‘Herroeping van Lesufi beteken niks goeds vir Afrikaans’

lesufi-deur-ana-2019-03-11

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Die VF Plus, die burgerregte-organisasie AfriForum en die vakbond Solidariteit het dit Vrydag duidelik gemaak dat hulle teen David Makhura, premier van Gauteng, se besluit is om Panyaza Lesufi terug te skuif na die portefeulje van onderwys wat hy voorheen beklee het.

Dié besluit volg maar twee dae nadat Lesufi as LUR vir finansies en e-regering aangestel is.

Die VF Plus het in reaksie hierop gesê Lesufi se rekord getuig daarvan dat hy ʼn swak LUR was.

“Hy het nie genoeg skole gebou met sy toereikende begroting nie en gaan bloot aanhou met sy pogings om Afrikaanse skole te intimideer en te transformeer na Engels,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-koukusleier in Gauteng, gesê.

Die party voer aan dat die LUR nog nooit ʼn geheim daarvan gemaak het dat hy Afrikaans minag en Afrikaanse skole wil vernietig nie.

Solidariteit stem hiermee saam en het op sy beurt gesê Lesufi se eerste termyn is gekenmerk deur omstrede en vyandige uitlatings jeens Afrikaans eerder as daadwerklike sukses in die provinsie.

Volgens Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder van die vakbond, het die persentasie leerders in die provinsie wat wiskunde in matriek geslaag het, in die eerste twee jaar van Lesufi se eerste termyn, van 74% in 2014 tot 69% in 2016 gedaal. In dieselfde tydperk het die aantal leerders wat fisiese wetenskap geslaag het, van 76% tot 69% gedaal.

“Hierdie statistieke toon dat onderwys in Gauteng allermins onder die leiding van Lesufi vooruitgegaan het. Dit is voorts lagwekkend om te sien dat sy politiekery en uitsprake jeens suksesvolle Afrikaanse skole, eerder as sy prestasie, nou beloon word,” het Redelinghuys gesê.

AfriForum het ook sy misnoeë in ʼn verklaring uitgespreek waarin hy sy teleurstelling in Makhura se besluit beklemtoon. “Lesufi maak geen geheim daarvan dat hy Afrikaanssprekendes minag en Afrikaanse skole teiken nie en sy tweede termyn sal sy politieke heksejag voortsit. Dít ten spyte daarvan dat hy reeds in sy eerste termyn nie oplossings vir ernstige probleme kon bied nie,” lui die verklaring.

“Dít is absoluut tragies, want solank Lesufi aan die stuur van onderwys in Gauteng is, sal onderwys en onderrig in Gauteng nie regverdig benader word nie,” sê Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys.

Die VP Plus het gesê dit is kommerwekkend dat Makhura glo onder openbare druk geswig het nadat hy teenkanting oor sy aanvanklike besluit ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Johan ·

Die probleem en die skielike ommeswaai begin by ‘n ewe onbekwame minister van laer onderwys.

willem Botha ·

Dit is nou hier waar die DA stemmers moet kennis neem die DA is tevrede hiermee die VF+ en Afriforum baklei vir die behoud van afrikaanse skole,onthou dit as julle weer DA stem.

Gert ·

Ek dink Lesufi het self gevra om terug te gaan sodat hy sy veldtog kan afhandel. In terme van sy nuwe gewysigde aanlynstelsel is die plan om van 2020 geen enkelmedium Afrikaanse skole te hê nie, en sy opvolger sou dalk die bose plan omgedraai het.

Stella ·

Indien afr nie in skole mag wees nie mag daar ook nie ander tale wees nie. Alle skole moet dan net 1 taal wees. Wat vir een geld, geld vd ander ook. Afr se kinders het nie geboue nodig nie ons kan en wil skoolhou, al is dit onder ‘n boom. Lesufi kry eers jouself en die mense wat onder jou werk en standaard van skole op standaard voor jy jou mond uitspoel oor afr of enige iets in die onderwys.

Felix ·

Sy herroeping bring niks goeds vir die inheemse tale van die land.

Joshua ·

Hy en die EFF is kop-in-een-mus om Afrikaans te vernietig.

Alie ·

Wat ‘n kwade dag vir onderwys met die heraanstelling van ‘n man wat openlik alles in sy vermoe doen om moedertaal onderrig, en dan spesifiek Afr te vernietig nie. So ‘n persoon hoort nie in enige afdeling van onderwys nie. Dankie Afriforum, Solidariteit en Vryheidsfront+! Roer hom uit die pos ter wille van ons kinders se toekoms asb!!!

Andreas ·

Hierdie moet nou erns tot ‘n punt kom, ons kan waaragtag nie so aangaan nie!

Stig af ·

Is daar geen manier hoe ons kan ontsnap van staatsinstellings nie? Ons soek ons eie baas. Hoekom moet alle skole onder Lesufi se beheer wees? Kan die Dept v Onderwys nie net verdwyn nie? Kan skole nie “afstig” en hul eie kurrikulum ontwerp in samewerking met die Japanese nie? (Want kyk hoe slim en inniverend en ordentlik en beskaafd en skoon is die Japanese.)
Ons soek skim lande se onderwysstelsels. Nie die klomp bog nie.

Hennie ·

Tyd vir tuis onderrig mense! Te hel met ou Le Soufie se crèchekenades!

Anton Smith ·

Ek stem saam dat tuisonderrig “homeschooling”,nou die oplossing sal wees!!Staatsinstellings soos SA Onderwys KAN NIE MEER aan ons kinders en nageslag se basiese behoefes vandag voldoen!!Dan moet daar n oorkoepelende liggaam gevorm word wat na die finansies en admin.ondere andere kan omsien!Ons beskik mos vandag oor kundige mense in SA wat die LEIDING in die verband kan neem!!MAAR dan sal ons ALMAL moet saamstaan om hierdie inisiatief van die grond af te bring!!!KOMAAN SA!!!

Andreas ·

Ek sal graag van Lesufi en ACE wat ook vandag hom agter Lesufi geskaar het wil weet waarom hulle nie met dieselfde intensiteit waarmee hulle Afrikaans afskiet en in die grond in dryf nie, hul eie taal verdedig en wil ophef nie?

humor ·

Hierdie naam Lesufi is geneig om n mens n maagaandoening te gee. Wat se CR hy het mos in die verkiesingsveldtog hom so hoogop gegee oor die waarde van die Afrikaanse taal. Of het hy al weer vergeet soos wat hul hul ondernemings tydens die onderhandelingsproses vergeet het.

Gert van Wierdapark ·

Die boemerang se sterretjie skitter nou weer helder as mini-ster van onderwys! Wonder wat sal Patricia se? Gaan hy nou maar aanhou met sy ras en Afrikaanse afgesaagde, wysielosie liedjies wat vir die a en see soos musiek in die ore klink? . Ongelukkig is dit “horende doof en sien de blind” vir die Rysmier-skade wat wat aangerig word!

Christo van Rensburg ·

Diepgewortelde minderwaardigheidskompleks. Hy weet hy sal in sy lewe nie kan bereik wat die Afrikaners het nie. Vandaar die haat. Hy wil alles wat iets met Afrikaans en Afrikaners te doen het vernietig

Andreas ·

Per Netwerk24 so tydjie gelede:-

Lesufi erken hy was verkeerd om fopnuus te twiet:
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Vrydag ’n storm op Twitter veroorsaak oor ’n man wat verkeerdelik daarvan beskuldig is dat hy rassistiese boodskappe op WhatsApp gestuur het.

Andreas ·

Kan mens nou nie finaal die man van sy pos laat onthef nie?

RATEL ·

Kom VF+ hou op praat en doen! Ons het jul die mandaat gegee. Petiesie aan CR wat elke Afr leerder, ouer en gemeenskapslid kan teken. Lesoefi was seker warm geklap jare trug. As hy nie was kort hy dit nou!

Allan ·

@Ratel, nou wat dink jy het die VF+ nou net gedoen??????????????

Ek hoop jy het vir hulle gestem. En soos gewoonlik wanneer dit by Afrikaans kom skiter die DA in hulle stilswye en afwesigheid

Willem ·

Die DA kan beswaarlik nou tot hierdie debat toetree. Nie baie lank gelede nie het hulle aan mnr Lesufi ‘n buitensporige hoë punt toegeken vir die voortreflike wyse waarop hy sy werk doen.

sweis ·

Da stemmers neem kennis julle het nou deel van hierdie probleem geword behalwe wat hou van lezufi en hoe hy n aanslag op ons taal maak.

PPP ·

Hy moet eers weer terug gaan na voorskool toe maaar ek wonder of hy opleibaar is.

Jan Alleman ·

Toemaar. Die ekonomie gaan die wetters so knyp hierdie jaar en die jare wat kom dat hulle nie gaan weet of hulle kom of gaan nie.

Andreas ·

Waarom kan daar nie ‘n massabetoging teen Lesufi gereël word nie? Waar is die onderwysunie, Afriforum, die VF Plus, die ouers, die skoolrade, alle belanghebbendes, wie kan dit reël, sommer alle Afrikaanssprekendes van oraloor vir wie die taal vir hulle saak maak, waar die mense in hul der duisende hul misnoeë teen hierdie man te kenne gee, dat die sprekers by die geleentheid die man tot orde roep dat hulle van Cyril eis om soos ‘n president vir alle mense op te tree en hierdie man tot sy sinne bring.

Andreas ·

Maar so kan dit nie aangaan nie. En as iemand nie daadwerklik tot Cyril deurdring dat dit nou vir eens en vir altyd tyd is dat sy lippediens gaan nie meer verdra word nie, maar dat dit tyd is dat hy sy belofte gestand moet doen dat hy ‘n president vir almal sal wees. Laat hy sommer nou begin.

Adam ·

Jy is reg en miskien moet jy die VF+ nader. Jy het die volste reg daartoe siende dat jy hulle te ondersteun.

Andreas ·

Adam, wat byt jou so op hierdie eerste dan van die Winter? Terloops, ek stuur my voorstel aan almal wat dit veil vir Afrikaans het, dalk het hulle beter voorstelle of het al klaar aan ‘n plan begin werk.

Budgie ·

CR – soos not altyd en vanaf 1994 lag net vir ons. Kan nie glo dat mense nog steeds nie kan sien nie. Ons is maar blind en doof

Bekommerd ·

Kort na die aankondiging van Lesofi se terugkeer na onderwys, luister ek na die inbelprogram op SAFM. Daar was ‘n uitbundige blydskap onder die ( net ooglopend swart) inbellers. Hul blydskap stem uit Lesufi se ” hoogs suksesvolle” transformasie beleid in skole asook dat hy Afriforum en die Afrikaners ” baie goed op hul plek sit”. En dat blankes moet ” verstaan dat Lesufi die eerste en enigste politikus is wat tot dusver suksesvol is in sy poging om almal in die land tot ‘n eenheid saam te snoer”.
Ek kom al hoe meer onder die indruk dat die meerderheid ANC ondersteuners is van gedagte dat hulle interpreteer TRANSFORMASIE as ” die totale onderwerping van alle blankes tot slawerny of ten minste tweede klas burgers”. Daar sal NIKS ANDERS wees wat hulle tevrede sal stel nie. Nie nou nie en ook nooit in die verre toekoms nie. Die opswepende retoriek en rassehaat van die Zuma era loop net te diep in die historiese geheue van die radikaliste in hierdie land.

Boerboel ·

@Bekommerd , jy maak my nou regtig bekommerd, dis waar wat jy se, ANC hang aan sy lippe. hy is ‘n groot probleem

Stiks ·

Makhura het uiteindelik besef Lesufi kan nie somme maak nie

Boerboel ·

Ek verstaan hy het ‘n Meester Graad in besig Admin, so dan wonder ek hoe het hy dit gekry?

Dirk ·

Kommerwekkend, maar bevestigend dat in die ANC swaai die stert die hond. Dit is die wil van die radikale meerderheid wat gedy in die ANC. Afrikaanssprekendes moet dus agslaan op wat die radikales se en doen, want wat die gematiges soos CR en Makhura se, dra duidelik nie veel gewig nie!

JAN ·

Afrikaans is tog die Boere Afrikaner se eiendom /bate.
Eksklusiewe taal sedert 50 jaar gelede reeds beplan en bemark .
Toksiese bate soos selde gesien.
DIS tog nie vir die staat om Afrikaans te onteien nie. ?
Vraag is wat ons gebruikers / Afrikaners met ons eiendom / bate doen. Tot voordeel of tot vernietiging?
hmm Naspers Perskor MM et al hmm?

Kriekie ·

As hierdie man sy werk gedoen het, sou die rassistiese aspek nie so erg gewees het nie. Waar is die skole wat hy moes gebou het, waar is moedertaal onderrig. Hy kon minstens een verpligte swart taal in skole ingestel het – dit sal mense help om beter te kommunikeer (of af te luister). Maar nee, hy maak n bohaai oor alles wat hom nie aangaan nie en druk sy neus in voordat hy feite het. Dis n ramp!

Jeukenkrap ·

En volgens RSG se Nuus het die DA Lesufi se heraanstelling as onderwys-LUR verwelkom!

Kobus ·

So sê die man die afgelope week op tv nuus dat tydens die apartheid dae, was daar net “Gutter education” !! Kom hy nie ook ook uit daardie tydperk nie ? Koning swaap.

Ai. ·

Lepoefie weet niks! Onbekwaam en in oor sy kop, so ook nes Malema is dit hoe hy probeer naam maak vir homself ! En dit beperk om die Afrikaner te teiken! Verder het hy niks positiefs te bring na die tafel nie! Net nog n Anc marionette om onmin te saai aangesien dit al is waarvoor hy gekwalifiseerd is, niks meer niks minder nes Malema n moeilikheid soekertjie!

Penellope Jones ·

Seker die rede hoekom hy “terug verplaas” is . . . . .

Andrea van Vuren ·

Die herroeping van Lesufi is die grootste ramp wat ons onskuldige Afrikaanse kinders kan tref! Niks maar niks het met die fgelope verkiesing verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.