‘Herroep besluit oor Anglo-Boereoorlog se naamsverandering’

Een van die talle Anglo-Boereoorlog-begraafplase landswyd

Een van die talle Anglo-Boereoorlog-begraafplase landswyd

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het sy afkeur uitgespreek oor die wyse waarop die regering die naamsverandering van die Anglo-Boereoorlog hanteer het.

Die FAK het ’n beroep op Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, gedoen om die “eensydige besluit” om die Anglo-Boereoorlog na die “Suid-Afrikaanse Oorlog” te verander, te herroep.

“Geen behoorlike besluit oor die naam van dié oorlog, wat ’n beslissende gebeurtenis in die geskiedenis van Afrikaners was, kan sonder die behoorlike raadpleging van ons as kultuurgemeenskap geneem word nie,” het Willie Engelbrecht, voorsitter van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad, gesê.

Engelbrecht het gesê enige poging om die Afrikaners in hierdie besluit te systap, is ’n teken van minagting vir die Afrikaners en die internasionaal erkende reg wat gemeenskappe en volkere het om self oor so ’n gewigtige kwessie te besluit.

“Indien die minister en die regering nie by hierdie reg hou nie, sal hulle nie net ’n streep deur een van die belangrikste hoekstene van die hedendaagse demokratiese gedagte trek nie. Daarmee sal tegelyk gesorg word dat die onderlinge verhouding tussen die Afrikaners en die regering onherroeplik skade ly.”

Die FAK het gesê hy steun pogings ten volle om erkenning te gee aan die lyding in swart konsentrasiekampe. “Oorlog raak immers almal. Die naam Anglo-Boereoorlog is ’n internasionaal erkende, beskrywende naam van die oorlog wat imperiale Brittanje teen soewereine state gevoer het om hulle te kolonialiseer. Daarom sou die Anti-Koloniale Oorlog ook ’n gepaste naam wees.”

Engelbrecht het gesê die minister se optrede is kenmerkend van die ANC se eensydige herskrywing van die geskiedenis om hul agenda te pas. “Die FAK versoek ook die minister om die nagevorste naamlyste beskikbaar te stel, want nie eers die granietplate by die Oorlogsmuseum wat vanjaar met staatshulp opgerig is, het die beweerde getalle wat die minister noem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Theresa B ·

Hulle wil maar net wys dat hulle sal doen wat hulle wil soos dit hulle pas. Jy mag niks doen of sê van hul geskiedenis nie, maar verwag ons moet toekyk terwyl hulle ons geskiedenis/beelde vernietig. Gekke!!

TTh ·

Nathi Mthethwa is net nog ‘n moedswillige ANC sot. FAK moet dit teenstaan en afkeur. Suid-Afrika was toe nog nie eens ‘n idee nie.

thea bothma ·

ons voor ouers het so hard betaal vir ons land, met bloed betaal. hulle wil ons geskiedenis, ons kultuur, taal , wegvat. maar ons belasting geld is goed genoeg dan is daar nie velkleur, kultuur, taal probleem nie. ons het nie dieselfde murg in ons pype nie soos ons voor ouers nie, ons wil sport speel, te bang ons kan nie rugby speel, hulle is besig om ons uit alles te werk. staan op en word wakker

Jan v Vuuren ·

Soos genoem is dit nie deurdink nie. Belangriker besluite oor hoe bedrog en korrupsie hok geslaan kan word moes eerder na gekyk word!

John Fourie ·

Saam met al die ander lyste waar Suid Afrika se naam onder die top 5 pryk, kan die Suid Afrikaanse regering dan nou sekerlik ook in die top 5 van die kleinlikste regerings in die wêreld ingeskuif word.

Winston ·

Dis soos talle lande begin om massa uitwissing teweeg te bring van minderhede. Wis eers die geskiedenis uit, dan is die pad skoongemaak…..
Gaan ons dit net aanvaar?

Danica ·

Niemand sal stry dat daar swart name by die lys van gesneuweldes, belangrikes en betrokkenes gevoeg moet word nie. Stories wat vir lank weggesteek of weggeraak het moet vertel word, want dit vorm alles deel van die gesamentlike geskiedenis van ons land. Die manier hoe dit gedoen word is jammer, want al wat Minister Mthethwa regkry is om mense te ontstel in plaas van om te fokus op wat belangrik is. Hy openbaar net sy en sy party se eie minderwaardigheid in hul eie identiteit. Dit was ‘n oorlog tussen Boer en Brit, dit is die twee partye wat die oorlog begin en uitgevoer en deurgevoer het. Die naam van die oorlog is nie bedoel om swartmense uit te sluit en te ignoreer nie. Dit is bloot die naam van die twee katalisators van die oorlog, nie ‘n rasse-ding nie. Swart mense het toe betrokke geraak en JA kom ons vertel hul stories, maar hoekom nou nadat die oorlog vir 113 jaar verby is die naam verander?

Theresa B ·

Nathi en die res sal tog enige iets doen om “aansien” te kry by hul comrades. Intussen weet hulle nie waar is kop of gat nie.

Leon ·

Met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog is is dit duidelik gestel deur Boereleiers dat dit ‘n witman se oorlog is. Die Engelse het egter gou swart spioene begin gebruik en nog later Kleurlingkorpse gestig en bewapen wat teen die boere geveg het. Boereleiers se besware by Roberts en Kitchener het op dowe ore geval.Daarby het die Engelse ook van Australiers en ander lande onder Engelse bewind gebruik gemaak teen die Boere. Voorwaar ‘n Suid-Afrikaanse oorlog…..

GES ·

Die ander deelnemers is betrek deur die Britte, dus het hulle geveg onder die Britse vlag. Dit staan soos ‘n paal bo water dat dit ‘n oorlog was tussen Boer en Brit. Soos ons “agbare” minister aangaan sou dit meer gepas gewees het om dit ‘n wêreldoorlog te noem.

HEVW ·

Dit is maar alles so eiendomlik aan kommunistiese oorname. Al die eiendomlike van n volk moet hom opntneem word. Die boustene van n volk pas nie die nuwe wereldorde nie. Daarom die hedendaagse stryd om die behoud van Afrikaans wat n belangrike bousteen in volkstrots is. So ook die tradisie en kultuur wat insluit Die Stem, ons volkslied. Ewe-eens die geskiedenis wat die trots en bousteen van n vlok is, moet vermink word. Ook die Springbokembleem moet weg. Daarby ook die sloping van standbeelde.Vernietig al hierdie dinge en op die langtermyn ontaard die volk in n identiteitslose pion sonder enige verset wat die sg. nuwe wereldorde handig te pas kom.

Berry-terry ·

Daar is niks meer anti-liberaal as ‘n sogenaamde liberaal nie. Gister weer gehoor hoe die Potchefstroom Universiteit se raad vol “wit mans” is wat niks wil weet van transformasie nie. Ai maar dis darm snaaks, sodra die witman ‘n bietjie teenstryd gee dan is hy nou nie meer liberaal nie, hy moet maar net altyd te bereid wees om alles te aanvaar en in onderdruktheid saam te lewe. Die wit man is so ‘n lastige ding, alles van hom herinner hulle aan apartheid, snaaks hoe die universiteit van “apartheid” en die strate van “apartheid” en al die hedendaagse gemaklikhede van apartheid hulle nie ook herinner van daardie tyd nie.

Hordes Afrikaners het hard baklei in daai oorloë, sommige God vresendes en sekerlik nie God vresendes. “Ek sal hulle straf tot in die derde geslag…”. Ek glo as mense, wit sowel as swart bereid is om weer God te eer soos Hy ge-eer behoort te word sal Hy dinge na mate verander. Israel het talle kere gebukkend onder ander nasies se onderdrukking gegaan en dit asgevolg van hul opsetlikke ongehoorsaamheid en oneer aan God die almagtige Vader.

Johann Basson ·

Al die huidige name van die oorloë in Suid-Afrika gevoer moet in die zibi gegooi word en moet ons groot indaba ten koste van biljoene Rande hou oor nuwe name: Wat sal ons tog die oorlog noem waar Brittanje die Kaapkolonie in 1806 oorgeneem het? En elke oorlog tussen die Britte en die Xhosas, en al die oorloë tussen die Zulus en die ander stamme, ensovoorts, ensovoorts tot in lengte van dae en terugwaarts tot die koms van die San en Khoikhoi?

Intussen steek ander 3de wêreldlande Suid-Afrika verby betreffende wêreldkompeteerbaarheid op handelsgebied. En so karring ons liewe nasie aan . . . sonder visie en leierskap. So, toenemende armoede is ons voorland . . .

Louise Louw ·

Hulle kan nie ons geskiedenis verander nie. Dis net ‘n naam. Wat is nou eintlik in ‘n naam? Hulle gaan praat van ‘n oorlog wat ‘on bekend’ is in die anale van Suid-Aftikaanse geskiedenis. Ons weet die waarheid. Net soos die engelse nie die waarheid oor hulle moordkampe tydens die Anglo-boere oorlog kan verdoesel nie, net so min kan die Swart regering ons ons geskiedenis misken. Ek leef Vir die dag wat ons weer alles moet terug verander. Dit gaan kom, glo my!

arie plaasboer ·

Eintlik stem ek op `n rare manier saam dat die oorlog se naam verander moet word.
My voorstel en berednering verskil dan ook hemelsbreed van die beredenering om die naam na die South African war te verander.
Hou in gedagte dat die Britte MEER blanke vrouens en kinders gedood het in daardie tyd as wat daar gewapende stryders aan BEIDE kante van die stryd gesneuwel of gesterf het in veldslae. Hou verder in gedagte dat daar na raming byna net soveel huishulpe en “skaap en beeswagters” deur die Britte in konsentrasiekampe gedood is.
Hierdie gegewens is naspeurbare geskiedenis en glad nie uit die duim gesuig nie.
Die gevolgtrekking wat nou gemaak moet word is dat die Britte nie opgewasse was teendie boerestryders nie en hul toevlug geneem het tot uiters lafhartige optredes – DAAROM sou ek wil voorstel dat die oorlog liewer die Britse Lafhartige Oorlog genoem word.
Ek dink nie ek oortree enige voorwaardes van die forum hiermee nie want ek beswadder niemand nie. Ek maak slegs `n afleiding uit beskikbare en kontroleerbare getuienis.

arie plaasboer ·

Maroela,
sunet as jy aanhou om my kommentare sonder meer te verwerp sal ek genoop wees om Maroela Media se intekening as eensydig se beoordeel en dit dan te verwerp soos wat ek menige ander media stukke verwerp

Sune van Heerden ·

Dagsê Arie

Maroela Media se nuus en toegang tot die webwerf is gratis en daar is geen lidmaatskap aan verbonde nie.
Kommentaar word beoordeel volgens ons bepalings en voorwaardes wat in oorleg met regskenners opgestel is om ons en ons lesers te beskerm.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johannes Meintjes ·

Ek persoonlik bedank die ANC dat hulle sulke uiters waardevoolle geleenthede skep wat die Afrikaner wakkerskud oor die waarde en behoud van eie geskiedenis waarsonder die ANC nie vandag kon wees waar hulle (dink hulle) is nie. Mag elke belanghebbende volksgenoot en mede Afrikaner, asook enige instansie met ruggraat, die volle geleentheid benut om nasionaal en internasionaal oor die hele onderwerp van die Anglo-Boereoorloe reklame te maak en reg te laat geskied.

Izzy ·

Ai, mense in die parlement is verseker nie goed met vakke soos geskiedenis (of houtwerk ) nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.