Herrie oor ‘white trash’-twiet

'n Skermskoot van die twiet wat op sosiale media versprei word.

‘n Skermskoot van die twiet wat op sosiale media versprei word.

ʼn Herrie het op sosiale media losgebars nadat die besturende redakteur van Landbouweekblad op sosiale media na mense as “white trash” verwys het.

Die opmerkings deur Albertus van Wyk het gevolg nadat die sanger Steve Hofmeyr op Twitter inligting gedeel het oor die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein wat met ʼn petrolbom bestook is tydens ʼn EFF-optog. Hofmeyr het ná die voorval op Twitter gesê: “My wedersydse respek vir ander se kultuur en geskiedenis stop vandag hier. Julle verdien dit nie. Van hier af aan: minagting.”

Van Wyk het hierna geantwoord: “Whatever. Wie gee om wat jy dink?” Hofmeyr het toe gesê: “Sê die outjie wat net 600 Twitter-volgelinge het.” Van Wyk het hierop geantwoord: “Ten minste is hulle nie white trash nie”.

Van Wyk het intussen in ʼn verklaring wat op sosiale media versprei is, gesê sy uitlatings was “onnadenkend, dom en in die hitte van die oomblik”. Volgens Van Wyk is dit korrek dat hy geïnsinueer het dat ’n deel van Hofmeyr se volgelinge “white trash” is.

Nadat die uitlatings onder Landbouweekblad se aandag gebring is, het hulle gereageer deur te sê Van Wyk het die uitlatings in sy persoonlike hoedanigheid gemaak. Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, het gesê hulle stem geensins met die uitlating saam nie en dis glad nie ’n siening waarmee die tydskrif of sy redaksie hulle vereenselwig nie.

Landbouweekblad vra verskoning vir enige aanstoot wat Van Wyk se uitsprake gegee het. Sy optrede word tans deur Landbouweekblad en sy houermaatskappy, Media24, ondersoek. Stappe sal dienooreenkomstig geneem word.”

Van Wyk het gesê hy is jammer oor sy uitlating en vra persoonlik om verskoning vir enigiemand wat daardeur beledig is. “Ek wil dit egter duidelik stel dat ek in geen stadium na wit mense, Afrikaanse mense of boere as ’n groep verwys het as ‘white trash’ nie. Ek sal dit nooit as te nimmer doen nie. Ek is wit, ’n Boer, ek kom van Mpumalanga af en ek het nog die grootste bewondering vir landbouers ook.”

Volgens Van Wyk is hy die afgelope paar dae die aakligste beledigings toegesnou op die internet. “Sommige van die goed is so erg, ek kan nie glo dis deur my mense uitgedink nie. Ek dink dit is buite verhouding met wat gebeur het. Ek voel dat dit bitter onregverdig is dat Landbouweekblad hierby betrek word. Ek doen dus ’n beroep op almal om Landbouweekblad en Media24 uit hierdie geveg te laat. Niemand van ons gaan daarby baat as ’n wonderlike tydskrif soos Landbouweekblad seerkry nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

220 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stomgeslaan

Nou wat verwag hy na sy uitlatings wat hy kwansuis nie bedoel het nie?

Sarel Strydom

Bewys net weer, moennie jou mond oopmaak of op Sosiale Media iets skryf as jy opgewerk is nie.

Ds

As jy nie wil hoor nie …. VOEL dan maar ons ALMAL weet teen hierdie tyd om te dink en weer te dink en WEER te dink voor jy enige iets op sosiale media skryf.

Gatvol

Ek wil begin deur te se ek is n Steve aanhanger hys een van die min wat bereid is om te veg vir ons taal en ons monumente So Hoera vir steve …dan wil ek vra jy se jy verwys nie na wit mense of groepe ma wat doen jy dan anders of is jy onbekend met wat “white trash” beteken nou kan jy nie glo wat mense jou toevoeg ma dit was nie n probleem toe jy aan die uitdeel kant gestaan het nie glad nie lekker om te ontvang nie is dit !!

Ella

Van Wyk, gelukkig het ek nie voorheen kommentaar gelewer nie, so dit is nie na my wat jy verwys met jou opmerking “…ek kan nie glo dis deur my mense uitgedink nie…”. Ek is dalk wit, die nasaat van ‘n oupa wat geboer het, het self op ‘n plaas in Mpumulanga gebly, maar dis waar die ooreenkoms tussen my en jou ophou. Op geen manier is ek ‘jou mense’ nie. Nee, wat, jy het jou bed gemaak, kyk nou maar hoe jy gelê kry op die spykers wat jy self ingekap het.