Herrie oor ‘wysigings’ aan Vuurwapenwet

Argieffoto: SAPD, Facebook

Vuurwapeneienaars is warm onder die kraag nadat ʼn dokument uitgelek het wat glo daarop dui dat die Vuurwapenbeheerwet só gewysig wil word dat selfverdediging nie meer as rede gebruik kan word om ʼn vuurwapen te besit nie.

Dit kom nadat Gun Owners South Africa (Gosa) in ʼn verklaring gesê het die wysigingswetsontwerp met betrekking tot vuurwapens is bekendgemaak en die organisasie is “woedend” oor die wysigings wat voorgestel word. Aldus die verklaring sal artikel 13 en 14 van die wet teruggetrek word, wat beteken dat Suid-Afrikaners nie meer ʼn vuurwapen vir selfverdediging sal mag besit nie.

Aldus Gosa se verklaring sal die wysigings beteken dat toegewyde sportskuts slegs twee handwapens en ʼn maksimum van agt vuurwapens altesaam mag besit en sal ʼn persoon ʼn mediese sertifikaat vir sy of haar vuurwapenlisensieaansoek benodig.

Francois Beukman, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, het vinnig wal gegooi deur in ʼn verklaring te sê die komitee het geen formele dokumente rakende die Vuurwapenbeheerwet ontvang nie. Beukman het gesê die dokument waarna verwys word, is ʼn ou interne departementele konsepdokument waarin wysigings aan die huidige wetgewing voorgestel word.

Hy sê die departementele prosesse is egter steeds aan die gang en die Wysigingswetsontwerp is nog nie aan die parlement voorgelê nie. “Die enigste wysigingswetsontwerp voor hierdie komitee is ʼn private wetsontwerp van mnr. Pieter Groenewald (leier van die VF Plus) waarin sekere tegniese wysigings aan die wet voorgestel word,” het Beukman gesê.

Hy het gesê sodra die formele Wysigingswetsontwerp aan die parlement voorgelê is, sal alle partye die geleentheid kry om hul insette te lewer.

Groenewald meen ʼn wysiging aan wetgewing dat vuurwapens nie meer vir selfverdediging aangehou mag word nie, sal ʼn teenoorgestelde uitwerking hê en eintlik misdaad bevorder.

“Die jongste misdaadsyfers is ʼn bewys dat die polisie misdaad, en veral geweldsmisdaad, nie onder beheer het nie en dus faal in sy grondwetlike plig om die mense en hul besittings in Suid-Afrika te beskerm. Indien die staat jou nie kan beskerm nie, het jy die volste reg om jou en jou gesin met alle moontlike middele te beskerm, waaronder die besit van ʼn vuurwapen ter selfverdediging,” sê hy.

“Die regering moet ophou om homself te mislei deur die indruk te probeer wek dat vuurwapens die oorsaak is van die hoë moordsyfer in Suid-Afrika. Dié persepsie word misbruik en as rookskerm gebruik om sy eie onbevoegdheid te verbloem. Die ontwapening van die burgery sal misdadigers bevoordeel en misdaad bevorder wat dramaties sal toeneem.”

Hy het gesê die VF Plus sal sodanige Wysigingswetsontwerp op elke moontlike wyse beveg.

Ook Dianne Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, het op sosiale media belowe dat sy sodanige wysigings met hand en tand sal beveg. Kohler-Barnard kon nie Donderdag onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Gosa sê sy grootste bekommernis is dat daar inbreuk gemaak word op landsburgers se reg op lewe. “Misdaad neem teen ʼn skrikwekkende koers toe en die misdadigers wat hierdie misdade pleeg raak toenemend gewelddadig. Om die manier om jouself te verdedig weg te neem, sal lei tot ʼn toename in geweldsmisdade teen alle Suid-Afrikaners en dit kan nie toegelaat word nie,” lui die organisasie se verklaring.

Op Gosa se Facebook-blad het talle gebruikers uitgevaar oor die moontlikheid dat Suid-Afrikaners nie meer ʼn vuurwapen vir selfverdediging sal mag besit nie. “Ek is ʼn pa en verantwoordelik vir my familie en my huishouding,” skryf een gebruiker. “Om my te vra om my vuurwapens prys te gee sal dieselfde wees as om ʼn regering te vra om sy weermag en polisiediens te sluit.”

ʼn Ander gebruiker sê aangesien sy vuurwapens sy persoonlike eiendom is, weier hy om dit bloot aan die regering te oorhandig en dring hy daarop aan dat dit teen ʼn markverwante prys by hom gekoop word. Verskeie mense meen ook só ʼn wysiging sal ʼn oortreding van die Grondwet wees, aangesien dit voorsiening maak vir Suid-Afrikaners om in ʼn veilige omgewing te leef.

Gosa het ʼn beroep op vuurwapeneienaars gedoen om aan Beukman te skryf om hul ontevredenheid met die voorgenome wysigings uit te spreek. “Dit is nie nou die tyd om te gaan lê nie. Dit is tyd om op te staan en te baklei vir jou regte, nie terug te sit en dit net te aanvaar nie. Ons doen ʼn beroep op alle vuurwapeneienaars om hulle aan te sluit by hierdie stryd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Kobus ·

ANC wat witmense wil uitmoor, maak dit soveel makliker as ons nie onself kan verdedig nie.

Chrisjan ·

Kom mense dit is nou tyd vir saamstaan. Sluit aan by GOSA.

Wors ·

Ek stem, as jy dan nou nie eers meer jou eie vuurwapen mag gebruik as self verdediging nie, wat mag jy dan nou met hom doen? Dis belaglik, die land gaan nou behoorlik oor na die rawe, en die moordenaar se “regte word in ag gehou”.

willie ·

Hulle moet ophou om te krap waar dit nie jeuk nie veral op ons as gehoorsame burgers se privaat dele! Gaan dokter eerder die rou sere van die gemeenskap!

Koos de Meyer. ·

Dis nou die nuutste manier om ons te ontwapen. Wys ‘n mens net met watse slinkse idees en maniere kom hulle uit. Wat van die krims wat wapens het.

JayJay ·

Ek hou my wapens, dankie. As kriminele hulle sn so maklik kry en hou…gaan ek eenvoudig net dieselfde doen. Kom probeer dit wegvat, kom.

Eish ·

In die VSA is die gesegde:
“If guns are outlawed, only outlaws will have guns!”
Moenie eers probeer nie…

Anoniem ·

So n bok mag nie sy horings gebruik om hom te beskerm teen n roofdier nie.net so mag ek nie n vuurwapen gebruik om my gesin te beskerm nie. Lyk my daai poliesieman kom van SARS se IT afdeling af .

Annelize ·

Die hele verdomde regering is by SARS se IT afdeling gewerf as jy my vra.

Chris du preez ·

Dis nie die vuurwapens nie dis die grense wat oopgegooi is en al die kriminele wat nou hier is en vuurwapens het. Kyk hoe word reaksiemag lede koelbloedig geskiet net vir hulle vuurwapens. En dit is nog vuurwapens in moordenaars se besit en dit kom nie van die publiek af nie.

Hannetjie ·

Chris jy se nou presies wat ek wou se.Ons is oorspoel met ons ‘bure’, van alkante.Die misdadigers mag wapens he..en hul het nie vir dit betaal nie..nee…’afgeneem’ tydens hulle invalle by besighede..plase en huise.Absolute waansin as julle my vra.Die regering het nou maar net geen oplossing vir die probleem wat hulle self create het nie.

Marius ·

Hierdie is groot gemors so al die sekuriteits maatskappy sal dan ook ontwapen word hy het selfde regte as man op straat.

Wonder ·

In America het hulle ‘n jurie wat besluit of die persoon skuldig is of nie. Daar is die segwyse met betrekking tot vuurwapens ” its better to be judge by 12, than being carried by six”, maar hier in RSA het ons net ‘n regstellende regter wat moet besluit

bgj van der westhuizen ·

dit is om ons te ontwapen wand dan kan ons moes nie verdedig nie self verdedig nie die sapd kan nie eers hulle eie kantore verdedig nie wat van nog die burgers van die land al wat dit gaan gebeur die onwettige wapens sal net meer raak wand dan sal ons gedwing word om ook onwettige wapens te he

Jan Harm ·

Dit is my reg om n vuurwapen te besit in n land waar krimenele seevier. Dis my reg om myself my famillie en besittings te beskerm. Vir iemand soos ek wat op n plaas bly is n vuurwapen nie n “geriefliksheid toestel” nie… dis n moet..! Al verander hulle die wet… sal ek NIE my wapens ingee nie

Lerato ·

Moenie die wetsgehoorsame burger se geweer wegvat nie.

Vat die bendes se gewere weg.

Mbalula het gesê hy gaan die Kaapse vlaktes skoonmaak van bende geweld en onwettige vuurwapens.

Cele sê. Nee hy durf nie die weermag instuur nie. Iemand mag raak geskiet word.

Lou ·

Dan moet ons maar almal toegewyde jagters of sportskuts word as self verdediging nie meer ‘n geldige rede is nie.

Anoniem ·

Wees kalm, die dokument is net ‘n konsep besprekingsdokument wat nog deur verskeie fases moet gaan alvorens dit wetgewing kan word. Eerstens moet dit deur die regspan aan die betrokke minister voorgelê word vir goedkeuring, daarna na die Kabinet vir oorweging, dan na die Parlementêre Portefeuljekomitee vir goedkeuring. Hierna word dit in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare kommentaar, terug na die portefeulje komitee vir wysigings, weer terug na die Parlement vir finale goedkeuring en dan na die Staatspresident vir ondertekening en promulgering. Daar moet nog baie water in die see loop voordat die bestaande wet gewysig kan word en oorgenoeg geleentheid vir die publiek en wapen/jag organisasies om hulle insae te lewer. Nee wat, ek sal nie te bekommerd daaroor wees nie, maar ek moedig vuurwapen eienaars aan om by gesaghebbende organisasies aan te sluit wat sal baklei vir julle regte. Bly net weg van die wat julle wil ontwapen en weerloos laat en wat wettige wapens die skuld wil gee vir misdaad, in plaas van die persoon agter die wapen.

Sp ·

Die Staat het misluk deur misdaad te laat afneem en effektief te bekamp. Geweldsmisdade is ontstellend hoog.

Dis in die publiek se belang dat hul hulself beskerm.

Dink ·

Kan jy tel 4 milj teen 45 milj wettig in die land en 20 milj onwettig dink weer.

Zella ·

Dit sal net die wetsgehoorsames wees wat hul vuurwapens ingee. Die krimenele sal nie.

AW ·

It is an open secret that tha SAPS, is “run” behind the scene by the ANC.

I recall years back someone said the following to me, (thats now if I worded it correctly from memory):

Everybody sees … However Nobody Saw …. [Denial]
 
Everybody heard about the matter / issue ….
However, Nobody Hears about the Matter / Issue ….
 
Everybody talks about the matter / issue …. [Gossip about it]
However, Everybody Remains Silent …. 
 
Everybody knows about the matter / issue ….
However, Nobody Knows about the matter / Issue …. [Oblivious]

The SAPS is Failing in its Mandate, for verious different reasons and as a result, the SAPS management are attempting to “dish up” plans / stategies that are on the long run going to lead to a situation were even Law Abiding citizens will became “rouge”; and as we have not seen it before within SA.

The only reason as to why the SAPS is in the current situation it is now, is as a result of Political inteverance and Manipilation by individuals within Government.

Careltjie ·

So, jy mag ‘n wapen besit, het hom wettiglike gekoop om dan wat mee te maak? Hulle is van hul sinne beroof.

Hinkepink ·

Net so terloops… waar n rokie trek is n vuurtjie. Die snert wat breukman kwytraak glo ek nie. Dis ongelukkig hoe ons bedrieglike regering homself bewys het. Word wakker mense ruik die gebrande vleis!!! Anders brand jy saam!!!

Yster ·

En wat kan GOSA sodanig doen. Al hierdie gemors keer. Ek glo nie. Grondwetlik hof het besluit. En wie gaan hulle keer .

Staal ·

Yster. Gosa het ‘n plan, sekerlik nie die enigste nie, maar dis ‘n plan wat kan werk. Gaan vergewis jouself op hul webblad of facebook.

Alida ·

Hoe dom dink hulle is ons? Meeste blankes besit wapens en veral die boere. Nou ontwapen hulle ons, deel die wapens uit aan die kriminele en jaag hulle onder die blankes in met die opdrag “skiet dood”. Hier kom nou regtig bollie.

humor ·

Wonder waarom sou hulle dit wil doen. Die getal gevalle waarin die misdadiger wel deur die slagoffer geskiet is, is maar n handjie vol. En aan die anderkant word die aanvallers, moordenaars by die hordes in elkgeval bewapen deur mense wat nog steeds hul wapens in kluise berg.

AW ·

“There are Three elements to Ministry of Crime.
The first is Political interest protected through the abuse of the criminal justice system.
The second is the protection afforded to these individuals by those at the police and the Hawks.
The third element is the transactional relationship between the police, particularly in Crime Intelligence, and the organised criminals through the information system.

Many of the experts I have spoke to have shared their insights and reflections on the nexus between these three worlds and the patterns that repeat themselves as politics, policing and organised crime collide.”

(MINISTRY OF CRIME – An Underworld Explored – Mandy Wiener – Page 443: 2018)

According to me, there are senior Managers within the SAPS, that are affiliated with the ANC and Government officials, that are slowly but surely , bussy with a strategy to disarm South African Citizens .

Marius ·

Humor? Jy praat snert. Oor die algemeen is vuurwapens baie veiliger in privaatbesit as in staatsbesit. Gaan kyk maar wat die Pretoria hooggeregshof se beslissing hieroor was. Jou stelling klink ook eerder soos een van Gun Free South Africa se leuens wat hul oor en oor vertel hopende dat mense hul sal begin glo. Ongelukkig vertel die statistiek ‘n heeltemal ander verhaal. Ek sal ook heel eerder myself en my familie wil kan verdedig as om myself oor te laat aan die genade van iemand wat reeds klaar besluit het dat wetsgehoorsaamheid nou nie juis een van sy prioriteite is nie.

Marius ·

Het jy die dokument gelees? Wat jou moet bekommer is nie die proses waardeur dit nog moet gaan nie, maar dat daar hoegenaamd so dokument bestaan wat deur die SAPD opgestel is. Ek is ‘n pa van twee pragtige kleuters, en daar is nie ‘n manier wat ek myself sal laat ontwapen en hul so weerloos laat nie.

Steph ·

Die SAPS moet eers duidelik bewys dat hulle alle onwettige vuurwapens kan verhoed voordat hulle met wettige vuurwapens begin peuter. Anders sal ontwapende wettige eienaars ook maar net onwettige vuurwapens bekom.

Carien ·

Dis die persoon agter die wapen….. nie die wapen nie. Kriminele het nie n vuurwapen nodig om n misdryf te pleeg nie. Hulle doen dit sommet strykysters, pangas, messe……. take your pick.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.