Herrie woed ná juffrou se ‘slaanvideo’

‘n Skermgreep uit die video.

Maroela Media het besluit om nie die video te plaas nie weens die ontstellende aard daarvan.

ʼn Herrie woed op sosiale media nadat verskeie video’s aan die lig gekom het waarin ʼn onderwyseres van ʼn kleuterskool in Carletonville aan die Wes-Rand ʼn kind by dié skool aanrand.

ʼn Video wat teen Donderdagmiddag op talle sosialemediaplatforms gedeel is, wys hoe dié onderwyseres ’n dogtertjie herhaaldelik oor haar kop en op die boude slaan. Die dogtertjie het vermoedelik op ʼn plastiekstoeltjie en -tafeltjie opgegooi waarna die onderwyseres haar dwing om dit skoon te maak en haar dan herhaaldelik bydam.

Maroela Media het vanoggend die video uit verskeie oorde ontvang waarop lesers ontstoke gereageer het. Lesers het geëis om te weet wie die onderwyseres in die video is en waarom daar nog nie teen haar opgetree is nie.

Luidens mediaberigte is daar nóg twee video’s wat die ronde doen van die onderwyseres waarin sy kinders hardhandig hanteer.

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het Donderdag sy skok oor die video uitgespreek en daarop aangedring dat die onderwyseres opgespoor word. “Walglik. Ek kon dit nie eers klaar kyk nie,” het die LUR in reaksie op die video op Twitter gesê.

Volgens Lesufi sal Nandi Mayathula-Khoza, die Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, die nou omstrede kleuterskool vanmiddag besoek. Die departement het vanoggend op Twitter bygevoeg hy veroordeel die mishandeling van kinders ten sterkste.

Die skoolhoof van die kleuterskool was Donderdag nie bereikbaar te midde van die herrie nie.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het by navraag gesê die onderwyseres is reeds ʼn week gelede in hegtenis geneem. Die 40-jarige vrou, wie se naam nog nie bekend is nie, het op 28 Maart vlugtig in ʼn hof in Carletonville verskyn op aanklagte van die aanranding van ʼn minderjarige waarna sy op borgtog vrygelaat is.

Die vrou sal weer op 7 Mei in die hof verskyn, het Peters gesê.

‘n Skermgreep uit die video.

Volgens Peters bly die ondersoek van misdade wat teen kinders, vroue en ander kwesbare groepe gepleeg word, ʼn prioriteit vir die polisie. “Hierdie saak geniet dus prioriteit om geregtigheid te laat geskied,” het Peters verseker.

Die voorval volg maar ʼn dag nadat die Suid-Gautengse hooggeregshof ʼn ma en haar voormalige kêrel swaar gevonnis het wat skuldig bevind is op aanklagte wat verband hou met die dood van die driejarige baba Daniel van Johannesburg.

Baba Daniel se ma is tot effektief 20 jaar tronkstraf gevonnis weens kinderverwaarlosing. Die vrou se voormalige kêrel is lewenslange tronkstraf opgelê op aanklagte van moord en kindermishandeling.

Daniel is dood by sy huis aangetref nadat hy erg aangerand en met kookwater gebrand is. Hy het gebreekte bene, erge kneusplekke aan sy arms en gesig, kopbeserings en 60% brandwonde oor sy liggaam gehad. ʼn Forensiese patoloog het tydens die verhoor getuig die seuntjie het dié beserings opgedoen terwyl hy geleef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

115 Kommentare

skaam.haar ·

Ek kon daai video nie eers klaar kyk nie
dis belaglik siek Wie neem daai video en dan betaal n mens nog skool geld en jou kind word so aangerand
Daai arme klein lyfie is so benoud en vrees bevange
TRONKSTRAF IS NIE GROOT GENOEG STRAF VIR SO N SIEK MENS NIE

Lynette ·

Ag asb…..as dit nie vir die persoon was wat die video.geen.het nie, sou niemand hiervan geweet het nie, het hierdie vrou nog miskien vir jare daarmee weggekom en was daar ook geen bewyse nie. En buitendien…dit is miskien n cctv kamera? Màar goeie genade, dink tog net logies !

hoornou ·

dalk was dit CCTV
sal jy so staan met jou selfoon en afneem nie een keer maar drie keer en die hele aanranding deur net op record hou
Maybe
maar ek sou nie kon as ek met n selfoon moes afneem nie

honoruable member ·

Mens raak naar as jy sien hoe hierdie vrou met die kind aangaan. Kyk ek hoop die ouers gaan sorteer die saaak met haar uit en ek hoop hierdie satan word summier gefire. Hoe gaan mens so met n weerlose kind aan.

Kattie ·

Kyk juffroutjie jy kan so bly wees dis nie my kindjie nie……… Hoe gaan jy slaap vanaand na jy weet wat jy gedoen het? Ek hoop hulle sluit jou toe en gooi die sleutel weg want jy hoort nie tussen kinders nie. Dis mense soos jy wat ons as ouers ‘n vrees gee om ons kinders na n skooltjie toe te vat. Ek hoop REGTIG die kind se ouers los dit nie daar nie. Ek hoop ook nie jy het self kinders nie want die arme goedjies. JYS ‘N MONSTER!!!!!!!!

MARTIE MÜLLER ·

Ek verstaan as mens sê as dit my kind was en ek sê ook so. Die feit van die saak is mens kan hulle gaan aanval, maar watse skade doen hulle met een keer se slanery en skoppery. Daai kind se brein is bros en so sensitief. Jy mag nie eers ‘n baba in die lug gooi nie. Daai kinders kan skade kry en vir die res van hulle lewens daaronderly.

Geskok ·

Dit was meer as een dogtertjie dit was 3 onskuldige kinders :-(

RS ·

Hoop sy word nie net oor die kole gehaal nie, maar oor groot berge vuur. My hart gaan uit na daai getraumatiseerde kindertjies.

Sanché ·

Dit is hartverskeurend. Maar wil ook my opinie gee oor mense vra hoekom het die persoon wat video geneem het nie kinders gehelp nie…. daardie persoon HET GEHELP… ek is dankbaar vir die een wat die video geneem het want nou is daar BEWYSE anders het daai vrou weggekom daarmee en hoeveel ander kinders nog emosioneel en fisies beseer het… dink daar aan… nie persoon verwyt oor die videoneem nie en nie gehelp het nie… die persoon HET GEHELP om daardie vrou weg te kry van kinders en geregtigheid kan laat geskied. Net my opinie. My hart gaan uit na daardie kinders en ouers. Sterkte met die heelmaak van emosionele seer. God slaap nie en sal laat geregtigheid geskied.

Wat ·

Wel moes sy 3 video’s neem. Na die kind die eerste keer geslaan is het sy genoeg bewyse gehad toe kon die persoon wat die video geneem het ingetree het. As ek op so vrou moet afkom wat ń kind so hanteer sal ek geld vir borg nodig he… Ek kan nie glo sy is uit op borg nie

Santjie ·

Ja, hy/sy het gehelp dmv die video wat geneem is, maar hoekom nie toe, OOK op kamera die onderwyseres aangevat nie?

hoornou ·

WAT iemand wat darem bietjie verder dink
hopelik was dit cctv want iemand wat 3 keer so staan en n video reg deur kan neem dink seker hul gaan geld maak
EK SAL NOOIT SO IETS TOE KYK NIE
dalk bewyse kry maar nie 3keer net staan en kyk nie

Leandi Roux ·

Ek stem saam met jou,en ñ mens sal ook nooit weet wat die situasie van daardie persoon was wat die video geneem het nie,dalk is dit ñ jonger persoon wat bang is vir daardie vrou.

Landi ·

Sy het die video geneem om die skoolhoof af te pers- geen heldin hier nie.

Jean ·

Ek weet dis skokkend om te dink iemand neem n video,maar verseker is daardie bewyse nodig en het dit tot vinnige aksie gelei. n Mens moet vandag “hard evidence’ he…sou sy oor die vingers getik word sonder die video het geen haan ooit weer gekraai nie.

Lizelda ·

Jy praat die waarheid Jean. Ons het paartjie in ons kompleks gehad wat openlik dwelms verkoop het toe ons die polisie nader toe vra hulle waar is die bewyse. Bewyse? Jip, video opnames, fotos… Nou ja daar is dit ook laat vaar. So die bewyse is baie belangrik.

PR ·

Liewe land, waarom is so baie begaan oor hoeveel en waarom daar video materiaal is. Julle het ontspoor, dit gaan oor ‘n kind wat aangerand word!!

Mariki ·

En nou sien ek die vroumens is uit op borg…. hoe op die liewe aarde gee hulle so iemand borg?

Avokado ·

Die doel van borg is om te verseker die beskuldigde sal haar verhoor bywoon. Dit is nie bedoel om haar te straf nie.

PC ·

Abe. Jy is beslis verkeerd en Avokado is reg. Borg het Niks, maar niks te make met straf nie. Straf volg na n skuldigbevinding aan die einde van die verhoor. Borg se doel is bloot om te probeer verseker dat n persoon haar verhoor sal staan. Aan die einde van die verhoor, as sy aan al die borgvoorwaardes voldoen het, sal sy haar borggeld terug kry. As sy nie haar verhoor staan nie, verbeur sy die geld en word sy in hegtenis aangehou tot aan die einde van de verhoor.
By die bepaling van die bedrag vir borg, is die erns van die misdryf wel n faktor, maar daar is baie ander faktore wat ook n rol speel en in baie gevalle n groter rol speel. Borg is n fundemetele beginsel van enige regverdige regstelsel in die wêreld en dit hoort ook so. Die beskuldigde sal haar dag kry, waar sy skuldig bevind word en gestraf word. Aanranding met die opset om ernstig te beseer op n minderjarige, het n minimum vonnis van 10 jaar.

Ag asb tog ·

Tog vreemd dat die WEIERING VAN BORG vir die WIT ouens in die kisvoorval sowel as die twee ouens tydens die bakkie voorval gegeld het?? SJOE sulke dubbele standaarde .. dat BORG vir die WITTES ‘n straf moet wees maar nie vir swart kinderaanranders nie .. my wereld . wat ‘n wonderlike regstelsel het ons nie ??? FUNDAMENTELE BEGINSEL … kry jou spelling ook sommer reg.

Lizelda ·

Snaaks dat sy NIE gevra het om agter traies te bly nie, want haar mense gaan nie so nice wees met haar nie, dit kan ek jou waarborg. Sekere kultuur groepe neem reg in eie hande en ek blameer hulle nie.

Johan ·

Kyk as dit my kind is…….juf…..Wie het die video geneem?

Bossie ·

Ek het nou verskeie kere begin skryf maar sal tronk toe gaan as ek my hier op die blad uitspreek. God slaap nie.

Debbie ·

Julle bedoel soos om iemand te kry om haar uit die samelewing te verwyder? Permanent?

Jaco ·

Stem dit is onaanvaarbaar….eintlik afgryslik!!….
Eerwaarde Lesufi moet hom eerder by die tipe wangedrag by skole, kleuterskole ens. bepaal en sy werk vir ‘n slag doen, as wat hy bekommerd is wie borg Afrikaans is groot….

Sê MAAR NET ·

Ek hoop nie sy het kinders van haar eie nie….arme bloedjies

Lizane ·

Die persoon wat die video geneem het is net so skuldig, want hy of sy moes daai vrou gestop het. Maar hy/sy los haar om net aan te gaan. Dis net so onaanvaarbaar!!!!

Namgrl ·

Maroela Media, kan ek nie maar net vir vandag vreeslike krag woorde uitlaat nie? Ek weet ‘n heel paar wil, ‘n heel paar van ons wil somer moord pleeg. My vraag is hoe op dees aarde kry iemand dit reg om ‘n kleintjie so oneindig aanhoudend seer te maak. Die arme ou kleintjie is so skrikbevange!!! Mense, my maag het holderstebolder gedraai…My kop wil nie funksioneer nie….gelukkig is dit amper uitval tyd. Weet julle, ek is so bly my kinders is op die ouderdom dat hul kan praat…. en praat sal hul….ek is so bly my kinders is groot – 10 en 15. Die Vader weet….niks en niemand sou my keer nie.
Mooi dag verder uit ‘n warm Namibie

Ronel ·

Soos ek verstaan het die insident reeds ‘n geruime tyd gelede plaas gevind en slegs nou aan die lig gekom toe die persoon in besit van die videos die skool wou afpers, volgens berig in die Citizen. Wat my die meeste pla is dat die onderwyser dus lank na die voorval steeds in beheer was van kinders en die skool ” salig onbewus” was van die tipe optrede deur ‘n personeel lid. Dit laat my eis om te dink hoeveel onskuldige kinders het onder haar hande deur geloop!!!? Dan vra mens jouself af wat se tipe skool is dit dat die skool prinsipaal nie agter gekom het totdat die video die lig gesien het nie, of dalk geweet het maar nie omgegee het tot dit uit gekom het nie?

Illa ·

Glo my ek ken die mense betrokke en ek sou dit ook nie geglo het sonder om die videos te sien nie. Die eienares/prinsipaal sou dadelik opgetree het as sy geweet het. Sy is ‘n goeie mens met ‘n hart van goud. Haar eie kleinkinders is ook daar. Neem is ag dat sy nie 100% van elke dag daar kan wees nie. Sy doen self alle aankope vir die skool en vars groente en vrugte word daagliks vir daardie kinders gegee. Die monster wat vir haar gewerk het is die skuldige. Nie sy nie. Sy het haar vertrou. As iemand net vroeër gepraat het sou sy beslis iets aan die ding gedoen het.

deirdrezeelie ·

dit is hoe ek dit ook verstaan; due persoon wat video geneem het, moet ook aangekla word, deur die persoon is kinders nog n jaar lank aangerand

DeVill ·

Hierdie “wonderlike” prinsepaal, bedryf haar skool al vir drie jaar sonder ‘n lisensie…ek wonder hoekom het die lisensie verstryk?

Ek sal met ‘n glimlag, vir moord in die tronk gaan sit, as dit my kind was….

Wurmpie ·

Stel dit net reg. Dit is nie ń onderwyser nie maar ń versorger by die skool. Nou word onderwysers weer sleg gemaak

Speedguard ·

@ Wurmie.. Stem 100% saam met jou , dit is die selfde as wat hulle se verkeers beamptes word gearresteer vir wederegtilike uitreiking van bestuurders lisensies, dit moet wees toets beamptes van bestuurders lisensies wees!!!

Mona ·

Dis by sulke plekke waar kinders (onwetend) beseer raak soos bloeding op die brein ens. Wat ek bedoel by onwetend is slegs dat die persine wel bewus was en dan naak or hulle nie weet nie. Sjoe. Daai juffrou moet nooit weer n klaskamer sien nie

Marinda ·

Sy kan bly wees dis nie my kind wat sy so slaan nie. Sy sal nooit weer haar hande op lig vir enige iemand nie.

Lelani ·

Hoe op aarde laat n kleuterskool hoof toe dat sy nog met kindertjies werk as dit nie die Eerste voorval was nie?? Die arme kindjie is ontneem van n veilige, gelukkige en baie belangrike fondasie vir haar gereed maak vir n skoolloopbaan!!! Die een wat die video gemaak het moet ook aangekla word want hoe staan en kyk jy dat n kleintjie so mishandel word. Mag gereg geskied en jy verewig vrot in die tronk!!! Dis totaal onaanvaarbaar dat enige kind hetsy hy/sy wat ookal gedoen het so mishandel te word.

Vies ·

Lelani ek stem nie heeltemal saam met die stelling wat jy maak, “die persoon wat die video neem moet ook aangekla word”. As dit nie vir daardie persoon was nie, het niemand hiervan geweet nie.

Susan ·

Uiters onaanvaarbaar dat daar so opgetree word teenoor kleuters/babas. Ek is self ‘n ouma en wens ek was daar om na my eie kleinkinders te kyk. Hoekom word skooltjie se naam nie gepubliseer nie?

Mel ·

Dankie vir kameras vandag dat die goed aan die lig kan kom ek vandag 37 en ek het n graad 1 juf gehad E. breytenbach wat my afgeknou het met haar langkat naels en my teruggehou het in klas. Dit kan n kind se groot word jare belemmer. Die dinge gebeur al geslagte

Saartjie ·

Ek is jammer dat jy so ‘n slegte ervaring gehad het, Mel, maar dankbaar dat jy dit hier noem. My ouer broer (nou reeds in sy sewentigs) is ook geweldig afgeknou deur ‘n laerskoolonderwyseres. Hy is disleksies, maar in die ‘goeie ou dae’ is sy probleme met lees en spel afgemaak as stout en hardkoppig wees. Gelukkig het hy heelhuids daarvan afgekom, maar het tot vandag ‘n geweldige lae selfbeeld.

RHG ·

Hoe liefdeloos kan mens wees om ‘n kleine kind haar eie braaksel te laat opvee, en haar nog te slaan ook? Sy voel siek en word so onsimpatiek behandel!
In my onderwysjare het ek ‘n mop, rolle papierhanddoek, rubber handskoene, H Andy en Dettol in my klas gehad. Glipse het ek self skoon gemaak, omdat skoonmakers dit nie ordentlik doen nie. Ek het self gesorg dat die toilette in die klas skoon was en vars geruik het. Die sitplekke is met Dettol skoongemaak.
Vir glipse was daar ekstra klere en ouers is laat weet.
Dis so hartseer. Arme ou kleintjie.

Eie ervaring ·

Ek is bly dat u een van die uitsonderings is. Daar is verskeie vorme van mishandeling. party is fisies ander is emosioneel. Uit eie ondervinding met ‘n graad 1 onderwyseres wat geweet het dat daar omstandighede was en sielkundige sessies en tog het sy toe my dogter ‘n glipsie in die klaskamer gehad het haar dit maak opvee voor die hele klas. Dit het letsels gelos. Dit gebeur in ons skole ook en nie net waar “versorgers” in kleuterskole na ons bloeitjies kyk nie. Soms is die tekens nie so oop en bloot nie. In my kind se geval het alles uit gekom met ‘n sielkundige sessie en kon hulle met haar werk

Magdaleen ·

Daar is nog 2 videos waar nog 2 kinders so mishandel word.

Illa ·

Ek ken die eienares van die kleuterskool persoonlik en ek kan julle verseker dat dit nie sou gebeur het met haar medewete nie… Sy is ‘n amazing vrou met ‘n hart van goud. Sy sal verseker nie sulke gedrag goedkeur of toelaat nie. Mens weet net nie altyd wat jou werkers doen as jy nie daar is nie. Een mens het net een paar hande en een paar oë en ore. Sy kan onmoontlik nie orals wees nie en moet soms aankope doen en goed betaal. My hart gaan uit na die kinders wat deur die skynheilige monster mishandel is en ook gaan my hart uit na Ninnie. Die werker het ook ‘n goeie vrou se vertroue misbruike en haar geskok. Mag sy kry wat sy verdien.

Liefie ·

Nou as sy nie die hele tys daar kon wees nie hoekom het sy nie kameras in gesit om die mense wat sy in diens te monitoe nie. Alle kleuterskole en skole.behoort kameras te he en met alle respek haar naam behoort in n register te wees vie mense wat nie wees met kinders mag werk nie. SA behoort so register te he.

Wielspore ·

Dit is aanranding op ‘n kind, al kom die eienaar as goedhartig voor beskik sy nie oor die nodige kennis om personeel aan te stel. Mense wat met kinders werk moet ‘n passie hê om na kinders om te sien. Kleuterskole is nie besighede nie, dit is ‘n sorgsentrum vir kinders wat nog nie oor die nodige ervaring beskik om na hulle self om te sien. Ouers vertrou hulle kinders toe aan sulke instansies.
Hierdie vrou verdien tronkstraf, niks minder!

Skerpioen ·

Die kinders moes tog baie gewees het vir d vrou en wat van merke op die kinders. Dit het n jaar of meer aangehou… nie n dag of n week nie. Wil jy regtig vir my sê die eienaar kon niks agterkom aan die kinders se gedrag nie? Ek stem kleuterskole moet kameras hê. Die monster het nie die kinders hard handig hanteer nie… sy het hulle mishandel.

Joe ·

Ek vind dit baie moeilik om te glo dat sie eienares nie bewus was nie…..

Francois Joubert ·

Ek hoor wat jy se en gaan niks daarteen se nie. Jou vriendin het egter ‘n kleuterskool/”daycare” bedryf met ‘n permit wat verval het, dus ‘n onwettige besigheid. Dis binnekort verkiesing. Ek hoor die LUR het reeds bevestig dat maatskaplike dienste die besigheid gaan toemaak.

Helene ·

Hierdie is maar net ‘n bewys van die verval van SA se samelewing. Arme kinders. As dit my kind was ….. nou ja, laat ek liewers stilbly!! SKOKKEND!!

Madeleine ·

Patetiese eienaar van die skool. Sy moet weet wat daar aangaan. Kameras?
skokkendste video!!! Die dogter kry nie eers n geluid uit nie. So so hartseer!! God slaap nie.

Sê maar net ·

7 jaar terug was ons kinders en niggies se kinders almal in die skool. Ons kids het met hul soft toys hardhandig en geweldadig gespeel, “eat!!! Swallow!!!” Dan slaan hul die poppe teen die kop! Snaaks 2 van die vidios wys die kinders word mishandel opdat hul opgegooi het! Dit was 7 jaar terug ook so. Ons het hulle uitgehaal omdat hul bang kinders geword het. Wonder maar net, het die betrokke onderwyser 7 jaar terug ook daar gewerk? Die kids was geforce feed!

Johannes F ·

So waar is lesufi en julius en eff en anc vroueliga nou?????

Hannelie ·

Dalk moet daar ondersoek word of sy ooit gekwalifiseer is. Ek weet van kleuterskole waar mense werk as ñ “JUFFROU'” maar het geen kwalifikasies nie….

Andreas ·

Ek lees elders dat Lesufi die kleuterskool toegemaak het. So die eienares betaal ook nou die prys en ek kan verseker sê dat dit die einde van enige kleuterskool onder haar sorg is.

Andreas ·

Blykbaar het die lisensie 3 jaar gelede al verval en is nooit hernu nie.

Berdéhan Brand ·

God help my. Ek het die video gesien. Enige een wat dit aan my kinders sou doen…ek sou die wet in my eie hande geneem het.

Ouma ·

Ek kon nie een van die video’s klaar kyk nie…voel ek wil moor van woede.
Hoekom het die dogterjie in die eerste plek opgegooi ? Dalk ook n klap teen haar koppie?
Hoekom huil die ander enetjie so?
Nee dis onaanvaarbaar. Baie jare 10 + jaar is nie genoeg vir die skade aan daardie kindertjies nie.

Louise ·

My jongste het so opgegooi as hy hewig ontsteld huil. Stres… Hulle magies is klein. Dit werk op ons maege ook in

Baie hartseer en woende ouma ·

Ek huil al die hele dag oor al drie videos wat ek gesien het.. Ek het n kleinkind omtrent daai ouderdom en ek sou moord gepleeg het as dit met haar sou gebeur…Die persoon wat die video geneem het…Jy moes toe die eerste hou val jou selfoon neer gesit het en daai stuk gemors gekeer het want jy het klaar die bewys gehad met die eerste hou…en dit tel vir al 3 videos….en julle drie”’ die name wat ek wil se mag ek nie hier noem nie ””’ gemors van die aarde My God slaap nie en mag julle die pyn voel wat daai 3 klein mensies gevoel het en nog erger…Mag julle eie kinders en kleinkinders julle verwerp oor julle dade…Die Boek se jy mag nie haat nie jy mag nie oordeel nie en ek vra Abba Vader om my te vergewe maar dit wat
Ek voel en dink kan ek nie eers in woorde beskryf nie.

MARTIE MÜLLER ·

Ek verstaan as mens sê as dit my kind was en ek sê ook so. Die feit van die saak is mens kan hulle gaan aanval, maar watse skade doen hulle met een keer se slanery en skoppery. Daai kind se brein is bros en so sensitief. Jy mag nie eers ‘n baba in die lug gooi nie. Daai kinders kan skade kry en vir die res van hulle lewens daaronderly.

ES ·

Ek het vanoggend eers die video gesien… ek het met skok en afgryse gekyk. Ek wens ek was daar sodat ek daardie onderwyseres kon wys hoe dit voel om so weerloos te wees. Ek weet nie hoe kan iemand toekyk en ‘n video neem sonder om daardie kind te help nie. Dit laat my bloed kook!

corne ·

Gee haar virbdie gemeenskap met een voorwaarde sy moet n buiteband om die nek kry

Illa ·

Wat niemand vir julle gesê het nie is dat die eienares self die saak gaan maak het toe sy uitgevind het. Dit terwyl sy geweet het sy gaan als verloor oor dit. Sy het gedoen wat reg is, nie wat gerieflik is nie.

Lizzy ·

Ek vind dit glad nie nuut dat dit gebuer in ons land nie. Kinders wat onskuldig mishandel word links en regs omdat hulle mors of dalk nie wil slaap nie. Geen geduld, geen opleinding, geen simpatie het onderwysers meer nie, Geen LIEFDE vir kinders nie. Dan vra mens die vraag wie het hulle aangestel? Hoe is die eienaar nie eers bewus van die gebeure in die skool nie, gee sy ook nie om nie. Ouers gaan werk toe met die wete dat hulle kinders in veilige hande is, dan sien mens hierdie gebeure, ek het wel nie nie kinders nie, maar eks baie lief vir kinders en sal verseker nie my kind eendag na kinder skoolkie toe stuur nie, omdat hulle nie eers veilig is. Die wreedheid en haat het so groot geword in die land, dat daar niks liefde vir mekaar is nie, en die kinders lui daar onder. My hart is bitter seer dat ek dit gesien het. Dit maak nie saak watse ras of kultuur jy is nie, MENS DOEN DIT NIE, DIS ONMENSLIK EN HAATLIK.

ontstoke ·

Regtig? Wie het die video geneem? Kon die persoon nie sy of haar foon neersit, en die arme kind\ers help nie? Ek sou daardie Juffrou te lyf gegaan het, en nie video geneem het nie, regtig, hoe kan jy so video neem, terwyl ‘n arme kind so mishandel word, het jy geen maar geen gewete of gevoel nie! Ek gaan nie eers die moeite doen om na hierdie video te kyk nie, die foto’s spreek boek dele. Juffrou jy kan jou sterre dank dit is nie my kind nie, want jy sou so waar as vet met jou boude op die grond gesit het, EEN klap is al wat jy nodig het.

Ansofie ·

Dit verstom my hoe so ‘n mens in die eerste plek toegelaat is om met kinders te werk! Ek blameer die departement van onderwys en die bestuur van die skool dat hulle kon toelaat dat die arme kinders blootgesyel word aan so ‘n ondier! Daar moet baie strenger reëls in plek kom sodat die regte mense in plek is en die soort toilette skrop waar hulle met hul gelyke kan baklei.

Marlene Oosthuizen ·

Dit is afskuwelik. Geen kind moet so behandel word, en dit in ‘n plek waar hy veronderstel is om veilig te wees in die dag. Wonder net waar is die grootbek EFF en al die ander wat so gou by die skool was waar die juffrou foto geneem het van die kinders wat by afsonderlike tafels gesit het. Hierdie is nou ‘n swart vrou wat die kinders slaan en dit word net op die nuus vinnig gewys. Toe dit die ander wit juffrou was wat niks verkeerd gedoen het nie was dit vir dae en weke in die nuus en sy was op elke koerant met haar naam en al. Hoop die juffrou wat die kinders so geslaan het sit lank in die tronk want sy is nie die naam juffrou werd nie. Dink net hoe bang moes die arme kinders gewees het elke dag as hulle afgelaai word by die skool. Daar moet strenger gemonitor word by die kleuterskole.

Louise ·

Ek hanteer vir haar soos ‘n boelie op skool; kry vir haar terug wanneer sy alleen is…

Sanet ·

Ek wil vir al my mede Suid Afrikaners se dat hierdie storie en al julle kommentaar my wys dat ons as n volk en nasie nog kan staam staan, maak nie saak watse kleur of geloof nie! Dankie dat nie een iets oor kleur gese het nie! Hierdie soort goed gan nie oor kleur of geloof nie dit gan oor onskuldige kinders!! Ons land gan nooit regkom as kinders, bejaardes en diere so behandel word nie! Mag God se wil geskiet met die mense wat kinders en bejaardes die soort dinge an doen, Amen

bianca ·

Alhoewel ek dankbaar is vir die persoon wat video geneem het, Is ek baie woedend omdat sy gevoel het dis nodig om vir 1min 35 sek daar te staan en video neem en nie in te tree en die vrou te stop of die kind te help nie. Ek meen genade 30 sekondes sou genoeg bewyse gegee het. Maar nee kom ek staan maar en kyk hoe jy dai kind slaan en die kind kyk konstant na die een met die kamera met die hoop dat die vrou iets sal doen om haar te help. Maar nee. GEEN HULP.

Heksie ·

Carletonville is nie aan die Wesrand nie … did in die Noordwes Provinsie

JG ·

@Heksie…toe nie…Carletonville is in Gauteng. Dit is hoekom Lesifi betrokke is.

Josef ·

Die is een van DRIE videos (wie weet hoeveel keer dit gebeur het, toe besluit die persoon om evidence te kry) sy het al voorheen in die hof verskyn vir DIESELFDE rede, die “hoof” van die skool moet ook verantwoordelik gehou word (daar is n klag teen haar ook). Maak die plek toe, maak die persone bekend, name and shame, sodat nie een van hulle OOIT weer naby kinders mag kom nie. Gooi die sleutel weg, en vergeet van hulle.

carien ·

ek voel die persoon wie die video geneem het is net so skuldig, hoe staan jy net daar en se niks terwyl sy die kleintjie slaan nie?? mens doen nie sulke dinge nie, al wil jy die vrou skelm afneem!
ons stuur ons kleintjies elke dag skool toe, met die hoop dat die onderwyser mooi na hulle sal kyk, meer en meer videos soos die begin op social media opkom! dit maak my benoud wat doen hulle met my kind deur die dag by ‘n kleuterskool!!
daai arme kleintjie moes deur so baie trauma gaan!! as jy nie geduld het met kleintjies nie, moet liefs nie by ‘n skool werk nie, en hulle lewe vir altyd verander oor jou ongeduld nie!! my mamma hart bloei saam die dogtertjie se mamma! hoe moet sy ooit weer iemand vetrou by die skool! ai nee moenie net ‘n onderwyser word vir die geld nie, maar doen dit omdat jy ‘n passie het vir kleintjies en hulle lewe vir die goed wil verander!

Foxi ·

My vorige kommentaar word nie geplaas nie, maar as dit my kind was, sou ek alles…..alles in my vermoe gedoen het om daardie vrou te laat boet vir wat sy aan my kind gedoen het.
Ek sou persoonlik n klag gaan lê het teen haar al het dit my n laaste sent gekos. Laat sy gaan tronke skrop of wat ookal met daardie hande wat sy so gemaklik klappe uitdeel aan n kind wat hom of haarself nie kan verdedig nie. ??

NBD ·

Ek bid dat daai arme kleintjie n ie n vrees sal oorhê, wat met haar gebeur het nie.daai vrou verdien nie genade nie, soos sy daai kleintjie geslaan het, so moet sy aanhoudend geklap word op haar kop sodat sy kan voel hoe daai kind gevoel het.Hoekom het sy borg gekry? Sy moes bly in die selle of tronk tot haar saak weer voorkom, maar inplaas is sy borg gegee…HOEKOM??

M du Preez ·

Hoe staan iemand en neem ‘n video en kyk toe hoe die vrou die kind so slaan. As jy enige hart het vir ‘n klein kindjie sou jy haar gestop het en nie eers jou sensasie geskep het nie. Die nemer van die video is volgens my net so skuldig soos die vrou. Nee man !!!!!!!!!!!

toy ·

Dit is onstellend. As jy ‘n kind so kan slaan, wat sal jy nie aan diere dan doen nie.

bianca ·

The caregiver called the principal and told her she has a video of child abuse and if she doesn’t give her money, she’ll expose it.

So dan se ek kla haar ook aan, want sy het die video dan geneem vir haar eie guns en nie in die belange van die kind nie. Sy is net so skuldig soos die vrou wat die kind geslaan het.

Vieslike mense. Elke skool moet n kamera stelsel het wat ouers van hulle selfoon af kan ingaan en kyk wat aangaan in die klas.

E ·

As die versorger wel vir die eienaar afgepers het met die video, dan moes die eienaar mos dadelik ń saak gemaak het om haar kant skoon te hou.

Anoniem ·

Hoeveel van hulle doen dit nie dagliks aan ons kinders waar daar geen geen ccv tv of iemand met n camera is nie , dis waglik en onmenslik om kinders so te behandel .mag sy swaer gestraf word .
Ek voel nogsteeds as jy nie n passie en geduld het vi kinders nie kies n ander beroep.

Ag asseblief Gerhardus ·

Nou moet ons weer allerhande politieke partye bysleep. Kry tog iets logies om te antwoord.

Ek stem Gerhardus ·

Ek stem GERHARDUS, toe hulle ELANA BARKHUIZEN wou ophang (alle politieke partye) toe is dit goed en reg, nou as ons na ‘n politieke party verwys is ONS verkeerd? HOE NOU? Dubbele standaarde?

Lizelda ·

Kyk ek praat nie groot of enige iets nie, maar as dit MY kind was, het vanoggend se berig HEEL anders gelees… Sy kan baie bly wees dit was nie my kind nie.

Dries Moolman ·

Onmenslike gedrag van hierdie vrou!

Enige aanduiding wanneer die EFF en BLF gaan betoog by hierdie gruwel creche, of het dit reeds plaasgevind?

Terrible ·

Sy is klaar op BORGTOG vrygelaat en behoort niks oor te kom nie want JULLE WOU DIE REGSTELSELS TRANSFORMEER . terwyl klein kindertjies daaronder moet ly, maar almal wou vir BARKHUIZEN ophang . oor kinders aan verskillende tafeltjies gesit het . ek kan net nie DINK wat sou gebeur het as sy wit was nie . DANKIE Vadertjie tog sy is nie … Die EFF het by alle ander kleuterskole gaan amok maak en die kinders in VREES gedompel, nou sien ek nie enige van hulle met brandende bande en klippe nie???

HARTSEER ·

Ek hoor vanoggend oor die radio een van die ma’s het al gekla dat haar kind anders optree as sy van die skooltjie afkom maar die eienaar het dit afgemaak as wispultierigheid. My hart pyn vir al die kindertjies in hierdie verskillende video’s.

Annelie ·

Was sy wit was haar naam al lankal bekend en was daar optogte van oggend tot aand!

Marilize ·

Ek lei af die vrou is ‘n helper by die kleuterskool? Wat ek graag wil weet is watter opleiding indien enige kry die helpers hetsy dit by ‘n kleuterskool of ‘n laerskool se nasorg is. Ons het self ‘n stel afgetrap met ‘n helper wat op my dogter se 2 de dag van graad een in ‘n nuwe skool by die nasorg aan die arm geruk was en in ‘n stouthoek gesit en verskree was omdat sy en haar maatjie gesels het. Dit was so traumaties vir my dogtertjie net daai een insident het alle voorbereiding en haar opgewondenheid vir “grootskool”opgemors. Ek was natuurlik dadelik die volgende dag by die skoolhoof en daar is dadelik dissipliner teen haar opgetree en ek het my dogter uit hul nasorg uitgehaal. Aan watter kriteria word helpers aangestel kry hul enige opleiding of is dit enigiemand van die straat af?

Penelope ·

Ek het geen simpatie met die skool, die hoof, of die versorger nie. Hulle is almal ewe skuldig. Die eienaar kan 24uur daar wees nie, maar sy moes toesine dat die skool ‘n geldige lisensie het. Die persoon wat die video geneem het, het dit gedoen om die skoolhoof af te pers en nie om die kind te help nie. Sluit almal toe en maak seker nie een van hulle werk weer met enige kinders nie. Hopelik gaan die ouers die saak goed deurvoer. Dieselfde met die oumense wat so mishandel word. Ek glo dat God hulle swaar sal straf.

Willie ·

Hier is definitief n hele paar skuldiges in die gru verhaal…

Poppie ·

Slaanvideo? Serious!!! Ek noem dit aanrand/mishandel. Mag sy nou vir haar kry.. En sommer die persoon wat die video geneem het en die prinsipaal. Hoe laat jy jou afpers en doen niks omtrent dit nie. Ek sou as ek die videos gesien het, dadelik werk gemaak het daarvan.

VanAfrika ·

My suster se dogter gee skool by n laerskool en vir graad tweetjies. Hulle het CCTV in elke klaskamer. So die kanse is groot dat al drie kinders se mishandeling op band is. Ek dink nie iemand het die video geneem nie want as dit so was dink ek sou die persoon lankal ingetree het, en geen normale mens sal drie keer videos neem van sulke onmenslike behandeling nie. As ek daai video sou neem het ek lankal haar gewrite gebreek. Niemand sou ooit so aan my kinders raak nie, tot my seuns se ergenis want ek staan nog steeds op vir hulle en sal dit doen tot die dag van my dood. En hulle is twee volgroeide lummeltjies.

bianca ·

Die vrou wat die video gemaak het het de video gemaak en vir die skool hoof gese as sy haar nie betaal nie (bribe) gaan sy die video bekend maak. Sy het nie die video gemaak vir die kind se onthalwe nie maar haar eie selfsug. Sy het die video misbruik vir haar eie guns om geld uit die video te maak nie om te gebruik as bewyse

Alex ·

My innige simpatie,so n onderwyser/res sal nie ongestraf bly nie,ouers en onderwyser/res,ek is geskok oor wat ek gesien het op die video,enige merkie wat op n kind gesien word,hoe klein ook al,stel ondersoek in,kyk as n kind skrik as sy of hy perongeluk iets verkeerd gedoen het by die huis,die oë vertel alles,as U weet dat U nie U kind slaan nie,moet daar iets wees wat die oë groot laat rek,die pupille sal groot wees,U as ouer en onderwyser/res ken jul kinders,leer hul ken,asseblief,,dit sal baie wondere verrig,al is dit ook om na die hoof te gaan,meld dit aan,kyk of daar kamaras is,kry sekuriteit,wat is meer werd,geld of n kind se welstand,as jul saam staan kan ons land verbeter,sal ons kinders verder kom in die lewe,sal kinders beter vertroue hê in die kleuterskole en skole,kinders is ons toekoms,as julle saam stem,doen dan nou iets,kyk na die kind,kyk na hulle houdings oë en gedrag,as jul nie tevrede is nie,praat met iemand,kry n tweede opinie as dit moet,jul sal verbaas wees oor die resultate,1,2 of 3 uit 30 kinders kan gered word uit die kloue van n kinderslaner en aanrander.Sterkte, Van Alex en Vrou

Foxi ·

Bianca, ek is bly die video het uitgekom, al was dit ook net gedoen om geld te werf. Wie weet, die waarheid sal later uitkom. Maar as die video NIE uitgekom het nie, sou daardie kindertjies elke dag nogsteeds deur mishandeling moes deurloop. Met daardie klappe kon daardie kindertjies erge beserings opgedoen het, breinskade kon ingetree het. Ek hoop hierdie kindertjies was deeglik ondersoek deur n mediese dokter. En ek sou ook n groot eis teen die hoof en die werker ingestel het oor die mishandeling. Mense wil nou net nie leer met sulke dinge nie.

Hans ·

Wat van die kleuterskole in townships-hoe gaan dit daar? Word daar ooit ondersoeke gedoen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.