Herschelle Gibbs gekap oor Oscar-twiet

Gibbs se twiet

Gibbs se twiet

Die voormalige Protea-kolwer Herschelle Gibbs het Woensdag onder skoot gekom weens ʼn twiet oor die Oscar Pistorius-moordverhoor.

Die Pistorius-moordverhoor het gister gefokus op die krieketkolf wat Oscar gebruik het om sy badkamerdeur af te breek nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp doodgeskiet het. Gibbs het die kolf op televisie gesien en getwiet: “Just saw my signature on the bat used by the accused in Oscar trial…lol #neveradullmoment.” Die twiet is reeds meer 2 300 keer hertwiet. Sommige gebruikers was egter ongelukkig oor Gibbs se gebruik van lol (laughing out loud) en meen dit is onsensitief aangesien ʼn vrou gewelddadig dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Linda ·

Natuurlik is dit onsensitief. Soveel mense put genot uit ‘n ander se leed, maak grappe, versprei dit, ongeag of Reeva se familie die dolksteke voel. Die minste wat die Gibbs-vent kan doen, is om weer te tweet, en die familie, en elkeen betrokke by hierdie saak, onvoorwaardelik om verskoning vra.

Nico ·

Ek moet erken ek het ook al grappe vertel oor groot rampe wat gebeur het. Ek dink dit is maar ‘n kwessie dat as mense sterf wat jy nie ken nie, dan raak dit jou nie. Dit is maar met ons almal so. Maar dit wat Gibbs gesê het was niks met Oscar te doen nie en ek beskou dit nie as onsensitief nie. Wat wel onsensitief is al die mense wat so na die hofsaak sit en luister. En sit en hoop dat hy skuldig bevind word al ken hulle hom van geen kant af nie. Laat die man met rus. As hy skuldig was sal hy sy straf kry, maar ek het geen belangstelling daarby nie.

Slim Daan ·

Nico,
Ek is eens met jou. Aan die anderkant : Wat het die stout seun van krieket nou eintlik hierdeur bereik ? Is dit nie ook maar n kwessie van n manier om ook jou naam te wil koppel aan die ” hype & highlite ” gesetel rondom hierdie tragedie nie ?
Ek is jammer. Vir party is dit bitter snaaks om hard-op wind te breek as n bruidegom deur sy openingsredes bloed sweet.
Hier en daar sal miskien n giggel opgaan. Die res van die mense sal meen : ” Wat n sot en airhead “.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.