie. Sy moet maar met haar chip op haar skouer loop. Daar is reels vir ‘n rede en jy moet dit volg, maak nie saak hoe simpel jy dink dit is nie. Ek leer dit vir my kinders. Ek wil ook gaan stap, ek wil by tiener seun die strate instuur sodat hy sy frustrasies kan af hardloop, maar ek mag nie.

Blikkantien ·

Bo blink en onder stink.
Altyd reg om te beskuldig en te beledig aan die een kant , maar het geen probleem om “wit” luukshede te geniet nie.

Astrain ·

Sjoe, gelukkig vir haar is sy nie blank nie…dan was dit tjoekie toe…

Martie ·

Sjoe, dit het Sondag gebeur en ons hoor eers op Woensdag daarvan??
As dit ‘n blanke was, was dit Maandag voorbladnuus op elke koerant en daar was al sekerlik ‘n aanklag by die polisie ingedien…..

Herman ·

As dit n witmens was sou hy al in die tronk gewees het. Of is ek nou rassisties

Anel ·

Al dra adoons ‘n goue ring….. en nog ander idiome wat ek liewers nie hier wil of kan noem nie. Sy moet goed daar in sit om daar te kan bly. Maar waar sou sy nie gewees het as dit nie vir die blankes was wat sy so haat nie. Wys mee een so ‘n landgoed wat our people al ontwikkel het? Meer mag ek nie sê nie.

Boortor ·

Moenie nkandla vergeet nie. Probleem is witmense mag nie daar naby kom nie en ons besit almal n aandeel in dit.

Onnie ·

Geld koop nie klas of verstand nie. Shame. Diepgewortelde minderwaardigheidskompleks. Mens moet haar eintlik bejammer, die arme siel. Lol!

charmaine ·

Vir iemand wat op so “grand” landgoed bly gedra sy haar maar swak.

AmY ·

Hier by ons kompleks loop hulle net so lekker buite rond.
Daar is reëls uit dat almal moet binne bly (veral kinders).
Ons mag slegs buite wees wanneer ons ry vir noodsaaklikhede of ons vuillis gaan uitgooi.
Een meneer is elke dag by sy kar, al die deure en die kattebak oop, met die aakligste musiek wat speel, terwyl sy kinders om hom rondspeel.
Ons beheerraad doen ABSOLUUT NIKS, en vir my eie veiligheid bly ek maar stil.
Ek sal eerder by die reëls bly.
Dan is daar nog kinders wat heeldag op en af met die trappe is, en by maatjies gaan speel.
Beheerraad is tjoepstil.

Emily ·

Ek hoop regtig die word verder gevat, Was dit nou ek, was ek lankal toegesluit.
Maak n voorbeeld van die Haat/Rasse Aanstokers.

Jaco ·

ek wens al ons wit mense kan na Amerika en Europa gedeporteer word…

Snowball ·

Hierdie dan, die voorbeeld van ‘n ‘opgevoede’, gegoede anderskleurige…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.