Herrie oor vrou wat op vliegtuig wil borsvoed

Argieffoto

Argieffoto

Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het Donderdag die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) as “primitief” beskryf nadat hulle ʼn passasier gedwing het om haar baba in die toilethokkie te borsvoed.

ʼn Dosent aan Rhodes Universiteit wou haar kind op ʼn SAL-vlug borsvoed, toe die lugwaardin haar genader het en aangesê is om haar kind in die toilet te gaan borsvoed.

“Wie sou dit ooit kon aanvaar dat jy in ʼn toilet moet gaan eet? Ek is seker jy sou só persoon klap as hy dit vir jou sê, maar wanneer ʼn baba wil eet, word daar verwag dat hy na ʼn toilet toe moet gaan,” het Motsoaledi gesê. “Watse nonsens is dit? Indien enigiemand van SAL luister, vra ek dat hulle asseblief dié primitiewe manier van dinge doen, moet staak. Dit is nie aanvaarbaar in hierdie moderne tye nie.”

Die minister het by die TK Motubatse-kliniek in Soshanguve gesê Suid-Afrika het op 8% die laagste borsvoedingskoers op die Afrika-kontinent. Hy het vroue veroordeel wat nie borsvoed nie, en het gesê dit is nonsens dat dit onmoontlik is om uitsluitlik vir ses maande lank te borsvoed.

“Dit is Vrouemaand en ek sê dit openlik. Julle borsvoed nie. Soms glo vroue ek is onbeskof wanneer ek vir hulle sê dit beteken hul kinders is erger daaraan toe as ʼn koei. Niemand van julle het al ooit ʼn kalfie teëgekom wat gras eet nie. Alle kalwers drink melk van hul ma’s en hulle doen dit vir ʼn paar maande lank, maar wanneer dit by mense kom, sê julle dis onmoontlik.”

Die minister het gesê hy ondersteun ma’s wat in die publiek wil borsvoed, en hy het bygevoeg ma’s moet kan borsvoed waar hulle ook al wil.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Mamma ·

Dit is belaglik. Ons was oorsee en borsvoeding was my redding. Met die opstyg en land het ek gevoed en my baba het geen ongemak met ore gehad nie. Ek het ook tussendeur baie meer as gewoonlik gevoed, want sy was dorser as gewoonlik. Ek het dit egter so diskreet gedoen, ek wonder wie het ooit agtergekom. Ek het nooit my borste vir almal gewys wat wou sien of nie.

Paul ·

Baie goeie punt. Lyk my die agbare minister het nie ‘n probleem daarmee om geweld as oplossing vir probleme te gebruik nie.

NellyJB ·

Pateties SAL. Ek het my 8 maande seuntjie al op verskeie plaaslike & internasionale vlugte geborsvoed, sonder probleem of insident. Dit hou hom kalm en help met die drukking op sy oortjies. Ek gril my dood vir vliegtuig toilette!

Hendrika ·

Dan moet die res van die personeel en die ander passasiers beurte maak om ook in die toilet hulle “heerlike” kos te gaan eet en hopelik het iemand dan ‘n moewiese goor maag gehad!!!! So SAL ons vrouens VERWAG van elke lid om hul kos in die stink hokkie te gaan eet. Want julle mindset is absoluut pateties en verkrompe!!!!

SNEL ·

Dis nou swak van SAL, veral as mens vat jy loop op straat en sien dit gebeur. Dis n kind se kos daai, mens kan dit mos diskreet doen. Almal sit op hul stoele, daai spasie is so klein, jy sal behoorlik moet oorloer en gluur om iets te wil of kan sien. Dis nou so goed soos om vir n blinde persoon te sê sy gidshond moet buite bly, dis swak en skokkend. Daai toilet area is ook buitendien so klein, jy weet nie of jy moet jou ding doen of eerder knyp nie, mens kan skaars gaan sit en as jy opstaan en buk om jou broek op te trek is daai agter osse in die klein wasbakkie, waar de hoenders moet mens nou nog sit en borsvoed.

Piet ·

Gidshonde moet buite bly. ‘n Mens eet nie saam met diere nie. Indien jy saam met diere wil eet, kan jy netsowel saam met hulle uit die selfde bak uit vreet. As iemand ‘n gidshond in ‘n restaurant inbring sal ek opstaan en loop en ek sal nie vir die rekening betaal nie.

Pieter dp ·

Dankie jou soort is gelukag min in die wèrild. Jy moet van n ander planeet wees. Seker maar as n bedorwe brokie groot ge word.

Anita ·

Piet, ek eet eerder saam met ‘n gidshond as mense soos jy.

Ek het dit eerstehands ervaar en die gidshond het ons glad nie gepla. Die hond het absolute liefde, leiding en respek getoon, iets wat jy duidelik kortkom.

Cora ·

Ek sal vir seker eerder saam met die gidshond eet as met so ‘n arrogante, selfsugtige eie ek, persoon soos jy.

Paul ·

En diegene wat in die restaurant agterbly sal juig omdat hulle nie meer saam met jou hoef te eet nie, Piet.

KLEIN ·

Piet bid dat jy nie eendag `n gidshond nodig mag kry nie. Hulle is opgeleide honde en sal niemand steur nie. hoe moet die arme mense wat afhanklik is van die honde hul kos of wat ook al kry.

SNEL ·

Piet, duidelik weet jy nie hoe dit werk nie, n gidshond mag n blinde persoon selfs in restuarante vergesel, want dis sy oë. Mens moet eerder kyk waar jy vir iemand hul ongemak kan verbeter as om hulle nog ongemakliker te laat voel.

Hakie ·

O weë, Piet is beslis ‘n selfsugtige persoon wat volmaak is en geen tekortkominge het nie. Ek het blinde vriende en hul gids honde is ‘n deel van hulle. Plaas asb jou foto Piet, sodat ek kan opstaan en uit stap as ek jou sien. Mense soos jy behoort tuis te bly. SAL…….jul en Piet kan maatjies word. Skaam julle!

Anita ·

Ag nee SAL!! Hoekom moet die baba in die toilet gaan eet??!!

Wat ‘n mooi prentjie as mamma haar babatjie borsvoed, maar………..doen dit met die nodige diskresie en respek wat dit verdien.

Sommige mammas gooi dit soos ‘n brood uit en basta met die res, wat ook nie reg is nie.

Magriet ·

Aaron jy moet eerder nie praat van goed waarvan jy niks weet nie. Nie alle vrouens kan borsvoed nie en om my kinders te vergelyk as iemand met n agterstand teenoor die wat wel n agterstand het agv oorteling is gevaarlik. Met formulemelk is my kinders reeds ver voor meeste van hulle tydgenote. En ek stem saam met die leser wat gesê het diskreet is die woord. Ek sal ook iemand op my vliegtuig vra wat haar bors net uithaal om n kind te voed vra om asb so op te tree dat dit nie vir ander aanstoot gee nie

Borsvoeder ·

Ek love hoe ma’s wat nie borsvoed nie woorde gebruik soos bors uithaal??? Liewe hel dis nie burger wat mens uithaal en in almal se gesig rond swaai nie!!!

magriet ·

Borsvoeder, nou hoekom lyk dit dan so onder die wat duidelik nie so goed opgevoed is soos jy nie? en vir jou informasie, ek is ook ‘n ma en weet nogals waarvan ek praat.

Gessie ·

As mense so te kere gaan hoekom maak die SAL nie n baba borsvoeding hokkie vir mamas ni

Narike ·

Ek is ‘n groot voorstander van boersvoeding en het self my kind geborsvoed, MAAR as ek geweet het dat ek vir ‘n lang ruk nie die normale manier sou kon volg nie, het ek uitgetap en dit in ‘n bottel aan my kind gegee. Die vraag is of die ma sommer dit oop en bloot gedoen het en of het sy dit met ‘n doek of kombersie oor gedoen? Ons kan sommer aflei dat sy dit oop en bloot gedoen het want anders sou die lugwaardin haar nie gevra het om dit in die badkkamer te gaan doen nie. As ek op daardie vlug was sou ek haar defentief gevra het om meer diskreet te wees. Ek dink nie enige van die vrouens wat so kommentaar lewer is bereid om hul borste aan elke man te toon nie, en dis presies wat julle aanhits in julle kommentare. Die minister en sy volgelinge, maak boersvoeding sommer nou goedkoop. Hou dit ‘n eerbare wyse om jou kind die beste voeding te gee….

Debs ·

Ek stem saam en ondersteun met borsvoed jou baba, dis ‘n speisiale “bond”. MAAR daar is nuwe mamas wat nie kan borsvoed nie. ja moedersmelk is vir babas, en koei melk is vir koeie, maar wat gemaak as die vrou nie melk het nie….. Ek het nie ‘n probleem met borsvoeding in die publiek nie MAAR liewe aarde maak net daardie bors toe met ‘n baba kombersie, niks fout daarmee nie maar om ‘n bors so oop en bloot te adverteer … nie ai konna.

Jan maak n Plan ·

Seg jy nou oom Aaron seg jy nou. As n kind honger is is hy honger. Voed die volk……

Hanri ·

Ek stam saam ek sou ook vir haar gese het om badkamer toe te gaan, deesdae word daar oop en blood op plekke sommer geborsvoed, borsvoed is private en glo nie almal wil sien hoe jy jou kind melk gee nie, wees biekie menslik en gooi melk in n bottel voor jy in publik gaan.. Dis baie onpersoonlik..

Martin ·

Niks fout met die houertjies waar die melk in voorkom nie.

Se net ·

Martin,

Ek stem 100% saam met jou, mind you, ek sal help vashou indien benodig … ;-)

Antonie ·

Weet nie op n vlug van Dar es Salaam het die vrou langs my geborsvoed en dit het niemand gepla nie ook nie die SAL lugwaardinne nie een of ander suurknol het seker gekla want sy of haar siek brein het weer getilt en aan need Piet, jy is dus een van daardie mense wat eet en die kelner moet vir jou ete betaal. As ek by iemand gesteel het wat vir fooitjies werk, het ek met n klapmus rond geloop en nooit daarmee gespog nie.

Maggie ·

“Diskreed” is die woord, maar party vrouens wil n spektakel daarvan maak en dis verkeerd!

Hettie ·

Ag nee, kan nie in vliegtuig se toilet borsvoed nie. As wil borsvoed, kan net eenvoudig babadoek of klein kombers toemaak. Lugwaardin is siek om so te sê!

Hanneli ·

Dink ook dis swak van die SAL. Maar wat my meer onstel is die minister se aanvallende houding teenoor vroue wat kies om nie te borsvoed nie. Hy’s ‘n man. Wat weet daarvan om elke 2 of 3 ure ‘n kind te moet voed? Dis net nie realisties vir werkende ma’s nie. En as jy inag neem dat baie vroue in SA die enigste werkende persone in hul families is, watter keuse laat dit sulke vroue. Skep werk, Minister, en herstel die gesinstruktuur, en moenie vroue veroordeel vir die opofferings wat hulle maak om hulle families te kan versorg nie.

Tasha ·

Ek borsvoed al twee jaar. Baie diskreet, so ver moontlik glad nie in publiek. Ek is ‘n werkende Mamma en my kind het eksklusief borsmelk gekry. Dit is moontlik, ongelukkig seker te veel moeite vir party. Ek weet borsvoed is nie altyd moontlik. Kon glad nie reg kom met my eerste kind.

Elfie ·

Dis gerieflik (geen bottels om te steriliseer of warm te maak ens)en gesond – so hoekom nou die arme ma so sleg behandel ? Ek weet nou nie hoe dit gebeur het maar ek moes ook al ‘n klein baba voed en het eenvoudig ‘n ligtte kombersie oor mys kouer en baba se koppie gegooi so niks was sigbaar. Mens sien gedurig boobies openlik (en hul voed nie babas nie ek verseker julle!) op tydskrifte of op tv hoekom tog die bohaai?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.