‘Herroep Zuma’

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) moet die eerbare ding doen en pres. Jacob Zuma herroep.

Dit is die pleidooi van Mmusi Maimane, leier van die DA, op lede van die NUK wat die naweek in Pretoria vergader. “Die ANC se NUK, die party se hoogste besluitnemingsliggaam, moet pres. Zuma met onmiddellike effek herroep weens die afgelope week se plofbare onthullings deur senior ANC-lede rakende Zuma se twyfelagtige verhouding met die Gupta-familie,” het Maimane gesê.

“Die ANC kan nie voortgaan om Zuma te beskerm ten koste van die arm en nagenoeg 8,2 miljoen werklose Suid-Afrikaners nie. Suid-Afrika verdien beter. Dit word al hoe duideliker dat die ANC nie meer belangstel in die mense van Suid-Afrika nie. Hulle president is in die sak van die Guptas en hy het gevolglik die land in sy sak.”

Maimane het gesê Suid-Afrika behoort nie meer aan die mense wat hier woon nie, maar aan ʼn uitgesoekte kliek van politiek-verbonde persone. “Dit is ʼn skande dat pres. Zuma in plaas daarvan om ʼn onbaatsugtige en burgergeoriënteerde leier te wees ʼn selfdienende en kameraad-georiënteerde leier geword het, en sodoende die hoop en drome van miljoene Suid-Afrikaners wat nog wag om ʼn beter lewe te ervaar agtergelaat het.”

Maimane het gesê Zuma se naam het sinoniem geword met skandale soos Nkandla en die spioenasiebandesage. “Die ANC staan nou voor ʼn keuse. Hulle kan hul steun toesê aan pres. Zuma se skandelike aksies of hulle kan aksie neem en hom herroep en sodoende ʼn einde bring aan sy rampspoedige sewe jaar lange heerskappy.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Michael ·

Nie Herroep nie sumier in die pad gesteek word en aan die polisie oorhandig word dat hy verantwoording doen vir die kriminele klagtes teen hom .

Jan maak n Plan ·

Stem saam Michael. Maar heellaas sal dit ‘n yskoue dag in die hel wees voordat daai vet marionet “gefire” en toe gesluit word ne. Dis mos nou die “Nuwe Suid Afrika” die.

jaco ·

Met ‘n salaris van 1.5 miljoen Rand per jaar plus ‘n lekker huis plus cm lekker motor plus lekker onthaal- en kosvoordele, is dit te betwyfel of mnr Maimane regtig jammer is vir die 8.2 miljoen werkloses. Nes alle ander politici is hy “just in it for the money”. Hy het mooi geleer uit sy jare as pastoor. Meeste pastore is ook maar net pastore vir die geld wat hulle daaruit kan maak

Mads ·

So waar Jaco. Die hele spul is net daar vir die geld. Nooit geweet Mmusi was ‘n pastoor nie. Nou is soveel van sy optrede vir my soveel duideliker, en nie in ‘n positiewe opsig nie.

Pieter dp ·

Daar sal niks van kom om Zuma en sy garde te lig van hul stoele nie. Wand wie sal dan hul ondersteen in hul koripsie teen die land. Dis dan NUK self wat korip is. Ons land word deur krimenele bestuur.

PJ ·

Ooh ! Hierdie jong demokrasie en nuwe SA val darem nou behoorlik uitmekaar

Tiger ·

Pieter dp jy som dit 100% op.Die korruptes beskerm mekaar met korrupsie!’n BOSE kringloop wat vir zuma al die pad beskerm.Wat wel duidelik is is dat hy NIE in beheer van die land is nie.Daar is ‘n ander mag betrokke.Hoekom anders staan hy en lag oor ernstige land sake in die parlement?

Gert Stoltz ·

Miskien moet Zuma opsy staan dat die Guptas als oorvat die hele parlement.Dan sal daar tenminste geld gemaak word want hul weet hoe om somme te maak !!!!HE HE HE HE is mos al wat mens hoor

Siestog ·

Hulle sal hom nie herroep of afdank nie. Hy sal eerder ‘n medalje vir hom gee. En van die stuk gemors sal hierdie land nie ontslae kan raak nie. Hy het gekom om te bly.

Griki ·

Eerbare mense doen eerbare dinge – en dit is die NUK nie.

Eke ·

Het almal van jul dan vergeet hoe die Zoeloes Retief en sy manne uitgemoor het. Mens kan niemand meer vertrou nie, dis van geloof en vertroue dat Retief hulle uitgemoor is. Siener het voorspel al die gemors gaan nog kom want ons hardloop agter afgode van sport en mag aan.

Johannes Meintjes ·

Intussen het eerbare burgers die opsie tot Plan B en selfbestuur om ons te verskans teen die talle en groeinde ongeregtighede rondom ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.