Herrie oor vrou wat spog met kameelperdhart

Merelize van der Merwe by die kameelperdbul wat sy geskiet het (Foto: Merelize van der Merwe, Facebook)

Waarskuwing: Die volgende grafiese inhoud kan sensitiewe lesers ontstel. 

ʼn Storm het losgebars om die kop van ’n vrou van Limpopo wat op sosiale media met ’n kameelperd se hart spog. Merelize van der Merwe (32) het foto’s op haar Facebookblad gedeel van hoe sy ’n kameelperdbul se hart vashou nadat sy die dier gejag het, as ’n Valentynsgeskenk van haar man af.

“Al ooit gewonder hoe groot ’n kameelperd se hart is? Ek is absoluut gaande oor my groot Valentynsgeskenk,” skryf Van der Merwe by die foto’s wat sy gedeel het. Verskeie aanlyn petisies is intussen teen Van der Merwe begin en internasionale nuuswebwerwe het berig oor haar Facebookplasings.

Van Der Merwe is luidens haar Facebookblad ʼn ywerige jagter en natuurliefhebber. Sy is reeds sedert 2016 op soek na ’n groot swart kameelperdbul om te jag. Sy was spesifiek op soek na ’n bul wat “oud genoeg” is.

Sy het byna moed opgegee, toe een van haar vriende haar twee weke gelede kontak en sê hy weet van ’n groot swart kameelperdbul wat sy kan jag. Volgens die vriend was die bul so oud dat hy dalk nie meer lank sal leef nie.

“Ek en my man sou vir ons Valentynsnaweek Sun City toe gaan, maar ons planne het vinnig verander. My wonderlike man het geweet dat dit my droom is om ʼn kameelperd te skiet en hy het my ten volle daarin ondersteun. Ons het ons romantiese vyfster-naweek vir ’n warm naweek in die bos opgegee,” skryf sy.

“Ek was letterlik soos ’n klein kindjie en het die dae afgetel. Nadat ek die kameelperd geskiet het, was ek oorweldig met emosies, want ek wag al jare om hierdie geleentheid te kry.”

Een van die foto’s wat Van der Merwe op Facebook gedeel het (Foto: Merelize van der Merwe, Facebook)

’n Dag later het sy die foto’s van die dier se hart op haar Facebookblad gedeel. Sy het ook ’n video gedeel van hoe sy die dier jag. Hierdie foto’s en video het baie kommentaar ontlok en die aandag van diereliefhebbers wêreldwyd getrek. Gevolglik het koerante in Kanada, Brittanje en Amerika oor Van der Merwe se jagtog berig en petisies wêreldwyd is boonop teen Van der Merwe begin. ’n Petisie op Change.org eis dat Van der Merwe van Facebook verban moet word. Dié petisie staan tans op byna 25 000 handtekeninge.

Van der Merwe het op haar Facebook teruggekap ná al die negatiewe kommentaar en beledigings wat sy ontvang het. Sy het haar kritici as “geaktiveerde liberale” afgejak en gesê sy sal nooit ophou jag nie. Sy skryf ook op haar Facebookblad dat sy selfs doodsdreigemente gekry het.

“Vertel my asseblief wie is die misdadiger hier? Iemand wat wettiglik ’n kameelperdbul jag, wat in elk geval weens ouderdom gaan sterf, of iemand wat my e-pos probeer hack en vir my doodsdreigemente stuur?,” skryf sy.

Die Daily Mail berig die kameelperdbul wat sy geskiet het, was 17 jaar oud. Die webtuiste berig ook dat Van der Merwe jag sedert sy ’n kind is en sowat 500 wilde diere in haar leeftyd geskiet het. Dit sluit leeus, luiperds en olifante in.

Volgens die berig glo Van Der Merwe dat trofeejag die bewaring van spesies help deur ouer diere uit die bevolking te verwyder, terwyl dit terselfdertyd befondsing vir bewaring bied. Natuurbewaarders betwis dit en sê trofeejag moedig mense aan om diere te teel vir sport, wat ekostelsels ontwrig en die omgewing benadeel.

Diere-aktiviste voer aan die verwydering van wilde diere, veral groot mannetjies, beskadig die kuddes waarin hulle woon.

Dr. Mark Jones van die Born Free Foundation het aan die Mirror in Brittanje gesê dat trofeejag nie ’n bewaringsinstrument is nie, en dra ook nie groot fondse tot plaaslike gemeenskappe by nie. Elisa Allen, van People for the Ethical Treatment of Animals, het gesê iemand wat ’n ander lewende wese doodmaak, hul hart uitsny en dit aan die groot klok hang, kan as ’n sosiopaat bestempel word.

“Eendag sal trofeejag gelys word as ’n teken van ’n psigiatriese versteuring, soos dit vandag moet wees. Dit is grootsheid, reeksmoord en bloedlus gepaardgaande met ’n brandende begeerte om daaroor te spog,” het Allen aan dié mediapublikasie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Ongeag of jy ten gunste van trofeejag is, of nie, die een ding wat sy reg doen is om nie om verskoning te vra vir haar dade en/of woorde nie. Te veel mense probeer deesdae almal tevrede stel en vra om verskoning vir selfs die kleinste ou dingetjie. Say and do what you want. Those who mind don’t matter. Those who matter don’t mind. Die oomblik wat jy om verskoning vra, is jy op die agtervoet. En dan moet jy aanhou om verskoning vra.

Fritz ·

En dis presies hoekom ek (soort van) tyd het vir bv iemand soos Malema. Ek weet presies waar ek met hom staan. Eerder n eerlike ou wat nie van my hou nie en dit in my gesig vir my sê, as n oneerlike ou wat maak asof hy van my hou.

Dup ·

Die fout wat sy gemaak het was om haar storie en (prestasie?) met almal op sosiale media platforms te deel.Dan moet sy maar die kritiek verduur wat na haar kant toe kom.
As jy ʼn aandagvraat is moet jy die pyne vat wat daarmee saamgaan.

Buks ·

Mense is te gevoelig jag is reg. Ek dink sy het n klomp mense wat moet ge”unfriend” word

Erik ·

So dis jou argument? ‘Jag is reg’? Ek dink jy en die dame sal ‘n gedugte span maak.

Robert ·

Ek het ‘n hoop mense op haar FB se kommentaar sommer geblok. Ek jag ook soms en vind dit belaglik dat mense met geen kennis daarvan so bohaai opskop.

Genis ·

Dis vieslik om diere so skiet… Ja ek het nie kennis van jag en wil ook nie opdoen nie… mens skiet nie n kameelperd nie..en spog so nie…. Sies en nogmaals sies

Matilda ·

Dit grief my dat mense sulke dinge doen. Hoekom wil jy nou daaroor spog? As jy sulke foto’s / videos plaas moet jy weet jy gaan die wind van voor kry. Ek sal dit nooit oor my hart kan kry om ‘n dier dood te maak nie, nie eers vir die pot nie! Ek kan in trane uitbars oor sulke goed.

Johan ·

Sal dit vir jou beter wees as dit uitsterf omdat dit geen waarde het nie…dink asb bietjie daaroor.

Georgina ·

As jy op youtube gaan kyk is daar baie erger videos. Gaan bietjie na n slagpale toe dan sien julle hoe diere onder stres doodgemaak word sodat almal n lekker vet stuk steak in n pragrige pakkie op die rakke kan koop. Hoenderharte is klein maar te koop in elke supermark en slaghuis. Hoenderhart, kameelperd hart…. hart is hart.
Ons eet net wildsvleis en dit is baie gesonder as die vleis van diere wat hormone gepomp word om die massas te voed.

Jacques ·

En die meeste kritieke eet vleis wat kommersieel bewerk is wat seker onder heelwat meer haglike toestande geleef het en geslag is.

Sarel ·

Sy moes verwag het daar gaan Herrie wees. Hoekom dit in die oog van die Publiek plaas of geniet sy die aandag.
Kameelperd….vir wat?

Debby ·

Ek is van kleintyd geleer jy skiet net iets wat jy kan eet, as jy hom nie kan of wil eet nie dan los jy hom.

Nie Verbaas ·

So groot jagter wat spog. Gaan jag n leeu met net n mes, dan kan jy spog. Om n kameelperd te jag is geen kuns nie.

Dries ·

Aandagvraat se jy Dup. Dit is voorwar n presatasie waarvoor sy duur betaal het. Spog jy nooit as jy iets behaal het waaroor jy lank gedroom het nie. Jag is n sport wat bitterbitter baie voordele inhou. Baie mense eet lank aan daai kameelperd. Die plaasboer kry geld wat hy gebruik om sy afhanklikes te voed

Robert ·

En ‘n jonger bul bring nuwe gene in die kudde kameelperde.

ES ·

Daar is ‘n verskil tussen trofeejag en jag vir vleis. Solank hulle die vleis goed benut het sien ek niks daarmee verkeerd nie. Sy het nie die dier laat lei nie, sy het hom geskiet and sy hart is na die tyd uitgesny.

Haar fout was om dit met die wereld te deel aangesien almal se siening nie dieselfde is daaroor nie.

Natasha ·

Dit gaan nie oor sy jag nie, maar eerder oor sy bedreigde spesies jag en dan spog daarmee. Haar redenasie daar rondom dat die kameelperd oud is en gaan sterf is ook nie aanvaarbaar nie. Alle lewende organismes gaan eendag sterf, dit beteken nie ons moet hulle doodmaak voor hul tyd nie. Daar is ‘n groot verskil tussen om te jag om aan die lewe te bly en om te jag vir plesier. Gaan sy die kameelperd eet? Indien wel, kan ek aanvaar dat sy hom geskiet het, maar indien nie…

Johan ·

Natuurlik word dit geëet, dit het BAIE goeie vleis. Wat bedoel jy met “voor hul tyd” eet jy hoender, bees, LAM……wag boere vir dit om te vrek voor jy dit kry in die winkel!

pestilensie ·

Iemand gaan die vleis eet , eet jy normaalweg die hele hoender wat vir jou geslag word . Wat van die man by die slagpale , eet hy al die vleis wat hy slag .

Amanda ·

Gysbert nou waar val jy uit die bus? Sy het die dier dood gemaak om haarself tevrede te stel, Punt. Hoop sy gaan eendag baie hartseer en berou oor haar dade veral as haar nageslag dit tehore kom. Hulle sal moontlik anders wees as die skieter self.

Karel Kobus Kruger ·

Amanda, ek het haar reaksie op ander mense se kritiek geprys. Ek sou dieselfde sê as sy enige ander “omstrede” ding gedoen het wat mense se wenkbroue laat rys. As jy heeltyd ander mense se gevoelens in ag moet neem, sal jy waarskynlik nooit iets doen nie. Ek het die wêreld se tyd vir reguit mense.

Kaptein67 ·

Sieklike mense saam wie ons moet leef in die land. Stem saam met die Dr Jones – “psigiatriese versteuring”

Johann ·

Gekry wat sy obvious nie kry nie: aandag. En haar reaksie op die aandag spreek boekdele.

Jessey ·

Sjoe, baie slim opinies in beide rigtings hier. Ek staan maar vas by “laat die een wat geen sonde het nie die eerste klip gooi”.

Heeltemal te maklik om ‘n opinie te he en hom in die openbaar te lig

André ·

Aan almal wat haar kritiseer: Gaan besoek bietjie voerkrale en slagpale dan praat jy weer. Hierdie dier het darem jare vry gelewe, daardie doodgemaakte vark in jou bord was ingehok en uitgemergel.

RS ·

As jy jouself uitgee vir n toffie moet jy bereid wees om gelek te word.

Eclectus ·

Die verskil tussen kommersiële boerdery en hierdie poeksie is dat hulle tot uiterstes gaan om hulle wyses te bedek terwyl sy daarmee te koop geloop het. Vandag sterf 178 miljoen hoenders, 11 miljoen eende, 4 miljoen varke, 3 miljoen hase, 2 miljoen ganse, 740 000 kalkoene, 1,5 miljoen skape, 1,2 miljoen bokke en 800 000 beeste. En môre weer. En oormôre weer. Meeste in haglike, onnatuurlike en onmenslike omstandighede groot gemaak, almal op brutale meganiese wyse geslag. Laat staan nog die miljarde visse en die onskuldige byvangs wat elke dag sterf. Jamie Oliver het een keer ‘n hoender op TV geslag, want as jy bereid is om iets te eet moet jy bereid wees om dit dood te maak. Weet ten minste wat tussen die plaas en jou bord gebeur, gaan kyk op YouTube hoe slagpale werk, en dan eet jy jou volgende stukkie vleis met groter dankbaarheid, want jou hande is skoon… soos Pontius s’n.

gpsa ·

Ek jag self nie maar besef die jag bedryf skep baie spasie voeding ens vir wilds lewe. Sonder die jag bedryf sou daar aansienlik minder wild gewees het. Mense wie haar op facebook volg weet seker dat sy jag geniet. Dink dis weer iemand wat ge-share en weer ge-share het en by iemand anders beland het, met wie dit niks te doen het wat sy doen nie.

JohanR ·

Skiet ‘n baie ou kameeperd hier by die einde van sy lewe, dan ruk die hart uit, en hou die bebloede orgaan op in die lug op. Verbaas sy het nie ‘n Dracula hap gevat nie! Wat ‘n vrou!

Jedi Knight ·

Snaaks hoe mense gekant is teen die jag van wilde soogdiere, maar heeltemal okay is met visvang. Visse is tog ook maar “wilde diere”. As sy nou n foto van n marlyn of tuna geplaas het, sou daar baie minder kritiek gewees het.

Hettie ·

Ag nee sy is wreed om pragtige kameelperd dood te skiet. Skaam jou!!!!!

Fedup ·

You should be ashamed of yourself.
My commet will be deleted if i had said exactly what i wanted to say.
Just one question to you even though you won’t ever see this question.
How do you think that felt for that poor giraffe?

Robert ·

It seems it was a head shot… so the animal felt nothing…

Karlahari ·

He did not feel anything as he was killed by a gunshot before cutting his heart out.
You won’t understand or know about the tradidition between hunters

Wielspore ·

Hierdie is niks anders as geblikte kameelperd, die dier word vir die jagter uitgesoek en in so ‘n posisie geplaas waar dit net nodig is om die wapen op te lig en die sneller te trek. Jag is iets anders, die jagter werk hard om sy prooi op te spoor en dan sy beloning te skiet.

Pierre ·

Vir almal wat so kla, julle vleis kom sekerlik van n winkel se rak af en nie van n dier wat “gejag” is daarvoor nie, baie gemaklik om te vergeet waar julle etes vandaan kom, daar is geen verskil tussen die winkel rak se vleis en die jag daarvoor nie in beide het n dier gesterf.

Vonkprop ·

Dit is nie ‘n kuns om ‘n dier met ‘n vuurwapen dood te skiet nie. Dit is eintlik pateties. Probeer dit met ‘n pyl en boog en sien hoe vêr gaan jy kom in die wildernis. Om ‘n onskuldige dier in die wild dood te maak net sodat jy kan goed lyk by jou groepie val in swak smaak. En ouderdom van die dier is ‘n swak verskoning. Ons doen dit nie met mense nie so hoekom met diere?

Genis ·

Dalk moes die hartelose vrou dalk n nuwe denim gekry het vir Valenyn….

Ben ·

As ek so deur die kommentare lees. Kan mens sien. Die helfte van hulle is jaloers, en die ander helfte. (Ek mag dit nie sê nie) Is st#pid. Julle maak uit asof sy die enigste persoon in die werêld is wat jag. Gaan kyk maar hoeveel oorsee se jagters kom doen dieselfde.
Maar mense het niks om te doen nie. Dan kom hulle met sulke snert.

Genis ·

Ben ongelukkig wat op TV speel, speel definitief op almal se TV nie… As mesn daai twee helftes vat is jy seker die NUL?

Casper ·

Wel my eerlike opinie,die kameelperd is mooier as sy.Ek heg geen waarde aan trofeejag nie want die trofee het geen waarde on teen ‘n muur te hang nie.Ek is ‘n vleisjagter en jag net genoeg wat ek en my gesin kan baasraak.Twee blesbokke per jaar.Daai stukkie biltong of droeë wors of wildspastei is moer lekker.Sy was dom om haar jag op Facebook te deel.Sal sy haar man met ‘n ander man verneuk en dit op Facebook adverteer.Ek weet sy gaan gem..r word.

luidspreker ·

Is dit teiken skiet of is dit jag? Mooi gedaan vir korrel, maar as sy gejag het sonder ‘n wapen sou sy beslis gefaal het. Dis beslis nie ‘n regverdige geveg nie. Kan nie verstaan hoe enige iemand ‘n lewende wese vir plesier doodmaak nie.

HJvdb ·

In kort; dit is bewys dat daar in ons wildtuine geen langtermyn toekoms vir Suid Afrikaanse wild spesies is nie…danksy die groot verspryding van TB wat in al ons parke

Logies dink “Elisa Allen, van People of the Ethical Treatment of Animals”

As die boer nie laat jag, kry hy geen inkomste…
Sonder n inkomste is daar nie beskikbare grond en versorging…
Sonder beskikbare grond en versorging is daar geen TB vrye wild spesies….

Kyk mooi wat gebeur met ons Leeu spesies wat niemand mag jag nie….
Met ons Renoster spesies waar die eienaar nie die horing mag verkoop vir inkomste nie…

Ek wonder of ons gaan besef dat ons-ons wild spesies uitwis deur ons onvermoe om die groot prentjie te sien.

LOL…volgens Elisa Allen is ek dan maar n sosiopatise kanibaal want ek eet elke dag vleis van lewende weses wat volgens haar gemoor was.

Robert ·

Ek is stigterslid van die ander PETA… People Eating Tasty Animals…

Hanlie ·

Vir wat spog sy met kameelperd se hart? Sy is nie n jager nie sy soek aandag. Het dit gekry. As ek lees te veel mense hier sê dis ok. Glad nie ok. Behalwe dat die kameelperd oud was het sy die arme dier se dignity weggevat. Miskien haar hart uitsny of haar brein en kyk of daar iets is. Slaap rustig ou kameelperd….wereld verdien nie diere. Te veel mense dink die wêreld behoort aan die mensdom en diere moet inpas vir ons gebruik. En ja ek eet vleis. Maar ek skiet nie diere vir trofee of om te kyk hoe groot is hulle organe is!!!!!

Alta ·

Gysbert, dit is definitief so dat geen jagter verskoning vra vir sy trofee of kop teen sy sitkamermuur nie. In die Groot Trek kon die boere nie anders nie. Hulle moes oorleef, dus jag. Daar is geen rede vandag om diere dood te maak nie. Daar is groot geld in jag. ‘n Jagter oefen sy mag uit oor diere. ‘n Jagter het psigopatiese neigings. Kies weerlose en onskuldige slagoffers om dood te maak.

Termiet ·

En die vleis wat jy koop by jou spar? Al die beeste, skape, hoenders en varke het doodgaan aan natuurlike oorsake. Gaan kyk hoe word hierdie diere geslag, dan praat ons weer.

Robert ·

Wilde diere word in kampe en reservate aangehou… baie natuurlik? Dit is juis omdat daar heinings is dat hulle bestuur moet word. Een daarvan is om die oue diere uit te haal en genadedood te gee, soos met jou ou troeteldier.

HJvdb ·

REGTIG….wat is die verskil tussen n rou vleis snit in jou hande en n dier se hart in jou hande…

Geen, lekker eet aan daai vleis die naweek.

Francois Le Cochon ·

Wat is die verskil tussen jag vir vleis en biltong, en die doodskiet van ‘n geblikte kameelperd op valentynsdag net om selfvoldaan met die hart vir ‘n foto te “pose”?

Anton ·

Ek hoop dat ek ook eendag so “moreel superior” kan voel soos daai antie van PÉTA :-)

Sê-mar-net ·

Al die mense wat so kerm en kla eet dan seer sekerlik nie biltong en droeë wors nie? SO WHAT??? Die kameelperd was 17 jaar oud! Hy het nie gely nie! En ek sê weer, so what as sy spog met die hart??? Die DIER IS DOOD! Dan moet ELKE jagter wat spog met hule diere wat hul gejag het OOK veroordeel en sleg gesê word! REGTIG??? Ek persoonlik jag nie, maar die manne ons familie doen. En ek eet lekker saam aan die vleis.
Good for her for NOT APOLOGIZING!

Tinker ·

Sy gaan seker voor staan as dit ooit wettig word om mense wat siek is mag genade dood sterf. Ek sal se whatever blows your hair back, maar dis nogsteeds nie reg dat diere moet lei omdat mense bloeddorstig is nie. Ja jag is goed, maar jy moet kan eet wat jy skiet anders kan jy dit nie doen nie. Vir die wat se dat diere moet minder gemaak word, voor mens besluit het dit is hulle werk het die natuur dit self uitgesorteer. Onthou dit.

Hennie ·

Ek wonder hoe dink die persone wat haar kritiseer en dan vanaand aan ‘n heerlike tjop of frikkadel spul, of wie weet, KFC? Jag is een van die oudste aktiwiteite wat die mens ken! God self moes ‘n bok dood om vir sy twee aardbewoners klere te maak! En ja, jag én trofee jag bring baie geld in vir wildboere, en daar is baie sekondêre bedrywe wat ook lekker wen in die hele jag storie. Dink maar aan slagters, taxidermy, selfs die wat hout, vrugte ens verkoop langs die pad. Almal maak hul geld hieruit.
Daai groot bekke wat sê jag/trofee jah doen niks vir die plaaslike ekonomie nie, sê bietjie vir ons wat dóén julle vir die plaaslike ekonomie? Ek het so gedink!

Francois Le Cochon ·

Slagters staan nie selfvoldaan vir ‘n foto langs elke dier wat hulle slag nie.

Jacobus ·

As die wêreld se mense net so wou tekere gaan oor n plaasmoord, wat baie bloediger en wreed is…….

Emosies en politiek se rol is te groot. Kyk n slag na feite!
Kameelperde is ook vleis soos Springbokke, Hartebeeste, Koedoes, Gemsbokke, ens ens ens tot by voëls wat vir die pot gejag word.

Miskien moes sy nie die platform Facebook gebruik het nie?

KB ·

Ek dink dis absoluut gevoelloos en taktloos van die vrou. Onsmaakvol.????

Zombie ·

Ek het niks teen jag per se nie. Ek het wel vrae oor die etiek van trofeejag. Persoonlik word ek nie beïndruk deur ń persoon wat trofeejags nie, ongeag wat hy of sy jag. In ń stokou boek van dr. Lucas Potgieter, tref hy ook ń onderskeid tussen skieters en jagters. Om ń skieter te wees is geen kuns nie.
Inheemse volkere het na elke suksesvolle ware jagtog, eer aan die dier en die Gode gebring dat die dier hom beskikbaar gestel het. Dit kan mens egter nie met trofeejag vergelyk nie.

Karel Lourens ·

Ag kom kom. Niks fout hier nie. Mense en hul dinge…………….los die vrou uit.

FBS ·

Om te jag is ’n wonderlike voorreg. Dit maak ook dat wilds boere werk aan tientalle mense voorsien en geld inbring in ons swak ekonomiese toestande. Ek het nog nooit gehoor van enige van die wild aktiviste wat een sent gegee het om mense in afgeleë plek te help of om die wat na bloed Lions hulle werk verloor het te help nie. Maar ek weet van boere wat hulle hande diep in hulle sakke gesteek het om te help.

Francois Le Cochon ·

In hierdie geval is dit nie jag nie, dit is net die doodskiet van ‘n kameelperd vir ‘n foto.

pestilensie ·

Mooi my bok , jy is n girl duisend . En hoeraa vir jou om dit aan die groot klok te hang , niks om oor skaam te voel . Laat hierdie klompie hasie omlywers maar hulle domgeid uitstal

Francois Le Cochon ·

Om ‘n geblikte kameelperd te skiet net om selfvoldaan vir ‘n foto met die hart te “pose”, is nie jag nie. So ook is die skiet van ‘n koei in ‘n melkery, terwyl die koei gemelk word, nie jag nie.

Tino ·

Genugtig, en nie een van hierdie sosiale geaktiveerde liberales koop seker hulle vleis by die supermark waar geen diere dood gemaak is nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.