Herrie oor Woolies glo entrepreneur se ontwerp ‘steel’

Shannon McLaughlin sê sy het vier jaar lank aan die ontwikkeling van Ubuntu Baba se buidel gewerk. Foto: ubuntubaba.com

ʼn Storm woed op Woolworths se Facebook-blad waar gebruikers die kleinhandelaar daarvan beskuldig dat hy ʼn klein firma se ontwerp vir ʼn bababuidel “gesteel” het.

“Dis net so onaanvaarbaar, Woolworths,” skryf ʼn ontstoke gebruiker. “Julle probeer plaaslike ontwerp en entrepreneurskap in SA doodmaak. Dis net een van talle soortgelyke gevalle en dit vervul my met afgryse dat dit aanhoudend gebeur! Hoe kan julle dit doen?”

Shannon McLaughlin, stigter van Ubuntu Baba, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy het Woolworths verlede jaar op 23 Desember genader nadat ʼn werknemer haar gewys het dat hulle ʼn buidel verkoop wat presies nes die een lyk wat Ubuntu Baba ontwerp het.

“Dis 16 Desember 2018,” skryf McLaughlin in ʼn blog-inskrywing oor die voorval, “en ek het pas uitgevind dat Woolworths die hele ontwerp en konsep van die buidel waarin ek my hart en siel die afgelope vier jaar van my lewe gestort het, skaamteloos gekopieer het.

“Ek is so verward. Hoekom sal ʼn groot maatskappy soveel moeite doen om my produk na te aap en voordeel te put uit my bemarking? Dit voel in soveel opsigte verkeerd.”

Verderaan skryf sy: “Een van die vroue in my span het voorgestel ons gaan ons aanlyn bestellings na en kyk of enigeen van Woolworths se hoofkantoor al ooit een van ons buidels bestel het, en tot ons  verbasing sien ons dat ʼn Ubuntu Baba-fase 2-buidel in Junie 2017 gekoop en by Woolworths se hoofkantoor afgelewer is.”

Sy het Woolworths tot 3 Januarie geleentheid gegee om op haar e-pos te reageer, sê sy. “Hulle het gesê hulle sal terugkom na my, maar ek dink nie hulle het my klagte ernstig geneem nie, want ek het nog nie weer van hulle gehoor nie.”

Woolworths adverteer nog hul weergawe van die bababuidel, maar dit kan nie meer bestel word nie. Foto: woolworths.co.za

Uit radeloosheid het sy Maandag ʼn blog-inskrywing geplaas waarin sy daarop aandring dat Woolworths haar om verskoning vra. “Ek wil hê hulle moet die produk onttrek en Suid-Afrika daarvan oortuig dat hulle ernstig is oor hul belofte om ‘eties’ te wees en hul ‘goeie sakereis’. Ek wil hê hulle moet verantwoordbaar wees en dit nie onder die mat invee nie.”

Die blog is wyd en syd gedeel, vertel McLaughlin, want almal wat al voorheen een van Ubuntu Baba se produkte gekoop het, is op hul verspreidingslys. Die reaksie was só oorweldigend dat die verkeer haar webwerf tot stilstand gedwing het. Sy moes toe haar diensverskaffer vra om die webwerf se kapasiteit te verhoog om al die besoekers te kan hanteer.

Woedende ondersteuners van Ubuntu Baba het hulle tot Woolworths se Facebook-blad gewend om hul misnoeë te kenne te gee. Omdat net Woolworths self inskrywings op hul blad kan maak, lewer die ontstoke gebruikers kommentaar op onverwante inskrywings, maar hoewel Woolworths flink op ander klagtes en navrae reageer, was daar nog geen reaksie op die aantygings oor die Ubuntu Baba-buidel nie.

Woolworths het wel Dinsdagoggend gesê hy is bewus van die aantygings dat sy bababuidel “soortgelyk is aan dié van Ubuntu Baba”. Die winkelgroep sê hy beskou die bewerings as ernstig en het ʼn interne ondersoek na die saak van stapel gestuur. “Ons sal so gou moontlik terugvoer aan Ubuntu Baba en ons kliënte gee.”

McLaughlin sê intussen het ene Paul, wat hom voorgestel het as Woolworths se hoofaankoper, haar gebel en vir koffie na sy kantoor in die Kaapstadse middestad genooi. Omdat sy moet werk, het sy hom na haar kantoor in die suidelike voorstede genooi. Hulle ontmoet mekaar Woensdag 12:00, maar volgens haar wou hy nie sê waaroor die ontmoeting gaan nie.

Die bababuidel word nog op Woolworths se webwerf vertoon, maar dit is nie moontlik om die foto daarvan te vergroot of dit te bestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Niel ·

lyk my Woolworths het intussen ook die item afgehaal van hulle website. (so lyk dit vir my) Dus duidelik ‘n bewys dat hulle probeer om hulle spore nou te probeer toemaak.

Blaarman ·

Shannon

Wees op jou hoede en moenie data ene “Paul” jou dreig, ‘n gat in die kop praat, of jou uitlok nie.

Laat hom sê wat hy wil sê en laat hy alles op skrif sit sodat jy dit met jou prokureur kan bespreek.

As dit nie op skrif is nie, beteken dit niks nie!

Heksie ·

Laat hulle met jou prokureur praat!!! Moet nie alleen hierdie lot aandurf nie!

Ellisras ·

Ek is al oud. Daar was al sulke dra sakke 20 jaar gelede. Dit is regtig nie so ‘n unieke item nie.

Essie ·

Ek stem saam mt u my kinders is al oori 20 en my vrou ht so blou buidel sakkie gehad

Q ·

Dit is n unieke carrier wat ergonomic is vir baba se postuur. Doen gerus navorsing om te sien dit is nie n sommer net dieselfde carrier nie

Hendrik van George ·

Sy het 4 jaar aan die ontwerp gewerk – regtig, so lank. Niks uniek aan die sak nie, en definitief nie haar patent nie.

Elizma ·

Dit is wel ‘n unieke produk. Sy het 4jaar gewerk om dit te kry wat dit is vandag. Hierdie tipe drasak verskil van dié wat mens jare terug gekry het (en wat vandag nog koop is),dit steun baba se heupies deur dat die beentjies ‘n “w” vorm maak as jy dit van agter kyk,terwyl die ou tipe drasakke baba se beentjies laat af hang,en dit op lang termyn sleg is vir die heupe. Woolworths het altyd van dié ou tipe drasakke verkoop. Maar iemand in dié binnekringe het natuurlik gehoor van n beter produk. So ja, beslis n unieke produk.

Judith ·

Woolworths se vorige baba sakke was swak. Maar ek het presies so een twee jaar terug gekoop – by ‘n ander maatskappy wat invoer. Presies dieselfde postuur storie. Net die kleur en so wat verskil het. Nie uniek nie… Ek dink dit was baby safe of iets.

Skroef ·

Ek stap aan 40 toe. Ek was in so n sak gedra. Baie sagter oo babavelletjies as die twak tans op winkelrakke. Vier jaar se werk? Ag, gaan …

D B ·

Het jy enige patentreg? Ek lees niks daarvan nie, net dat hulle ‘n “soortgelyke” produk het.

WIEBO ·

Ja, die Woolworths. Ek het ook n erge stel afgetrap by Woolworths Garsfontein verlede Saterdag. Ek is ELKE dag daar, maar was Saterdag soos n hond daar behandel deur personeel. En al die personel ken my, maar ek voel nie meer welkom daar nie. nMy geld is nie goed genoeg nie……… Dog maar net ek deel dit met lesers.

LouE ·

Die idee van so ‘n buidelsak is reeds meer as 20 jaar in gebruik. Miskien kla sy oor die spesifieke ontwerp. As ek so iets sou bemark, sou ek ook een van die oposisie s’n aankoop en met myne vergelyk.

Nadia ·

Dit breek my dat groot Companies dit kan doen aan mense wat dag in en dag uit hard werk aan n suksesvolle konsep. Gun mense die voorspoed en toekoms sukses wat hul toekom! Sit in dieselfde situasie.

Pieter ·

Snaaks hier in Europa gebruik die mense die konsep al vir jare. So nou wonder ek maar net hoekom die bohaai. Niks nuut in die wereld nie.

Antoinette ·

Dit gaan nie oor die konsep van die buidel nie. Elke stukkie (stiksel, kleur, ens) van Woolworths se buidel lyk presies soos Ubunthu Baba s’n.

dirk bosman ·

Dink jy nie dat kangeroes meer aanspraak het op die konsep nie?

Antie ·

en @Antionette, elke ding van “Ubuntu Baba” lyk nes die in Europa. As sy oorspronklik was, sou sy patentreg gehad het. Nou kerm sy dat n besigheid, presies doen wat sy gedoen het. Pot calling the kettle black.

Helena ·

‘n Paar jaar gelede het Woolworths dit met ‘n unieke koeldrank ook gedoen, so dis nie nuut nie.

Connie ·

Ja, en hulle (Woolworths) het daardie saak in die hof verloor.

Jepetto ·

Ek het nog altyd gedink dis a Jappie plek Jy betaal v die naam en nie vir jou kos kyk maar hoe groei hulle aandelle elke jaar .En gaan kyk maar in hulle agter jaard hoe word kos weggegooie . Dit vebaas my nie wat ek nou lees

E.K. die eerste ·

Laat jou prokureur asb SAAM met jou na die vergadering gaan of neem die hele gesprek op met jou selfoon.

Essie ·

Maar is dit nie n ou metode nie,want my vrou ht ons kinders meer as 20 jaar terug ook in n buidel gedra.

Q ·

Essie 20jaar terug het die babas se bene af gehang wat druk op hulle heup en rug gesit het wat bitter sleg is vir ontwikkel van baba en die postuur. Doen jouself n guns en gaan lees op daaroor. Dit is immers special as dit kom by mens se kinders, veral as jy n kind het met Spina Bifida soos my kind en nie risks kan vat met net n gewone carrier nie. En voor julle my kruisig ek besit nie n Ubuntu baba nie maar wel n ander bekende ergonomic carrier wat ook in SA gemaak raak

Liza Roux ·

Ubuntu baba het ‘n baie unieke ontwerp, sag om die middel op ‘n keisersnee wond, sag op die rug, korrek vir die babatjie se heupe en ergonomies. Ek kan met my Ubuntu baba gaan stap met my 2 jarige vir 3 ure aaneen en sy weeg ongeveer 12 kg! En dit in die warm Mosambiekse klimaat, want die materiaal is natuurlik en dit haal asem. Nee. Dit nie net nog ‘n buidelsak nie.

Mic ·

Ek het ook so tipe carrier wat ook net so goed werk so hierdie is nothing special

Ben ·

Na hulle rasse diskriminasie teen my by ‘n werkaansoek het ek die afgelope 5 jaar nog nooit by hulle gekoop nie en sal ook nie. Kan goed glo dat hulle bestuur tot enige iets toe instaat is.

Liza Roux ·

As Ubuntu baba aanhanger is naar oor wat Woolworths hier gedoen het, maar ook as Suid Afrikaner. Ek het altwee stages in my besit en dit is beslis ‘n baie unieke ontwerp. Dit het my lewe verander as Mamma en die manier hoe ek goed kan doen. Shannon is ongelooflik eties in haar besigheid en dit breek my hart dat iemand met so ‘n sagte besigheidsaanslag so geteiken word. Elke kunstenaar en klein besigheid moet mooi dink of hul nog Woolworths wil ondersteun.

Poot ·

Ek is jammer om dit te sê….. maar ek dink nie die dame gaan vêr kom met die saak nie. Sonder patent reg is haar produk oop tot die mark. Self met ‘n patent reg kan ek net een klein verandering aan die produk maak en haar patent is daarmee heen.

HPV ·

Tydelike asook permanente patent registrasie gaan nie soveel oor die produk as oor die idee of konsep nie. Dit beteken dat indien die spesifieke konsep of produk alreeds in die verlede of ander lande bestaan het is dit dan nie patenteerbaar nie. Indien dit wel patenteerbaar is kon sy ‘n tydelike patent teen minimale koste registreer het wat die produk dan vir 12 maande beskerm en haar tyd gee om dit teen astronomiese koste vir ‘n aantal jare te patenteer.

Rens ·

Ek sien heelwat mense reken dat buidelsakke reeds laaaankal op die mark is. Ja, daar was sulke sakke lankal op die mark maar gaan doen asb die moeite om te gaan kyk na die vooruitgang in hierdie rigting. Hierdie ergonomiese ontwerp is in die laaste paar jaar verfyn en afgerond na n werklik unieke produk. Daar is meer klein en groot besighede wat ergonomiese sakke verkoop maar Ubuntu het hulle eie eiesoortige voorkoms en kenmerke.

Q ·

Ek stem Rens almal wat se ‘dit bestaan al lank’ kan gerus gaan navorsing doen oor ergonomic carriers. Ubuntu baba en Zozinette is van die top gehalte ergonomic baby carriers op die mark en beide word in SA gemaak.

Vryheid ·

Bly n vrye mark daar buite, as jou patent nie beskerm is nie kan en sal dit gebruik word. As jou produk dan so uniek was hoekom het jy dit nie laat patenteer nie.

Marie Visser ·

Wou 43 jr gelede vir my baba so ‘n drasak koop, was te arm.

Q ·

Gaan lees gerus op oor ergonomic baby carriers, dis nie 20 jaar terug se carriers wat baba se bene net afhang en al die druk op hulle ruggies en heup plaas nie! Op haar blog is daar fotos van woolies sin wat sy vergelyk met harne, gaan kyk gerus!

Francois ·

Maak Woolworths ‘n verspreider van jou produk, as hulle dit ekslusief wil doen…wel dan is daar ‘n premie betrokke wat hulle moet betaal. Op die manier is beide partye dalk wenners in die saak.

John ·

Lees nerens oor n gepanteerde produk nie. Oeps. Dis n patent se job…beskerming van jou ontwerp/ logo.

Jay ·

Geen patent reg. Woolies mag dit wetsgewys doen, en as mens terug gaan in tyd, kan ander sê jou “ontwerp” is gebasseer op hulle sn. Jy kan nie kwaad raak omdat jy nou kompitisie het nie ne, veral as jy nie eens n patent kon kry nie.

Joan Strydom ·

Dit kos baie geld om patentreg te kry. Die feit dat Woolworths (volgens wat ek lees), reaksie toon deur alles minder opvallend te maak, is baie dom vir so ’n groot organisasie. Met sosiale media is dit nie meer moontlik om goed onder die mat in te vee nie. Dit maak dat nuuskierige agies (soos ek) die hele mat oplig om te sien wat aangaan.

Colin ·

Dis ‘n jammerte. Woolworths het klaarblyklik ook so paar jaar terug ‘n koeldrank wat plaaslik vervaardig word ook gekopieer, so hierdie manier van goed doen is moontlik nie nuut vir Woolworths nie. Patenteer jou idees eerder.

khat ·

Kom nou mense dit gaan nie oor patent reg nou nie dit gaan oor n goot firma die klien mense wat n unike idee het en dit werk maak bedo ner so ek stem saam laat jou regs mense met hom onderhandel want hgaan jou net n honderd of 2 of 3 duisend aanbied en walla hulle maak miljoene

Root ·

Sorry om te hoor, maar ek dink niks van die produk voldoen aan die uniekheid wat vereis word vir patente nie – tawwe tye soos hulle sal se…. hoop jy het ‘n les geleer en patenteer jou unieke produkte in die toekoms.

dominee ·

Geagte dame
Graag wil ek net weet of jy kopiereg het op die produk.
As jy nie het nie het jy geen saak.

B ·

So jy praat (ander vorme van) plagiaat ook goed?

Natuurlik het sy ‘n saak.

Denise ·

Hou op so beledigend wees julle weet nie hoe haar Buidelsak veranderinge aan het nie hou op te minste doen die vrou iets en daar kan 100 sulke plekke dit verkoop haar Baba buidel lyk goed !!!!

Skroef ·

Ek stap aan 40 toe. Ek was in so n sak gedra. Baie sagter oo babavelletjies as die twak tans op winkelrakke. Vier jaar se werk? Ag, gaan …

ubaby ·

Hier in Nederland is presies sulke dra sakkie al jare, 5 jaar?

Pieter ·

28 jaar gelede al soortgelyke sak (ook blou) gebruik – dis niks nuuts nie.

Swak Woolworths ·

Nee wat, ek ondersteun lank nie meer vir Woolworths nie. Het ‘n pasr skoene van hulle af 3 keer gedra, kan dit nou maar wegsmyt dit val so uit mekaar uit. Dieselfde styl gekoop by Foschini…lyk nog beautiful en dra dit ten minste 2 keer ‘n week.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.