Herschelle Gibbs-dronkbestuursaak weer nie in hof

Herschelle Gibbs. Foto: Twitter

Herschelle Gibbs. Foto: Twitter

Die voormalige Proteas krieketspeler, Herschelle Gibbs, het nie Maandag in die hof verskyn op ʼn aanklag van dronkbestuur soos verwag nie.

ʼn Woordvoerder vir Kaapstad se vervolgingsowerheid het gesê die dossier is na die Wes-Kaapse direkteur vir openbare vervolging gestuur, wat sal besluit of die saak wel sal voortgaan. Geen redes is hiervoor gegee nie.

Die aanklag hou verband met ʼn botsing in Kampsbaai in die vroeë oggendure van 1 Desember verlede jaar. Gibbs het na bewering die spoedgrens oorskry voordat hy teen ʼn Toyota gebots het.

Gibbs was aanvanklik veronderstel om op 25 November, byna ‘n jaar na die voorval, vir die eerste keer in die hof te verskyn, maar die verskyning is uitgestel na 14 Desember aangesien hy nie in die land was nie.

Daar is tans geen aanduiding of die saak wel op die hofrol geplaas sal word nie. Indien Gibbs wel in die hof verskyn, sal dit waarskynlik slegs wees om die saak uit te stel vir die verhoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa B ·

Sulke stupid (tog ernstig) sake, word darem vreeslik uitgerek. Vang hulle, toets hulle bloed en sluit hulle op vir ‘n tydperk. Gee vir hulle ook ‘n vieslike rekord wat vir lank agter hul name sal staan.
Vir die wat nou al weer regop staan – by stupid bedoel ek net daar is meer ernstige sake soos plaasmoorde, verkragtings, gesinsmoorde ens.

Geraak ·

Stupid? Totdat dit jou ernstig raak, en ‘n dierbare sterf, weens ‘n dronk bestuurder – dan is so ‘n saak NIE stupid nie, maar baie ernstig. Moord, het baie verskillende name.

weggegee ·

Drank se besigheid werk so. Een is genoeg, twee is te veel en drie is te min. Veilig ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.